text
stringlengths 571
541k
| meta
dict |
---|---|
Oudpruisiese landskappe en stamme
Ermland (Warmia)
Die **Ermland** (Prussies, Pools en Latyns: *Warmia*) was aanvanklik 'n nedersettingsgebied van die Prusse, en toe na die verowering deur die Duitse Orde in die 13de eeu, 'n bisdom binne die staat van die Duitse Orde, wat onder die naam Prinsbisdom van Ermland van 1466 tot 1772 'n sekere mate van onafhanklikheid onder die Poolse owerheid geniet het. Die belangrikste stede in hierdie streek was Elbing en Braunsberg, en ook die kasteel van Balga. Die grootste gedeelte van Ermland het vir 'n lang tyd aan Oos-Pruise behoort. Ermland is nou deel van die woiwodskap Ermland-Masurië in Pole.
Die eerste gedokumenteerde melding van "Warmia" dateer uit die jaar 1249. Wormyan, warmun beteken "rooi" in Prussies. "Wormeland" is die streek se naam in 1262, en eers in 1299 verskyn die naam "Ermelandt". Dit is die Duitse Naam van die Oud-Pruisiese streek.
Volgens 'n legende, was Warmo, die negende seun van die koning Widowuto, wat die streek langs die Nava (Mariensee) en die Bassora (Passarge) ontvang het. Hy het vir homself 'n vesting gebou wat hy Tolo genoem het. Volgens hierdie legende het die Duitse naam Ermland sy oorsprong in die naam van "Ermia", die vrou van Warmo.
Geografie
---------
Ermland (1648)
Kasteel Heilsberg
Meisies in Ermlandse Kleredrag
Die gebied van die bisdom van Ermland het tot 1945 gestrek van 'n smal kusstrook van die Vistula strandmeer/ Vistula- of Weichsel-haf tussen Frauenburg en Braunsberg (Braniewo) in 'n suidoostelike rigting tot by die Masuriese mere te Allenstein (Olsztyn) en Rößel (Reszel). Dit het die nou Poolse gebiede van Oos-Pruise ingesluit tussen die Pruisiese Oberland in die suidweste, Natangen en Barten in die noorde, sowel as Masurië in die suidooste. Die belangrikste riviere is die Passarge (Pasłęka) en die Alle (Lyna). Die bisdom het 'n oppervlakte van 4249 km² gehad en is van noord tot suid, in die Kammerampte Frauenburg, Braunsberg, Mehlsack, Heilsberg, Wormditt, Guttstadt, Rößel, Seeburg, Wartenburg en Allenstein verdeel.
Die volgende stede, wat almal in die middeleeue gestig is, het aan die bisdom behoort (gelys vanaf die kus na die binneland, volgens die grote van die middeleeuse nedersetting): Frauenburg, Braunsberg, Mehlsack, Wormditt, Guttstadt, Heilsberg, Bischofstein, Rößel, Seeburg, Bischofsburg, Wartenburg en Allenstein, wat vandag die grootste stad in die Poolse Oos-Pruise en die woiwodskap se hoofstad is.
Bevolking
---------
In die 13de eeu is die latere Ermland deur die inheemse Prussiese stamme bevolk. Die Warme in die Noordweste, Pogesane en Gallindiers in die suide en die Natanger en Barte in die noordooste. Na die streek se verowering deur die Duiste Orde, het die Orde koloniste uit Duitsland gehaal wat die streek stelselmatig bevolk het. Die twee Ermlandse stede op die kus van die Oossee, Frauenburg en Braunsberg, is na die laaste groot opstand van die Prusse in die jare 1270 deur settlaars uit Lübeck gestig (familie Fleming), terwyl die sentrum van Ermland, wat eers in die eerste helfte van die 14de eeu ontsluit is, koloniste uit Silesië getrek het, wie se eienaardige dialek, die so-genoemde "Breslause", tot die deportasie en verdrywing van die Duitse bevolking in die 20ste eeu behoue gebly het. Die "Silesiese" stede van Ermland was Wormditt, Guttstadt en Heilsberg. Laastens, in die tweede helfte van die 14de eeu is die suidelike Kammerampte Allenstein, Wartenburg, Seeburg, Rößel en Bischofsburg nuut bevolk. Naas die bestaande dorpe van die Pruise is nuwe dorpe deur die koloniste gestig. Die inheemse Prusse in Ermland is volgens die destydse maatstawwe voorbeeldelik behandel. Naas die biskop in sy residensie te Heilsberg het ook die Domkapitel in Frauenburg priesterskole vir die Prusse bedryf. By die biskop se residensie te Heilsberg is ook Pruise deur die biskop aangestel, soms in hoe poste.
In die katoliese Ermland het die Prussiese taal egter reeds in die 16de eeu uitgesterf. In die naburige Protestantse Hertogdom Pruise het Albrecht von Brandenburg-Ansbach-Preussen, die Prussiese taal ondersteun en vertalings in Prussies laat maak en het ook pastore in die taal laat oplei.
Die oorloë van die 15de eeu het veral die suidelike gedeelte van Ermland verwoes en 'n groot bevolkingsverliese tot gevolg gehad. As gevolg van die plaaslike toestande (godsdienstige oorloë) in die laat 15de eeu en in die 16de eeu kon skaars enige setlaars uit Duitsland gewen word. Die Ermlandse administrasie het dus immigrante uit die naburige land Pruise, die Poolse Masowië probeer lok. Hierdie immigrante het 'n eie Ermlandse dialek van die Poolse taal ontwikkel, wat die dominante taal in die landelike gebiede in die suidoostelike Ermland en veral die distrik van Allenstein was. Hierdie dialek het self die Nazi-tydperk oorleef. As gevolg van bevolkingsverskuiwings na die einde van die Tweede Wêreldoorlog het hierdie dialek uitgesterf tydens die Volksrepubliek van Pole.
Die minderheid van Pools-sprekende Ermlanders het hulself ná die ondergang van Oudpole in 1795, nie soseer as deel van die Poolse nasie beskou nie, en was lojale onderdane van die prinsbiskop en die Domkapitel van Ermland, en later van die Duitse konings van Pruise. Tydens die referendum van 1920 het 'n oorweldigende meerderheid Poolssprekende Ermlanders daarvoor gestem dat die suidelike Ermland deel van Oos-Pruise sal bly. In die tydperk tussen die twee wêreldoorloë het heelwat Poolssprekende dorpsskole onder die beskerming van die Duitse staat in die suidelike deel van Ermland bestaan. Met die aanval van Nazi-Duitsland op Pole op 1 September 1939 is die Poolssprekende skole egter gesluit en is 'n aantal van die Poolse aktiviste en onderwysers in hegtenis geneem. Baie van hulle is later in die Nasionaal-Sosialistiese konsentrasiekampe gedood. Na die einde van die Tweede Wêreldoorlog in 1945, het baie Poolssprekende Ermlanders hulle by die Duitssprekende bevolking aangesluit wat uit Ermland gevlug het of later onder dwang gedeporteer is na die beide nuwe Duitse state. In die nuwe Poolse Volksrepubliek na 1945 is die hele bevolking van die oorspronklike Duitse streek gedwing om afstand te doen van hulle Duitse burgerskap. Die wat geweier het is geïnterneer en die oorlewendes is later na Duitsland gedeporteer. Die oorspronklike bevolking van Ermland is na 1945 heeltemal vervang deur hoofsaaklik Pole wat weer uit die oostelike Poolse gebiede gevlug het wat deur die Sowjetunie geannekseer is. As gevolg van die deeglike transformasieproses is daar tans min bewyse oor in dat die streek vir amper 700-jaar 'n hoofsaaklik Duitssprekende bevolking gehad het.
Sien ook
--------
* Oos-Pruise
* Pruise (volk)
Literatuur
----------
* Hermann Frischbier: *Preußisches Wörterbuch. Ost- und Westpreußische Provinzialismen in alphabetischer Folge*. 2 Bande. Enslin, Berlin 1882–1883, (Auch reprographischer Nachdruck: Olms, Hildesheim 1971), Bd. 1, bl. 293.
* Joseph Bender: *Die altpreußischen Landschaften innerhalb der ermländischen Diözese*. In: *Zeitschrift für die Geschichte und Altertumskunde Ermlands*, Band 2, Jahrgang 1861–1863, Mainz 1863, bl. 359-386 (Volltext).
* Thiel: *Beiträge zur Verfassungs- und Rechtsgeschichte Ermlands. Von den Anfängen desselben bis zu seinem Anfall unter Polnische Oberherrschaft (Friede von Thorn 1466)*. In: *Zeitschrift für die Geschichte und Altertumskunde Ermlands*, Band 3, Jahrgang 1864–1866, Braunsberg 1866, bl.. 662–688 (Volltext)
* Karte des Ermlands von 1755 Geargiveer 22 Januarie 2016 op Wayback Machine
* Zeittafel der ermländischen Geschichte
* Andrzej Kopiczko: *Die neueste Geschichte der Diözese Ermland in der polnischen Historiographie nach 1945*. In: *Religions- und Kulturgeschichte in Ostmittel- und Südeuropa*, herausgegeben von Rainer Bendel. Band 2, LIT Verlag, Berlin 2006, ISBN 3 8258 6178 3, bl. 139–152 (eingeschränkte Vorschau)
* *Scriptores rerum Warmiensium* (herausgegeben von Karl Peter Woelky und Johann Martin Saage). Band 1, Braunsberg 1866 (Volltext).
* George Adalbert von Mülverstedt: *Die Namen Ermeland und Warmien. Die Heidenburgen des Bartergaues. Heinrich von Sorbaum, Bischof von Ermeland.* In: *Preußische Provinzial-Blätter*, Jahrgang 1857 (= *Neue preußische Provinzial-Blätter*, Band XI), Königsberg 1857, bl. 65–73, bl. 179–198 und bl283–296. | {
"title": "Ermland",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1400,
6984,
0.2004581901489118
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 8323
} |
Inskripsie op die voetstuk van die Eerste Taalmonument te Burgersdorp in Suid-Afrika.
Die **erkenning van Afrikaans** en die geskiedenis van Afrikaans loop hand aan hand met die taalgeskiedenis en erkenning van Nederlands in Suid-Afrika.
Erkenning van Afrikaans-Nederlands
----------------------------------
Op 6 April 1652 het die eerste Nederlandse koloniste voet aan wal gesit aan die Kaap. Tot en met 1795 toe Engeland die Kaap beset het, was Nederlands die bestuurstaal. In 1813 het goewerneur sir John Cradock verklaar dat die burgers Engels moes leer. Cradock wou die Kaap eentalig Engels maak en die Engelse taal onmisbaar maak in die land. Met die koms van goewerneur lord Charles Somerset in 1820 sou die verengelsingsproses versnel. Somerset het Skotse predikante en onderwysers ingevoer om die burgers Engels te leer. In 1820 sou ook duisende Britse setlaars aankom om die verengelsing 'n hupstoot te gee. In 1822 het Somerset begin om Nederlands as bestuurstaal en regstaal te vervang deur Engels. Op handelsgebied word die geldstelsel gedurende 1826 gewysig toe die riksdaler, skelling en stuiwer (of oulap) vervang is met ponde, sjielings en pennies. Gedurende 1828 verloor Nederlands sy amptelike posisie toe Engels onder Somerset die enigste amptelike taal van die Kaapkolonie geword het. Toe die Kaapkolonie in 1853 'n verteenwoordigende regering gekry het, is bepaal in artikel 89 dat slegs Engels toegelaat sou word in die Parlement.
### Oranje Vrystaat
In die Oranje Vrystaat is in 1854 'n ordonnansie aanvaar waarin bepaal was dat "de Nederduitsche of Hollandsche taal als de wettige hoofdtaal van den Oranjevrijstaat" sou geld. Die aanhef van hierdie wet het as volg gelui:
"Nademaal het gemak en de geregeldheid der publieke bezigheid vereischen; dat in alle Geregtshoven en Kantoren en dezen Staat eene officieele taal bepaald – en vastgesteld worde; en aangezien de groote meerderheid der bewoners van dit land van Hollandsche afkomst en weinig met andere talen bekend is, en dat het dus ongelegen zou zijn dat eenige andere dan de Hollandsche taal in regterlijke verrigtingen, zoowel als in de civiele dienst gebezigd zou worden".
Nademaal dit alles, sou Hollands vanaf 1 Junie 1854 "de hoofdtaal" in alle geregshowe, en staatskantore van die staat wees, en alle dagvaardings, vonnisse, uitsprake, orders, lasskrifte, instruksies, ordonnansies, proklamasies, ensovoorts sou in die Hollandse taal uitgevaardig en gepubliseer moes word, en sou alle briewe, notules of ander skriftelike kommunikasie, van 'n Hollandse vertaling vergesel moes wees, indien dit in 'n ander taal opgestel was. Die Nederlandstalige "Volkslied van den Oranjevrijstaat" was vanaf 1854 tot en met 1902 amptelik in gebruik.
### Zuid-Afrikaansche Republiek
In die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) het wet 10 van 1888 die volgende bepaal:
"De Hollandsche taal is de officieele taal des lands. Alle andere talen zijn vreemde talen".
Die wet het verder ook bepaal dat alle amptelike dokumente, kennisgewings, diensbriewe "en andere schrifturen van ambtenaren" in Nederlands geskryf en opgestel sou moes wees. Verder is bepaal dat Nederlands in alle howe gebruik sou moes word. Ook moes alle markmeesters alle veilings in Nederlands hou, alhoewel hulle die reg sou hê om dit wat gesê is, daarna ook in 'n ander taal te herhaal. Die Nederlandstalige "Volkslied van Transvaal" was vanaf 1875 tot en met 1902 amptelik in gebruik.
### Kaapkolonie
In 1882 is Nederlands ook as amptelike taal erken in die Kaapse parlement, naas Engels. Om hierdie gebeurtenis te herdenk is die Eerste Taalmonument te Burgersdorp opgerig in 1893.
### Unie van Suid-Afrika
In 1909 is die "Zuid Afrika-wet" deur al vier die provinsies aangeneem, waardeur die Unie van Suid-Afrika met Uniewording op 31 Mei 1910 tot stand sou kom. Art. 137 van die Unie-grondwet het as volg gelui:
"De engelse alsmede de hollandse talen zijn officiële talen van de Unie. Zij worden op een voet van gelijkheid behandeld en bezitten en genieten gelijke vrijheid, rechten en voorrechten. Alle akten, verslagen en verrichtingen van 't Parlement worden in beide talen gehouden, en wetsontwerpen, wetten en kennisgevingen van algemeen publiek gewicht of belang door de Regering van de Unie uitgegeven, zijn en geschieden in beide talen."
### Erkenning van Afrikaans
'n Hoogtepunt vir die voorstanders van Afrikaans was die erkenning van Afrikaans as amptelike taal van Suid-Afrika. Op 8 Mei 1925 is in 'n gesamentlike sitting van die Unie-Volksraad en die Senaat, die wet op "de Officiële Talen van de Unie" eenparig aangeneem. Wet nommer 9 van 1925 het as volg gelui:
"Nademaal er twijfel ontstaan is aangaande de betekenis van het woord "hollandse" in de Zuid-Afrika Wet, 1909; en nademaal het dienstig is die twijfel weg te nemen; zij het bepaald door Zijn Majesteit de Koning, de Senaat en de Volksraad van de Unie van Zuid Afrika als volgt:
1. het woord "hollandse" in artikel honderd zeven en dertig van de Zuid-Afrika Wet, 1909, en elders in de Wet waar dat woord voorkomt, word hierbij verklaard het Afrikaans in te sluiten.
2. Deze Wet kan voor alle doeleinden worden aangehaald als de Wet op de Officiële Talen van de Unie, 1925, en word geacht van kracht geweest te zijn vanaf de een en dertigste dag van Mei 1910."
Hierdie wet het terugwerkende krag gehad, wat beteken dat Afrikaans sedert Uniewording, naas Engels die amptelike taal van Suid-Afrika was. Nederlands en Afrikaans is hier grondwetlik as sinonieme beskou en nie as twee afsonderlike tale nie. Die strekking van die wet dui duidelik daarop dat Nederlands aan Afrikaans gelykgestel word en nie dat Afrikaans Nederlands vervang nie. As dit die bedoeling van die wetsontwerp was dat Afrikaans Nederlands moes vervang, sou die wet dit ook bepaal het. Wet 9 van 1925 is presies so geformuleer om die Afrikaners wat voorstanders was van Nederlands as kultuurtaal, nie teen die bors te stuit nie. Hierdie Afrikaners was nog in die meerderheid en hulle sou wet 9 van 1925 afgekeur het met sodanige bepaling. In die praktyk het die voorstanders van Afrikaans as kultuurtaal, onder leiding van D.F. Malan, wet 9 van 1925 anders gelees.
### Republiek van Suid-Afrika
In die grondwet van 1961 van die Republiek van Suid-Afrika, het wet nommer 32 van 1961 vermeld dat Afrikaans en Engels die amptelike tale van die land is, maar in 'n definisie-omskrywing is vermeld dat Afrikaans ook Nederlands is. Die twee artikels (108 en 119) uit wet no. 32 van 1961 het as volg gelui:
"108. (1) Afrikaans en Engels is die amptelike tale van die Republiek en word op gelyke voet behandel en besit gelyke regte, vryheid en voorregte."
"119. In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken - "Afrikaans" ook "Hollands".
Die grondwet van 1961 was in werking tot die einde van 1983. In die grondwet van 1983 word geen woord meer van Nederlands gerep nie. Afrikaans en Nederlands was sedert 1910 tot en met 1983 amptelik sinonieme.
### Nuwe Suid-Afrika
In 1994 kry Suid-Afrika 'n nuwe grondwet. Artikel 6 van hierdie grondwet het bepaal dat 11 tale, as amptelike tale erken word. Daar is verder bepaal dat die taalregte (van Afrikaans en Engels) wat voor 1994 bestaan het, nie aangetas sou word nie. By die aanpassing in 1996 van die grondwet, is laasgenoemde bepaling geskrap.
Die elf-tale-beleid is ingevoer om die taaleis van die De Klerk-regering (om Afrikaans as amptelike taal te handhaaf) te neutraliseer. Die ANC was van meet af aan ’n voorstander van slegs een taal vir Suid-Afrika, soos die geval met die Namibiese grondwet. | {
"title": "Erkenning van Afrikaans",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
364,
6648,
0.05475330926594465
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 7568
} |
Agritopia, 'n agribuurt in Gilbert, Arizona.
'n **Agribuurt** is 'n soort beplande gemeenskap wat landbou met 'n woonbuurt integreer. Die doel is om voedselproduksie te fasiliteer asook om groen ruimtes, ontspanning, estetika en waarde vir 'n gemeenskap te verskaf.
Die Urban Land Institute definieer agribuurte as "enkelfamilie-, multifamilie- of gemengdegebruikgemeenskappe wat gebou is met 'n werkende plaas of gemeenskapstuin as fokus."
In 2014 is die term "agribuurt" vir die eerste keer deur die Suid-Kalifornië-gebaseerde ontwikkelingsmaatskappy Rancho Mission Viejo LLC bekendgestel as 'n bemarkingshandelsmerk om gegoede millenniërs te teiken wat behuising nader aan vars kos wou hê.
Agribuurte is gebaseer op die konsep om plase en tuine in woonbuurte te integreer, wat voorsiening maak vir die ontwikkeling van woonbuurte wat 'n landelike gevoel het. Die integrasie van landbou in woonbuurte maak dit ook vir gemeenskappe moontlik om hulself van plaaslik-geproduseerde voedsel te voorsien.
Eiendomsontwikkelaars kan vind dat die bekendstelling van landbou aan hul beplande gemeenskappe 'n laer aanvanklike koste het as wat tipies aangebied word geriewe soos gholfbane of swembaddens, en die ontwikkeling onderskei van die kompetisie. Ontwikkelaars het egter ook ontdek dat die bestuur van 'n landbouprojek nie noodwendig maklik, goedkoop of risikovry is nie. Die beste resultate het gekom deur die aanstelling van landboupersoneel om die bedrywighede te bestuur, eerder as om inwoners vrye toegang en vrye rondgang van die operasie toe te laat.
Teen Mei 2020 was daar 90 agribuurte in die Verenigde State volgens die Urban Land Institute.
Stedelike landbou
-----------------
Sommige gemeenskapstuine in gevestigde stedelike woonbuurte en stedelike landbouprojekte het die term "agribuurt" gebruik om hul bedrywighede te beskryf. Hulle doel is om voedselonsekerheid te verminder en om vars voedselbronne in stedelike voedselwoestyne te voorsien. | {
"title": "Agribuurt",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1260,
2927,
0.4304748889648104
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1963
} |
***La La Land*** is 'n Amerikaanse rolprent in die styl van 'n romanties-dramatiese musiekblyspel wat in 2016 vervaardig is en groot internasionale sukses behaal het. Die rolprent se naam sinspeel op 'n bynaam vir Los Angeles asook 'n eufemistiese Engelse idioom vir realiteitsvreemde wensdenkery en som dan ook die fliek se inhoud noukeurig op.
Die nagtelike uitsig oor Los Angeles vanuit die Griffith-sterrewag is een van baie tonele in *La La Land* wat as huldeblyk aan die stad en klassieke rolprente soos *Rebel Without a Cause* gekies is
*La La Land* se première is ter geleentheid van die 73ste Internasionale Filmfees van Venesië gehou
Dit vertel die verhaal van 'n ambisieuse jazzpianis (vertolk deur Ryan Gosling) en 'n vooruitstrewende aktrise (vertolk deur Emma Stone) wat albei, ondanks alle struikelblokke, hul lewensdroom in Los Angeles probeer verwesenlik. 'n Verkeersopeenhoping en klein padwoedevoorval bring hulle nader aan mekaar. Hulle raak verlief op mekaar, maar hul liefdesverhouding word deur die realiteit op die proef gestel.
Die draaiboek is deur Damien Chazelle geskryf wat ook die regie behartig het. *La La Land* is in vier hoofstukke verdeel wat die seisoene volg ("Winter", "Lente", "Somer" en "Herfs") asook 'n epiloog ("Winter") wat vyf jaar later afspeel. Chazelle het die draaiboek reeds in 2010 voltooi, maar aanvanklik was geen rolprentateljee bereid om die projek sonder wysigings te finansieer nie. Eers nadat Chazelle in 2014 sukses behaal het met 'n ander fliek, *Whiplash*, het *Summit Entertainment* ingestem om *La La Land* te vervaardig.
Die rolprent is tussen Augustus en September 2015 in Los Angeles geskiet - dikwels in die besondere natuurlike daglig wat eie is aan die Suid-Kaliforniese metropool.
Hiervoor is bewus tonele en plekke in en naby Los Angeles gekies waarmee rolprentteatergehore en filmentoesiaste elders reeds dekades lank vertroud is soos die Griffith-sterrewag, asook 'n styl wat as huldeblyk aan die CinemaScope-wyeskermformaat beskou moet word.
CinemaScope het vanaf die 1950's gewild geraak deur musiekblyspele soos *It's Always Fair Weather*. *La La Land* is dus met Panavision-kamera-uitrusting analoog op selluloïed geskiet en later van 'n digitale Dolby Atmos-omringklankbaan voorsien (wat ook op die Blu-ray en Ultra HD Blu-ray-vrystellings beskikbaar is). Die oorspronklike CinemaScope-kamerategnologie is tans nie meer beskikbaar nie.
Die première van *La La Land* is op 31 Augustus 2016 ter geleentheid van die 73ste Internasionale Filmfees in Venesië, Italië gehou waar dit die openingsrolprent was. Op 9 Desember 2016 het dit in Amerikaanse rolprentteaters begin draai. Die film se totale internasionale bruto inkomste was VSA-$446 miljoen, teenoor vervaardigingskoste van $30 miljoen. | {
"title": "<i>La La Land</i>",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
695,
3094,
0.224628312863607
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt2\" cellspacing=\"2\" class=\"infobox vevent\" style=\"width:25%; text-align:left; font-size:85%;\">\n<tbody><tr><th class=\"inligtingskas_v2-rolprentopskrif\" colspan=\"2\" style=\"font-size:140%; font-weight:bolder; height:45px; line-height:1.2em; vertical-align:middle; text-align:center; background-color:#ABD2D0;\"><i>La La Land</i></th></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"font-size: 90%; text-align: center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:La_La_Land_Logo.svg\"><img data-file-height=\"16\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"110\" decoding=\"async\" height=\"36\" resource=\"./Lêer:La_La_Land_Logo.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/17/La_La_Land_Logo.svg/250px-La_La_Land_Logo.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/17/La_La_Land_Logo.svg/375px-La_La_Land_Logo.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/17/La_La_Land_Logo.svg/500px-La_La_Land_Logo.svg.png 2x\" width=\"250\"/></a></span></th></tr>\n<tr class=\"description\">\n<th>Regisseur</th>\n<td>Damien Chazelle</td></tr>\n<tr>\n<th>Vervaardiger</th>\n<td>Fred Berger<br/>Jordan Horowitz<br/>Gary Gilbert<br/>Marc Platt</td></tr>\n<tr>\n<th>Draaiboek</th>\n<td>Damien Chazelle</td></tr>\n<tr>\n<th>Met</th>\n<td><a href=\"./Ryan_Gosling\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ryan Gosling\">Ryan Gosling</a><br/><a href=\"./Emma_Stone\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Emma Stone\">Emma Stone</a><br/>John Legend<br/><a href=\"./Rosemarie_DeWitt\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Rosemarie DeWitt\">Rosemarie DeWitt</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Musiek<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>deur</th>\n<td>Justin Hurwitz</td></tr>\n<tr>\n<th>Kinematografie</th>\n<td>Linus Sandgren</td></tr>\n<tr>\n<th>Redigeerder</th>\n<td>Tom Cross</td></tr>\n<tr>\n<th>Verspreider</th>\n<td>Summit Entertainment</td></tr>\n<tr>\n<th>Uitgereik</th>\n<td>31 Augustus 2016 (Venesiaanse Filmfees)<br/>9 Desember 2016 (Verenigde State)</td></tr>\n<tr>\n<th>Speeltyd</th>\n<td>128 min</td></tr>\n<tr>\n<th>Land</th>\n<td>Verenigde State</td></tr>\n<tr>\n<th>Taal</th>\n<td><a href=\"./Engels\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Engels\">Engels</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Begroting</th>\n<td>VS$ 30 miljoen</td></tr>\n<tr>\n<th>Bruto wins</th>\n<td>VS$ 446 miljoen</td></tr>\n<tr>\n<th align=\"center\" colspan=\"2\" style=\"font-size: 100%;\"><b><a class=\"external text\" href=\"http://www.imdb.com/title/tt3783958/\" rel=\"mw:ExtLink\">IMDb-profiel</a></b></th></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 2778
} |
Die standbeeld *La Défense de Paris* deur Louis-Ernest Barrias uit die jaar 1883, waarvan die naam La Défense afgelei is
La Défense
Die *Grande Arche* is die ikoniese sentrale gebou van La Défense
Wolkekrabbers in La Défense kontrasteer met geboue in die Paryse stadsgebied wat dekades lank tot ses of sewe verdiepings beperk is
**La Défense** (Frans: [la de.fɑ̃s]; letterlik: "die verdediging") is die sentrale besigheidsdistrik van die Franse hoofstad Parys. Die hipermoderne sakesentrum met sy wolkekrabbers, groot woonstelblokke en inkoopsentra – die grootste van sy soort in Europa – het ná die Tweede Wêreldoorlog ontstaan om in die groeiende vraag na kantoorruimtes te voorsien. Om die historiese stadsbeeld van Parys te bewaar, is die sakesentrum buite die stadsgrense in die westelike voorstede (*banlieues*) Courbevoie, Nanterre en Puteaux, in die département Hauts-de-Seine – nadat eerste voorstelle in hierdie verband reeds gedurende die 1930's gemaak is – teen die middel van die 1950's beplan en vervolgens verwesenlik.
Geskiedenis
-----------
Die naam La Défense is afgelei van die standbeeld *La Défense de Paris* ("die verdediging van Parys") wat in 1883 ter ere van die Franse soldate, wat in die Frans-Duitse Oorlog (1870–1871) geveg het, opgerig.
Die stadsbeplanning vir die nuwe buurt begin in die vyftigerjare van die 20ste eeu, en aanvanklik word die hoogte van nuwe geboue tot 100 m beperk. Hoewel die ontwikkeling tydens die ekonomiese krisis van 1973 en later nog eens aan die begin van die negentigerjare tot 'n tydelike stilstand kom, groei La Défense steeds verder. Dit is nou die grootste Europese sakesentrum met sowat 30 000 inwoners en 150 000 mense wat in sy kantore werk. Danksy die ekonomiese betekenis van die buurt het dit die bynaam "Wall-Street-sur-Seine" gekry.
Die stadswyk is 'n reusagtige wandellaan, terwyl die parkeerplekke, stasies, buslane en ander geriewe ondergronds aangelê is.
Die futuristiese karakter van hierdie wolkekrabberbuurt word deur die reusagtige *Grande Arche*, 'n moderne weergawe van die *Arc de Triomphe* (Triomfboog), beklemtoon. Wit Carrara-marmer verleen 'n pragtige voorkoms aan die kubus wat sowat 100 m hoog is en in sy midde plek genoeg bied om die Notre-Dame-katedraal op te neem. President François Mitterrand het die oprigting van die Grande Arche as 'n simbool vir die uitdagings van die moderne tyd aangemoedig. Die kubus is deur die Deense argitek J.O. von Spreckelsen ontwerp en in 1989 ter herinnering aan die Franse Rewolusie ingewy.
Die utopiese karakter van die argitektuur word versag deur 'n aantal kunsobjekte soos die *Stabile* van Calder en die fantasieryke figure van Miró. | {
"title": "La Défense",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
514,
2894,
0.17760884588804424
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2691
} |
Die **tier** (*Panthera tigris*) is 'n vleisetende soogdier wat tot die familie van katagtiges (Felidae) behoort, een van die vier 'groot katte' wat tot die genus Panthera behoort. Tiere is jagtende roofdiere. Hulle kom in Asië, veral in Indië, China en Siberië voor.
Woordherkoms
------------
Die Afrikaanse benaming *tier* is 'n verkorting van die gewestelike Nederlands *tiger*. Laasgenoemde is reeds in die Middelnederlands tot in die 17de eeu sonder diftong (*ij*) aangetref. In Afrikaans het die ongediftongeerde vokaal in *tier* (uit **tiger**) behoue gebly, wat nie na die sinking van die intervokaliese konsonant "g" gediftongeer kon word nie, omdat die *i(e)* nie voor "r" gediftongeer kon word nie.
In Nederlands is die woord weer ontleen uit Frans, *tigre*, op sy beurt die erfgoed van sy voorgangertaal, Latyn, *tigris*, wat weer ontleen is aan die Grieks (τι ́ γρις( ti gris) "tiermannetjie" en τι ́ γριδος "tierwyfie"). Moontlik is hierdie Griekse woord weer geleen uit Persies, want in Avesties bestaan *tigri-* wat "pyl" en *tigra-* wat *skerp, puntig* beteken; moontlik verwys hierdie wortel na die tier se skerp kloue en tande.
Die Middel Engelse *tigre* en Ou Engelse *tigras* is afkomstig van die Ou Franse *tigre*, vanaf die Latynse *tigris*. Dit is geleen uit die Klassieke Grieks τίγρις 'tigris'.
Kenmerke
--------
### Pelstekstuur en -kleur
Amoertier (Siberiese tier)
Soematraanse tier
Siberiese tierwyfie in haar somerpels (Neurenberg-dieretuin)
Die tier se opvallende strepe op die grondkleur onderskei hom maklik van die ander groot roofkatte: die luiperds en jaguars het rosetvormige vlekke en die leeus se pels is sandkleurig. In vergelyking met die reëlmatige strepe van die sebra beskik die tier oor onreëlmatige en gebroke strepe wat hom ideaal in sy habitat kamoefleer. Die pelskleur maak dit vir die tier moontlik om hom in die ruigte of plat op die grond te versteek.
Die swart strepe en die goudgeel- tot rooioranjekleurige grondpelskleur lyk in die bamboesplantasies op 'n druppel water na skadu's in die sonlig, en op soortgelyke wyse kan die tier ook op die dorre grasvlaktes tussen die grashalms en lae struike met die omgewing saamsmelt.
Die kat kan vir die prooi in sy gebied lank versteek bly. 'n Siberiese tier afgeteken op die boomvrye en spierwit, toegesneeude wintervlaktes sal natuurlik enige prooidier die hasepad laat kies, maar in die woude (soos die taiga) is daar weer baie bladhoudende, droë bome en struike wat hul herfsgekleurde blare nie afskud nie - hier is die tier dan tuis.
| | | |
| --- | --- | --- |
| | Die kleur beskut die tier volkome. Soos die tier tussen die bosse en dorre blare van die Taiga deurloop, vloei die swart, geel en wit kleure ineen wat die tier eenkleurig bruingrys laat lyk. Veral in die herfs, tussen die oranje en rooigekleurde wingerdblare en die droë, geel varingblare wat met baie swarterige stingels oortrek is, kan die tier selfs nie eens van naby raakgesien word nie.
- Wladimir Arsenjef
| |
Die grondkleur van die bokant (soos die rug) wissel na gelang van die subspesie tussen goudgeel en rooioranje. Die pens asook dele van die gesig en die binnekant van die bene is wit of ligroomkleurig. Die agterkant van die ore is swart en toon 'n duidelike wit vlek. Opvallende donker dwarsstrepe strek vanaf die kop, dwarsoor die hele rompgedeelte, tot aan die stertpunt.
Die strepe om die stert lyk daarom soos swart ringe, net soos by die agterbene, maar om die voorbene is dit opmerklik minder. Die onderskeie subspesies se pelskleur wissel aansienlik. Die Siberiese tier is gewoonlik die een wat die ligste pelskleur het, hoewel die Bengaalse tier van Noord- en Sentraal-Indië net so 'n ligte pelskleur kan hê.
Die donkerste en rykste pelskleur vind mens gewoonlik by die tier van Indonesië en op die Maleise Skiereiland naby die ewenaar. Tussen hierdie twee uiterstes hou die pelskleur van die Suid-Chinese en Kaspiese tier deur oorerwing die middeweg, hoewel uitsonderings dus soms kan deurbreek. 'n Tier uit die noordelike tierbevolkings is gewoonlik ook ligter van kleur (met meer wit dele oor die liggaam) as dié uit die suide; laasgenoemde is meestal baie donkerder en het heelwat dikker/breër strepe wat aan hul eindpunte in groepies van vlekkies versplinter.
Sulke vlekkies duik minder by die tiere in die noordelike dele op. Die Kaspiese tier uit Wes-Asië het daarenteen gewoonlik redelik smal, dun strepe. Die Bengaalse tier (wat liggekleurde pels kan hê) kan tussen ou Siberiese tiere byvoorbeeld uitgeken word aan sy intens swart flankstrepe, terwyl die Siberiese tiere s'n grys of bruin is. Afgesien van hierdie wisselvalligheid wat van streek tot streek verskil, verskil die tier binne die onderskeie bevolkings ook elkeen uniek van mekaar. Die neus van die tier is gewoonlik pienkrooi, maar kry met die ouderdom al hoe meer swart vlekkies by.
Kop van 'n Bengaalse tier
By die meeste tiere is die pels met kort hare bedek; die Siberiese tier is weens die koue klimaat egter met dik en lang hare bedek. Die haarlengte van die somervag van 'n Bengaalse tier is tussen 8 tot 15 mm lank, maar die penshare is 20 tot 30 mm langer as die rughare. Daarenteen is die haarlengte van die Siberiese tier in die somer 15 tot 17 mm op die rug, en die penshare 25 tot 45 mm.
Die rughare van die Bengaalse tier is in die wintermaande 17 tot 25 mm lank, die penshare 25 tot 40 mm. Die rughare van die Siberiese tier is in die wintermaande 25 tot 40 mm lank, en die penshare 70 tot 105 mm. Die liggaamshare van die Soematraanse tier (wat op die ewenaar hou) word slegs 10 tot 15 mm lank. Wat by hierdie subspesie opval is die lang nekmaanhare en die ruie bakkebaard by die mannetjie.
Alle subspesies, altans in die dieretuine, verhaar en kry 'n winterpels, waarby die haarlengte en -digtheid na gelang van die subspesie en klimaatsomstandighede wissel. Die somerpels is veral by die Siberiese subspesies duidelik korter en yler as die winterpels. Die haardigtheid van ongeveer 1 800 hare per kwadraatsentimeter by die Bengaalse tier en 3 200 by die Siberiese tier in die winter vergelyk min of meer met dié van die luiperd, terwyl losse (geslag *Lynx*) 'n veel hoër haardigtheid van tot 9 000 hare per vierkante sentimeter bereik.
In die lente begin die tiere verhaar; die lang winterpels word vervang deur 'n kort somerpels. 'n Tweede verharing in die herfs onder die noordelike tiere kan verklaar word aan die hand van die somerpels wat in hierdie seisoen verder en langer uitgroei. Of die tiere in Indië ook verhaar, is daar nog geen uitsluitsel oor nie. Ook die kloue word gereeld gewissel. Hulle begin eers lagie vir lagie afdop en val dan af. Die tier sal in hierdie tyd dikwels sagte boombas uitsoek om teen te krap.
Subspesies
----------
Daar word agt subspesies onderskei, naamlik die Siberiese tier *Panthera tigris altaica*); die koningstier of Bengaalse tier (*P.t. tigris*); die Indo-Chinese tier (*P.t. corbetti*); die Suid-Chinese tier (*P.t. amoyensis*); die Sumatraanse tier (*P.t. sumatrae*); die Javaanse tier (*P. t. sondaica*); die Balinese tier (*P.t. balica*); die Maleise tier (*P. t. jacksoni*); en die Kaspiese tier (*P. t. virgata*).
Die Siberiese tier is die grootste van al die subspesies en dus ook van die familie *Felidae*. Die subspesie word in Siberië en Korea aangetref en het 'n ligte pels met breë, donker strepe wat ver uitmekaar is. Die Bengaalse tier word in Indië - van die Himalaja tot in die suide aangetref en het ʼn donkerder pels. Die Indo-Chinese tier is ook donker.
Die Suid-Chinese tier het vroeër oor die hele Suid-China voorgekom, maar is vandag baie seldsaam. Die Sumatraanse tier is kleiner as die meeste ander tiers en is donkerder met meer strepe. Die subspesie word vandag nog net in die suidwestelike en noordelike dele van Sumatra aangetref en word steeds deur jagters uitgeroei. Die Javaanse tier word nog net in wildreservate aangetref en word met welslae in dieretuine geteel. Die Kaspiese tier is baie seldsaam, terwyl die Balinese tier waarskynlik al uitgesterf het.
Galery
------
| | | | |
| --- | --- | --- | --- |
| | | | |
| | | | |
Sien ook
--------
* Javaanse tier
* Lewensiklus van die tier
* Siberiese tier
Bronne
------
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409680, volume 27, bl. 126 | {
"title": "Tier",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
2584,
8903,
0.2902392451982478
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt2\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">Tier<br/><div style=\"font-size: 85%;\">Tydperk: Vroeë Pleistoseen – Onlangs</div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Tiger_in_Ranthambhore.jpg\"><img data-file-height=\"870\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1295\" decoding=\"async\" height=\"148\" resource=\"./Lêer:Tiger_in_Ranthambhore.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/17/Tiger_in_Ranthambhore.jpg/220px-Tiger_in_Ranthambhore.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/17/Tiger_in_Ranthambhore.jpg/330px-Tiger_in_Ranthambhore.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/17/Tiger_in_Ranthambhore.jpg/440px-Tiger_in_Ranthambhore.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size: 88%\">'n Bengaalse tier (<i>P. tigris tigris</i>) in <a href=\"./Indië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Indië\">Indië</a> se Ranthambhore Nasionale Park.</td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">\n<th colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><a href=\"./Bewaringstatus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bewaringstatus\">Bewaringstatus</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><span><img alt=\"\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"240\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Status_iucn3.1_EN_af.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/77/Status_iucn3.1_EN_af.svg/220px-Status_iucn3.1_EN_af.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/77/Status_iucn3.1_EN_af.svg/330px-Status_iucn3.1_EN_af.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/77/Status_iucn3.1_EN_af.svg/440px-Status_iucn3.1_EN_af.svg.png 2x\" width=\"220\"/></span></span><br/><a href=\"./Bedreigde_spesie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bedreigde spesie\">Bedreig</a> <link href=\"./Kategorie:IUBN_Rooilys_bedreigde_spesies\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/><small><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>(<a href=\"./IUBN-rooilys\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"IUBN-rooilys\">IUCN 3.1</a>)</small></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a></th></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><div class=\"koninkryk\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Animalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Animalia\">Animalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Filum:</td>\n<td><div class=\"filum\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Chordata\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Chordata\">Chordata</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Klas:</td>\n<td><div class=\"klas\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Mammalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mammalia\">Mammalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Orde:</td>\n<td><div class=\"orde\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Carnivora\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Carnivora\">Carnivora</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Familie:</td>\n<td><div class=\"familie\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Felidae\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Felidae\">Felidae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Genus:</td>\n<td><div class=\"genus\" style=\"display:inline\"><i><a href=\"./Panthera\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Panthera\">Panthera</a></i></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Spesie:</td>\n<td><div class=\"spesie\" style=\"display:inline\"><i><b>P.<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>tigris</b></i></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Binomiale_naam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Binomiale naam\">Binomiale naam</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><b><span class=\"binomial\"><i>Panthera tigris</i></span></b><br/><div style=\"font-size: 85%;\">(<a href=\"./Carolus_Linnaeus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Carolus Linnaeus\">Linnaeus</a>, 1758)</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Subspesies\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Subspesies\">Subspesies</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: left\">\n<p><i>P. t. tigris</i><br/>\n<i>P. t. corbetti</i><br/>\n<i>P. t. jacksoni</i><br/>\n<i>P. t. sumatrae</i><br/>\n<i>P. t. altaica</i><br/>\n<i>P. t. amoyensis</i><br/>\n†<i>P. t. virgata</i><br/>\n†<i>P. t. balica</i><br/>\n†<i>P. t. sondaica</i></p></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Tiger_distribution3.PNG\"><img data-file-height=\"397\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"508\" decoding=\"async\" height=\"172\" resource=\"./Lêer:Tiger_distribution3.PNG\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/58/Tiger_distribution3.PNG/220px-Tiger_distribution3.PNG\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/58/Tiger_distribution3.PNG/330px-Tiger_distribution3.PNG 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/58/Tiger_distribution3.PNG/440px-Tiger_distribution3.PNG 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size: 88%\">Die tier se historiese verspreiding in ca. 1900 (oranje) en in 1990 (rooi)</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Tiger_map.svg\"><img data-file-height=\"1303\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1701\" decoding=\"async\" height=\"169\" resource=\"./Lêer:Tiger_map.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c0/Tiger_map.svg/220px-Tiger_map.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c0/Tiger_map.svg/330px-Tiger_map.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c0/Tiger_map.svg/440px-Tiger_map.svg.png 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size: 88%\">Die tier se historiese verspreiding in ca. 1850 (liggeel) en in 2006 (groen)</td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Sinoniem_(taksonomie)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sinoniem (taksonomie)\">Sinonieme</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: left\">\n<p><i><b>Felis tigris</b></i> <small>(<a href=\"./Carolus_Linnaeus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Carolus Linnaeus\">Linnaeus</a>, 1758)</small><br/>\n<i><b>Tigris striatus</b></i> <small>(<a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Nikolai Sewertzof\"]}}' href=\"./Nikolai_Sewertzof?action=edit&redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nikolai Sewertzof\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Sewertzof</a>, 1858)</small><br/>\n<i><b>Tigris regalis</b></i> <small>(<a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"John Edward Gray\"]}}' href=\"./John_Edward_Gray?action=edit&redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"John Edward Gray\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Gray</a>, 1867)</small></p></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 8313
} |
Voorbeeld van ongeslypte en geslypte tieroog.
**Tieroog** (Engels: *Tiger’s eye* of *Tiger Eye*) is 'n kleurspelende (Engels: *chatoyant*) halfedelsteen wat gewoonlik 'n metamorfe (mineraal) is met 'n goue tot rooibruin kleur en 'n syagtige glans. As lede van die kwartsgroep kry tieroog en die verwante bloukleurige mineraal katoog hul silwerige, glansende voorkoms van die parallelle tussengroei van kwartskristalle en veranderde amfiboolvesels wat meestal in limoniet ('n ysteroksied) verander het.
Katoog (blou variëteit van tieroog met lae ysterinhoud).
Katoog/tieroog/buloog word gevorm deur die verandering van die amfibool krokidoliet na tieroog tydens 'n metamorfeproses. Wanneer daar nie yster betrokke is nie, vorm dit die blou vorm (katoog), maar wanneer daar voldoende yster beskikbaar is, word tieroog gevorm. Wanneer hitte betrokke is, word die rooi vorm (buloog) gevorm.
Snit, behandeling en nabootsing
-------------------------------
Tierooghalfedelstene word gewoonlik 'n *cabochon*-snit gegee om hul kleurspeling ten beste te vertoon. Die rooi vorm van tieroog (ook bekend as buloog) word ontwikkel deur hittebehandeling. Die kleurverskil gebeur a.g.v. die chromofoorelement (in tieroog se geval yster) wat van oksidasiestaat verander van Fe3+ tot Fe4+. In die natuur kan geel tieroog wat in 'n dagsoom op die oppervlak aan veldbrande blootgestel is, 'n rooi kleur verkry. Dit kan onder andere in die Kuruman omgewing in die Kurumanheuwels gesien word. Donker klippe word kunsmatig verlig om die kleur te verbeter met behulp van 'n salpetersuur (HNO3) behandeling.
Heuningkleurige klippe word gebruik om die meer gewaardeerde katoog chrysoberyl na te boots, maar die algehele effek is onoortuigend. Kunsmatige optiese veselglas is 'n algemene nabootsing van tieroog, en word in 'n wye verskeidenheid kleure geproduseer. Tieroog kom hoofsaaklik uit Suid-Afrika en Oos-Asië.
Tieryster
Tieryster
---------
Tieryster is 'n veranderde klip wat hoofsaaklik uit tieroog, rooi jaspis en swart hematiet bestaan. Die golwende, kontrasterende kleurbande en glans veroorsaak 'n aantreklike motief, en word hoofsaaklik gebruik vir juweliersware en versiering. Tieryster is 'n gewilde ornamentele materiaal wat in 'n verskeidenheid toepassings gebruik word, van krale tot meshewwe.
Tieryster word hoofsaaklik in Suid-Afrika en Wes-Australië gemyn. Tieroog bestaan hoofsaaklik uit silikondioksied (SiO2) en word hoofsaaklik deur ysteroksied gekleur. Die relatiewe digtheidwissel van 2,64 tot 2,71.
Serpentynse tieroog van Arizona
-------------------------------
Serpentyn afsettings waarin kleurspelende bande van krisotielvesels soms gevind word, is in die Amerikaanse state van Arizona en Kalifornië gevind. Hierdie word gesny en verkoop as "Arizona tieroog" en "Kaliforniese tieroog" edelstene.
Die handelsnaam van pietersiet word gebruik vir 'n gekraakte of gebreekte kalsedoon wat amfiboolvesels bevat en as tieroog van Namibië en China bemark.
Hierdie ander vorme is egter nie ware tieroog nie.
Bronne
------
Algemene bronne van tieroog is Australië, Mianmar (Birma), Indië, Namibië, Suid-Afrika, Verenigde State, Brasilië, Kanada, China, Korea en Spanje.
Kulturele konnotasies
---------------------
In sommige dele van die wêreld word geglo dat tieroog bose magte afweer.
Gebruike
--------
Tieroog as juweliersware gebruik.
Tieroog word gewoonlik gebruik as halfedelstene in juweliersware en ornamente, en word ook in artikels soos messegoed as handvatsels gebruik. Dit is ook baie gewild onder versamelaars. In die Noord-Kaapse dorp Kuruman, is die ABSA bank se buitemure van klip gebou wat hoofsaaklik uit tieroog (*met klein hoeveelhede gebande ystersteen waarin die tieroog voorkom*) bestaan. | {
"title": "Tieroog",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1077,
4177,
0.2578405554225521
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 3727
} |
Pollini in 2009
**Maurizio Pollini** (gebore op 5 Januarie 1942) is 'n Italiaanse klassieke pianis. Hy is veral bekend vir sy opvoerings van Beethoven, Scubert, Chopin, Brahms, en Schoenberg se werke. Hy is ook 'n voorstander van moderne komponiste soos Pierre Boulez, Luigi Nono, Karlheinz Stockhausen, Giacomo Manzoni, Salvatore Sciarrino en Bruno Maderna.
Belangrike werke is al gekomponeer vir Pollini, van wat die mees bekendste Nono se *..... sofferte onde serene* ... Manzoni se *Masse: omaggio a Edgard Varèse* end Sciarrino se *Vyfde Sonata* is. Pollini het al beide opera en orkestrale musiek gedirigeer, en soms vanaf die klavier af gedirigeer in sekere concertos.
Lewe en loopbaan
----------------
Pollini is in Milan gebore. Sy vader was die Italiaanse rasionalistiese argitek Gino Pollini, van wie dit gesê is dat hy die eerste persoon was om modernistiese argitektuur na Italië in die 1930's te bring. Pollini het aanvanklik klavier saam met Carlo Lonati gestudeer, tot die ouderdom van 13 jaar, en daarna met Carlo Vidusso tot hy 18 jaar oud was. Hy het 'n diploma van die Milan-konservatorium verkry en beide die Internasionale Ettore Pozzoli Klavierkompetisie in Seregno (Italië) in 1959 en die Internasionale Chopin Klavierkompetisie in Warskou in 1960 gewen.
Arthur Rubinstein, wat aan die hoof van die beoordelaarspaneel gesit het, het Pollini as die wenner van die kompetisie verklaar en na bewering gesê: "daardie seun kan die klavier beter as enige van ons speel".
Kort daarna het hy Chopin se Concerto No. 1 in E mineur vir EMI opgeneem saam met die Filharmoniese Orkes onder die Poolse dirigent Paul Kletzki, en ook opvoerings van Chopin se etudes opgeneem. Toe die Philharmonia Orkes Pollini 'n reeks konserte aangebied het, het hy ondervind wat die EMI produseerder Peter Andry genoem het "'n klaarblyklike krisis in selfvertroue".
Hy het kort daarna saam met Arturo Benedetti Michelangeli gestudeer, van wie dit gesê word dat Pollini vanaf hom "'n presiese tegniek en emosionele terughoudendheid aangeleer het", alhoewel sommige al kommer uitgespreek het dat Michelangeli se invloed daartoe gelei het dat Pollini se speelwerk "pretensieus en koud" geword het. Gedurende die vroeë 1960's het Pollini sy konsertopvoerings begin beperk. Hy het verkies om eerder hierdie jare te spandeer deur op sy eie te studeer, en sy repertoire uit te brei.
Sedert die 1960's het Pollini opvoerings gegee and opgetree saam met bekende en groot orkeste in Europa, die VSA en die Verre Ooste. Hy het sy Amerikaanse debuut in 1968 gemaak, en sy eerste toer van Japan in 1974 onderneem.
Gedurende die 1960s en 1970s was Pollini 'n linkse politieke aktivis. Hy het saam met Luigi Nono gewerk in werke soos Nono se *Como una ola de fuerza y luz* (1972), welke bedoel was om die sluipmoord op Luciano Cruz, 'n leier van die Chileense Revolusionêre Front, te betreur. Hy het saam met Claudio Abbado by La Scala opgetree in 'n siklus van konserte vir studente en werkers, in 'n poging om 'n nuwe verhoor op te bou, aangesien Abbado en Pollini geglo het dat kuns vir almal moet wees. Sommige van Pollini se opvoerings was oorskadu deur oproerighede in die verhoor, en een moes selfs beëindig word deur die ingryping of tussenkoms van die polisie, toe Pollini Viëtnam genoem het.
Pollini met Pierre Boulez in Parys (2009)
In 1985 by geleentheid van Johann Sebastian Bach se drie-honderdste herdenking, het hy die volledige eerste boek van Bach se Das Wohltemperierte Klavier gespeel. In 1987 het hy die volledige klavierkonserte van Ludwig van Beethoven in New York gespeel saam met die Weense Filharmoniese Orkes onder Claudio Abbado, en op dieselfde geleentheid die Orkes se Erering ontvang. In 1993-94 het hy die eerste volledige siklus van Beethoven se klaviersonatas in Berlyn en München gespeel en later ook in New York Stad, Milan, Parys, Londen en Wene.
Hy het tydens die Salzburg Fees in 1995 die eerste opvoering van die "Progetto Pollini", gegee - welke 'n reeks konserte was waarin nuwe en ou werke in jukstaposisie geplaas word. 'n Analoog reeks het plaasgevind by Carnegie Hall in Januarie 2000, met "Perspectives: Maurizio Pollini", en by Londen se Royal Festival Hall in November 2010 met die "Pollini Projek", 'n reeks van vyf konserte, met werke wat strek van Bach tot Stockhausen. In Maart 2012 was dit aangekondig dat Pollini al sy toekomstige optredes in die VSA vir mediese redes gekanselleer het.
In 2014 speel Pollini op 'n toer wat die Salzburgfees ingesluit het en het sy debuut gemaak by die Rheingau musiekfees en Chopin se Preludes, Opus 28 gespeel in die Kurhaus Wiesbaden, asook Boek 1 van Claude Debussy se Préludes.
Pollini is die vader van die pianis Daniele Pollini (gebore in 1978).
Opnames
-------
Pollini se eerste opnames vir Deutsche Grammophon in 1971, het Igor Stravinski se *Trois mouvements de Petrouchka* and Sergei Prokofiëf se *Sonata No. 7* ingesluit, wat steeds beskou word as 'n baken van twintigste eeuse klavieropnames. Sedertdien was hy een van Deutsche Grammophon se top pianiste. Sy opname van Frédéric Chopin se Études Opp. 10 en 25, (ook onder Deutsche Grammophon) het aan Pollini internasionale aansien besorg. In 2002 het *Deutsche Grammophon* 'n 13-CD herdenkingsuitgawe vrygestel om Pollini se 60ste verjaardag te herdenk, en 'n volledige uitgawe van 58 diskette van sy totale opnames vir die handelsmerk om sy 75ste verjaardag te herdenk. Sy Beethoven-klaviersonatas is voltooi in 2014, en is vrygestel in 'n 8-CD-houerstel.
Terwyl Pollini bekend is om sy eksepsionele tegniek, is hy al gekritiseer vir emosionele konserwatisme. In sy onderhoude het Maurizio Pollini egter gesê dat hy: "op so akkurate wyse as moontlik probeer uitdrukking gee aan die komponis, regdeur sy loopbaan vir hom 'n belangrike oorweging was, en dat hy nie aandag aan sy eie emosies gee nie.".
Toekennings en pryse
--------------------
In 1996 het Pollini die Ernst von Siemens-musiekprys gewen. In 2001 het sy opname van Beethoven se *Diabelli Variasies* die *Diapason d'or* gewen. In 2007 het Pollini die Grammy toekenning vir Beste Instrumentale Solis Opvoering (sonder orkes) gewen vir sy Deutsche Grammophon opname van Frédéric Chopin se nokturnes. Die Praemium Imperiale is in 2010 aan hom toegeken. Hy is in die Gramophone tydskrif se "Hall of Fame" opgeneem in 2012. | {
"title": "Maurizio Pollini",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
2788,
8053,
0.3462063827145163
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 6342
} |
Die **tiervis** (*Hydrocynus vittatus*) is 'n roofvis en 'n varswatervis wat in die Okavango- en Zambeziriviere en ook in riviere in die Laeveld voorkom. Buite Suider-Afrika kom die vis voor in die Kongorivier, Tanganjikameer en ander riviere in Noord- en Wes-Afrika. Die Tiervis is seker een van die bekendste visse in Suider-Afrika en staan in Engels bekend as die *Tigerfish*. Die vis was voorheen onder die familie *Characidae* geklassifiseer.
Spesies van die Hydrocynus-genus; die boonste een is die tiervis.
Voorkoms
--------
Die vis is lank en lenig met gepunte vinne en die stertvin is diep gevurk. Die kop is groot met 'n sterk kakebeen met agt groot tande elk wat uit die mond uitsteek. Die jong visse is silwerkleurig. Die volwasse visse is ook silwerkleurig met 'n blou skynsel op die rug. Daar is 'n klomp, swart parallele strepe oor die sye van die vis. Die vinne is geel tot rooi van kleur met 'n swart rand aan die agterkant. Die mannetjies en wyfies lyk dieselfde maar die wyfies word groter as die mannetjies; die wyfies word tot 700 mm lank en die mannetjie slegs 500 mm. Die Zimbabwe hengelrekord is 15,507 kg.
Habitat
-------
Die vis verkies warm water wat baie suurstof bevat hoofsaaklik in groter riviere en mere. Dit het die gewoonte om na die oppervlak te gaan op soek na prooi en word dan soms self die prooi van die visarend. Die vis broei gedurende die somer.
Hengel
------
'n Klein *H. vittatus* uit 'n boloop van die Zambezi.
Die tiervis is 'n gewilde sportvis en is 'n belangrike kommersiële vis in die Karibadam met meer as 184 ton wat gedurende 1977 gevang is.
Sien ook
--------
* Alfabetiese lys van visse
* Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
* Lys van varswater visfamilies
* Lys van visfamilies
Bron
----
* *A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa.* Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1 | {
"title": "Tiervis",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
819,
2143,
0.3821745216985534
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">Tiervis</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Hydrocynus_vittatus_The_fishes_of_the_Nile_(Pl._XVII)_(6961607491).jpg\"><img data-file-height=\"721\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1280\" decoding=\"async\" height=\"124\" resource=\"./Lêer:Hydrocynus_vittatus_The_fishes_of_the_Nile_(Pl._XVII)_(6961607491).jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1d/Hydrocynus_vittatus_The_fishes_of_the_Nile_%28Pl._XVII%29_%286961607491%29.jpg/220px-Hydrocynus_vittatus_The_fishes_of_the_Nile_%28Pl._XVII%29_%286961607491%29.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1d/Hydrocynus_vittatus_The_fishes_of_the_Nile_%28Pl._XVII%29_%286961607491%29.jpg/330px-Hydrocynus_vittatus_The_fishes_of_the_Nile_%28Pl._XVII%29_%286961607491%29.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1d/Hydrocynus_vittatus_The_fishes_of_the_Nile_%28Pl._XVII%29_%286961607491%29.jpg/440px-Hydrocynus_vittatus_The_fishes_of_the_Nile_%28Pl._XVII%29_%286961607491%29.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">\n<th colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><a href=\"./Bewaringstatus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bewaringstatus\">Bewaringstatus</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><span><img alt=\"\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"240\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Status_iucn3.1_LC_af.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/220px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/330px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/440px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 2x\" width=\"220\"/></span></span><br/><a href=\"./Veilige_spesie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Veilige spesie\">Veilig</a> <link href=\"./Kategorie:IUBN_Rooilys_veilige_spesies\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/><small><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>(<a href=\"./IUBN-rooilys\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"IUBN-rooilys\">IUCN 3.1</a>)</small></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a></th></tr>\n<tr>\n<td>Domein:</td>\n<td><div class=\"domein\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Eukaryota\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eukaryota\">Eukaryota</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><div class=\"koninkryk\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Animalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Animalia\">Animalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Filum:</td>\n<td><div class=\"filum\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Chordata\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Chordata\">Chordata</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Subfilum:</td>\n<td><div class=\"subfilum\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Vertebrata\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vertebrata\">Vertebrata</a></div><br/><div style=\"font-size: 85%;\">(<a class=\"mw-redirect\" href=\"./Cuvier\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Cuvier\">Cuvier</a>, <a href=\"./1812\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1812\">1812</a>)</div></td></tr>\n<tr>\n<td>Infrafilum:</td>\n<td><div class=\"infrafilum\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Gnathostomata\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gnathostomata\">Gnathostomata</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Superklas:</td>\n<td><div class=\"superklas\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Osteichthyes\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Osteichthyes\">Osteichthyes</a></div><br/><div style=\"font-size: 85%;\">(<a href=\"./Thomas_Henry_Huxley\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Thomas Henry Huxley\">Huxley</a>, <a href=\"./1880\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1880\">1880</a>)</div></td></tr>\n<tr>\n<td>Klas:</td>\n<td><div class=\"klas\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Actinopterygii\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Actinopterygii\">Actinopterygii</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Subklas:</td>\n<td><div class=\"subklas\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Neopterygii\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Neopterygii\">Neopterygii</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Infraklas:</td>\n<td><div class=\"infraklas\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Teleostei\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Teleostei\">Teleostei</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Superorde:</td>\n<td><div class=\"superorde\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Ostariophysi\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ostariophysi\">Ostariophysi</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Orde:</td>\n<td><div class=\"orde\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Characiformes\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Characiformes\">Characiformes</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Familie:</td>\n<td><div class=\"familie\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Alestidae\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Alestidae\">Alestidae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Genus:</td>\n<td><div class=\"genus\" style=\"display:inline\"><i><a href=\"./Hydrocynus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Hydrocynus\">Hydrocynus</a></i></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Spesie:</td>\n<td><div class=\"spesie\" style=\"display:inline\"><i><b>H.<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>vittatus</b></i></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Binomiale_naam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Binomiale naam\">Binomiale naam</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><b><span class=\"binomial\"><i>Hydrocynus vittatus</i></span></b><br/><div style=\"font-size: 85%;\">(<a class=\"new\" href=\"./Francis_de_Laporte_de_Castelnau\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Francis de Laporte de Castelnau\">Castelnau</a>, 1861)</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 1886
} |
**Machgielis (Max) Euwe** (Amsterdam, 20 Mei 1901 – Amsterdam, 26 November 1981) was 'n Nederlandse skaakspeler en wiskundeonderwyser. Hy was wêreldkampioen van 1935 tot 1937. Van ongeveer 1920 tot in die jare vyftig was hy die sterkste Nederlandse skaakspeler.
Max Euwe het homself besonder verdienstelik gemaak vir die skaaksport en was president van FIDE tydens die wedstryd tussen Spassky en Fischer. Tewens, hy was 'n bekende skaakskrywer: hy skryf talle teksboeke, waaronder die internasionaal bekende *Teorie van Schaakopeningen* en die *Losbladige schaakberichten*.
Hy word geroem om sy toepassing van wiskundige insigte en logika in skaak. Hy het daarin geslaag om staande te bly in komplekse stellings waarin hy die beste taktiek akkuraat kon uitlê.
Euwe word deur sommige gesien as die swakste wêreldkampioen, omdat hy die wedstryd om die Wêreldbeker teen Aleksandr Aljechin net-net gewen met 'n halwe punt verskil en 2 jaar later die titel verloor het na 'n groot nederlaag, en in die toernooi van 1948 laaste geëindig het. Ander, soos Hans Ree,
Cecil Purdy en Reuben Fine is van mening dat Euwe ernstig onderskat word.
Biografie
---------
### 1901–1934
Max Euwe was die seun van Cornelis Euwe (onderwyser) en Elizabeth van der Meer. Euwe trou in 1926 met Carolina Bergman. Toe Euwe vier jaar oud was, het sy ouers hom leer skaak speel. Vanaf die begin van die jare twintig oorheers hy skaak in Nederland. So wen hy van 1921 tot 1952 alle Nederlandse kampioenskappe waaraan hy deelgeneem het.
In die loop van die jare twintig dring hy geleidelik deur tot die wêreld top orde. Hy wen die toernooi van Hastings in 1923 en speel in 1926–1927 'n wedstryd teen Aljechin wat hy net-net verloor met 4 ½ -5 ½.
In 1928 word hy in Den Haag vir die eerste keer wêreldkampioen deur die Amateur Wêreldbeker Skaak te wen. Hierdie titel het nie veel beteken nie omdat die top spelers nie daaraan deelgeneem het nie. Van meer belang was die twee wedstryde wat Euwe in dieselfde tyd gespeel het in Nederland teen die FIDE-wêreldkampioen Efim Bogoljoebov. Euwe verloor beide met 4 ½ -5 ½. Ook by twee groot toernooie, in Bad Kissingen, 1928 en Karlovy Vary, 1929, bewys Euwe dat hy in die top liga hoort.
In 1930 en 1934 wen Euwe die Hastings-toernooi. In 1931 het hy 'n wedstryd teen José Raúl Capablanca met 4-6 verloor.
Wat Euwe onderskei van die meeste topskakers was dat hy amateur gebly het.
Euwe studeer in Amsterdam wiskunde vanaf 1918. In November 1923 behaal Euwe sy meestersgraad in die wiskunde (cum laude). Hy word wiskundeonderwyser. Aanvanklik was Euwe waarnemer, daarna was hy gedurende twee jaar in Rotterdam wiskundeonderwyser aan die "Hogereburgerschool", en dan wiskundeonderwyser aan die "Gemeentelijk Meisjeslyceum" in Amsterdam. In 1926 promoveer hy by prof R.W. Weitzenböck, weer "cum laude", met 'n tesis met die titel "Differentiaalvarianten van twee covariante-vectorvelden met vier veranderlijken". In 1929 publiseer hy 'n spelteoretiese verhandeling oor skaak vanuit 'n intuïtionistiese perspektief. Die titel was *Mengentheoretische Betrachtungen über das Schachspiel*.
### Euwe word wêreldkampioen
In 1935 nooi die heersende wêreldkampioen Aljechin vir Euwe uit om 'n wedstryd om die Wêreldbeker te speel. Euwe, wat eintlik opgehou het met skaak, het die uitnodiging aanvaar en wen op 15 Desember 1935 na 80 dae, 30 spelle en 13 stede en dorpe versprei oor Nederland, met die eindtelling 15 ½ -14 ½ .
Die beroemdste party uit hierdie tweestryd is die 26ste, wat bekend staan as "De Parel van Zandvoort".
Die wêreldkampioenskap van Euwe het baie belangstelling vir skaak in Nederland aangewakker. Baie Nederlandse skaakklubs het in 1935 as gevolg daarvan opgeskiet.
Euwe verloor die titel in 1937 weer in 'n terug-wedtryd met Aljechin (9 ½ -15 ½). Daar is voorts skaakspelers wat na analise van die partye tot die gevolgtrekking gekom het dat hy in 1935 eintlik minder sterk was as Aljechin, en in 1937 eintlik juis beter gespeel het.
In 1938 neem Euwe deel mee aan die AVRO-toernooi, die sterkste verteenwoordige toernooi tot dan toe. Hy behaal 7 uit 14.
In 1940 bedank hy as onderwyser by die "Gemeentelijke Meisjeslyceum" in Amsterdam en tree hy toe tot die Raad van die voedselvervaardiger Van Amerongen.
### Na die oorlog
Euwe eindig tweede in die eerste groot toernooi wat na die Tweede Wêreldoorlog gehou word, die Staunton toernooi in Groningen in 1946. Aangemoedig deur hierdie sukses het hy 'n aantal jare vanaf 1947 professioneel skaak gespeel, in diens van die "Koninklijke Nederlandse Schaakbond" (KNSB). Die bedoeling was dat hy hom so beter kon voorberei en meer kans sou kry om die wêreldkampioenskap terug te wen. Dit was geen sukses nie en Euwe se deelname aan die toernooi om die Wêreldbeker in 1948 is 'n fiasko. Met 4 uit 20 eindig hy laaste. In 1949 gaan hy terug na die onderwys en word weer amateurspeler. In 1953 speel hy sy laaste groot toernooi. In die kandidatetoernooi van 1953 kom hy met 11 ½ uit 28 tweedelaaste. In 1957 verslaan hy nog in 'n tweestryd die veertienjarige Bobby Fischer met 1 ½ - ½.
### Euwe as skrywer
Standbeeld Max Euwe Euwe staan bekend as 'n skaakspeler met' n groot en grondige kennis van die opening. Hy het baie skaakboeke geskryf, waaronder 'n reeks oor die opening, die reeks "Praktische Schaaklessen" en die boek "Oordeel en Plan". Hierdie boeke is op groot skaal vertaal. Miskien wel die bekendste boek vir leke is egter "Oom Jan leert zijn neefje schaken", wat vir baie die eerste kennismaking met die spel was. Daarbenewens het hy skaakrubrieke vir tydskrifte geskrywe. Dit het dikwels gebeur tydens wedstryde dat Euwe, teen die relatief swak teenstand, sy oortollige dinktyd gebruik het om tydens die spel sy stukkies te skryf. Dit het natuurlik, of hy nou wou of nie, 'n sielkundige impak op sy teenstanders gehad.
### Databestuur en hoogleraar
Hy het homself fiks gehou en was amateur-bokser. Na 1950 wy Euwe hom weer meer aan die wiskunde en die opkomende rekenaarwetenskap.
Vanaf 1956 was hy wetenskaplik adviseur van die Amerikaanse firma Remington Rand, waar hy bygedra het tot die ontwikkeling van die rekenaar. Van 1959 tot 1963 was hy direkteur van die "Studiecentrum Automatische Dataverwerking".
In 1964 word hy benoem tot buitegewoon professor in die metodologie van die outomatiese informasieverwerking aan die Erasmus Universiteit in Rotterdam en tot professor aan die Universiteit van Tilburg .
### Latere lewe: president FIDE
Van 1970 tot 1978 was Euwe president van die wêreldskaakbond FIDE. Hy speel 'n belangrike rol by die totstandkoming van die wedstryd om die wêreldkampioen Spassky – Fischer in 1972 te Reykjavik. In 1975 het hy 'n rondreis van meer as 'n maand deur Afrika, met as doel Afrikalande te werf as nuwe lede vir die FIDE. Hy besoek agtereenvolgens Senegal, Ghana, Nigerië, Zambië en Zaïre. Euwe was toe 74. Hy het daar gepraat met ministers en staatshoofde, maar ook vertoonwedstryde gespeel en lesings gegee.
In 1981 begin Max Euwe deelneem aan die 10de Nederlands kampioenskap korrespondensie-skaak. Hy het hierdie toernooi nie voltooi nie. Die nog uitstaande spelle is gearbitreer, en hy eindig postuum as vierde na Gert Timmerman, Kier Nienhuis en Joop van Oosterom.
Euwe is oorlede op 80-jarige ouderdom te Amsterdam. Hy was getroud met Carolina Elisabeth Bergman. Uit hierdie huwelik word 3 dogters gebore, onder wie Caroline Euwe.
Herinneringstekens
------------------
Max Euweplein
Daar is 'n skaakprys na Euwe vernoem, die Euwe-ring. In 2001 verskyn 'n blokkie van twee posseëls met 'n beeltenis van Euwe. Behalwe Nederlandse seëls het daar ook seëls met sy beeltenis in Mongolië en Joegoslawië verskyn. In 1982 is in Amsterdam die "Max Euwe Centrum" gestig. Daar is in Amsterdam ook 'n plein na Euwe vernoem. Op 7 Mei 2004 is op die plein 'n standbeeld van Euwe onthul. Dit is vervaardig deur beeldend kunstenares José Fijnaut en is 'n inisiatief van die "Ondernemersvereniging Max Euweplein". In Arnhem is in die distrik Stadseiland 'n straat na hom vernoem. Ook is die skaakfilm "Lang leve de koningin" deur sy kleindogter Esmé Lammers aan hom opgedra.
Spelle
------
In die skaakdatabank van Chessgames.com staan 1423 spelle wat deur Max Euwe gespeel is. Daarvan het hy 707 spelle gewen, 231 verloor en 480 eindig in remise. Sy winspersentasie is 66.8%.
Bibliografie
------------
Euwe het honderde werke oor skaak geskryf.
Bekende titels is:
* "Oom Jan leert zijn neefje schaken", saam met Albert Loon, 1936
* "Oordeel en plan", 1952
* "Meester tegen amateur", 1963
* "Praktische schaaklessen", deel 1 t / m 6, 1980–1986
Nota
----
Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia met Url: nl:Max Euwe
Bibliografie
------------
* Münninghoff, A. (1976)*Max Euwe Biografie van een wereldkampioen*. Amsterdam: Keesing.
1. ↑ Ree, H. (22 April 2002). "The Euwe Variation" (PDF) (in Engels). chesscafe.com. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2012. Besoek op 7 April 2011.
2. ↑ Ree, H. (1979). *In den eersten stoot pat*. p. 18.
3. 1 2 Biografisch Woordeboek van Nederland – biografie
4. ↑ By die Weg, M. (Desember 2010). "Zieltjes werven voor de FIDE". *Schaakmagazine*. **117** (6): 12–13.
5. ↑ "The chess games of Max Euwe" (in Engels). chessgames.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2019. Besoek op 7 April 2011.
6. ↑ "Max Euwe se boeke". Max Euwe Sentrum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2011. Besoek op 7 April 2011. | {
"title": "Max Euwe",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1549,
8617,
0.17976093768132761
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Skaakspeler\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Skaakspeler\"},\"params\":{\"Naam\":{\"wt\":\"Max Euwe\"},\"Beeld\":{\"wt\":\"Max Euwe.jpg\"},\"Beeldbeskrywing\":{\"wt\":\"<!-- Vir oormuis-info/ vir siggestremdes; sonder wiki-sintaks -->\"},\"Beeldonderskrif\":{\"wt\":\"Max Euwe in 1956\"},\"Geboortenaam\":{\"wt\":\"Machgielis Euwe\"},\"Alias\":{\"wt\":\"Max Euwe\"},\"Geboortedatum\":{\"wt\":\"{{Geboortedatum|1901|5|20}}\"},\"Geboorteplek\":{\"wt\":\"[[Amsterdam]], [[Nederland]]\"},\"Nasionaliteit\":{\"wt\":\"{{vlagland|Nederland}}\"},\"Sterftedatum\":{\"wt\":\"{{Sterfdatum en ouderdom|1901|5|20|1981|11|26}}\"},\"Sterfteplek\":{\"wt\":\"Amsterdam, Nederland\"},\"Titel\":{\"wt\":\"Grootmeester (1950)\"},\"FIDE rang\":{\"wt\":\"2769 (Januarie 1936) [histories]\"},\"Beste gradering\":{\"wt\":\"2530 (Mei 1974)\"},\"Wêreldkampioen\":{\"wt\":\"1935–37\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:25.5em; font-size: 85%; text-align: left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; text-align: center;\">Max Euwe</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw=\"{"caption":"'n Beeld van die betrokke persoonlikheid."}\" typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Max_Euwe.jpg\" title=\"'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.\"><img alt=\"'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.\" data-file-height=\"264\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"352\" decoding=\"async\" height=\"188\" resource=\"./Lêer:Max_Euwe.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0a/Max_Euwe.jpg/250px-Max_Euwe.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/0/0a/Max_Euwe.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/0/0a/Max_Euwe.jpg 2x\" width=\"250\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><div style=\"line-height:12px;font-size: 85%;\">Max Euwe in 1956</div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><hr/></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Naam</th>\n<td>Machgielis Euwe</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Alias</th>\n<td>Max Euwe</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Geboorte</th>\n<td><span style=\"display:none\">(<span class=\"bday\">1901-05-20</span>)</span>20 Mei 1901<br/><a href=\"./Amsterdam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Amsterdam\">Amsterdam</a>, <a href=\"./Nederland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nederland\">Nederland</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Sterfte</th>\n<td>26 November 1981 (op 80)<br/>Amsterdam, Nederland</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Nasionaliteit(e)</th>\n<td><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Nederland\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_Netherlands.svg\" title=\"Vlag van Nederland\"><img alt=\"Vlag van Nederland\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"900\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_Netherlands.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/20/Flag_of_the_Netherlands.svg/22px-Flag_of_the_Netherlands.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/20/Flag_of_the_Netherlands.svg/33px-Flag_of_the_Netherlands.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/20/Flag_of_the_Netherlands.svg/44px-Flag_of_the_Netherlands.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Nederland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nederland\">Nederland</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Titel</th>\n<td>Grootmeester (1950)</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">FIDE rang</th>\n<td>2769 (Januarie 1936) [histories]</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Beste gradering</th>\n<td>2530 (Mei 1974)</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Wêreldkampioen</th>\n<td>1935–37</td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 9500
} |
Moderne/Yepes tiensnaarkitaar
-----------------------------
Nadat Narciso Yepes alreeds naam gemaak het as 'n eersteklas klassieke musikant het hy 'n stadium bereik waar die sessnaarkitaar se beperkings in konflik getree het met sy musikale visie. Hy was versteur deur die onegaligheid van die instrument se resonansie as gevolg van die simpatieke vibrasie van die botone van die bassnare. Sekere note (E, A, D, B) klink rond, verryk deur hierdie vibrasie, terwyl ander in vergelyking yl en arm klink, en ook meer geneig is tot staccato klank (die oomblink dat die vinger van die linkerhand verwyder word van die vingerbord). Yepes se idee om hierdie probleem op te los - 'n kitaar met kromatiese resonansie wat hy in 1963 ontwerp het met die hulp van José Ramirez - volg streng wetenskaplike en musikale logika.
Deur vier addisionele snare by te voeg en hulle 'n baie spesifieke manier te stem - dit is C, B-mol, A-mol, en G-mol - word dieselfde resonansie verkry wanneer enige van die note op die vingerbord gespeel word, deur gebruik te maak van die mees prominente botone van die sewe bassnare (dit wil sê, meesal oktawe en vyfdes) wat in simpatie vibreer wanneer die ekwivalente noot elders op die vingerbord gespeel word. Die resultaat is liniêre, kromatiese resonansie: die bassnare vibreer nou in simpatie, versterk en verleng al twaalf note van die kromatiese oktaaf, soortgelyk aan die funksie van die pedaal van die klavier. Net soos die pianis die keuse het om die pedaal te gebruik, of nie, so kan 'n bekwame speler van die tiensnaarkitaar ook beheer behou oor watter klanke hy/sy wil versterk/verleng, of hy/sy legato of staccato klanke wil hê, ensovoorts. Hierdie kromatiese resonansie en liniêre klankkwaliteit is nie moontlik op die sessnaarkitaar nie, en ook nie op 'n tiensnaarkitaar met enige ander bestemming as daardie van Yepes nie.
Verder is dit nou moontlik vir die kitaarspeler om die repertorium van die Barokluit (soos dié van J.S. Bach) te speel sonder om enige skade aan te rig aan die basnote, deur gebruik te maak van scordatura (om die sewende - die laagste snaar - verder af te stem na B1 of A1) om die lae basnote te speel. (Die addisionele snare is nie bedoel om dit tegnies makliker te maak om basnote te speel nie, maar om meer akkurate opvoerings van luit- of klaviermusiek op die kitaar moontlik te maak.) Behalwe vir die nuwe moontlikhede vir die interpretasie van bestaande kitaarmusiek en meer akkurate transkripsies maak die instrument ook nuwe deure oop vir kontemporêre komposissies soos die suites "Si le jour paraît..." (Wanneer die dag breek...) en "Cadran lunaire\*" (Maanhorlosie\*) van die Morrokaanse/Franse komponis Maurice Ohana, en "Y despues" (En Dan...) deur die Italiaanse dodekafonis Bruno Maderna.
> "Dit beteken nie 'n gebrek aan respek vir die instrument se tradisie nie. My nuwe ghitaar is basies dieselfde in klankkleur of tegniek as die sessnaarghitaar. Verbeel jou 'n klavier sonder 'n pedaal wat eweskielik een bekom het - die nuwe moontlikhede vir die verryking van die klank wat dit meebring, is vanselfsprekend." (Narciso Yepes)
>
>
>
### Bestemming
Die korrekte standaardbestemming van die moderne tiensnaarkitaar is:
* e' - b - g - d - A - E - C - Bb - Ab - Gb
Of, enharmonies geskryf:
* e' - b - g - d - A - E - C - A# - G# - F#
(Die Helmholtzsisteem word gebruik vir bogenoemde notasie. Dus, 7 of C is die laagste snaar.)
Bestemming
### Spelers
* Narciso Yepes, Stephan Schmidt, Ismael Barambio, Jonathan Leathwood, Godelieve Monden, Viktor van Niekerk, Simon Wynberg, Andreas Hiller
### Komponiste
* Maurice Ohana
* Bruno Maderna
* Leonardo Balada
* Antonio Ruiz-Pipó
* Philippe Drogoz
* Jorge Labrouve
* José Ramón Encinar
* Michèle Reverdy
* Robert Keeley
* Martin Derungs
* Stephen Goss
* T.E. Flemming
* Chris Malloy
* Ignacio Yepes
* José Peris
Foto's
------
* Narciso Yepes met sy tiensnaarkitaar
Sien ook
--------
* Kitaar
* Lys van musiekinstrumente | {
"title": "Tiensnaarkitaar",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
475,
3265,
0.14548238897396631
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 3967
} |
**Rowan Atkinson** (gebore 6 Januarie 1955) is 'n Britse akteur, skrywer en komediant wat in talle TV-programme en rolprente verskyn. Hy is veral bekend as die hoofkarakter in die TV-program *Blackadder* en vir sy vertolking van die karakter *Mr Bean*. Die koerant *The Guardian* het hom as een van die 50 snaaksste akteurs in Britse komedie gelys, en in 2005 haal hy die lys van grootste 50 komediante ooit in 'n meningspeiling deur mede-komediante.
Lewensloop
----------
Rowan Sebastian Atkinson is op 6 Januarie 1955 in Consett in Durham in die Verenigde Koninkryk gebore. Hy is die jongste van die vier kinders van Eric Atkinson ('n boer) en Ella May, en is tuis onderrig. Atkinson studeer elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Newcastle en behaal daarna 'n meestersgraad aan die Queen's College van die Universiteit van Oxford.
Atkinson begin sy loopbaan as komediant tydens die *Edinburgh Festival*. Daarna toer hy met sy eenmanvertoning deur die land. Hierdie vertoning is vir televisie verfilm en is steeds gewild op DVD.
Sy eerste TV-reeks was *Not the Nine O'Clock News*. Die sukses van hierdie reeks verskaf aan hom die hoofrol in die *Blackadder*-reeks. Hierdie reeks was uiters gewild en drie opvolgreekse asook enkele afgeleide werke is gebeeldsend. Ná Blackadder kom Atkinson met sy bekendste skepping, *Mr. Bean*, vorendag.
Rowan Atkinson as *Mr. Bean* by die Manneken Pis in Brussel (2007).
Atkinson het in 2012 tydens 'n onderhoud gesê dat hy moeg is vir Mr. Bean. Hy is te oud om sulke kinderagtige dinge te doen en sal nie vinnig (of selfs nooit) weer die rol vertolk nie. Sy laaste optrede as *Mr. Bean* was tydens die Olimpiese Somerspele 2012 in Londen. | {
"title": "Rowan Atkinson",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1162,
2572,
0.45178849144634525
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"width:25.5em; font-size: 85%; text-align: left;\">\n<tbody><tr>\n<td class=\"inligtingskas_v2-rolprentopskrif\" colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size: larger; line-height:40px; background-color:rgb(23,165,165);\">Rowan Atkinson</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw=\"{"caption":"'n Beeld van die betrokke persoonlikheid."}\" typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Rowan_Atkinson_2011_2.jpg\"><img data-file-height=\"1922\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1310\" decoding=\"async\" height=\"323\" resource=\"./Lêer:Rowan_Atkinson_2011_2.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/98/Rowan_Atkinson_2011_2.jpg/220px-Rowan_Atkinson_2011_2.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/98/Rowan_Atkinson_2011_2.jpg/330px-Rowan_Atkinson_2011_2.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/98/Rowan_Atkinson_2011_2.jpg/440px-Rowan_Atkinson_2011_2.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><div style=\"line-height:12px;font-size: 85%;\">Rowan Atkinson in 2011</div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><hr/></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Geboortenaam</th>\n<td>Rowan Sebastian Atkinson</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Geboorte</th>\n<td><a href=\"./6_Januarie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"6 Januarie\">6 Januarie</a> <a href=\"./1955\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1955\">1955</a><br/>Consett, <a href=\"./Durham_(graafskap)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Durham (graafskap)\">Durham</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Nasionaliteit</th>\n<td><a href=\"./Verenigde_Koninkryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Verenigde Koninkryk\">Verenigde Koninkryk</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Lewensmaat</th>\n<td>Sunetra Sastry</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Aktiewe jare</th>\n<td>1979–nou</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Rolprente</th>\n<td>Mr. Bean<br/>Johnny English</td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" scope=\"row\" style=\"text-align:center\"><a class=\"extiw\" href=\"https://www.imdb.com/name/nm000100/\" rel=\"mw:WikiLink/Interwiki\" title=\"imdbname:000100\"><i>Internet-rolprentdatabasis</i>-profiel</a></th></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 1700
} |
**Náftali** (Hebreeus נַפְתָּלִי;|"My Stryd"), volgens Genesis, is die tweede gebore seun van Jakob en Bilha. Hy is die stamvader van die Israelitiese Stam van Náftali. Sommige Bybelkenners voer ewenwel aan dat dit as ’n ‘‘postdiksie’’ gereken moet word; as ’n naamgeër-beeldspraak wat ’n oorsaakleer verskaf hoe die stam met al die ander stamme van die Israelitiese bondgenootskap mee verband hou.
Naam
----
Die Torah-geskrifte dui daarop dat die naam Náftali verwys na die twis tussen Ragel en Lea om die guns van Jakob te wen. Bilha was die diensmaagd van Ragel, waar laasgenoemde geglo het dat sy self onvrugbaar was. Ragel het Jakob dus oorreed om ’n kind by Bilha te verwek as ’n plaasvervanger.
Bybelse verwysing
-----------------
Die Bybelverhaal toon hoe Bilha as diensmaagd tot ’n daadwerklike vrou vir Jakob omgeskakel word. Haar diensmaagd-status word deur sommige Bybelkenners gesien as aanwyser dat die skrywers die Stam van Náftali nie heeltemal uit Israelitiese oorsprong geag het nie. Dit mag die gevolg wees van ’n drukfout, omrede dit voorkom asof die twee name ‘‘Náftali’’ en ‘‘Issaskar’’ plekke elders in die teks geruil het. Die geboortebeskrywing van Náftali en Issaskar word deur die tekskenners beskou asof dit deur die bronne op so ’n manier bymekaargebring is dat dit nouliks die verhaal oneg gemaak het.
Volgens die Targum Pseudo-Jonathan was Náftali ’n ratse hardloper, hoewel dit blyk dat dit uit die Seën van Jakob (Genesis 49:21) afgelei is, waar Náftali met ’n wildsbok (hinde) vergelyk word. Die Bybelkenners glo egter dat die beskrywing eintlik betrekking het op die Stam van Náftali, veral omrede die tekskenners beweer dat die Seën van Jakob eers lank na die stam permanent in Kanaän al gebly het, neergeskrywe is.
Náftali se gesin
----------------
Náftali het, volgens Genesis 46:24 vier seuns gehad: Jágseël, Guni, Jeser en Sillem. Daar word geen melding gemaak van sy vrou(e) se naam nie. Hy het saam met sy gesin na Egipte getrek, met die res van die familiestam, waar hulle gebly het tot met die uittog. Volgens die apokrief *Testament van die Twaalf Stamvaders* het Náftali op ’n ouderdom van 137 gesterf en is in Egipte ter aarde bestel. | {
"title": "Náftali",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
383,
2213,
0.17306823316764572
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2224
} |
**Nywerheidsdiamante** is al daardie diamante wat nie geskik is om tot juwele verwerk te word nie.
Slegs 20% van die diamante wat gedelf word, is van so ‘n gewensde kwaliteit dat dit in sierade verwerk kan word. Die ander diamante word vir boor- en skuurdoeleindes gebruik. Omdat diamante buitengewoon hard is, is daar net een ding wat ‘n diamant kan slyp, en dit is ‘n ander diamant. Ruite en porselein word daarmee gesny. Graveerwerk op spoggerige wynglase word met diamantpunte gedoen. Tandartse gebruik diamantpoeier op hul bore om gaatjies in emalje en tandsteen te boor. In horlosies word dit gebruik om die fyn masjinerie glad te laat loop. Diamantpoeier word aan boorpunte gesmeer om deur harde rots te boor.
Boort (soms bort) is laegraadse diamantgruis, dus diamantafval, wat tot poeier gestamp is. Dit word dan gebruik om o.a. edelstene te slyp en poleer.
Die wêreldproduksie van nywerheidsdiamante was in 1974 ‘n 32.4 miljoen karaat teenoor 13.52 miljoen karaat diamante wat as sierstene benut is. Hiervan het onderskeidelik 4 067 000 en 3 435 000 karaat uit Suid-Afrika gekom. Brasilië en die DRK is die bekendste leweransiers van nywerheidsdiamante. Sowel die Premiermyn as die myn te Jagersfontein is bekend om die uitstekende gehalte industriële diamante wat by hul opbrengs van edelgesteentes aangetref word.
Bibliografie
------------
* Brown, E.T.S.: The use of diamonds in industry. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 2, nr. 1, Augustus 1952 | {
"title": "Nywerheidsdiamante",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
104,
1230,
0.08455284552845528
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1485
} |
*Hierdie artikel handel oor die dramaturg. Vir die plantkundige, sien Abraham Erasmus van Wyk.*
**Braam van Wyk** is ’n Afrikaanse dramaturg.
Lewe en skryfwerk
-----------------
Abraham Jacobus Daniel van Wyk is in 1942 gebore. Hy publiseer slegs een drama, naamlik die oorlogsdrama "***Dis koud hier***", waarin ’n moeder, ’n dapper maagdelike dogter en ’n kreupel seun uitgelewer word aan vyandelike soldate. Dit is veral die seun Willi wat ’n merkwaardige karakter is. Die titel van die drama verwys na die winter wat buite heers, die gat in die dak wat deur vyandelike vuur veroorsaak is en waardeur die koue in die huis kom, asook simbolies na die gespanne verhouding tussen die seun en die res van die gesin. Van kleinsaf is sy ouer broer voorgetrek en hoewel die ouer broer toe ’n verraaier geword het in die oorlog, glo die ma en suster steeds dat hy ’n held was. Willi is desperaat om te bewys dat hy ook ’n man is, ten spyte van sy gebrek, en hy probeer sy suster uit de hande van die soldate red, met tragiese gevolge. Die drama word ook vir die radio verwerk en oor die Afrikaanse Diens van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie uitgesaai.
Publikasies
-----------
* 1971 – Dis koud hier | {
"title": "Braam van Wyk (dramaturg)",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
537,
1505,
0.3568106312292359
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1212
} |
**Rouel Beukes** (1955-) is ’n Suid-Afrikaanse operasanger (basstem) en akteur. Beukes het opera en repertoire aan die Franco Ferraris-instituut in Milaan, Italië en die Hochschule für Musik in München, Duitsland studeer. Hy het ’n belangrike rol in die vestiging van professionele opera tydens die stigting van die streeksrade vir kuns in Suid-Afrika gespeel.
Beknopte biografie
------------------
Beukes is op 3 Januarie 1955 in Krugersdorp gebore. Hy matrikuleer van Florida Hoërskool waarna hy sy diensplig voltooi en homself as 'n onderwyser bekwaam. In 1978 begin hy by Maraisburg Laerskool klas te gee, en maak hy sy operadebuut vir PACT in die rol van "Gran Sacerdote" (hoëpriester) in Verdi se *Nabucco*.
In 1980 wen hy die Mimi Coertse-beurs, wat hom die geleentheid bied om opera te sing in die buiteland te studeer. Hy vertrek na München, Duitsland, waar onder proff. Hanno Blaschke en Wilfried Koch by die Hochschule für Musik studeer.
Met sy terugkeer kry hy 'n kontrak as solis by die Staatsteater in Pretoria. In 1986 word die SAL se Staatsteater Stigting-beurs aan hom toegeken, waarna hy onder maestro Franco Ferraris in Milaan, Italië, studeer. Hy was hy die Staatsteater werksaam tot die ANC-regering die opera-afdeling in 1996 gesluit het.
Hy het sy TV-debuut reeds in die 1980 gemaak en verskyn in 2010 vir die eerste keer in 'n vollengte fliek.
Filmografie
-----------
* *Khumba*, 2013
* *Of Good Report*, 2013 as rektor
* Pretville, 2012 as oom Frik
* Liefling die Movie, 2010 as oupa Karel Benade | {
"title": "Rouel Beukes",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
327,
1478,
0.22124492557510148
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"width:25.5em; font-size: 85%; text-align: left;\">\n<tbody><tr>\n<td class=\"inligtingskas_v2-rolprentopskrif\" colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size: larger; line-height:40px; background-color:rgb(23,165,165);\">Rouel Beukes</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Geboorte</th>\n<td><a href=\"./3_Januarie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"3 Januarie\">3 Januarie</a> <a href=\"./1955\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1955\">1955</a><br/><a href=\"./Krugersdorp\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Krugersdorp\">Krugersdorp</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Nasionaliteit</th>\n<td><a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrika</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Beroep(e)</th>\n<td>Akteur, operasanger</td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" scope=\"row\" style=\"text-align:center\"><a class=\"extiw\" href=\"https://www.imdb.com/name/nm4250044/\" rel=\"mw:WikiLink/Interwiki\" title=\"imdbname:4250044\"><i>Internet-rolprentdatabasis</i>-profiel</a></th></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 1536
} |
Die **Klas 15** is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is op verskeie trajekte in Suid-Afrika. Daar is verskeie subklasse binne die klas. Die lokomotief is ontwerp om verskeie tipes vrag te trek op roetes wat nie te steil of kronkelrig was nie.
Klas 15
-------
Tien lokomotiewe is van *North British Locomotive Company (NBL)* bestel en in 1914 in die Vrystaat in diens gestel. Die lokomotiewe het Walschaerts-klepratwerk gebruik en was toegerus met staalvuurkaste en superverhitters.
Klas 15A
--------
Die volgende besending lokomotiewe wat ontvang is het bekend gestaan as Klas 15A omrede daar 'n verbrandingsoond by die stoomketel gevoeg is. Hierdie lokomotiewe is gebou tussen 1914 en 1922 deur *Beyer, Peacock and Company* en *North British Locomotive Co*. Die laaste bestelling van hierdie klas is gebou deur J.A. Maffei in 1926. Hierdie lokomotiewe het vir jare die roete tussen Kaapstad en Kimberley bedien.
Klas 15AR
---------
Klasse 15 en 15A wat met nuwe standaard Nr. 2A stoomketels toegerus is het as Klas 15AR bekend gestaan.
Klas 15B en Klas 15BR
---------------------
*Hoofartikel: Klas 15B-stoomlokomotief.*
Hierdie klas is in Kanada gebou deur *Montreal Locomotive Works* na die Eerste Wêreldoorlog en in diens geplaas tussen 1918 en 1922. Daar is 30 lokomotiewe afgelewer. Lokomotiewe wat nuwe stoomketels moes kry is as die Klas 15BR geklassifiseer. Hierdie lokomotiewe het aanvanklik in die oostelike Vrystaat, maar later in die Kaapse Middellande diens gedoen; hulle was by Noupoort gebaseer en het diens gedoen tot by De Aar en Cradock. Toe die verbeterde Klas 15F sy verskyning maak, is die lokomotiewe op die Klawer-trajek gebruik totdat hulle uit diens gestel is in 1976.
Klas 15C
--------
*Hoofartikel: Klas 15C-stoomlokomotief.*
Terwyl die personeel van die Suid-Afrikaanse Spoorweë in Amerika was tydens die bouproses van Klas 15B het hulle twee lokomotiewe bestel wat voldoen het aan Suid-Afrikaanse Spoorweë se spesifikasies, maar met die bes moontlike Amerikaanse tegnologie toegerus. Die lokomotiewe is as Klas 15C geklassifiseer. Hulle is in 1925 in diens gestel. Kort daarna is nog tien bestel vanaf *Baldwin Locomotive Works*. Die lokomotiewe was toegerus met Walschaerts klepratwerk en superverhitters. Hulle het eers diens gedoen tussen Kaapstad en Touwsrivier maar is later oorgeplaas na Bloemfontein van waar hulle tot op Noupoort gewerk het. Daarna het hulle vir 'n kort tydperk diens gedoen in KwaZulu-Natal alvorens hulle na die Oos- en Wes-Transvaal oorgeplaas is. Die lokomotiewe is uit diens gestel in 1976.
Klas 15CA en Klas 15CB
----------------------
Die Klas 15C lokomotiewe het egter begin kraak kort na hulle in diens gestel is. Die Suid-Afrikaanse Spoorweë het soortgelyke modelle van *American Locomotive Co.* (Alco) bestel met verbeterde ontwerpe en hulle is as Klas 15CA geklassifiseer. Die *A* het na *Alco* verwys. Die oorspronklke Klas 15C's is as Klas 15CB geklassifiseer, die *B* verwys na *Baldwin*. Daar is altesaam 83 lokomotiewe van die klas afgelewer tussen 1926 en 1930.
Hulle het eers diens gedoen op die Kaapstad-Johannesburg-hooflyn maar is later ook in die Vrystaat gebruik. Hulle is ook later na die Oos- en Wes-Transvaal en 'n paar na KwaZulu-Natal oorgeplaas.
Klas 15E
--------
*Hoofartikel: Klas 15E-stoomlokomotief.*
Die Klas 15E was 'n verbeterde Klas 15CA lokomotief maar met 'n Nr. 3B stoomketel en R.C. klepratwerk toegerus. Vier-en-veertig van dié lokomotiewe is afgelewer deur *Robert Stephenson*, *Henschel and Son* en *Berliner Maschinenbau*. Dié klas het eers diens gedoen op die Kaapstad - Beaufort-Wes hooflyn en oorgeplaas na die Beaufort-Wes - De Aar hooflyn toe die Klas 23 en Klas 15F hulle verskyning gemaak het. Gedurende die vyftigerjare is die hele klas na Bethlehem verplaas waar hulle diens gedoen tot op Harrismith, Bloemfontein en Kroonstad. In 1970 het *Rhodesia Railways* ses van die lokomotiewe gekoop. In 1973 is al die lokomotiewe uit diens gehaal behalwe model Nr. 2878 wat in werkende orde gehou is vir stoom-entoesiaste.
Klas 15F
--------
*Hoofartikel: Klas 15F-stoomlokomotief.*
Toe nog lokomotiewe van die Klas 15E-tipe benodig word het die Hoofmeganiese Ingenieur, W.A.J. Day wat Watson vervang het, bestellings geplaas vir die Klas 15E-tipe, maar met Walschaerts-klepratwerk en hulle as Klas 15F geklassifiseer. Die eerste 65 is gebou deur Henschel & Son en *Berliner Maschinenbau* en in diens gestel in 1938 en 1939. Hierdie klompie lokomotiewe het nie rookkeerplate gehad nie en moes met die hand gestook word.
Die volgende besending is deur *Beyer, Peacock and Company* en *North British Locomotives* gemaak. Daar is reeds met konstruksie begin voor die Tweede Wêreldoorlog amptelik tot 'n einde gekom het. Hierdie modelle het verskil van die eerstes deurdat hulle toegerus was met rookkeerplate, meganiese stokers en die dryfwiele was toegerus met vakuumremme.
Teen 1948 was daar 255 Klas 15F-lokomotiewe in diens gestel. Hierdie lokomotiewe het op alle trajekte in Suid-Afrika diens gedoen.
* Klas 15A 4-8-2
* Klas 15B 4-8-2
* Klas 15C 4-8-2
* Klas 15CA 4-8-2 | {
"title": "Klas 15-stoomlokomotief",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
2800,
6956,
0.4025301897642323
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt6\" cellspacing=\"5\" class=\"infobox\" data-mw=\"{"parts":[{"template":{"target":{"wt":"Inligtingskas lokomotief\\n","href":"./Sjabloon:Inligtingskas_lokomotief"},"params":{"name":{"wt":"Suid-Afrikaanse Klas 15 4-8-2"},"powertype":{"wt":"Stoom"},"image":{"wt":"[[Lêer:SAR Class 15AR 1566 Port Elizabeth 030478.jpg|300px]]"},"alt":{"wt":""},"imagesize":{"wt":""},"caption":{"wt":"No. 1566, opgegradeer na klas 15AR, Port Elizabeth, 3 April 1978"},"hatnote":{"wt":""},"designer":{"wt":"[[Suid-Afrikaanse Spoorweë]]"},"builder":{"wt":"North British Locomotive Company"},"ordernumber":{"wt":""},"serialnumber":{"wt":"20364-20373 <ref name=\\"NBL\\">North British Locomotive Company werkslys, saamgestel deur Oostenrykse lokomotiefhistorikus Bernhard Schmeiser</ref><ref>Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. p. 26. ISBN 978-0-7153-5427-8.</ref>"},"buildmodel":{"wt":"Klas 15<ref>Paxton, Leith & Bourne, David. ''Locomotives of the South African Railways''. Struik. Kaapstad. ISBN 0 86977 211 2</ref>"},"builddate":{"wt":"1914 <ref name=\\"NBL\\"/>"},"totalproduction":{"wt":"10"},"rebuilder":{"wt":""},"rebuilddate":{"wt":""},"numberrebuilt":{"wt":""},"whytetype":{"wt":"4-8-2 \\"Mountain\\""},"aarwheels":{"wt":""},"uicclass":{"wt":""},"gauge":{"wt":"[[Kaapspoor]]"},"leadingdiameter":{"wt":"724 mm (28 1⁄2 dm)"},"driverdiameter":{"wt":"1 450 mm (57 dm)"},"trailingdiameter":{"wt":"838 mm (33 dm)"},"minimumcurve":{"wt":"91 m (300 vt)"},"wheelbase":{"wt":"'''Totaal:''' 19.377 m<br />'''Enjin:''' 4.572 m per gekoppelde deel, 10.262 m totaal<br />'''Tender:''' 6.223 m totaal"},"length":{"wt":"21.806 m"},"width":{"wt":""},"height":{"wt":"3.912 m"},"framesize":{"wt":"Plaatraamwerk"},"axleload":{"wt":"16.8 t op die 3de drywers"},"weightondrivers":{"wt":"67.1 t"},"locoweight":{"wt":"95.5 t"},"tenderweight":{"wt":"27.9 t leeg<br /> 67.1 t gelaai"},"locotenderweight":{"wt":"85.0 t leeg"},"tendertype":{"wt":"'''MT''' - MP, MP1, MR, MS, MT, MT1, MT2, MX, MY, MY1 toegelaat"},"fueltype":{"wt":"[[Steenkool]]"},"fuelcap":{"wt":"12.2 t"},"lubecap":{"wt":""},"coolantcap":{"wt":""},"watercap":{"wt":"27 000 ℓ"},"tendercap":{"wt":""},"sandcap":{"wt":""},"boiler":{"wt":"Gebou as: 1.641 m binneomtrek"},"boilerpressure":{"wt":"1 280 kPa"},"feedwaterheater":{"wt":""},"firearea":{"wt":"3.437 m<sup>2</sup>"},"tubearea":{"wt":"131 buise met 57.1 mm omtrek <br />24 buise met 140 mm omtrek"},"fluearea":{"wt":""},"tubesandflues":{"wt":""},"fireboxarea":{"wt":"14.400 m<sup>2</sup>"},"totalsurface":{"wt":"239.504 m<sup>2</sup>"},"superheatertype":{"wt":""},"superheaterarea":{"wt":"55.835 m<sup>2</sup>"},"cylindercount":{"wt":"Twee"},"cylindersize":{"wt":"559 mm boor<br />711 mm slag"},"valvegear":{"wt":"[[Walschaerts-klepratwerk|Walschaerts]]"},"maxspeed":{"wt":""},"poweroutput":{"wt":""},"tractiveeffort":{"wt":"146.7 kN teen 75% keteldruk<ref name=\\"diagram-book\\">South African Railways and Harbours Locomotive Diagram Book, 2’0” & 3’6” Gauge Steam Locomotives, 15 Augustus 1941, soos aangepas</ref>"},"locobrakes":{"wt":""},"trainbrakes":{"wt":""},"safety":{"wt":""},"operator":{"wt":"Suid-Afrikaanse Spoorweë<br />Swaziland Spoorweë"},"operatorclass":{"wt":"Klas 15, Klas 15AR"},"powerclass":{"wt":""},"numinclass":{"wt":"10"},"fleetnumbers":{"wt":"1561-1570"},"officialname":{"wt":""},"locale":{"wt":""},"deliverydate":{"wt":"1914"},"firstrundate":{"wt":"1914"},"lastrundate":{"wt":""},"notes":{"wt":""}},"i":0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:22em; text-align:left; font-size:88%; line-height:1.5em; \" typeof=\"mw:Transclusion\"><caption class=\"\" style=\"font-size:125%; font-weight:bold; background:#eeb47f;\">Suid-Afrikaanse Klas 15 4-8-2</caption><tbody><tr><td class=\"\" colspan=\"2\" style=\"text-align:center; \"><span typeof=\"mw:Image\"><a href=\"./Lêer:SAR_Class_15AR_1566_Port_Elizabeth_030478.jpg\"><img data-file-height=\"1118\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1798\" decoding=\"async\" height=\"187\" resource=\"./Lêer:SAR_Class_15AR_1566_Port_Elizabeth_030478.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/56/SAR_Class_15AR_1566_Port_Elizabeth_030478.jpg/300px-SAR_Class_15AR_1566_Port_Elizabeth_030478.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/56/SAR_Class_15AR_1566_Port_Elizabeth_030478.jpg/450px-SAR_Class_15AR_1566_Port_Elizabeth_030478.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/56/SAR_Class_15AR_1566_Port_Elizabeth_030478.jpg/600px-SAR_Class_15AR_1566_Port_Elizabeth_030478.jpg 2x\" width=\"300\"/></a></span><br/><span style=\"\">No. 1566, opgegradeer na klas 15AR, Port Elizabeth, 3 April 1978</span></td></tr><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; background:#eeb47f;\">Tipe en oorsprong</th></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Kragtipe</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Stoom</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Ontwerper</th>\n<td class=\"\" style=\"\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Suid-Afrikaanse_Spoorweë\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrikaanse Spoorweë\">Suid-Afrikaanse Spoorweë</a></td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Vervaardiger</th>\n<td class=\"\" style=\"\">North British Locomotive Company</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Serienommer</th>\n<td class=\"\" style=\"\">20364-20373 </td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Model</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Klas 15</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Klas</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Klas 15, Klas 15AR</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Vervaardig</th>\n<td class=\"\" style=\"\">1914 </td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Aantal<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>gebou</th>\n<td class=\"\" style=\"\">10</td></tr><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; background:#eeb47f;\">Bouspesifikasies</th></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Konfigurasie</th>\n<td class=\"\" style=\"\">4-8-2 \"Mountain\"</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Spoorbreedte</th>\n<td class=\"\" style=\"\"><a href=\"./Kaapspoor\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kaapspoor\">Kaapspoor</a></td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Voorwielomtrek</th>\n<td class=\"\" style=\"\">724 mm (28 1⁄2 dm)</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Dryfwielomtrek</th>\n<td class=\"\" style=\"\">1 450 mm (57 dm)</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Agterwielomtrek</th>\n<td class=\"\" style=\"\">838 mm (33 dm)</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Min. draaisirkel</th>\n<td class=\"\" style=\"\">91 m (300 vt)</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Wielbasis</th>\n<td class=\"\" style=\"\"><b>Totaal:</b> 19.377 m<br/><b>Enjin:</b> 4.572 m per gekoppelde deel, 10.262 m totaal<br/><b>Tender:</b> 6.223 m totaal</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \"><a href=\"./Lengte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Lengte\">Lengte</a></th>\n<td class=\"\" style=\"\">21.806 m</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \"><a href=\"./Hoogte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Hoogte\">Hoogte</a></th>\n<td class=\"\" style=\"\">3.912 m</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Raamwerk</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Plaatraamwerk</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Asbelasting</th>\n<td class=\"\" style=\"\">16.8 t op die 3de drywers</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Massa op dryfwiele</th>\n<td class=\"\" style=\"\">67.1 t</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Lokomotiefmassa</th>\n<td class=\"\" style=\"\">95.5 t</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Tendermassa</th>\n<td class=\"\" style=\"\">27.9 t leeg<br/> 67.1 t gelaai</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Gesamentlike massa</th>\n<td class=\"\" style=\"\">85.0 t leeg</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Tendertipe</th>\n<td class=\"\" style=\"\"><b>MT</b> - MP, MP1, MR, MS, MT, MT1, MT2, MX, MY, MY1 toegelaat</td></tr><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; background:#eeb47f;\">Aandrywing</th></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \"><a href=\"./Brandstof\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Brandstof\">Brandstof</a></th>\n<td class=\"\" style=\"\"><a href=\"./Steenkool\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Steenkool\">Steenkool</a></td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Brandstofkapasiteit</th>\n<td class=\"\" style=\"\">12.2 t</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Waterkapasiteit</th>\n<td class=\"\" style=\"\">27 000 ℓ</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Stoomketel</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Gebou as: 1.641 m binneomtrek</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Stoomketeldruk</th>\n<td class=\"\" style=\"\">1 280 kPa</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Vuurroosteroppervlak</th>\n<td class=\"\" style=\"\">3.437 m<sup>2</sup></td></tr><tr class=\"\"><td class=\"\" colspan=\"2\" style=\"text-align:center; \">131 buise met 57.1 mm omtrek <br/>24 buise met 140 mm omtrek</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">– Vuurkas</th>\n<td class=\"\" style=\"\">14.400 m<sup>2</sup></td></tr><tr class=\"\"><td class=\"\" colspan=\"2\" style=\"text-align:center; \">239.504 m<sup>2</sup></td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Oorverhitteroppervlak</th>\n<td class=\"\" style=\"\">55.835 m<sup>2</sup></td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Silinders</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Twee</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Silindergrootte</th>\n<td class=\"\" style=\"\">559 mm boor<br/>711 mm slag</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Klepwerk</th>\n<td class=\"\" style=\"\"><a href=\"./Walschaerts-klepratwerk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Walschaerts-klepratwerk\">Walschaerts</a></td></tr><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; background:#eeb47f;\">Werkverrigting</th></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Trekkrag</th>\n<td class=\"\" style=\"\">146.7 kN teen 75% keteldruk</td></tr><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; background:#eeb47f;\">Diensgeskiedenis</th></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Gebruiker</th>\n<td class=\"\" style=\"\">Suid-Afrikaanse Spoorweë<br/>Swaziland Spoorweë</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Aantal in klas</th>\n<td class=\"\" style=\"\">10</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Vlootnommer(s)</th>\n<td class=\"\" style=\"\">1561-1570</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Afleweringsdatum</th>\n<td class=\"\" style=\"\">1914</td></tr><tr class=\"\"><th style=\"text-align:left; \">Eerste tog</th>\n<td class=\"\" style=\"\">1914</td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 5135
} |
Laurika Postma, 1957.
**Laurika Postma** (doopname Johanna Laurika, waarskynlik Bethulie, Oranje-Vrystaat, 17 April 1903 – waarskynlik Pretoria, 26 Maart 1987) was ’n Suid-Afrikaanse beeldhouer.
Herkoms
-------
Ds. Willem Postma en sy gesin omstreeks 1909 in Bloemfontein. Van links: Willem (later ds. Postma, onder meer leraar van Thabazimbi), Philippus (later onder meer onderhoof van die nywerheidskool op Sterkstroom), mev. S.E.S. Postma (dogter van ds. W.J. Snijman en suster van dr. P.C. Snyman), voor haar Calman, 'n Afrikaanse dramaturg, Laurika en Sophie Postma, in lewe onderhoof van die George Hofmeyr-skool op Standerton.
Laurika Postma was een van die 10 kinders van ds. Willem Postma en sy vrou, Susanna Elizabeth Sophia Snijman, oudste dogter van ds. W.J. Snyman, jare lange predikant van die Venterstad en suster van dr. P.C. Snijman, leraar van die Steynsburg van 1902 tot sy dood in 1915. Die Afrikaanse skryfster Minnie Postma was getroud met Philippus, die vyfde van die egpaar se 10 kinders. Laurika se nege sibbes was: Sophia (4 Maart 1900 – onbekend); Dirk Calman (17 November 1901 – onbekend); Phillipus Snyman (26 Junie 1905 – 28 Junie 1962); Helenius Postma (25 Mei 1907 – 1951); Valerie Chlotilde (getroude van Du Plessis; 3 Maart 1913 – 16 Maart 1955); Guillemette Estelle (19 Januarie 1910 – onbekend); Stephanie Elifelie (2 Januarie 1920 – onbekend); Susanna Fernande (2 Julie 1914 – onbekend) en Willem Jacobus (15 Junie 1898 – 4 Julie 1952).
Laurika se vader, wat ten tyde van haar geboorte predikant was van die Gereformeerde kerk Bethulie, het in 1903 na die Vrystaatse hoofstad verhuis waar hy die Gereformeerde kerk Bloemfontein op 13 Junie daardie jaar gestig het. Hy was ook bekend onder sy skrywersnaam, Dr. O'Kulis, skrywer van Die Eselskakebeen.
Ná haar vader se dood
---------------------
Terwyl sy in Bloemfonteinin matriek was, sterf haar vader onverwags op 13 Desember 1920 en moes sy die skool verlaat. Sy het gaan werk as tikster in die destydse Grey-universiteitskollege, tans die Universiteit van die Vrystaat. Agttien lang jare het sy stil voortgewerk, en die menigte studente was onbewus van die brandende begeerte om haar aan haar kuns te wy, wat haar elke beskikbare pennie laat spaar en menige jongmeisieplesier laat verontagsaam het. Sy het aandklasse geneem in teken en skilder en pryse gewen op kunswedstryde, maar soms was sy haar leermeesters vooruit, en sy het gevoel dat sy niks verder kom nie.
Jaar lange studie in Duitsland
------------------------------
"Boerenooientjie".
Uit die karige inkomste kon sy eindelik genoeg spaar om in 1935 'n jaar verlof te neem en vir ’n jaar oorsee te vertrek vir studie. Dit het die einde aan haar verlowing aan Jan Fourie beteken, wat later getroud is met Anne Francoise van Rooy, die sesde kind van ds. Koos van Rooy en Breggie Postma. Die Fouries se een dogter, Breggie, was getroud met ds. W.J.I.M. du Plessis.
By Milly Steger, ’n Duitse beeldhouer (15 Junie 1881 – 31 Oktober 1948), 'n leerling van die beroemde Georg Kolbe, in Berlyn moes Laurika Postma tot haar verrassing en ontnugtering verneem dat sy duidelik talent wys as beeldhoudster. Dadelik het sy daarmee begin en nooit weer teruggekyk na die skilderkuns nie, want sy het gevind dit is die medium waarin sy haar kon uitleef. In dié kort jaar van harde werk, waarin sy soveel moontlik rondgegaan het om alles te verwerk en in te drink, het sy ook in München les geneem by Ernst Balz (1904–1943) en het vinnig gevorder.
Terug na Suid-Afrika
--------------------
"Arbeid en gedagtes".
Die jaar en die geld het ten einde geloop en sy moes terug na Bloemfontein en haar tikwerk. Maar nou begin sy privaat opdragte kry, byvoorbeeld 'n borsbeeld van ds. J.D. Kestell vir die NG Kerk in die OVS.
In 1939 kon sy Postma eindelik met kantoorwerk breek toe sy haar pensioen trek en terugkeer na Duitsland, hierdie keer met 'n opdrag om 'n Voortrekker-nooientjie te maak vir die Meisieskool Oranje. In München het sy onder die beeldhouer Bernhard Bleeker (1881–1968) studeer, en mooi met die beeld gevorder. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog moes sy alles net so laat staan na Nederland vlug. Terwyk sy op 'n skip huis toe gewag het, het sy onverpoosd voortgegaan met haar studie. In Den Haag het sy onder prof. Ingen Hourz 'n studie gemaak van die kliptegniek om direk klip te kap pleks van eers te modelleer in klei en dan in metaal te giet. Postma het ook na Brussel gegaan om onder die Vlaams-Belgiese beeldhouer prof. Oscar Jespers (1887–1970) te studeer. Hy was sterk bevooroordeeld teen vroulike studente maar het van gedagte verander toe hy van haar werk sien, en het haar in die maand vinnig aangehelp sodat sy snelle vordering kon maak en 'n goeie grondslag kon lê.
Terugkeer na haar vaderland
---------------------------
"Rachie de Beer".
Terug in Suid-Afrika moes sy van vooraf begin werk aan die Boerenooientjie, 'n treffende uitbeelding van die jong dogter wat moedig, ken omhoog, voortbeur in haar Voortrekkerdrag, teen 'n sterk wind in. Anton van Wouw het die beeld nog gesien by die gietery en baie daarvan gehou.
Daarna het sy 'n borsbeeld van haar oom, Totius (hy was getroud met haar oupa, ds. Dirk Postma se jongste dogter, in peinsende stemming, en op verskillende tye ook borsbeelde van press. Hoffman en M.T. Steyn van die Vrystaat, van D.F. Malherbe, van dr. Stals en van Irma Moerdyk voltooi. Een van haar vroeë werk was 'n plastiese beelding van "Griesel se skepsel", 'n swart vrou van oor die 100 jaar oud, die ene plooie.
In opdrag van 'n groep Afrikaners in Lusaka, Noord-Rhodesië, het sy 'n beeld gemaak van twee hande wat 'n fakkel omhoog hou. Postma het ’n besonderse liefde vir die beelding van hande gehad en het byvoorbeeld laat in die 1950’s 'n afbeelding van die biddende hande van die Gereformeerde Vrouevereniging se wapen "Bid en Werk" voltooi vir die Lettie du Plessis-eetsaal van die PU vir CHO.
Voortrekkermonument
-------------------
Die portret van Postma wat in die uitstalling in die Voortrekkermonument te sien is.
Die standbeeld van pres. Paul Kruger in Krugersdorp wat Postma geskep het, staan in Beginstraat in Pretoriuspark, naby 'n borsbeeld van J.G. Strijdom, die Paardekraal-monument, die Monumentmeer en die Key West-winkelsentrum. Kruger word uitgebeeld effens groter as lewensgroot. Dit is die enigste beeld van Kruger wat hom nie as 'n ou man voorstel nie. In sy een hand hou hy die Bybel en in sy ander hand sy hoed vas. Die hoë voetstuk se hoeksteen is op 10 Desember 1961 deur sen. Jan de Klerk gelê en die standbeeld is op 10 Oktober 1962 deur staatspresident C.R. Swart onthul.
In 1942 het Postma die opdrag gekry om saam met Hennie Potgieter, Frikkie Kruger en Peter Kirchoff die historiese friese te maak vir die Voortrekkermonument, waaraan hulle vyf jaar gewerk het. Dis 'n werk wat besonderse dissipline en samewerking geverg het om 'n deurlopende eenheid te kry uit die werk van vier individue. Elkeen was verantwoordelik vir agt panele, en Postma het onder meer die "Vermoording van Dingaan", "Dirkie Uys", "Deborah Retief", "Aankoms van Pretorius", "Gelofte van Cilliers", "Die moedelose mans" en "Bloukrans" uitgebeeld.
Tussenin het sy tyd ingeruim vir vrye fantasieskeppings soos "Die wind het my 'n lied vertel", 'n vrouehoof in klei; 'n deurskynende alabaster-beeld van Chopin wat 'n mens laat dink aan sy nocturnes; ook in marmer 'n beeld van Hagar, wat die verdriet van die moeder weerspieël. En in kontras, die hoekige "Twaalf jaar", net arms en bene van die adolessent.
Ná vyf jaar vertrek sy saam met Potgieter na Italië om toesig te hou oor die uitkap van die friese in marmer – tot hiertoe was hulle nog net in gips gemodelleer, Dit was net vir die een jaar, en by haar terugkeer het sy by haar suster Sophie Postma, wat haar altyd aangemoedig en gehelp het, op Standerton gaan rus. Maar eintlik het sy die tyd benut om haar voor te berei op haar eerste selfstandige uitstalling, in Pretoria in 1939. A.S. du Plessis, wat die uitstalling bygewoon het, skryf in 1959: "Die indruk wat baie van die stukke destyds op my gemaak het, kon ek weer deurleef by die sien van die prente daarvan nou. Dit bly maar 'n bewondering van veraf, want beeldhouwerk is duur, o.a. weens die lang en harde werk daaraan verbonde maar veral deur die materiaal wat gebruik word. Want die beste marmer moet ingevoer word, en die kopergietwerk kos ook baie. Soos mej. Postma self sê, kan dié wat gevoel en waardering vir beeldhouwerk het, dit gewoonlik nie bekostig nie, en dié wat die geld het, stel nie belang nie. Daarom dat opdragte van verskillende liggame soveel vir die beeldhouer beteken, omdat dit hom of haar in staat stel om vir 'n tyd weer sonder kommer die volle aandag ,aan die werk te kan gee, hoewel opdragwerk gewoonlik ook gebonde werk is, waar die beeldhoudster nie vrye teuels aan haar verbeelding kan gee nie maar die onderwerp en plek van oprigting steeds voor oë moet hou."
Tussen die opdragwerk deur het Laurika Postma begin om 'n onbelemmerde, ekspressiewe styl te ontwikkel, hoewel sy altyd lief was vir die realiteit. 'n Voorbeeld is haar "Icarus", in olienhout gesny, waar sy die vlamme van die hout gebruik het om die vooroorvallende figuur wat met toegeklapte vlerke na benede stort, uit te beeld; asook "Golf", waar die torso van die meermin een word met die golf en die wind. In "Puinhoop" probeer sy die indruk van verslaenheid weergee van Europa en veral Duitsland ná die oorlog deur twee gebroke mensefigure, oormekaargeboë. "Arbeid en gedagtes" bied 'n moederlike vrouefiguur, asof versonke in gedagtes, terwyl sy met 'n handwerkie of so iets besig is. Ook in die Transvaliagebou, Pretoria, het sy glasversiering en granietreliëfwerk gedoen. Sy het 'n gedagteryke reliëfgroep gemaak vir die monument by die kinderbegraafplaas op Standerton: 'n Voortrekkermoeder met haar verslae kinders in 'n tentdeur. Die indruk van verlies en smart word beklemtoon deur die moeder se leë, oop hand in die middel.
Postma het nog twee volkspelefiguurtjies wat aan dr. Samuel Henri Pellissier geskenk is, en 'n wisseltrofee vir skyfskiet gemaak: "Genl. De la Rey op die aanval", met sy opsteierende perde. Ook 'n marmerkopbeeld van 'n meisie vir die mondigwording van die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria.
Teen die laat 1950’s het Postma 'n ateljee gehad in Pretoria, waar sy en haar suster Sophie Postma saamgewoon het. Destyds het sy die opdrag gekry om agt panele vir die Kindermonument van die Sondagskoolgebou in Maitlandstraat, Bloemfontein, te maak.
Waardering
----------
A.S. du Plessis het destyds geskryf: "Dit is 'n moeilike en onsekere pad wat Laurika Postma gekies het, en sy kan self nie verklaar waarom nie maar sal dit weer aandurf as sy voor moes begin, want sy ‘bly maar die gelukkigste as ek kan skep’. Ons is dankbaar dat sy, wat opgegroei het in 'n huis wat die Afrikaanse sedes, tradisie en godsdiens in ere gehou het, dit ook nog altyd in haar werke uitgeleef het en 'n diepe eerbied toon vir die figure wat die edelste in die Afrikaanse lewe simboliseer. Iemand het in 1940 dié opmerking in 'n artikel gemaak, en nou in 1957 kan 'n mens dit gelukkig nog beaam en daarby bly wees dat ons ook in haar ‘vrye’ beelde, by die verbeeldingsvlugte van die vrou, nooit iets grofs of sedebederwend hoef te aanskou nie."
Volgens Du Plessis sal "Laurika Postma se naam ... deur haar werke nog lank in ons land geroem word, en ons sien vooruit na nog baie werke van haar hande".
Nes haar niggies wat bekend geword het, die skrywende dogters van ds. Stephanus Postma, Rikie en Hilda Postma, was Laurika Postma nooit getroud nie.
Bronne
------
* (af) Die Gereformeerde Vroueblad. 1959. *Die Gereformeerde vrou 1859-1959*. Potchefstroom: Potchefstroom Herald.
| | |
| --- | --- |
| Normdata Edit this at Wikidata |
* LCCN: n85228424
* VIAF: 70375408
* WorldCat Identities: lccn-n85228424
| | {
"title": "Laurika Postma",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
167,
9741,
0.01714403038702392
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 11922
} |
Die Laurentides, soos gesien vanaf die bergpiek Acropole des Draveurs in die Parc des Hautes-Gorges (Charlevoix)
Die vakansieoord Mont-Tremblant
Mont-Tremblant met skihyser
Die **Laurentides** (Engels: *Laurentians*) is 'n gebergte in die suide van die provinsie Quebec, Kanada, wat oor 'n gebied van sowat 80 000 km² strek. Die hoogste van die granietpieke verrys sowat 960 meter bo seevlak. Die bergreeks het duisende mere en is die brongebied van die Gatineau-, L'Assomption-, Lièvre-, Montmorency- en Saint-Mauriceriviere.
Die vestiging van setlaars in hierdie gebied het in die 19de eeu begin danksy die pogings van die destydse "Koning van die Noorde", Antoine Labelle, 'n geestelike van Saint-Jérôme.
Vandag is daar sowat 350 000 inwoners in die gebied. Ná die Tweede Wêreldoorlog het talle ruskampe en vakansieoorde in die gebied ontstaan. Tans is die Laurentides die gebied met die hoogste "vakansieoorddigtheid" in Noord-Amerika en dwarsdeur die jaar 'n gewilde toeristebestemming.
Besienswaardighede
------------------
*Église de l'Annonciation d'Oka*
Die belangrikste besienswaardighede is die abdy van Oka, die satelliet-stasie Teleglobe Canada, die Lac des Sables naby Sainte-Agathe-des-Monts met sy mooie strand en 'n miniatuur-weergawe van die beroemde *train du nord*. Vir die kleingoed is daar talle vermaaklikheidsparke en die Village du Père Noël (die dorpie van Vader Kersfees) in Val-David. Honderde kroeë, koffiekroeë, nagklubs, diskoteke, restourante en winkels is deel van die infrastruktuur. | {
"title": "Laurentides",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
119,
1423,
0.08362614195361912
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1528
} |
| |
| --- |
| Deel van ’n reeks oor die |
| Wêreldgeskiedenisen voorgeskiedenis |
| ↑ Voor *Homo* (Plioseen-epog) |
| Voorgeskiedenis(drietydperkstelsel) |
| Steentydperk
Paleolitikum* *Homo*
* *Homo erectus*
* Argaïese mense
* Moderne gedragspatrone
MesolitikumJagter-versamelaars
Neolitikum* Mesopotamië
* Antieke Egipte
* Indusvalleibeskawing
*Kopersteentydperk*
Bronstydperk
* Nabye Ooste
* Europa
* Suid-Asië
* China
*Verval van die Bronstydperk*
Ystertydperk
* Nabye Ooste
* Europa
* Suid-Asië
* Oos-Asië
* Wes-Afrika
|
| Aangetekende geskiedenis |
| Antieke geskiedenis
* Vroegste rekords
* Protogeskiedenis
Postklassieke geskiedenis
Moderne geskiedenis
* Vroeë
* Laat
* Eietydse
|
| ↓ Toekoms (Holoseen-epog) |
| s • b • w |
’n Ronde huis met ’n grasdak uit die Ystertydperk, buite en binne.
Die **Ystertydperk** is die laaste van die drie tydperke waarin die vroeë geskiedenis van die mens ingedeel is. Dit volg op die Steen- en Bronstydperk en word gekenmerk deur die bewerking van yster en die maak van ystergereedskap. Die begrip is veral van toepassing op Europa, die Antieke Nabye Ooste en ander dele van die Ou Wêreld.
Daar is nie ’n wêreldwye begintyd van die tydperk nie, aangesien mense in verskillende streke op verskillende tye begin het om ystergereedskap te maak. In Griekeland, die Levant en Indië het die Ystertydperk omstreeks 1200 v.C. begin en in Wes-Europa omstreeks 800 v.C.
Van die voorwerpe wat in dié periode van yster gemaak is, sluit wapentuie en gereedskap in omdat die metaal sterker en makliker bewerkbaar was as brons. Brons, wat onbelangriker was, is gebruik vir die maak van versierings en perdetuie.
Die duur van die Ystertydperk wissel ook van streek tot streek. Dit is geskoei op argeologiese konvensie; die blote teenwoordigheid van yster is nie genoeg om op ’n kultuur uit die Ystertydperk te dui nie. Die "Ystertydperk" begin op ’n spesifieke plek wanneer die vervaardiging van yster of staal daar ’n punt bereik het waar ystergereedskap oor die algemeen van ’n beter gehalte was as dié van brons. So kom farao Toetankamen se dolk van meteorietyster uit die Bronstydperk. In die Antieke Nabye Ooste het hierdie hierdie oorgang plaasgevind kort ná die sogenaamde Bronstydperk-verval, in die 12de eeu v.C. Die tegnologie het gou deur die Mediterreense gebied en na Suid-Asië versprei. Dit het stadiger na Sentraal-Asië, Oos-Europa en Sentraal-Europa versprei, en eers teen omstreeks 500 v.C. na Noord-Europa.
Daar word algemeen aanvaar die Ystertydperk het geëindig met die begin van die historiografiese rekord. Dit geld egter nie oral nie; in die Antieke Nabye Ooste word die afsnytyd beskou as die stigting van die Achaemenidiese Ryk omstreeks 550 v.C. en in Sentraal- en Wes-Europa die Romeinse verowerings van die 1ste eeu v.C. Die begin van die Wikingtydperk, omstreeks 800 n.C. word beskou as die einde van die Germaanse Ystertydperk van Skandinawië.
In Suid-Asië (die Indiese subkontinent) word die begin van die Ystertydperk beskou as by die ysterbewerkende "Geverfde Gryskeramiek"-kultuur in die 18de eeu v.C. en die einde as met die bewind van Ashoka die Grote (3de eeu v.C.). Die gebruik van die term "Ystertydperk" in die argeologie van Suid-, Oos- en Suidoos-Asië is meer onlangs en minder algemeen as vir Wes-Eurasië; ten minste in China het die voorgeskiedenis geëindig voordat ysterbewerking begin het, en die term word dus nie algemeen gebruik nie. Die Sahel (Soedanstreek) en Afrika suid van die Sahara val buite die drietydperkstelsel omdat daar geen Bronstydperk was nie, maar die term "Ystertydperk" word soms gebruik in verwysings na vroeë kulture wat yster bewerk het, soos die Nok-kultuur van Nigerië.
Geskiedenis van die begrip
--------------------------
Die drietydperkstelsel is in die eerste helfte van die 19de eeu begin gebruik, in besonder in die argeologie van Europa. Later in dié eeu is die term uitgebrei om ook die Antieke Nabye Ooste in te sluit. Dit verwys na Hesiodus se mitologiese "tydperke van die mens". Christian Jürgensen Thomsen het dit in die 1830's die eerste keer vir Skandinawië gebruik. Teen die 1860's is dit beskou as ’n nuttige verdeling van die "vroegste geskiedenis van die mens" in die algemeen en is dit in Assiriologie aangewend. Die ontwikkeling van die nou algemene tydperkverdeling in die argeologie van die Antieke Nabye Ooste het in die 1920's en 1930's plaasgevind.
Soos die naam aandui, word die tegnologie van die Ystertydperk gekenmerk deur die vervaardiging van gereedskap en wapens van yster of, meer spesifiek, koolstofstaal (staal waarvan die eienskappe hoofsaaklik bepaal word deur die persentasie van die aanwesige koolstof).
Vroeë ysterbewerking
--------------------
Die vroegste bekende ysterartefakte is nege kraletjies wat van 3200 v.C. dateer. Hulle is in grafte by Gerzeh, Onder-Egipte, ontdek en uitgeken as meteooryster wat deur versigtige hamerslae gevorm is. Meteooryster, ’n kenmerkende ysternikkelallooi, is duisende jare voor die Ystertydperk deur verskeie antieke volke gebruik. Sulke yster het nie die smelting van erts geverg nie.
Gesmelte yster het in die middel van die Bronstydperk sporadies in die argeologiese rekords verskyn. Hoewel aardyster algemeen voorkom, het die hoë smeltpunt daarvan, 1 538 °C, dit buite die bereik geplaas van algemene gebruik tot die einde van die tweede millennium v.C. Vanweë tin se lae smeltpunt van 231,9 °C en koper se relatief gemiddelde smeltpunt van 1 085 °C kon die mense van die Neolitikum daarmee werk – die droogoonde van omstreeks 6000 v.C. kon tot temperature van meer as 900 °C verhit word. Benewens spesiaal vervaardigde smeltoonde, moes ingewikkelde prosedures ontwikkel word om onsuiwerhede uit die yster te verwyder, die bymenging van koolstof te reguleer en ’n nuttige balans tussen hardheid en sterkte in staal te verkry.
Die vroegste tentatiewe bewys van die maak van ystervoorwerpe is ’n klein hoeveelheid ysterfragmente met die regte hoeveelheid koolstof bygevoeg – dit is in die Proto-Hetitiese lae by Kaman-Kalehöyük ontdek en dateer van 2200-2000 v.C. Akanuma (2008) kom tot die volgende gevolgtrekking: "Die kombinasie van koolstofdatering, argeologiese konteks en argeometallurgiese ondersoeke dui aan dit is waarskynlik dat die gebruik van ysterware wat van staal gemaak is, reeds in die derde millennium v.C. in Sentraal-Masedonië begin het". Volgens Souckova-Siegolová (2001) is ystertoerusting omstreeks 1800 v.C. in baie beperkte hoeveelhede in Sentraal-Anatolië gemaak en is dit in die Nuwe Hetitiese Ryk (omstreeks 1400-1200 v.C.) deur elitegroepe gebruik, maar nie deur die algemene publiek nie.
Net so is onlangse argeologiese oorblyfsels van ysterwerke in die Gangesvallei in Indië gedateer uit 1800 v.C. Tewari (2003) lei daaruit af dat "kennis van ystersmelting en die vervaardiging van ysterartefakte goed bekend was in die Oos-Vindhya-bergstreek en yster in gebruik was in die Sentraal-Ganga-vlakte, minstens vanaf die tweede millennium v.C.". Teen die middel van die Bronstydperk het toenemende hoeveelhede voorwerpe van gesmelte yster (wat van meteorietyster onderskei kan word vanweë die gebrek aan nikkel daarin) in die Midde-Ooste, Suidoos-Asië en Suid-Asië begin verskyn – en so vroeg as 2000-1200 v.C. op plekke in Afrika.
Moderne argeologiese bewyse dui aan ysterprodukte is omstreeks 1200 v.C. op groot skaal vervaardig, en dit dui die einde van die Bronstyd aan. Anthony Snodgrass stel voor ’n tekort aan tin as deel van die einde van die Bronstydperk en handelsontwrigtings in die Mediterreense streek omstreeks 1300 v.C. het metaalwerkers gedwing om ’n alternatief vir brons te soek. As ’n bewys is baie bronstoerusting in dié tyd as wapens herwin. Die meer algemene gebruik van yster het gelei tot beter staalvervaardigingstegnieke teen ’n laer koste. Dus is yster as goedkoper, sterker en ligter beskou selfs nadat tin weer beskikbaar geraak het, en die vervaardiging van ysterprodukte het dié van brons permanent vervang.
Antieke Nabye Ooste
-------------------
Die Ystertydperk in die Antieke Nabye Ooste het vermoedelik begin met die ontdekking van ystersmelting- en smeetegnieke in die laat 2de millennium v.C. (omstreeks 1300 v.C.) in Anatolië of die Kaukasus en die Balkan. Die vroegste laagoondsmelting van yster word aangetref uit omstreeks 930 v.C. (14C-datering), by Tell Hammeh in Jordanië.
Die artefakte uit die vroeë Ystertydperk by Kultepe, Azerbeidjan, wys ystersmelting was voor die 2de millennium v.C. (of reeds die 3de millennium v.C.) in dié streek bekend.
### Wes-Asië
In Sumer, Akkadië en Assirië in Mesopotamië strek die gebruik van yster vanaf miskien 3000 v.C. Een van die vroegste aetefakte van gesmelte yster was ’n dolklem wat in ’n Hattiese graf in Anatolië ontdek is en van omstreeks 2500 v.C. dateer. Teen die begin van die 1ste millennium v.C. het die algemene vervanging van bronswapens deur ysterwapens vinnig deur die Nabye Ooste (Noord-Afrika en Suidwes-Asië) versprei.
Die ontwikkeling van ystersmelting is eens toegeskryf aan die Hetiete van Anatolië tydens die laat Bronstydperk. Daar is lank geglo die sukses van die Hetitiese Ryk in dié tyd was danksy die voorsprong wat die "monopolie" op ysterwerk hulle gegee het. Die invallende Seevolke sou dan verantwoordelik gewees het vir die verspreiding van die kennis in die streek. Die siening van so ’n "Hetitiese monopolie" word egter nie meer algemeen deur kenners gehandhaaf nie. Daar is net soveel Bronstydperk-ystervoorwerpe uit dieselfde tyd in Egipte en op ander plekke ontdek as in Anatolië; en min van dié voorwerpe is wapens.
### Egipte
Die Ystertydperk in Egiptiese argeologie stem min of meer ooreen met die Derde Oorgangstydperk van Egipte.
Yster is skaars in versamelings Egiptiese oudhede. Brons was daar die belangrikste materiaal tot met die verowering van Egipte deur die Nieu-Assiriese Ryk in 671 v.C. ’n Verduideliking hiervoor kan wees dat Egiptiese artefakte hoofsaaklik voorwerpe is wat in grafte aangetref is of met begrafnisse verband gehou het; omdat die antieke Egiptenare yster as ’n onsuiwer metaal beskou het, het hulle dit nooit vir hierdie en ander godsdienstige doeleindes gebruik nie. Dit is toegedig aan Set, die gees van die bose wat volgens die Egiptiese tradisie oor die sentrale woestyne van Afrika geheers het.
In die Swart Piramide van Aboesir, van voor 2000 v.C. is ’n paar ystervoorwerpe ontdek. Die metaal word in die bragfnisteks van Pepi I genoem. By Oegarit is ’n swaard met die naam van farao Merneptah asook ’n gevegsbyl met ’n ysterlem en goudversierde bronshandvatsel ontdek. ’n Dolk met ’n ysterlem is in Toetankamen se graf uit die 13de eeu v.C. gevind. Uit ondersoeke blyk dit die yster kom van ’n meteoriet.
Europa
------
Europa in 700 v.C. tydens die Ystertydperk.
Maiden Castle in Dorset, Engeland. In Brittanje is meer as 2 000 heuwelforte uit die Ystertydperk.
In Europa is die Ystertydperk die laaste stadium van prehistoriese Europa en die eerste stadium van die protohistoriese periodes, wat beteken die begin van beskrywings van 'n gebied deur Griekse en Romeinse skrywers. Vir ’n groot deel van Europa het die Ystertydperk tot ’n skielike einde gekom met die verowering van lande deur die Romeine, hoewel ysterbewerking die oorheersende tegnologie gebly het. Op ander plekke kon die tydperk geduur het tot die vroeë eeue n.C. en die verowering van lande deur ander volke.
Ysterbewerking is in die laat 11de eeu v.C. aan Europa bekend gestel, moontlik vanuit die Kaukasus. Oor die volgende 500 jaar het dit geleidelik noord- en weswaarts versprei. Die Ystertydperk het nie begin toe yster die eerste keer in Europa verskyn het nie, maar toe dit brons begin vervang het vir die maak van wapens en gereedskap. Dit het nie oral in Europa op dieselfde tyd gebeur nie; plaaslike kultuurontwikkelings het ’n rol gespeel in die oorang na die Ystertydperk. Die Ystertydperk van die prehistoriese Ierland begin byvoorbeeld omstreeks 500 v.C. (toe die Griekse Ystertydperk al verby was) en het geëindig omstreeks 400 n.C. Die algemene gebruik van die ystertegnologie het tegelykertyd in Europa en Asië ’n aanvang geneem. Die prehistoriese Ystertydperk in Sentraal-Europa kan verdeel word in twee tydperke wat op historiese gebeure gegrond word – die Hallstatt-kultuur (vroeë Ystertydperk) en La Tène-kultuur (laat Ystertydperk). Die materiaalkulture van Hallstatt en La Tène bestaan uit vier fases (A, B, C en D).
| | | | | |
| --- | --- | --- | --- | --- |
| | Fase A | Fase B | Fase C | Fase D |
| Hallstatt | (1200-700 v.C.)
Plat grafte | (1200-700 v.C.)
Potte gemaak met polichromie | (700-600 v.C.)
Swaar yster- en bronsswaarde | (600-475 v.C.)
Dolkswaarde, borsspelde en ringe |
| La Tène | (450-390 v.C.)
S- en spiraalvormige en ronde ontwerpe | (390-300 v.C.)
Ysterswaarde, swaar messe, spiespunte | (300-100 v.C.)
Ysterkettings, -swaarde en -belde, en swaar spiespunte | (100-15 v.C.)
Ystersae, -sekels en -hamers |
Die Ystertydperk in Europa word gekenmerk deur ’n uitgebreide reeks ontwerpe in wapens en toerusting. Hulle is nie meer gegiet nie, maar in die regte vorm gehamer, en versierings was oordadig en kromlynig, en nie meer reglynig nie; die vorms en aard van die versierings op Noord-Europese wapens het in sommige gevalle met dié van Romeinse wapens ooreengestem en was in ander gevalle eiesoortig en verteenwoordigend van noordelike kuns.
Asië
----
### Sentraal-Asië
Die Ystertydperk in Sentraal-Asië het begin toe ystervoorwerpe tussen die 10de en 7de eeu v.C. onder die proto-Indo-Europese volke begin verskyn het in die hedendaagse Xinjiang, soos dié wat op ’n begrafnisterrein by Chawuhukou ontdek is.
Die Pazirik-kultuur is ’n kultuur uit die Ystertydperk wat van omstreeks die 6de tot 3de eeu v.C. geleef het. Artefakte en gemummifiseerde mense is in die Siberiese ysgrond in die Altaiberge gevind.
### Oos-Asië
In China is brons-inskripsies uit omstreeks 1200 v.C. ontdek, van voor die ontwikkeling van ystermetallurgie, wat teen omstreeks die 9de eeu v.C. bekend was. In China het die geskiedenis dus begin min of meer in dieselfde tyd as die gebruik van yster, en daarom word die term "Ystertydperk" nie juis as ’n periode in die Chinese kultuur gebruik nie. Ystermetallurgie het die Yangtzevallei omstreeks die einde van die 6de eeu v.C. bereik. ’n Paar voorwerpe is by Changsha en Nanjing ontdek.
Wapenrusting van die koninkryk Silla (Nasionale Museum van Korea).
Ystervoorwerpe het die Koreaanse skiereiland in die 4de eeu v.C. bereik danksy handel met kulture in die Geelseegebied, net voordat die Westerse Han-dinastie begin het. In die 2de eeu v.C. het ystervervaardiging begin en boere het in die 1ste eeu v.C. ysterwerktuie in Suid-Korea begin gebruik. Ystergietblokke was belangrike grafitems en het die rydkom of prestige van die oorledene aangedui.
In Japan is wapens, gereedskap en versierings van yster in die laat Yayoi-tydperk (omstreeks 300 v.C.-300 n.C.) gebruik, of andersins in die daaropvolgende Kofun-tydperk (omstreeks 250-538 n.C.), waarskynlik as gevolg van kontak met Korea en China.
### Suid-Asië
Yster is in die 3de millennium v.C. in Mundigak gebruik om artikels te vervaardig soos koperklokkies met ’n ysterklepel en ’n koperstaaf met twee dekoratiewe ysterknoppe. Artefakte soos klein messe en lemme is in die Indiese staat Telangana ontdek; dit dateer van omstreeks 2400-1800 v.C. Die geskiedenis van metallurgie op die Indiese subkontinent het voor die 3de millennium v.C. begin. Argeologiese terreine in Indië soos Malhar, Dadupur, Lahuradewa, Kosambi en Jhusi het ysterimplemente opgelewer uit die tydperk 1800-1200 v.C. en die terrein Raja Nala ka tila implemente uit die tydperk 1800/1700 v.C. Daar is bewyse van ystersmelting in Malhar en die omliggende gebied. Dié terrein word beskou as die middelpunt van die laagoondsmelting van yster vanweë sy ligging by die Karamnasa- en Gangarivier. Sekels, spykers, spiespunte en ander artikels is minstens teen 1500 v.C. hier aangetref. ’n Begrafnisterrein uit die Ystertydperk is by Hyderabad opgegrawe.
Aan die begin van die 1ste millennium v.C. was daar groot ontwikkelings in ystermetallurgie in Indië. Vreedsame nedersettings het groot vordering gemaak met dié tegnologie. Een ysterbewerkingsterrein in Oos-Indië dateer van die 1ste millennium v.C. In Suid-Indië (die hedendaagse Mysore) het yster in die 12de tot 11de eeu v.C. al voorgekom; hierdie ontwikkelings was te vroeg vir enige belangrike nabye kontak met die noordweste van die land. Antieke Sanskrittekste noem metallurgie. In minstens omstreeks 300 v.C. en vir seker teen 200 n.C. is staal van ’n hoë gehalte in Suid-Indië vervaardig.
Die protohistoriese vroeë Ystertydperk in Sri Lanka het van 1000-600 v.C. geduur, maar bewyse van ystergebruik is in opgrawings van ’n begrafnisterrein by Haldummulla gevind wat van 2400 v.C. dateer.
Afrika suid van die Sahara
--------------------------
Vondste uit die Ystertydperk in Oos- en Suider-Afrika – dit stem ooreen met die verspreiding in die 1ste millennium van die Bantoevolke.
In Afrika suid van die Sahara, waar daar geen universele Bronstydperk oor die hele kontinent was nie, het ystergebruik reg op die Steentydperk gevolg. Bewyse van vroeë ystertegnologie op die subkontinent kan gevind word by terreine soos KM2 en KM3 in Noordwes-Tanzanië. Nubië, Egipte en Noord-Afrika was van die relatief min plekke in Afrika wat ’n volhoubare Bronstydperk gehad het.
Baie vroeë bewerkingsterreine vir koper en brons in Niger kan van so vroeg as 1500 v.C. dateer. Daar is ook bewyse van ystermetallurgie in dié tydperk in Termit, Niger. Nubië was ’n groot vervaardiger en uitvoerder van yster ná die uitsetting van die Nubiese dinastie in Egipte deur die Assiriërs in die 7de eeu v.C.
Hoewel daar onsekerheid heers, glo sommige argeoloë ystermetallurgie in Wes-Afrika suid van die Sahara het onafhanklik ontstaan van dié in Eurasië en naburige dele van Noord- en Noordoos-Afrika.
Argeologiese terreine met oonde vir ystersmelting is ook opgegrawe in die Nsukka-streek van Suidoos-Nigerië in wat nou Igboland is: dié by Lejja dateer van 2000 v.C. en van 750 v.C. Die terrein by Gbabiri in die Sentraal-Afrikaanse Republiek het bewyse opgelewer van ystermetallurgie in die vorm van ’n smeltoond en ystersmidwerkwinkel, van so vroeg as onderskeidelik 896-773 v.C. en 907-796 v.C.
Die bewerking van yster en koper in Afrika suid van die Sahara het suid- en ooswaarts versprei saam met die verspreiding van die Bantoevolke van die omgewing van Kameroen tot by die Groot Mere van Afrika in die 3de eeu v.C. en tot by die Kaap omstreeks 400 n.C. Yster kon egter in die 3de millennium v.C. al in Sentraal-Afrika bewerk gewees het.
Nog leesstof
------------
* Jan David Bakker, Stephan Maurer, Jörn-Steffen Pischke en Ferdinand Rauch. 2020. "Of Mice and Merchants: Connectedness and the Location of Economic Activity in the Iron Age." *Review of Economics and Statistics*.
* Chang, Claudia. *Rethinking Prehistoric Central Asia: Shepherds, Farmers, en Nomads*. New York: Routledge, 2018.
* Collis, John. *The European Iron Age*. London: B.T. Batsford, 1984.
* Cunliffe, Barry W. *Iron Age Britain*. Hersiene uitg. Londen: Batsford, 2004.
* Davis-Kimball, Jeannine, V. A Bashilov, en L. Tiablonskiĭ. *Nomads of the Eurasian Steppes in the Early Iron Age*. Berkeley, CA: Zinat Press, 1995.
* Finkelstein, Israel, en Eli Piasetzky. "The Iron Age Chronology Debate: Is the Gap Narrowing?" *Near Eastern Archaeology* 74.1 (2011): 50–55.
* Jacobson, Esther. *Burial Ritual, Gender, and Status in South Siberia in the Late Bronze–Early Iron Age*. Bloomington: Indiana University, Research Institute for Inner Asian Studies, 1987.
* Mazar, Amihai. "Iron Age Chronology: A Reply to I. Finkelstein". *Levant* 29 (1997): 157–167.
* Mazar, Amihai. "The Iron Age Chronology Debate: Is the Gap Narrowing? Another Viewpoint". *Near Eastern Archaeology* 74.2 (2011): 105–110.
* Medvedskaia, I. N. *Iran: Iron Age I*. Oxford: B.A.R. 1982.
* Shinnie, P. L. *The African Iron Age*. Oxford: Clarendon Press, 1971.
* Tripathi, Vibha. *The Age of Iron in South Asia: Legacy and Tradition*. Nieu-Delhi: Aryan Books International, 2001.
* Waldbaum, Jane C. *From Bronze to Iron: The Transition from the Bronze Age to the Iron Age in the Eastern Mediterranean*. Göteborg: P. Aström, 1978.
Skakels
-------
* Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ystertydperk.
* Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
| | |
| --- | --- |
| Normdata Edit this at Wikidata |
* BNF: cb11946304b (data)
* GND: 4014102-0
* HDS: 024601
* LCCN: sh85068153
* NDL: 00572799
* NKC: ph137453
| | {
"title": "Ystertydperk",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
9988,
24701,
0.4043560989433626
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 20748
} |
**Eienskappe**| **Algemeen** |
| --- |
| Naam | Ystersulfaat |
| Ander name | koperas of groenvitrioel |
| Struktuurformule van | |
| Chemiese formule | FeSO4 |
| Molêre massa | |
| CAS-nommer | |
| Voorkoms | groen ortorombiese kristalle |
| Reuk | Reukloos |
| **Fasegedrag** |
| Smeltpunt | 680 °C (watervrye, ontbinding)300 °C (monohidraat)60-64 °C (heptahidraat) |
| Kookpunt | |
| Digtheid | |
| Oplosbaarheid | Onbeduidend in alkohol6,4 g/100 g (20 C) in etileenglikol |
| **Suur-basis eienskappe** |
| pKa | |
| **Veiligheid** |
| Flitspunt | |
| Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. |
| | |
**Ystersulfaat** (Engels: *iron(II) sulphate* of *ferrous sulphate*) is 'n anorganiese chemiese verbinding met die formule **FeSO4**.
Dit word medies gebruik om 'n ystertekort in die liggaam te behandel, en het ook enkele nywerheidstoepassings. Dit is eeue lank reeds bekend as koperas of groenvitrioel; die blougroen heptahidraat (FeSO4·7H2O) is die algemeenste vorm van hierdie stof.
Ystersulfaat in water vorm 'n oktahedrale kompleks
Alle ystersulfate los in water op om dieselfde akwakompleks [Fe(H2O)6]2+ te vorm, wat 'n oktahedrale molekule en half-magneties is.
Gebruike
--------
### Mediese gebruike
Ystersulfaat word saam met ander ysterverbindings gebruik as voedingsaanvulling en om bloedarmoede te voorkom.
### Kleurstof
Ystersulfaat is gebruik om ink te vervaardig vanaf die middeleeue tot aan die einde van die agtiende eeu. Dit is ook gebruik in die proses om idigokleurstof op klere en ander lappe aan te wend.
Soms word dit as kunsmatige kleurstof in geblikte swart olywe gebruik en dit word gebruik om kalksteen en sandsteen 'n geel-roeskleur te vlek. Dit word ook gebruik om esdoornhout 'n silwer kleur te gee.
### Tuine
In tuine word dit gebruik om die pH van grond te verlaag. Dit kan gebruik word om ysterchlorose te behandel (waar plante nie genoeg chlorofil produseer nie) en word as 'n mosdoder gebruik.
### Ander gebruike
In die 1850's is dit gebruik om foto's te ontwikkel.
Dit word by water bygevoeg wat deur turbinekondensators vloei om 'n korrosiebestande beskermende laag te vorm.
Groen vitriool word gebruik vir die identifisering van sampioene.
Dit word gebruik om afvalwater te oksideer as deel van die Fenton se reagens. Die reaksie behels die skepping van vrye radikale as neweprodukte.
Fe2+ + H2O2 → Fe3+ + HO• + OH−
Fe3+ + H2O2 → Fe2+ + HOO• + H+
2H2O2 → HO• + HOO• + H2O
Produksie
---------
Dit kan geproduseer word deur metale wat minder reaktief is as yster uit die oplossings van hul sulfaat te verplaas: CuSO4 + Fe → FeSO4 + Cu
In die afwerking van staal voordat dit geplateer of bedek word, word die staalplaat of -staaf in swaelsuur gedoop. Hierdie behandeling lewer groot hoeveelhede yster(II)sulfaat as 'n neweproduk.
Fe + H2SO4 → FeSO4 + H2
Dit word ook kommersieel voorberei deur oksidasie van piriet:
2FeS2 + 7O2 + 2H2O → 2FeSO4 + 2H2SO4
### Reaksies
Verhitting veroorsaak dat yster(II)sulfaat eers sy kristaleeringswater verloor en word die oorspronklike groen kristalle in 'n witkleurige, watervrye vaste stof omgeskakel. As dit verder verhit word, stel die watervrye materiaal swaeldioksied (SO2) en wit dampe van swaeltrioksied (SO3) vry, wat 'n rooibruin yster(III)oksied agterlaat. Ontbinding van ystersulfaat begin teen ongeveer 680 °C.
2FeSO4 → Fe2O3 + SO2 + SO3
Yster(II)sulfaat is 'n reduseermiddel. Byvoorbeeld, salpetersuur word deur dit gereduseer tot stikstofmonoksied,
6FeSO4 + 3H2SO4 + 2HNO3 → 3Fe2(SO4)3 + 4H2O + 2NO
en chloor tot chloried:
6FeSO4 + 3Cl2 → 2Fe2(SO4)3 + 2FeCl3
Blootstelling aan lug oksideer yster(II)sulfaat tot 'n korrosiewe bruingeel laag van "basiese ystersulfaat", wat 'n addukt is van yster(III)oksied en yster(III)sulfaat:
12FeSO4 + 3O2 → 4Fe2(SO4)3 + 2Fe2O3
Hidrate
-------
Yster(II)sulfaat kom natuurlik in verskeie hidrate voor:
* FeSO4·H2O (mineraal: Szomolnokiet, relatief skaars)
* FeSO4·4H2O (mineraal: Rozeniet, wit, relatief algemeen)
* FeSO4·5H2O (mineraal: Siderotil, relatief skaars)
* FeSO4·6H2O (mineraal: Ferroheksahidriet, relatief skaars)
* FeSO4·7H2O (mineraal: Melanteriet, blougroen, relatief algemeen) | {
"title": "Ystersulfaat",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
2122,
4814,
0.4407976734524304
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 4228
} |
Die **LaPerm** is ’n katras met die krullerige pels van ’n rex-kat wat in die VSA ontstaan het.
Geskiedenis
-----------
Die eerste LaPerm is in 1982 gebore en was ’n spontane mutasie in ’n andersins normale werpsel. Linda en Richard Koehl, wat die ras ontwikkel het, het op ’n plaas in Oregon gewoon, waar een van die plaaskatte, ’n gestreepte korthaarkat, geboorte aan dié krulhaarkat geskenk het. Sy is Curly gedoop. Later het Curly ook ’n werpsel gehad – vyf mannetjies wat almal soos sy gelyk het. Hulle het ook op die plaas aangebly, waar nog katte met dieselfde voorkoms mettertyd gebore is. Daar was kort- en langharige katte en ’n verskeidenheid kleure, onder meer sjokoladebruin en met kleurpunte.
Met behulp van ander katliefhebbers het Linda die kat ontwikkel om ’n gevestigde kampioenskap-ras in Amerika en ander dele van die wêreld te word.
Die LaPerm het noue bande met die Indiaanse kultuur in Amerika omdat die Koehls se plaas in ’n gebied is wat as ’n heilige gebied beskou word deur die Wishram-Indiane, ’n Chinook-sprekende stam. Baie Amerikaanse telers gee dus hul katte Indiaanse name en versier hul hokke in ’n Amerikaanse tema wanneer hulle hul katte skou. Linda het eers ander name oorweeg, maar toe op La Perm besluit weens die "permanente golwing" (Engels: *perm*) van die kat se pels. Dit is in lyn met die Chinook-tradisie om Franse leenwoorde aan te neem en die Franse onbepaalde lidwoord te gebruik om nuwe woorde te vorm.
Beskrywing
----------
Die LaPerm is geneties uniek en nie verwant aan ander rex-katrasse nie. ’n Dominante geen veroorsaak die krul in die pels. Hulle is atleties gebou, met ’n gespierde, Oosterse tipe lyf van gemiddelde grootte, en langerige bene en nek. Hulle het groot, amandelvormige oë en ’n breë neus. Soos by ander rex-katte word alle kleure en patrone aanvaar, hoewel gestreepte, rooi en skilpaddop-patrone volop is vanweë hul herkoms. Veral die vroeë, oorspronklike kleure is gewild: lila, sjokoladebruin en met kleurpunte. Die pels is krullerig, maar sag en het dikwels ’n taamlik veeragtig gevoel as ’n mens daaraan raak. Die langste krulle kom aan die nek en maag en agter die ore voor. Hulle het ’n wollerige, krullerige stert.
Die LaPerm is liefdevol en sosiaal. Hulle is na bewering hipoallergenies en veroorsaak dus heelwat minder allergiese reaksies by die mens as ander katte.
Sien ook
--------
* Lys van katrasse
Bronne
------
* Morris, Desmond. 1996. *Cat World: A Feline Encyclopaedia*
* Lawrence, A.D. 2000. *The LaPerm Cat: The New Wave in Cats for the Millennium*
* Helgren, J. Anne. 2001. *Rex Cats*
* Verskeie. 2007. *LaPerm Cats, the Cat to Curl Up With* | {
"title": "LaPerm",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1836,
3827,
0.4797491507708388
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" cellpadding=\"0\" cellspacing=\"0\" class=\"toccolours vatop infobox\" style=\"float:right; clear:right; width:270px; padding:3px; margin:1px 1px 1em 1em; font-size:85%;\">\n<tbody><tr><td colspan=\"3\" style=\"background-color:#ACE1AF; color:#000000; text-align: center;\"><b><span style=\"font-size: 120%;\">LaPerm</span></b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"\"}' typeof=\"mw:Image\"><a href=\"./Lêer:Laperm_LH_red_tabby.jpg\"><img data-file-height=\"439\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"587\" decoding=\"async\" height=\"172\" resource=\"./Lêer:Laperm_LH_red_tabby.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ac/Laperm_LH_red_tabby.jpg/230px-Laperm_LH_red_tabby.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ac/Laperm_LH_red_tabby.jpg/345px-Laperm_LH_red_tabby.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ac/Laperm_LH_red_tabby.jpg/460px-Laperm_LH_red_tabby.jpg 2x\" width=\"230\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Land<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./VSA\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"VSA\">VSA</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Ontstaan<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Mutasie</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Soort<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>lyf<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Gemiddeld</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Pels<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Rex</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#ACE1AF; color:#000000; text-align: center;\"><b>Wetenskaplike<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>naam</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"text-align: center;\"><i>Felis catus</i> (<a href=\"./Kat\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kat\">huiskat)</a></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#ACE1AF; text-align: center;\">\n<table cellpadding=\"0\" cellspacing=\"0\" style=\"background:transparent; color:#000000; margin: auto;\">\n<tbody><tr><td style=\"vertical-align:middle\"><b>Portaal</b><span typeof=\"mw:Entity\"> </span> <span data-mw='{\"caption\":\"Portaalicoon\"}' typeof=\"mw:Image\"><a href=\"./Lêer:Portal.svg\"><img data-file-height=\"32\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"36\" decoding=\"async\" height=\"20\" resource=\"./Lêer:Portal.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c9/Portal.svg/22px-Portal.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c9/Portal.svg/33px-Portal.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c9/Portal.svg/44px-Portal.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span> <span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td>\n<td style=\"text-align: left;\"><b><a href=\"./Portaal:Katte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Portaal:Katte\">Katte</a> </b></td></tr>\n</tbody></table></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 2669
} |
LIDO-restaurant in Riga, Letland
LIDO-restaurant in Riga, Letland
**LIDO** is 'n Letlandse selfbedienrestaurant-ketting wat in 1987 deur Gunārs Kīrsons, 'n vroeëre barman, in Riga gestig is. LIDO beskik oor altesaam nege bistro's en restaurante en het daarnaas ook belange in die hotel- en voedselbedryf. Die onderneming het meer as 1 000 werknemers in diens.
LIDO-restaurante word gekenmerk deur hul besondere atmosfeer en binnedekor wat aan ou Letlandse tradisies ontleen is: die gebruik van hout vir binnedekor en meubels, tradisionele Letlandse musiek, en spyskaarte waarop vars bier en 'n groot verskeidenheid Letlandse geregte teen lae pryse aangebied word. Dié konsep maak van LIDO-restaurante 'n mededinger vir buitelandse kitskos-restaurantkettings op die plaaslike mark. Die maatskappy het intussen ook na die Estniese en Russiese mark uitgebrei en selfbedienrestaurante in Tallinn en Moskou geopen.
Een van die bekendste LIDO-restaurantkomplekse, die *LIDO atpūtas centrs* ("LIDO ontspanningsentrum") in Riga, is as 'n ronde blokhuis ontwerp en beskik naas restaurante en kroeë met altesaam 1 500 sitplekke oor sy eie windmeul en vermaaklikheidspark met rolskaatsbaan. Op die spyskaart is meer as 1 000 Letlandse asook disse uit die voormalige Sowjetunie. | {
"title": "LIDO",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
483,
1593,
0.3032015065913371
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt3\" class=\"infobox vcard\" data-mw=\"{"parts":[{"template":{"target":{"wt":"Inligtingskas Maatskappy\\n","href":"./Sjabloon:Inligtingskas_Maatskappy"},"params":{"naam":{"wt":"Lido"},"kenteken":{"wt":""},"tipe":{"wt":"Korporasie"},"stigting":{"wt":"1987"},"ligging_stad":{"wt":"[[Riga]]"},"ligging_land":{"wt":"[[Letland]]"},"ligging":{"wt":""},"liggings":{"wt":""},"sleutelpersone":{"wt":"Gunārs Ķirsons"},"gebied_bedien":{"wt":"Letland"},"industrie":{"wt":"Spyseniering en vleisverwerking<ref name=\\"lido\\">{{cite web |url=http://www.lido.lv/lat/par_mums/vesture/ |title=Īsi par LIDO vēsturi |publisher=Lido.lv |access-date=18 April 2014 |language=lv |archive-url=https://web.archive.org/web/20170204094156/http://lido.lv/lat/par_mums/vesture |archive-date= 4 Februarie 2017 |url-status=dead |df=dmy-all }}</ref>"},"produkte":{"wt":""},"dienste":{"wt":""},"inkomste":{"wt":""},"bedryfsinkomste":{"wt":""},"netto_inkomste":{"wt":""},"getal_werknemers":{"wt":"omstreeks 1&nbsp;000<ref name=\\"lido\\" />"},"ouer":{"wt":""},"afdelings":{"wt":""},"dogtermaatskappye":{"wt":""},"slagspreuk":{"wt":""},"tuisblad":{"wt":"[http://www.lido.lv ''lido.lv'']"},"ontbind":{"wt":""},"voetnotas":{"wt":""},"intl":{"wt":""}},"i":0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:25.5em; font-size:85%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<td class=\"fn org\" colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:120%;\"><b>Lido</b></td></tr>\n<tr>\n<th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Tipe</th>\n<td>Korporasie</td></tr>\n<tr>\n<th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Gestig</th>\n<td>1987</td></tr>\n<tr>\n<th class=\"label\" style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Hoofkantoor</th>\n<td><a href=\"./Riga\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Riga\">Riga</a>,<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Letland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Letland\">Letland</a></td></tr>\n<tr><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Sleutelpersone</th><td>Gunārs Ķirsons</td></tr><tr class=\"note\"><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Gebied<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>bedien</th><td>Letland</td></tr><tr class=\"note\"><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Industrie</th><td>Spyseniering en vleisverwerking</td></tr>\n<tr><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Werknemers</th><td>omstreeks 1<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000</td></tr><tr><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Webwerf</th><td><a class=\"external text\" href=\"http://www.lido.lv\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\"><i>lido.lv</i></a></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 1273
} |
**Rotten Tomatoes** is ’n webtuiste wat in 1998 begin is en gewy word aan rolprentresensies en -nuus. Televisie word ook nou gedek. Die naam is afgelei van die ou gebruik dat gehore vrot tamaties gegooi het wanneer hulle nie van ’n verhoogoptrede gehou het nie. Die maatskappy is deur Senh Duong gestig en word sedert Januarie 2010 besit deur Flixster, wat op sy beurt in 2011 deur Warner Bros. oorgeneem is.
Beskrywing
----------
Rotten Tomatoes is een van die topduisend webtuistes wêreldwyd (sowat 550ste). Unieke besoekers aan is sowat 26 miljoen, volgens Quantcast.
Die personeel van Rotten Tomatoes versamel eers aanlyn resensies van skrywers wat gesertifiseerde lede van verskeie skrywersgildes of resensente-organisasies is. Om as ’n resensent aanvaar te word, moet die persoon se oorspronklike resensies ’n sekere getal "likes" van gebruikers kry. Dié wat as "topresensente" geklassifiseer word, skryf gewoonlik vir groot koerante. Die personeel besluit of ’n resensie positief is ("vars", aangedui deur ’n klein ikoon van ’n rooi tamatie) of negatief ("vrot", aangedui deur ’n klein ikoon van ’n groen tamatie wat spat).
| Ikoon | Telling | Beskrywing |
| --- | --- | --- |
| | 75-100% | **As vars gesertifiseer**. Prente wat deur minstens 40 resensente geresenseer is(insluitende 5 topresensente) kry dié ikoon. Hulle verloor die ikoon as hul telling onder 70% daal. |
| | 60-74% | **Vars**. Die uitsondering, "60–<74%", is wanneer ’n prent deur minstens 40 resensente beoordeel is (insluitende 5 topresensente). |
| | 0-59% | **Vrot**. Prente met so ’n telling kry dié ikoon. |
Die webtuiste hou telling van al die resensies vir elke rolprent en die persentasie positiewe resensies word bereken. (Groot prente wat kort tevore uitgereik is, kan tot 300 resensies kry.) As die positiewe resensies 60% or meer uitmaak, word die prent as "vars" beskou omdat die meeste resensente daarvan hou. As die positiewe resensies minder as 60% is, word die prent as "vrot" beskou.
Topresensente soos Roger Ebert, Desson Thomson, Stephen Hunter, Owen Gleiberman, Lisa Schwarzbaum, Peter Travers en Michael Phillips word in ’n aparte lys aangedui en hul resensies word apart bereken. Hul opinies word ook in die algemene telling ingesluit. | {
"title": "Rotten Tomatoes",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
728,
2236,
0.32558139534883723
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox borderless\" style=\"font-size:90%; text-align:left; width:30em;\" summary=\"Template:Infobox Website\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:125%;\">Rotten Tomatoes</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span typeof=\"mw:Image\"><a href=\"./Lêer:Rotten_Tomatoes_logo.svg\"><img data-file-height=\"197\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"691\" decoding=\"async\" height=\"57\" resource=\"./Lêer:Rotten_Tomatoes_logo.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/6f/Rotten_Tomatoes_logo.svg/200px-Rotten_Tomatoes_logo.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/6f/Rotten_Tomatoes_logo.svg/300px-Rotten_Tomatoes_logo.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/6f/Rotten_Tomatoes_logo.svg/400px-Rotten_Tomatoes_logo.svg.png 2x\" width=\"200\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<th><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Uniform_Resource_Locator\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Uniform Resource Locator\">URL</a></th>\n<td><span class=\"plainlinks\"><a class=\"external text\" href=\"http://www.rottentomatoes.com/\" rel=\"mw:ExtLink\">rottentomatoes.com</a></span></td></tr>\n<tr>\n<th>Kommersieel?</th>\n<td>Ja</td></tr>\n<tr>\n<th>Soort webwerf</th>\n<td>Rolprentresensies en -nuus</td></tr>\n<tr>\n<th>Registrasie</th>\n<td>Opsioneel</td></tr>\n<tr>\n<th>Gelanseer</th>\n<td>12 Augustus 1998<span style=\"display:none\"> (<span class=\"bday\">1998-08-12</span>)</span><span class=\"noprint\"> (23<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>jaar<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>oud) </span></td></tr>\n<tr>\n<th>Huidige status</th>\n<td>Aktief</td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 2264
} |
| ***La Cantatrice chauve*** |
| --- |
| **Oorspronklike titel** | *La Cantatrice chauve* |
| **Outeur** | Eugène Ionesco |
| **Land** | Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië |
| **Taal** | Frans |
| **Genre** | Toneel |
| **Uitgewer** | |
| **Uitgegee** | 1950 |
| **Medium** | Toneel |
| Letterkunde-portaal |
**La Cantatrice chauve** - uit Frans vertaal as **Die Kaalkop Sopraan** of **Die Kaalkop Prima Donna** - is die eerste toneelstuk wat geskryf is deur die Roemeens-Franse dramaturg Eugène Ionesco.
Nicolas Bataille behartig die regie van die première op 11 Mei 1950 in die Théâtre des Noctambules, Parys. Sedert 1957 was dit in permanente vertoning in die Théâtre de la Huchette, wat 'n *Molière d'honneur* vir sy optredes ontvang het. Dit hou die wêreldrekord vir die toneelstuk wat die langste tyd in dieselfde teater opgevoer word. Alhoewel dit aanvanklik onopgemerk was, is die toneelstuk uiteindelik deur 'n paar gevestigde skrywers en kritici bevorder en het kritiese erkenning bekom. Teen die 1960s is *La Cantatrice chauve* reeds erken as 'n moderne klassieke werk en 'n belangrike seminale werk in die Teater van die Absurde. Met 'n rekordgetal interpretasies het dit een van die mees opgevoerde toneelstukke in Frankryk geword.
Die toneelstuk fokus op twee Engelse paartjies wat mekaar kom besoek. Die een paartjie is die Martins, die ander die Smiths. Die Martins ontdek skielik in die vierde toneel dat hulle met mekaar getroud is. Dit word gevolg deur 'n reeks absurde dialoë. Ander karakters is 'die kaptein van die brandweer' en die huishulp van die Smiths.
Die tooneelstuk is as 24ste op die Le Monde se 100 boeke van die eeu-lys gelys. | {
"title": "La Cantatrice chauve",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
332,
1467,
0.22631220177232447
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1692
} |
Die LNER Klas A4-lokomotief *Union of South Africa* van *British Railways* in Bridgnorth-stasie, Severn Valley Railway, Suidwes-Engeland
*4468 Mallard* in die Britse Nasionale Spoorwegmuseum te York
Die **Klas A4** is 'n reeks 4-6-2-stoomlokomotiewe wat deur Nigel Gresley in 1935 vir die Britse spoorwegmaatskappy *London and North Eastern Railway (LNER)* ontwerp is. Die lokomotiewe is maklik herkenbaar aan hul vaartbelynde ontwerp wat 'n hoë spoed verseker het. Een lokomotief uit hierdie klas, *4468 Mallard*, het op 3 Julie 1938 die amptelike wêreld-spoedrekord vir stoomlokomotiewe met 201,2 km per uur opgestel.
Altesaam 35 klas A4-lokomotiewe is gebou om vinnige passasierstreine op die Ooskus-hoofroete (*East Coast Main Line*) tussen Londen se Kings Cross-stasie en Edinburg in Skotland te trek. Die treine het op hierdie roete via York en Newcastle geloop en is eers in die vroeë 1960's deur *Deltic*-diesellokomotiewe vervang. Enkele A4's is nog tot en met 1966 vir treindienste in Skotland gebruik, veral vir die sneltreinroete tussen Aberdeen en Glasgow waar hulle die reistyd van 3,5 tot 3 uur verkort het. | {
"title": "LNER-Klas A4",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
50,
1002,
0.0499001996007984
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1125
} |
'n Beriggie in Die Voorligter oor ds. D.J. Conradie van die NG gemeente Hoopstad.
**LIG** (vantevore **Die Voorligter**) is 'n Christelike Afrikaanse gesinstydskrif wat sedert Oktober 2004 in die kleinhandel beskikbaar is. Die tydskrif is vir die eerste keer in Desember 1937 onder die titel *Die Voorligter* uitgegee en was destyds 'n maandblad vir lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Dit het naas die *Kerkbode* verskyn en is selfs as 'n "populêre uitgawe van Die Kerkbode" aangebied. Danksy massa-intekening deur kerkrade het die blad ’n beduidende sirkulasie opgebou, veral toe diakens nog maandeliks vir bydraes deur hulle wyke gegaan en *Die Voorligter* van huis tot huis afgelewer het.
Mettertyd het die bedieningspatroon in gemeentes verander, kerkrade het nie meer groot bestellings geplaas en diakens het nie meer maandeliks by hulle wyke uitgekom nie. Die naam van die tydskrif is verander en dit het in die mark met ander tydskrifte begin meegeding. Die fokus op NG Kerk-identiteit het plek gemaak vir "mens"-verhale, veral dié van glanspersoonlikhede. In rubrieke word raad vir ’n gesonde, Christelike lewenstyl, met die klem op die gesin, gegee.
Geskiedenis
-----------
Ds. Attie Burger omstreeks 1957 toe hy redakteur van *Die Voorligter* was.
In 1937 vra ds. Attie Burger, destyds predikant van Paulpietersburg, die Transvaalse sinode om ’n algemene maandblad vir die kerk in die lewe te roep. Die blad moes die werk en lewe van die kerk onder die aandag van sy lidmate en huisgesinne bring en die amptelike kerkblad, *Die Kerkbode*, aanvul. Dit moes ’n gewilde, goed geïllustreerde maandblad wees wat deur bemiddeling van die betrokke kerkrade in elke huis ingedra kon word.
Op 1 Desember 1937 verskyn die eerste uitgawe van *Die Voorligter*. Die eerste redakteur, ds. P.J. Viljoen (destyds predikant van Heidelberg, Transvaal), skryf in die eerste uitgawe: "*Welkom Voorligter! Hartlik welkom in ons huise en ons harte. Mag die Here jou seën en jou tot 'n groot seën maak. So hoop ons sal elke lidmaat van ons Kerk Die Voorligter begroet as jy vir die eerste maal in ons wonings verskyn, met die bedoeling om hom daar tuis te maak en voortaan te wees ons vriend, raadgewer, trooster, teregwyser, leermeester en voorligter op ons pad deur die tyd, maar veral op ons weg na die ewigheid.*"
Viljoen het die redakteurskap daarna vir nege jaar op 'n deeltydse basis behartig. Attie Burger het hom in 1948 opgevolg en was van 1957 tot 1970 die voltydse redakteur. H.J.M. (Sporie) van Rensburg het in 1947 as "tegniese redakteur" by hom aangesluit. In 1967 het W.L. (Willie) Maree die heeltydse assistant-redakteur geword, en van 1970 tot 1989 was hy die redakteur – die eerste nie-predikant wat hierdie pos beklee het.
In Maree se tyd het *Die Voorligter* se maandoplaag tot 188 000 gestyg. Hy is in 1989 deur F.M. (Frits) Gaum opgevolg wat tegelykertyd ook die redakteur van *Die Kerkbode* was. Gaum het in Maart 1998 nuwe lewe in die tydskrif geblaas en die naam is na die *Nuwe Voorligter* verander.
Die *Nuwe Voorligter* het *Lig* en (sedert die Desember 1999/Januarie 2000-uitgawe) *LIG* geword om in die ope mark met ander tydskrifte mee te ding. Hierdie tendens is voortgesit toe J.C. (Johann) Symington vir Gaum in 2004 opgevolg het. Adri-Louise van Renen, die eerste vroueredakteur van die *Kerkbode* en toe reeds jare lank die blad se adjunk-redakteur, het in 2005 die redakteur geword. Ná haar dood in 2014 het Francine van Niekerk haar opgevolg. | {
"title": "LIG",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
154,
3056,
0.05039267015706806
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 3496
} |
**LM Radio** is 'n radiostasie in Maputo, Mosambiek. Histories was dit 'n stasie wat van die destydse Lourenço Marques (tans Maputo) na Suid-Afrika uitgesaai het. Die stasie het in 1936 met kortgolf-uitsendings begin en is in 1975 gesluit. LM Radio was gewild onder jong Suid-Afrikaners en het pop- en rockmusiek uitgesaai wat nie lugtyd op die SAUK se kanale gegun is nie. Dit is in 2010 heropen.
Geskiedenis
-----------
Die eerste radiostasie in Mosambiek het op 18 Maart 1933 begin uitsaai. Uitsendings is vir 'n ruk in 1934 as gevolg van 'n tekort aan geld opgeskort. 'n Suid-Afrikaner, G.J. McHarry, het by die stasie betrokke geraak en in 1935 is *Radio Clube de Moçambique* van stapel gestuur, wat hoofsaaklik in Engels uitgesaai het. In 1947 het kol. Richard L. Meyer, wat voor die Tweede Wêreldoorlog die hoofbestuurder van die *Internasionale Broadcasting Company* van Londen was, tesame met John Davenport die bestuur van Lourenço Marques Radio oorgeneem. Die eerste twee omroepers van die nuwe kommersiële stasie was David Davies (wat as bestuurder aangestel is) en David Gordon. In 1948 verhuis LM Radio na 'n nuwe doelgeboude 4-verdieping gebou wat as "Radio Palace" bekend geword het.
David Gordon verlaat die stasie in 1950 om by Springbokradio aan te sluit. In die laat 1950's verander die stasie sy aanbieding om vir jonger Suid-Afrikaners voorsiening te maak. LM Radio was bekend vir sy Top Twintig Treffersparade en het 'n groot rol in die bevordering van Suid-Afrikaanse kunstenaars en hul musiek gespeel.
LM Radio is in 1972 deur die SAUK oorgeneem. Op 7 September 1974 is dit tydens 'n bloedige opstand in Lourenço Marques beset en is die administrasie deur Frelimo, die Mosambiekse Bevrydingsfront, oorgeneem. Op 12 Oktober 1975, ná Mosambiek se onafhanklikheid van Portugal in Junie van daardie jaar, is LM Radio se fasiliteite genasionaliseer. Die stasie is gevolglik op 13 Oktober 1975 gesluit. Dit is in Suid-Afrika met Radio 5 vervang, wat later 5FM sou word.
David Davies se laaste boodskap op die stasie was: "*And now, wherever you are, in the Transvaal, Natal, Orange Free State, the Cape, Southwest Africa or Rhodesia […] greetings. And to you, to you, and especially to you, vaya con Dios*" (En nou, waar jy ook al is, in die Transvaal, Natal, Oranje-Vrystaat, die Kaap, Suidwes-Afrika of Rhodesië […] wees gegroet. Vir julle almal, en veral vir jou, wandel met God).
Omroepers soos John Berks, Gary Edwards, Fritz Greyling, Frank Sanders, Robin Alexander, Darryl Jooste (DJ die DJ), George Wayne en David Gresham het almal by LM Radio begin voordat hulle na ander stasies soos Swazi Music Radio (SMR), Radio 702, Springbokradio en ander SAUK-stasies, 2JJ (nou bekend as Triple J in Sydney) en Capital 604, geskuif het.
Heropening
----------
In 2010 is 'n uitsaailisensie aan die nuwe *LM Radio* onder die handelsmerk "*Lifetime Music Radio*" toegeken. Dis die enigste Engelse radiostasie in Mosambiek, maar hulle speel ook Afrikaanse musiek. Die inhoud van die stasie word hoofsaaklik vir Suid-Afrika aangepas. | {
"title": "LM Radio",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
381,
2929,
0.1300785250938887
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"font-size:90%; width:25em; text-align:left;\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"color:#000; background-color:{{{kleur}}}; font-size:120%; text-align:center;\">LM Radio</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"></td></tr>\n<tr>\n<th>Gestig</th>\n<td>1936 en opgewek 2010</td></tr>\n<tr>\n<th>Formaat</th>\n<td>Internet, FM</td></tr>\n<tr>\n<th>Taal</th>\n<td><a href=\"./Engels\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Engels\">Engels</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Uitsaaiarea</th>\n<td>Mosambiek (grondlewend), Lesotho (grondlewend); Suider-Afrika (per satelliet)</td></tr>\n<tr>\n<th>Webtuiste</th>\n<td><a class=\"external text\" href=\"http://lmradio.co.za/\" rel=\"mw:ExtLink\">lmradio.co.za</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Aanlyn Uitsending</th>\n<td><a class=\"external text\" href=\"http://lmradio.co.za/streaming.html\" rel=\"mw:ExtLink\">LM Radio: Luister Aanlyn</a></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 3060
} |
Die Baskeland van Frankryk en Spanje.
**Neder-Navarra** (Frans: *Basse-Navarre*, Baskies: *Nafarroa Beherea* of *Baxenabarre*) is 'n voormalige provinsie van Frankryk, deel van die hedendaagse Pyrénées-Atlantiques *département*. Dit het vroeër saam met Navarra in Spanje deel van die Koninkryk van Navarra uitgemaak. Neder-Navarra is een van die historiese streke van Baskeland. Die streekshoofstad was Saint-Jean-Pied-de-Port (Baskies: *Donibane Garazi*). Daar word ook soms na die gebied verwys as *Merindad de Ultrapuertos* ("die streke anderkant die bergpasse").
Neder-Navarra is 'n versameling van valleie in die voetheuwels van die Pireneë. In die Aldudesvallei, om die dorp Saint-Étienne-de-Baïgorry in die suide van Neder-Navarra, het baie van die ou tradisies behoue gebly, soos huise gebou met rosige sandsteen en die *Force Basque* kragspel. Die AOC-wyn, Irouléguy, word in Aldudes geproduseer.
Die Niverivier se oorsprong is in Neder-Navarra en vloei deur die provinsie en verder na Bayonne waar dit by die Adour aansluit. Anderkant Saint-Jean-Pied-de-Port self vloei die Nive in die Ossèsvallei in, waar pragtige ou huise met gekerfde lateie in die dopies van Ossès, Irisarry en Bidarray aangetref word. 'n Bewaringsgebied vir die pottok, die wilde Baskies-Pirennese ponie is in die vallei gevestig om die skaars ras te beskerm.
Noord van Saint-Jean-Pied-de-Port word die Mixe-gebied om die dorp Saint-Palais, 'n voormalige Navarrese hoofstad, aangetref. Alhoewel naby Béarn geleë, is die Baskiese invloed steeds hier te vinde. Neder-Navarrees is 'n dialek van die Baskiese taal wat in die streek gepraat word. Net suid van Saint-Palais ontmoet die drie hoofroetes na Santiago de Compostela op pad na El Camino de Santiago by die gehuggie Ostabat, wat in die Middeleeue welvaart en handel na die gebied gebring het.
El Camino de Santiago (Die pad van Santiago) het van Saint-Jean-Pied-de-Port suid na die bergpas bo Roncesvalles geloop. Pelgrims het oor die Cixe-streek van Neder-Navarra gereis op pad na Navarra oor die berge. In die golwende heuwels word skaapmelkkaas, *pur brebis*, algemeen gemaak, insluitend Ossau-Iraty kaas. Dorpies soos Estérençuby en Lecumberry is gewilde agrotoerisme-bestemmings en die Iraty-beukebos aan die Spaanse grens is bekend vir die mooi uitsigte wat dit bied en die ryk geskiedenis van die area. Dolmens en ander neolitiese monumente is oor die landskap versprei insluitend die Tour d'Urculu, hoog in die berge teen 1 149 m - 'n 2 000-jaar oue sirkulêre platform wat uit reuse rotsblokke bestaan.
| | |
| --- | --- |
| Normdata Edit this at Wikidata |
* BNF: cb11941113j (data)
* GND: 4287680-1
* SUDOC: 027350169
* VIAF: 316733006
* WorldCat Identities (via VIAF): 316733006
| | {
"title": "Neder-Navarra",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
108,
2267,
0.04764005293339215
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2747
} |
| **Rouen**
|
| --- |
| **Kaart** | **Wapen** |
| |
| |
| |
| **Vlag** |
| |
| |
| **Land** | Frankryk |
| **Région (gewes)** | Haute-Normandie |
| **Département** | Seine-Maritime |
| **Koördinate** | 49°26′N 1°06′O / 49.433°N 1.100°O / 49.433; 1.100 |
| **Stigting** | 40 v.C. |
| **Oppervlakte:** | |
| - Totaal | 21,38 vk km |
| **Hoogte bo seevlak** | 2-152 m |
|
|
| **Bevolking:** | |
| - Totaal (2010) | 110 933 |
| - Bevolkingsdigtheid | 5 189/vk km |
| - Metropolitaanse gebied | 652 818 |
| **Tydsone** | UTC +1 |
| - Somertyd | UTC +2 |
| **Burgemeester** | Yvon Robert |
| **Amptelike webwerf** | rouen.fr |
|
'n Uitsig oor die moderne Rouen
**Rouen** is die historiese hoofstad van Normandië en tans die hoofstad van die région (gewes) Haute-Normandie en die prefektuur van die département Seine-Maritime in die noordweste van Frankryk, met 'n oppervlakte van 21,38 vierkante kilometer en 110 688 inwoners (2009). Die metropolitaanse gebied van Rouen het 'n bevolking van 649 291. Die hawe, wat sowat 120 kilometer van die see af lê, is die vierde grootste in Frankryk.
Die stad is 'n belangrike nywerheids- en met meer as 40 000 studente ook 'n akademiese sentrum in Frankryk.
Rouen was tydens die Middeleeue een van die grootste en welvarendste stede in Europa. Die stad dien as die hoofkwartier van die tesourier van Normandië en as een van die setels van die Anglo-Normandiese dinastieë, wat in die tydperk tussen die 11de en 15de eeu Engeland en groot dele van die huidige Frankryk regeer het.
Johanna van Arkel is in 1431 deur die Engelse op Rouen se ou markplein op die brandstapel tereggestel.
Rouen is deur die Franse geskiedkundige Jules Michelet (1798–1874) as 'n opelugmuseum ("ville musée") beskryf. Die stad het ondanks sy rol as 'n moderne nywerheidsentrum sy Middeleeuse stadskern met pragtige historiese geboue en klein straatjies bewaar.
Geskiedenis
-----------
### Antieke tydperk
Rouen staan in die antieke tydperk as *Rotomagus* bekend – 'n samestelling van die naam *Roto* en di woord *magus* ("mark"). Die stad is tydens die heerskappy van Augustus teen die regteroewer van die Seine gestig en groei tot die tweede belangrikste stad in Gallië na Lugdunum.
Die Gallies-Romeinse stad bereik in die 3de eeu die hoogtepunt van sy ontwikkeling; 'n amfiteater en die Romeinse baddens is in hierdie tydperk opgerig. Sedert die middel van die 3de eeu val Germaanse stamme die gebied in. Ná die Frankiese verowering van Gallië raak Rouen sy belangrike posisie kwyt, dit bly nogtans die setel van 'n aartsbiskop.
### Die Middeleeue
In 843 word Rouen vir die eerste keer deur Wikings aangeval, wat die stad in 876 vanweeë sy strategiese ligging teen die Seinemonding verower. Ná die ooreenkoms tussen die Franse koning Karel III en die Wikinghoof Rollo in 911 word Rouen die hoofstad van die Hertogdom Normandië. Die setel van die Normandiese hof is later gedeeltelik na Caen verskuif, waar Willem die Veroweraar sy kasteel laat oprig het. Rouen is in die Wiking-tydperk 'n belangrike hawestad vir die handel met die Paryse gebied en 'n slawemark.
'n Straat in die ou stadskern van Rouen
Die portaal van die katedraal
Rouen kry in 1150 'n kommunale bedeling, waarvolgens die stad deur die *Cent Pairs* regeer word. Die inwoners is volgens hulle ambagte in gildes ingedeel. Rouen is in hierdie tydperk 'n belangrike handelsentrum, wat sout en visse na Parys en wyn na Engeland uitvoer.
In 1200 begin die bou van die katedraal, wat eers eeue later voltooi is. Op 16 April 1203 neem die Franse koning Filips Augustus die stad in en lyf Normandië by Frankryk in. Die stad is nou deur 'n Franse beampte geregeer. Desondanks eerbiedig die koning die handelsvoorregte van die stadsregering. Die ou kasteel van die Normandiese hertoë is egter in opdrag van die koning verniel. 'n Nuwe versterking is terselfertyd opgerig, en die eerste tekstielnywerhede in Rouen begin ontwikkel. Die plaaslike handelaars koop wol in Engeland en bemark die lakenprodukte van Rouen in Champagne.
Die welvaart van Rouen berus hoofsaaklik op die handel in die Seinegebied, met die Seinerivier as die belangrikste vervoerweg. Die plaaslike handelaars beskik sedert die heerskappy van koning Hendrik II oor die monopolie van handelskeepvaart stroomop in die rigting van Parys. Wyn en graan is na Engeland uitgevoer, terwyl Engelse wol en tin na Frankryk ingevoer is.
Besware teen die belastingbeleid lei in 1281 tot 'n opstand in Rouen, waartydens die burgemeester vermoor en talle huise van adellikes geplunder is. Koning Filips IV tree vasbeslote teen die bewoners van Rouen op en herroep die monopolie van die Seinehandel. Die burgers koop hulle voorregte in 1294 terug.
In 1349 word Rouen deur 'n pesepidemie getref. 'n Tweede opstand in 1382 word deur koninklike troepe meedoënloos neergeslaan. Die belastingtariewe is verhoog en die handelvoorregte van Rouen herroep.
Tydens die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk is Rouen op 19 Januarie 1419 deur die Engelse koning Hendrik V ingeneem en Normandië by die Koninkryk van Engeland ingelyf. Die nasionale heldin van Frankryk, Johanna van Arkel, is deur die Engelse die doodstraf opgelê en op 30 Mei 1431 in Rouen op die brandstapel tereggestel. Franse troepe herower die stad in 1449. Johanna van Arkel is in Julie 1456, 'n kwarteeu ná haar dood, gerehabiliteer.
### Die Renaissance
Die katedraal se binneruimte
Met die einde van die Honderdjarige Oorlog groei Rouen tot die tweede grootste stad in Frankryk na Parys, en die groot bouprojekte is hervat, waaronder kerke in die Gotiese boustyl. Dit is, naas ander finansiers, veral die skenkings van die kardinale Georges I d'Ambroise (1494–1510) en sy neef Georges II (1510–1550) wat van Rouen een van die Franse sentrums van die renaissance-boustyl maak. Georges I, wat ook as Eerste Minister onder koning Lodewyk XII dien, bevorder onder meer die oprigting van die *Tour de Beurre* ("bottertoring" aan die wesfasade van die katedraal, wat in 1508 voltooi is. In die volgende jaar neem die bou van die katedraal se hoofportaal 'n aanvang; dit is twaalf jaar later voltooi. Ander pragtige argitektoniese hoogtepunte uit hierdie tydperk is die *Bureau des Finances*, die *Hôtel de Bourgtheroulde* en die Paleis van Justisie.
Die Bureau des Finances (1510)
Kunstenaars en argitekte soos Roulland le Roux verfraai privaathuise en paleise met versierings in die Italiaanse styl, met die *Bureau des Finances* teenoor die portaal van die katedraal as een van die indrukwekkendste voorbeelde.
Die laken- en sybedryf en metaalverwerking dra by tot Rouen se ekonomiese opswaai teen die einde van die 15de eeu. Die plaaslike visserybedryf brei sy vanggebiede na Newfoundland en die Baltiese See uit, waar kabeljou en haring gevang is. Sout is uit Portugal en Guérande ingevoer. Lakens uit Rouen is in Spanje verkoop, wat in ruil daarvoor wol verskaf. Die Medici-gesin maak van Rouen die belangrikste handelsplek vir aluin.
Teen die begin van die 16de eeu is Rouen die grootste hawe van Frankryk, veral danksy die handel met Brasilië, wat kleurstowwe vir die plaaslike lakenbedryf verskaf. Die handelsbetrekkinge en ekonomiese welvaart lok talle buitelanders na Rouen, en 'n groot aantal Spanjaarde en Italianers vestig hulle in die stad. Ook die drukkerybedryf ontwikkel vinnig. In 1500 is daar reeds tien drukkerye in die stad.
### Die tydperk van godsdienstige oorloë
Standbeelde versier die fasade van 'n 17de eeuse huis
Glasvensters in die katedraal van Rouen
Die tydperk ná 1560 word deur toenemende spannings tussen die Rooms-Katolieke en Protestantse gemeenskappe gekenmerk; die Protestantse beeldestorm, waarin talle standbeelde van heiliges verniel is, word deur die Rooms-Katolieke as 'n ernstige provokasie beskou.
Op 15 April 1562 storm Protestante die stadsaal binne en verdryf die plaaslike *bailli* (landdros). Die beeldestorm brei in Mei na die plattelandse gebiede uit. Op 10 Mei verlaat die Rooms-Katolieke afgevaardigdes Rouen. Teen die einde van die maand beleër Katolieke troepe Rouen. Albei oorlogspartye maak gebruik van terreur, en uiteindelik vra die owerhede van Rouen die Engelse koning om bystand. Die Engelse stuur in ooreenkoms met die Verdrag van Hampton Court, wat op 20 September 1562 onderteken is, troepe om bystand aan die Protestante van Rouen te verleen, wat op hulle beurt die hawestad Le Havre beset. Nogtans neem die koninklike Franse troepe Rouen op 26 Oktober 1562 in en verwoes die Normandiese hoofstad.
### Die moderne tydperk
Die eerste spoorwegverbinding met Parys is in 1843 ingewy.
Tydens die Frans-Pruisiese Oorlog is Rouen in 1870 deur Pruisiese troepe ingeneem. Ook tydens die Tweede Wêreldoorlog is Rouen tussen 9 Junie 1940 en 15 Augustus 1944 deur Duitse troepe beset. Bomaanvalle verwoes tydens dié oorlog groot dele van die stad, veral die brûe oor die Seine en die spoorweginfrastruktuur. Ook die katedraal en die justisiepaleis is ernstig beskadig.
Ekonomie
--------
Die Normandië-brug (*Le Pont de Normandie*)
Tans word 'n sesde brug oor die Seine opgerig
Rouen se hawe, wat sowat 80 kilometer van die Seine se riviermonding af lê, is die vyfde grootste in Frankryk na Marseille, Le Havre, Dunkerque en Saint-Nazaire (en selfs die grootste wat houers betref) en trek voordeel uit sy strategiese ligging halfpad tussen die metropolitaanse gebied van Parys en die Engelse Kanaal en Atlantiese Oseaan. Dit is die belangrikste in- en uitvoerhawe van Parys en tegelykertyd 'n see- en rivierhawe, waar die getye nog duidelik waarneembaar is, met geriewe vir skepe van tot by 150 000 ton. Met vier aanlegtes in Honfleur, Port-Jérôme/Radicatel, Saint-Wandrille/Le Trait en in die stadsgebied van Rouen beslaan die hawe 'n oppervlak van sowat 3 200 hektaar.
Rouen is die belangrikste Europese uitvoerhawe vir graan en die belangrikste Franse hawe vir meel, suiker, mout en kunsmis. Groot hoeveelhede ru-olie word danksy die nabyheid van die olieraffinadery van Petit-Couronne ingevoer. Dit is ook 'n belangrike invoerhawe vir koerantpapier.
Die plaaslike nywerheid steun veral op die motorbedryf met meer as 28 000 werkgeleenthede (sowat 'n derde van Frankryk se jaarlikse motorproduksie word hier onder meer deur *Renault* vervaardig), petrochemie, chemie, farmaseutiese nywerhede, papier, tekstiele en voedselverwerking.
Die *Technopôle du Madrillet* (Tegnologiepark van Madrillet) spits hom veral op moderne tegnologieë in verband met die motorvervaardiging toe.
Die tersiêre sektor het meer as 150 000 mense in diens en trek voordeel uit Rouen se rol as administratiewe sentrum van die gewes Haute-Normandie. Banke, assuransiemaatskappye en ander diensverskaffers is eweneens belangrik.
Besienswaardighede
------------------
Die astronomiese horlosie van Rouen
* Die gotiese **katedraal Notre-Dame** het veral Claude Monet en sy reeks skilderye van katedrale geïnspireer. Die katedraal se kerkvensters verteenwoordig agt eeue se glaskuns, en sy puristiese binneruimte kontrasteer met die versierings van sy buitekante. Die koor bevat die grafte van Normandiese hertoë soos Rollo, die stigter van die hertogdom Normandië, die grafskrifte van die kardinale van Amboise en die sarkofaag van die Engelse koning Richard Leeuhart, wat besluit het om ná sy dood sy hart in sy gunstelingstad Rouen te laat begrawe. Die kerk het 'n lengte van 137 meter, terwyl sy vieringstoring met 152 meter die hoogste kerktoring in Frankryk is. Alhoewel hier al in die 4de eeu 'n Christelike kerk opgerig is, dateer die huidige gebou uit die 12de eeu. Die wesfasade word deur sy ongewone breedte en die verskeidenheid van gotiese boustyle gekenmerk, wat van die eenvoudige vorms van die vroeë styl tot by die ryk versierings van die vroeë 16de eeu strek. Die wesfasade het twee torings, waarvan die magtige "bottertoring" aan die regterkant as 'n meesterwerk van die laat-gotiese boustyl bekend staan. Sy oprigting is volgens oorlewering met die aflaatgelde van plaaslike burgers betaal, wat in die vastetyd voortgegaan het om botter te eet.
* Die **Ou Markplein** was vroeër die belangrikste handelsplek in Rouen. Die ou plein uit die 15de eeu het aanvanklik die vorm van 'n driehoek. Dit is in die 18de eeu verdubbel tot 'n vierkant. Frankryk se nasionale heldin Jeanne d'Arc (Johanna van Arkel), wat Frankryk van die Engelse besetting bevry het, is hier op 30 Mei 1431 lewendig verbrand en haar as in die Seine gestrooi. Die waarskynlike plek van die skandpaal en brandstapel is deur middel van opgrawings in die sewentigerjare van die 20ste eeu ontdek en word nou deur 'n groot wit kruis gekenmerk.
* Die **Gros Horloge** (Groot Horlosie) is 'n astronomiese horlosie uit die 14de eeu. Dit maak deel uit van 'n gebou uit die jaar 1527, wat die **rue du Gros Horloge** oorspan en daarnaas ook 'n wagtoring uit die laat 14de eeu en 'n boog uit die renaissance-tydperk bevat. Die wagtoring is 'n uitstekende uitkykplek en bied 'n uitsig oor die stad en die Seinevallei. Die rue de Gros Horloge verbind die Ou Markplein met die katedraal van Rouen en is al 2 000 jaar die belangrikste winkelstraat in die stad.
* Die **Kerk van Johanna van Arkel (L'église Sainte-Jeanne d'Arc)** is 'n moderne kerkgebou in die vorm van 'n omgeslane boot, wat in 1979 deur die argitek Louis Arretche opgerig is. Die gebou versinnebeeld net oos die vensters die vlamme van 'n brandstapel. Die kerk is terselfdertyd 'n godsdienstige gebou ter ere van die heilige Johanna én 'n monument vir Frankryk se nasionale heldin.
* Die **Johanna-van-Arkel-toring** maak deel uit van die kasteel, wat in 1204 deur die Franse koning Filips Augustus opgerig is. Die Engelse het Johanna van Arkel tydens haar verhoor en hofsaak in hierdie kasteel aangehou.
* Die **Bureau des Finances** is in die tydperk tussen 1509 en 1540 in opdrag van kardinaal Georges d'Amboise opgerig. Dit is die oudste gebou uit die renaissance-tydperk, wat in Rouen bewaar gebly het, en in teenstelling met baie ander historiese geboue is dit ook nie deur die geallieerde bomaanvalle in 1944 beskadig nie. Die gebou huisves sedert 1959 die toerismekantoor van Rouen.
* Die **Paleis van Justisie** word as een van die belangrikste burgerlike voorbeelde van die laat-middeleeuse gotiese boustyl beskou en het vroeër die Parlement van Normandië gehuisves. Die paleis is deur Rouland Le Roux opgerig. Dit is in 1944 deur 'n bomaanval verwoes en word tans gerestoureer. Die paleis huisves ook een van die oudste Joodse monumente in Europa, 'n Jesjiwa (Tora-skool), die enigste middeleeuse instelling van hierdie soort ter wêreld.
Die Museums
-----------
* Die Musée de beaux-arts ('n kunsmuseum)
* Die Musée maritime, fluvial et portuaire ('n museum oor die hawe en skeepvaart op die Seinerivier)
| * l
* b
* w
Vlag van Frankryk Prefekture van départements in Frankryk |
| --- |
|
* Bourg-en-Bresse (Ain)
* Laon (Aisne)
* Moulins (Allier)
* Digne-les-Bains (Alpes-de-Haute-Provence)
* Gap (Hautes-Alpes)
* Nice (Alpes-Maritimes)
* Privas (Ardèche)
* Charleville-Mézières (Ardennes)
* Foix (Ariège)
* Troyes (Aube)
* Carcassonne (Aude)
* Rodez (Aveyron)
* Marseille (Bouches-du-Rhône)
* Caen (Calvados)
* Aurillac (Cantal)
* Angoulême (Charente)
* La Rochelle (Charente-Maritime)
* Bourges (Cher)
* Tulle (Corrèze)
* Ajaccio (Corse-du-Sud)
* Bastia (Haute-Corse)
* Dijon (Côte-d'Or)
* Saint-Brieuc (Côtes-d'Armor)
* Guéret (Creuse)
* Périgueux (Dordogne)
* Besançon (Doubs)
* Valence (Drôme)
* Évreux (Eure)
* Chartres (Eure-et-Loir)
* Quimper (Finistère)
* Nîmes (Gard)
* Toulouse (Haute-Garonne)
* Auch (Gers)
* Bordeaux (Gironde)
* Montpellier (Hérault)
* Rennes (Ille-et-Vilaine)
* Châteauroux (Indre)
* Tours (Indre-et-Loire)
* Grenoble (Isère)
* Lons-le-Saunier (Jura)
* Mont-de-Marsan (Landes)
* Blois (Loir-et-Cher)
* Saint-Étienne (Loire)
* Le Puy-en-Velay (Haute-Loire)
* Nantes (Loire-Atlantique)
* Orléans (Loiret)
* Cahors (Lot)
* Agen (Lot-et-Garonne)
* Mende (Lozère)
* Angers (Maine-et-Loire)
* Saint-Lô (Manche)
* Châlons-en-Champagne (Marne)
* Chaumont (Haute-Marne)
* Laval (Mayenne)
* Nancy (Meurthe-et-Moselle)
* Bar-le-Duc (Meuse)
* Vannes (Morbihan)
* Metz (Moselle)
* Nevers (Nièvre)
* Lille (Nord)
* Beauvais (Oise)
* Alençon (Orne)
* Arras (Pas-de-Calais)
* Clermont-Ferrand (Puy-de-Dôme)
* Pau (Pyrénées-Atlantiques)
* Tarbes (Hautes-Pyrénées)
* Perpignan (Pyrénées-Orientales)
* Straatsburg (Bas-Rhin)
* Colmar (Haut-Rhin)
* Lyon (Rhône)
* Vesoul (Haute-Saône)
* Mâcon (Saône-et-Loire)
* Le Mans (Sarthe)
* Chambéry (Savoie)
* Annecy (Haute-Savoie)
* Parys (Parys)
* Rouen (Seine-Maritime)
* Melun (Seine-et-Marne)
* Versailles (Yvelines)
* Niort (Deux-Sèvres)
* Amiens (Somme)
* Albi (Tarn)
* Montauban (Tarn-et-Garonne)
* Toulon (Var)
* Avignon (Vaucluse)
* La Roche-sur-Yon (Vendée)
* Poitiers (Vienne)
* Limoges (Haute-Vienne)
* Épinal (Vosges)
* Auxerre (Yonne)
* Belfort (Territoire de Belfort)
* Évry (Essonne)
* Nanterre (Hauts-de-Seine)
* Bobigny (Seine-Saint-Denis)
* Créteil (Val-de-Marne)
* Cergy, Pontoise (Val-d'Oise)
|
|
| |
| --- |
| **Oorsese départements** |
|
* Basse-Terre (Guadeloupe)
* Fort-de-France (Martinique)
* Cayenne (Frans-Guiana)
* Saint-Denis (Réunion)
* Mamoudzou (Mayotte)
|
|
| | |
| --- | --- |
| Normdata Edit this at Wikidata |
* BNE: XX455932
* BNF: cb15275126t (data)
* GND: 4050751-8
* ISNI: 0000 0001 0658 7058
* LCCN: n79072715
* MusicBrainz: 10173e97-7f16-4d06-9534-8c85a994dae7
* NARA: 10045075
* NKC: ge130671
* SUDOC: 026555425
* VIAF: 146509692
* WorldCat Identities: lccn-n79072715
| | {
"title": "Rouen",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
5834,
14302,
0.407914976926304
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 17582
} |
Die ligging van Hierakonpolis.
| |
| --- |
| |
| Nechenin hiërogliewe |
**Nechen**, **Nekhen** of **Hierakonpolis** (Grieks: Ἱεράκων πόλις, *hierakōn polis*, "stad van valke"), was die godsdienstige en politieke hoofstad van Bo-Egipte aan die einde van die Voordinastiese Tydperk (3200-3100 v.C.) en moontlik die begin van die Vroegdinastiese Tydperk (3100-2686 v.C.). Sommige geleerdes meen dit kon duisende jare voorheen al bestaan het.
Horus-kultussentrum
-------------------
Nechen was die sentrum van die kultus van die god Horus. Een van die oudste tempels in Antieke Egipte is hier gebou ter ere van hom en dit was ’n belangrike plek van aanbidding lank nadat die stad andersins sy belangrikheid verloor het.
Die oorspronklike nedersetting op die terrein dateer uit die Naqada I-kultuur van omstreeks 4400 v.C. of selfs vroeër. Op sy hoogtepunt vanaf omstreeks 3400 v.C. het Nechen minstens 5 000 en moontlik tot 10 000 inwoners gehad.
Opgrawings
----------
Die ruïnes van die stad is oorspronklik teen die einde van die 19de eeu opgegrawe deur die Engelse argeoloë James E. Quibell en Frederick W. Green.
Een van die belangrikste artikels wat hier ontdek is, is die Narmer-palet van die eerste farao van die verenigde Egipte, Narmer. Hy was die eerste koning wat uitgebeeld is met die Pschent, die dubbele kroon van Bo- en Benede-Egipte. Die artistieke styl van die meeste voorwerpe dui egter daarop dat dit uit die Voordinastiese Tydperk dateer, soos nog ’n belangrike vonds, die Skerpioen-strydknots. Dit beeld ’n koning uit wat bekend is as koning Skerpioen (vanweë sy ideogram vir ’n skerpioen) besig met waarskynlik ’n besproeiingsritueel. | {
"title": "Nechen",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
210,
1653,
0.12704174228675136
],
"infobox": [],
"td_tables": [
"<table about=\"#mwt4\" class=\"mw-hiero-table mw-hiero-outer\" data-mw='{\"name\":\"hiero\",\"attrs\":{},\"body\":{\"extsrc\":\"O47:n-niwt\"}}' dir=\"ltr\" typeof=\"mw:Extension/hiero\"><tbody><tr><td><table class=\"mw-hiero-table\"><tbody><tr> <td><img alt=\"O47\" height=\"11\" src=\"/w/extensions/wikihiero/img/hiero_O47.png?39440\" style=\"margin: 1px;\" title=\"O47\"/><br/><img alt=\"n\" height=\"5\" src=\"/w/extensions/wikihiero/img/hiero_N35.png?fcc27\" style=\"margin: 1px;\" title=\"N35 [n]\"/></td> <td><img alt=\"niwt\" height=\"18\" src=\"/w/extensions/wikihiero/img/hiero_O49.png?dd778\" style=\"margin: 1px;\" title=\"O49 [niwt]\"/></td></tr></tbody></table></td></tr></tbody></table>",
"<table class=\"mw-hiero-table\"><tbody><tr> <td><img alt=\"O47\" height=\"11\" src=\"/w/extensions/wikihiero/img/hiero_O47.png?39440\" style=\"margin: 1px;\" title=\"O47\"/><br/><img alt=\"n\" height=\"5\" src=\"/w/extensions/wikihiero/img/hiero_N35.png?fcc27\" style=\"margin: 1px;\" title=\"N35 [n]\"/></td> <td><img alt=\"niwt\" height=\"18\" src=\"/w/extensions/wikihiero/img/hiero_O49.png?dd778\" style=\"margin: 1px;\" title=\"O49 [niwt]\"/></td></tr></tbody></table>"
],
"text_length": 1677
} |
**Rottnest-eiland** is sowat 18 km vanaf die kus van Wes-Australië naby Fremantle geleë. Dit word **Wadjemup** genoem deur die Noongar-stam, wat "plek oor die water" beteken. Die eiland is 11 kilometer lank en 4,5 kilometer op sy breedste punt met 'n totale oppervlakte van 19 km2. Dit word as 'n Klas A natuurreservaat geklassifiseer en word deur die Rottnest-eiland owerheid bestuur. Geen private grondbesit op die eiland word toegelaat nie.
In Wes-Australië word daar dikwels in die omgangstaal na die eiland as "Rotto" of "Rottnest" verwys. Die eiland is vir meer as 50 jaar lank reeds 'n gewilde vakansiebestemming.
Geskiedenis
-----------
### Prehistoriese tydperk
Rottnest-eiland is deur Australiese inboorlinge vir sowat 30 000 jaar gelede al bewoon totdat die stygende seevlakke ongeveer 7 000 jaar gelede die eiland van die kontinent afgesny het. Die eiland vorm deel van die Noongar-stam se mitologie as Wadjemup. Prehistoriese artikels van tussen 6 500 tot 30 000 jaar gelede wat deur die inboorlinge gemaak is, is hier gevind.
Daar was geen inwoners op die eiland toe Europese ontdekkingsreise in die 17de eeu daar aangeland het nie en die Australiese inboorlinge het nie bote gehad wat die see kon oorsteek nie, dus word daar vermoed dat die eiland vir duisende jare lank onbewoon was.
### Europese ontdekkingsreise en nedersetting
Die eiland se hoofnedersetting is in Thomsonbaai geleë
Rottnest se sekondêre nedersettings is in die 1970's gebou in Longreach- en Geordie-baaie.
Die eiland is sedert 1610 deur verskeie Hollandse seevaarders waargeneem, insluitende Frederick de Houtman in 1619 en die drie skepe *Wakende Boey*, *Elburg* en *Emeloort* in 1658.
Die Engelse skeepskaptein, John Daniel, het die eiland op sy kaart aangeteken en dit *Maiden's Isle* genoem. Dié naam het egter in onbruik verval.
Die eiland het die naam "Rottenest" gekry deur die Hollandse vlootkaptein Willem de Vlamingh op 29 Desember 1696. De Vlamingh het die inheemse buideldier, die quokka, verkeerdelik as groot rotte aangesien.
Ander ontdekkingsreisigers wat die eiland aangedoen het, het lede van Nicholas Baudin se ekspedisie met die skepe die *Naturaliste* en die *Geographe* in 1801 ingesluit en dié van Phillip Parker King in 1822 en Kaptein James Stirling in 1827. Hulle het verslag gedoen dat die groot dele van die eiland dig bebos was, wat nie vandag meer die geval is nie.
In 1830, kort na die vestiging van die Britse Swanrivierkolonie by die nabygeleë Fremantle, het Robert Thomson saam met sy vrou en sewe kinders hul op die eiland gevestig. Thomson het weiding vir sy vee wes van Herschelmeer ontwikkel en het ook sout ontgin uit verskeie van die soutmere wat hy na die nedersetting op die kontinent uitgevoer het. Sout was in die jare voor die ontwikkeling van bevriesing 'n belangrike handelsmiddel. Die hoofnedersetting te Thomsonbaai is eweneens na hom vernoem.
### Inboorlinggevangenis
Tien inboorlinge is in Augustus 1838 as gevangenes na Rottnest-eiland gestuur. Die Koloniale Sekretaris het in Junie 1839 aangekondig dat die eiland 'n strafkolonie sou word vir die Australiese inboorlinge en tussen 1838 en 1931, buiten vir die tydperk tussen 1849 en 1855, is Rottnest gebruik as 'n gevangenis om die plaaslike inboorlinge te onderdruk. Die inboorlingmans is tronk toe gestuur vir oortredings soos die jag van die koloniste se vee, die brand van bosse of die opgrawe van groente in wat voorheen hulle eie land was. Daar word beraam dat daar soveel as 369 inboorlinggrafte op die eiland kan wees. Daar was in totaal sowat 3 700 mans en seuns vanuit alle dele van die staat daar gevange gehou.
### Militêre geskiedenis
Rottnest was ook gebruik as 'n krygsgevangenekamp in die Eerste- en Tweede Wêreldoorloë. In WWI is dit hoofsaaklik gebruik vir Duitse en Oostenrykse gevangenes voordat dit gesluit is vanweë die swak lewenstoestande op die eiland. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die kamp uitsluitlik gebruik om Italiaanse gevangenes aan te hou. Die kamp is halfpad deur die oorlog gesluit en die gevangenes is na verskeie kampe op die kontinent gestuur.
Daar is ook twee 9,2 duim kanonne tydens die Tweede Wêreldoorlog geïnstalleer naby die middel van die eiland by Oliver Hill met die doel om Fremantle hawe te beskerm. Twee 6 duim kanonne is ook by Bickley Point geïnstalleer. Die ligging van die eiland is beskou as 'n strategies belangrike punt vir die verdediging van die hawe, aangesien vyandelike skepe gebombardeer kon word lank voordat hulle binne trefafstand van die hawe sou kon kom.
'n Ligte spoorlyn is gebou vanaf die kaai by Kingstown Barracks by Thomsonbaai om materiaal en ammunisie na die kanonne te vervoer. Na die Tweede Wêreldoorlog is die kanonne uit diens gestel en dele van die spoorlyn verwyder. Die kanonne is egter nooit vernietig nie vanweë die hoë koste om daarvan ontslae te raak. In die 1990's is die kanonstellings en spoorlyn grootliks herbou en is vandag 'n gewilde toeriste-aantreklikheid op die eiland.
Besienswaardighede
------------------
'n Quokka op Rottnest-eiland
Rottnest-eiland is 'n natuurreservaat wat goed onderhou word en is baie gewild by skubaduikers (die eiland en sy omliggende riwwe is besaai met skeepswrakke), branderplankryers (daar is verskeie rifbrekers aan die westekant van die eiland by Stricklandbaai, Salmonbaai en Starkbaai) en ook hengelaars. 'n Snorkelroete by Parker Point het onderwater plakette wat inligting verskaf oor die ongewone seelewe en omgewings rondom Rottnest. Die eiland is die mees suidelike punt langs die Wes-Australiese kuslyn waar koraal groei. Rottnest is een van die min gebiede in die wêreld waar die quokka aangetref word. Dit is hoofsaaklik omdat daar geen jagdiere uit die katfamilie en ander diere soos jakkalse op die eiland voorkom nie.
Die eiland het geskiedkundige geboue en aangename strande (almal bereikbaar deur die vele fietsroetes; fietse is die eiland se hoof vervoermiddel - private- of huurmotors word nie op die eiland toegelaat nie). Die hoofnedersetting is by Thomsonbaai geleë wat na die ooste op Fremantle uitkyk. Ander nedersettings is by Geordiebaai en Longreach geleë.
Rottnest-eiland het baie min permanente inwoners aangesien die meeste van die eiland se werkers nou vanaf die vasteland per veerboot inry. Krag vir die fasiliteite op die eiland word deur 'n hibriede wind-dieselstelsel voorsien. | {
"title": "Rottnest-eiland",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1027,
6332,
0.16219204042956412
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox vcard\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Eilande\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Eilande\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Rottnest-eiland\"},\"beeld naam\":{\"wt\":\"Rottnest aerial photo.jpg\"},\"beeld byskrif\":{\"wt\":\"Lugfoto van die Rottnest-eiland\"},\"beeld grootte\":{\"wt\":\"\"},\"liggingkaart\":{\"wt\":\"\"},\"inheemse naam\":{\"wt\":\"Rottnest Island\"},\"inheemse naam skakel\":{\"wt\":\"\"},\"bynaam\":{\"wt\":\"\"},\"ligging\":{\"wt\":\"[[Indiese Oseaan]]\"},\"koördinate\":{\"wt\":\"{{Koördinate|21|1|S|115|31|O|aansig=inlyn,titel}}\"},\"argipel\":{\"wt\":\"\"},\"totale eilande\":{\"wt\":\"\"},\"hoofeilande\":{\"wt\":\"\"},\"oppervlak\":{\"wt\":\"19 [[Vierkante kilometer|vk km]]\"},\"hoogste berg\":{\"wt\":\"Wadjemup Hill\"},\"hoogte\":{\"wt\":\"46 m\"},\"land\":{\"wt\":\"Australië\"},\"land admin afdelingstitel\":{\"wt\":\"Deelstaat\"},\"land admin afdelings\":{\"wt\":\"[[Lêer:Flag of Western Australia.svg|22px]] [[Wes-Australië]]\"},\"land admin afdelingstitel 1\":{\"wt\":\"\"},\"land admin afdelings 1\":{\"wt\":\"\"},\"land admin afdelingstitel 2\":{\"wt\":\"\"},\"land admin afdelings 2\":{\"wt\":\"\"},\"land hoofstad\":{\"wt\":\"\"},\"land grootste stad\":{\"wt\":\"\"},\"land grootste stad bevolking\":{\"wt\":\"\"},\"land leiertitel\":{\"wt\":\"\"},\"land leiernaam\":{\"wt\":\"\"},\"bevolking\":{\"wt\":\"300\"},\"bevolking as of\":{\"wt\":\"\"},\"digtheid\":{\"wt\":\"15,79\"},\"etniese groepe\":{\"wt\":\"\"},\"addisionele inligting\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"font-size: 90%; background:#f5fffa;\" typeof=\"mw:Transclusion\" width=\"280\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><big class=\"fn org\">Rottnest-eiland</big><br/>Inheemse naam: Rottnest Island</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Lugfoto van die Rottnest-eiland\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Rottnest_aerial_photo.jpg\" title=\"Lugfoto van die Rottnest-eiland\"><img alt=\"Lugfoto van die Rottnest-eiland\" data-file-height=\"1165\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"2286\" decoding=\"async\" height=\"127\" resource=\"./Lêer:Rottnest_aerial_photo.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1f/Rottnest_aerial_photo.jpg/250px-Rottnest_aerial_photo.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1f/Rottnest_aerial_photo.jpg/375px-Rottnest_aerial_photo.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1f/Rottnest_aerial_photo.jpg/500px-Rottnest_aerial_photo.jpg 2x\" width=\"250\"/></a></span><br/><small>Lugfoto van die Rottnest-eiland</small></td></tr>\n<tr>\n<th bgcolor=\"#cef2e0\" colspan=\"2\">Geografie\n</th></tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<td><b>Ligging</b></td><td><span class=\"label\"><a href=\"./Indiese_Oseaan\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Indiese Oseaan\">Indiese Oseaan</a></span></td></tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<td><b>Koördinate</b></td><td><span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename=Rottnest-eiland&params=21_1_S_115_31_O_\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\"><span class=\"latitude\">21°1′S</span> <span class=\"longitude\">115°31′O</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\">21.017°S 115.517°O</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">-21.017; 115.517</span></span></span></a></span><span style=\"font-size: small;\"><span id=\"coordinates\"><a href=\"./Geografiese_koördinatestelsel\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Geografiese koördinatestelsel\">Koördinate</a>: <span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename=Rottnest-eiland&params=21_1_S_115_31_O_\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\"><span class=\"latitude\">21°1′S</span> <span class=\"longitude\">115°31′O</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\">21.017°S 115.517°O</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">-21.017; 115.517</span></span></span></a></span></span></span><link href=\"./Kategorie:Koördinate_op_Wikidata\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/>\n<p>\n</p></td></tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<td><b>Oppervlakte</b></td><td>19 <a href=\"./Vierkante_kilometer\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vierkante kilometer\">vk km</a></td></tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<td><b>Hoogste punt</b></td><td>Wadjemup Hill<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>46 m</td></tr>\n<tr>\n<th bgcolor=\"#cef2e0\" colspan=\"2\">Administrasie</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Australië\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Australia.svg\" title=\"Vlag van Australië\"><img alt=\"Vlag van Australië\" data-file-height=\"640\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1280\" decoding=\"async\" height=\"11\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Australia.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b9/Flag_of_Australia.svg/22px-Flag_of_Australia.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b9/Flag_of_Australia.svg/33px-Flag_of_Australia.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b9/Flag_of_Australia.svg/44px-Flag_of_Australia.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Australië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Australië\">Australië</a></td></tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<td><b>Deelstaat</b></td><td><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Western_Australia.svg\"><img data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1200\" decoding=\"async\" height=\"11\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Western_Australia.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a5/Flag_of_Western_Australia.svg/22px-Flag_of_Western_Australia.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a5/Flag_of_Western_Australia.svg/33px-Flag_of_Western_Australia.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a5/Flag_of_Western_Australia.svg/44px-Flag_of_Western_Australia.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span> <a href=\"./Wes-Australië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wes-Australië\">Wes-Australië</a>\n<p>\n</p>\n<p>\n</p>\n<p>\n</p>\n<p>\n</p>\n<p>\n</p>\n<p>\n</p></td></tr>\n<tr>\n<th bgcolor=\"#cef2e0\" colspan=\"2\">Demografie</th></tr>\n<tr style=\"vertical-align: top;\">\n<td><b>Bevolking</b></td><td>300\n<p>\n</p></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 6364
} |
Ds. Dirk van der Hoff het die Kerk se embleem ontwerp.
Die **Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika** is een van die drie Susterkerke in Suid-Afrika. Dit was voorheen die staatskerk van die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek. Dit is 'n Reformatoriese kerk in die Calvinistiese tradisie en werk tradisioneel veral onder Afrikaners.
Geskiedenis
-----------
Ds. Dirk van der Hoff, grondlegger van die Nederduitsch Hervormde Kerk en eerste Hollandse predikant in Transvaal.
Die Hervormde gemeente Weskus op Vredenburg het hulle ou gebou (regs) ontgroei en toe die nuwe aangebou.
Die gebou van die gemeente Kaapstad op die hoek van Hatfield- en Dunkleystraat, Tuine, is omstreeks 2008 gesloop waarna die setel van die gemeente na ME Rothmannstraat in Parow-Noord verskuif het, die kerkgebou van die gemeente Tygerberg wat in 2003 reeds by die gemeente Kaapstad ingelyf is.
Die Hervormde gemeente Kaapstad se setel is nou die gebou van die destydse gemeente Tygerberg in Parow-Noord. Die toring van die gemeente se gesloopte kerkgebou in Tuine staan voor die kerkgebou bo-op die ou gebou se hoeksteen. Dis op 23 Desember 1956 in gebruik geneem.
Die ou Nederduitsch Hervormde kerk op Rustenburg. In 1894 is 'n hofsaak gevoer oor die besitreg van dié kerk waarna dit weer volledig in besit van die NH Kerk gekom het. Dié kerkgebou op die geskiedkundige kerkplein is in die 1950's gesloop om plek te maak vir die bestaande kerkgebou.
Die Hervormde kerk Pretoria is op 25 Februarie 1905 ingewy.
Pres. Paul Kruger het die hoeksteen van die Hervormde kerk Krugersdorp op 26 September 1897 gelê.
Die eertydse Hervormde kerk Brixton in Mayfair-Wes, in 2017 'n Hindoe-tempel.
(Hierdie kort geskiedenis is byna woordeliks oorgeneem van die NHKA se amptelike webwerf Geargiveer 14 Maart 2012 op Wayback Machine as amptelike aksie om die Kerk se inligting vir die Wikipedia gemeenskap beskikbaar te stel.)
### Nederlandse wortels
Die kerke van Reformatoriese oorsprong (gewortel in die Calvinistiese Hervorming van die 16de eeu) is sedert 6 April 1652 aan die Kaap geplant. Die Kaapse Kerk was 'n loot van die Nederlandse stam en het tydens die hele Nederlandse bewind (tot 1795) onder die Klassis (Ring) Amsterdam geressorteer.
Die eerste predikant aan die Kaap was ds. Johan van Arckel wat in 1665 aangekom het.
### Die Kerk kry beslag
#### Die Groot Trek
Die Groot Trek van die 1830's is 'n sleutelgebeurtenis in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dit het Suid-Afrika staatkundig verdeel en kerklik die weg berei vir die totstandkoming van die drie Afrikaanse Kerke voor 1860. Verwydering tussen die Trekkers en die Kaapse Kerk het verskeie oorsake gehad, maar uiteindelik wou Kaapse predikante nie die Trekkers bedien nie en nie een wou predikant onder die Trekkers word nie.
Op 21 Mei 1837 het die gewese sendeling Erasmus Smit homself in opdrag van Piet Retief as predikant georden nadat 'n kerkraad in Februarie 1837 gekies is. Tot 1824 het die Kaapse Kerk die naam Nederduitsch Hervormd gehad en die Voortrekkers het hierdie naam behou. Die Kaapse Kerk sou egter ná 1842 as die Nederduitsch Gereformeerde Kerk bekend staan.
Die Trekkers het gemeentes in Natal, die Vrystaat en Transvaal gestig. Van 1841–1846 het die Trekkers hulp ontvang van 'n Amerikaanse sendeling, Daniel Lindley. In 1850 is die gemeentes in Natal en die Vrystaat by die Kaapse Kerk ingelyf.
#### In Transvaal
In Transvaal, die bakermat van die Hervormde Kerk was dit egter 'n ander saak. Steeds sonder 'n predikant, het ouderlinge soos F.G. Wolmarans, P.J. van Staden en andere die leiding geneem. Die eerste gemeente in Transvaal, Potchefstroom waarvan die herboude gebou Geargiveer 4 April 2016 op Wayback Machine steeds in gebruik is, is in 1842 gestig, gevolg deur Rustenburg in 1850. Die Kerk in Transvaal wou nie hul selfstandigheid prysgee deur by die Kaapse Kerk ingelyf te word, en daardeur onder die Britse goewerneur se gesag staan nie. Daarom is daar gesoek na 'n predikant uit Nederland. Ds. Dirk van der Hoff het in 1853 predikant van Potchefstroom geword, en daarmee die eerste predikant in Transvaal. In dieselfde jaar het die eerste Algemene Kerkvergadering op Rustenburg plaasgevind. Na agt jaar as enigste predikant vir die hele Transvaal, het hulp in 1861 gekom en is ds. A.J. Begemann as predikant van Pretoria bevestig en ds GW Smits as predikant van Rustenburg. In 1864 is ds NJ van Warmelo ook as predikant bevestig.
### Kerkvereniging misluk
Die kerk het gedurende 1860–1880 gegroei en tien nuwe gemeentes is gestig. Vanaf 1882 was daar formele samesprekinge tussen die Ned Herv Kerk en die NG Kerk in Transvaal oor kerkvereniging (die Gereformeerde Kerk het nooit aan die samesprekinge deelgeneem nie). Ondanks stroefheid is die vereniging op 7 Desember 1885 in Pretoria deurgevoer en is na die Verenigde Kerk verwys, amptelik Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk.
Die sogenaamde konsulentsgemeente van Pretoria (daar was in Pretoria sedert 1869 twee gemeentes binne dieselfde grense) het egter nie verenig nie. Die middelpunt van die gemeente was naby Bronkhorstspruit op ouderling M.J. Prinsloo se plaas Witfontein. Die gemeente het die ark van die NHK geword deur nie te verenig nie. Woorde van 'n gemeentevergadering van 13 Februarie 1886 het nou gevleuelde woorde geword: "Gevoelt ons integendeel tevreden te blijven hetgeen wij was en nu nog ben, namelijk Ned.Herv."
Hierna het daar uit baie voormalige Hervormde gemeentes lidmate na vore getree wat nie wou verenig nie, maar Hervormd wou bly. Ds. M.J. Goddefroy, wat in 1887 bevestig is as predikant van Pretoria, Middelburg en Trichardtsfontein, sou 'n leidende rol speel in die heropbou en reorganisasie van die Hervormde Kerk.
### Oorlog en daarna
#### Die oorlog van 1899–1902
Die Tweede Vryheidsoorlog ook in die volksmond bekend as die Boereoorlog van 1899–1902 het die Kerk geweldig ontwrig. Lidmate het gesneuwel en in die konsentrasiekampe gesterf. Predikante en ouderlinge is as krygsgevangenes weggestuur en verskeie kerke en argiefstukke is verbrand. Na die oorlog het verskeie nuwe bekwame predikante die twintig gemeentes bedien. Die eerste een wat uit Nederland gekom het, was ds. L.E. (Louis) Brandt wat lank 'n leiersrol sou speel. Die eerste gemeente buite Transvaal is in 1905 op Vrede in die noorde van die Oranje-Vrystaat gestig.
#### Die Kerk in die 20ste eeu
Die Kerk het gegroei van 'n sieletal van 25 423 in 1908 tot 133 485 vyftig jaar gelede en 142 089 in 2006. In 1910 was daar slegs 20 gemeentes wat gegroei het tot 183 in 1956 en 312 in 2006, maar daarna afgeneem tot 303 in 2013. Sedert 1909 word die Kerk se gemeentes in ringe georganiseer.
| Jaar | Getal lede | Getal gemeentes |
| --- | --- | --- |
| 1908 | 25 423 | 20 |
| 1956 | 133 485 | 183 |
| 1987 | 196 335 | 304 |
| 1996 | 176 338 | 329 |
| 2006 | 142 089 | 312 |
| 2013 | 114 112 | 303 |
Die getal lidmate neem af weens veral die afname in die Afrikanerbevolking as gevolg van die dalende geboortesyfer en lidmate wat sedert 1992 geëmigreer het. In 1990 is byvoorbeeld 5 926 kinders gedoop, maar in 2013 net 1 115, meer as vyf keer minder.
### Kerklike publikasies
#### Die Hervormer
Die eerste uitgawe van die Kerk se amptelike mondstuk, Die Hervormer Geargiveer 2 Augustus 2012 op Wayback Machine, het in 1899 verskyn, maar is vanweë die oorlog gestaak, en kon eers in 1909 weer hervat word. Die Hervormer word sedert Januarie 2015 in gedrukte formaat en elektronies gepubliseer.
#### Die Almanak
In 1907 het die Kerk se inligtingsbron, *Die Almanak*, vir die eerste keer verskyn. Tans is daar elke dag 'n dagstukkie beskikbaar wat ook in die Bybelse dagboek agter in *Die Almanak* uitgegee word. Die dagstukkies verskyn sedert 2013 daagliks op die Kerk se Facebookblad.
#### Konteks
In 1990 is die Kerk se maandelikse tydskrif, *Konteks Geargiveer 6 Augustus 2012 op Wayback Machine*, in die lewe geroep.
#### Blitspos@nhk (voorheen e-Hervormer)
In 2005 is 'n weeklikse internet gebaseerde nuusbrief, *e-Hervormer Geargiveer 2 Augustus 2012 op Wayback Machine* in die lewe geroep, wat ook aan e-posintekenare versend word. Dit is met ingang van 2015 herdoop tot Blitspos@nhk of kortweg bloot Blitspos.
#### Facebookblad
In November 2010 is 'n amptelike Facebookblad in die lewe geroep. Dit gee nie amptelike standpunte van die Kerk weer nie, tensy eksplesiet so aangedui by 'n bydrae, maar is 'n algemene forum vir publieke gebruik.
### Teologiese opleiding
Die teologiese opleiding was reeds sedert 1890 ter sprake, maar kon vanweë verskeie oorsake nie tot stand gebring word nie. Intussen het die bekwame predikant van Pretoria, prof PJ Muller, twee studente, JJ Prinsloo en JJ Kuhn, as predikante opgelei. Hulle is in 1909 tot die bediening toegelaat. In dieselfde jaar is die eerste Kuratorium benoem met die doel om 'n opleiding op te rig. In 1917 het die Fakulteit teologie Geargiveer 21 November 2008 op Wayback Machineaan die Transvaalse Universiteitskollege (tans Universiteit van Pretoria) tot stand gekom. Die oudste vakwetenskaplike teologietydskrif in Suid-Afrika, die HTS Teologiese Studies/Theological Studies (http://www.hts.org.za/index.php/HTS) (voorheen bloot Hervormde Teologiese Studies oftewel HTS) is in 1942 deur die Hervormde Kerk se teologiedosente aan die Universiteit van Pretoria tot stand gebring. Dit word tans elektronies as 'n oop toegang aanlynpublikasie uitgegee. Die Fakulteit Teologie het ook 'n webgebaseerde tydskrif teo.co.za waarin populêr-wetenskaplike artikels gereeld verskyn.
### Sending
Die sendingopdrag binne die Nederduitsch Hervormde Kerk is aanvanklik deur indiwidue, soos ds HCM Fourie bevorder, ondanks verskeie vooroordele wat bestaan het. Vanaf 1928–1945 was die sendingwerk deur die Nederduits Hervormde Sendinggenootskap Eiendoms Beperk gedoen. In 1945 het die kerk self verantwoordelikheid vir die opdrag aanvaar, maar werk sou eers vanaf 1951 daadwerklik onder leiding van dr (later prof) PS Dreyer gestalte kry. Die Sendingraad, soos dit later bekend geword het, het hulle vir 'n eie opleiding beywer. Vanaf 1961 is saam met die NG Kerk by Turfloop opleiding gegee. In 1979 is oorgeskuif na die Universiteit van die Noorde en het dit bekend geword as die Hervormde Teologiese Opleiding. Vanaf 1985 is die HTO by Klipdrift naby Hammanskraal gevestig. In 2006 is die HTO omskep in die Afrika Instituut vir Missiologie (AIM).
### Barmhartigheidswerk
In 1923 het die Nederduitsch Hervormde Weeshuis (NHW) op Krugersdorp tot stand gekom en het later uitgebrei. Die Algemene Diakonale Raad het later intens by die werk betrokke geraak. Die armoedevraagstuk, veral van die verstedelikte Afrikaner ná 1902, het die Kerk aangegryp. Sedert 1924 het die Ondersteuningsraad baie projekte aangepak wat steeds in verskeie vorme voortgaan. So is bejaardesorg 'n hoë prioriteit gewees en in 1929 reeds is die eerste bejaardetehuis van die Kerk, Ons Tuis, se deure geopen.
### Vroue se bydrae
#### Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging (NHSV)
Die rol van vroue in die Kerk is sedert 1940 georganiseer in die Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging(NHSV) Geargiveer 10 Maart 2012 op Wayback Machine. Die NHSV verrig werk op die gebied van sogenaamde Christelike barmhartigheid. Sedert 1979 is vroue toegelaat om as diakens, ouderlinge en predikante te dien.
#### Vroue in die amp
Sedert 1979 is vroue toegelaat om as diakens, ouderlinge en predikante te dien. Die NHKA se eerste vrouepredikant was prof Yolanda Dreyer. Dr Elsabé Kloppers was die eerste vrouepredikant in Suid-Afrika wat 'n doktorsgraad in Teologie verwerf het.
### Afrikaans as kerktaal
Op liturgiese gebied het die Kerk in 1933 Nederlands as kanseltaal afgeskaf en is Afrikaans gebruik toe die eerste Afrikaanse vertaling van die Bybel in gebruik geneem is, in 1953 is dit hersien en in 1983 is die Nuwe Afrikaanse vertaling in gebruik geneem. In 1944 die eerste Afrikaanse Psalm- en Gesangeboek in gebruik geneem en in 1978 is daar 'n nuwe liedere bygevoeg. In 2001 is 'n nuwe Liedboek vir die Kerk vir die kerksang aanvaar.
### Kerkwapen
Die wapen van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika bestaan in hoofsaak uit die wapen van die voormalige Zuid-Afrikaansche Republiek met byvoeging van ’n randskrif met die Kerk se naam. Dit toon die noue band wat tussen die ZAR en die Nederduitsch Hervormde Kerk bestaan het, wat volgens artikel 20 van die ZAR se grondwet (1858) staatskerk was. Die eerste weergawe van die wapen is in 1858 deur die Volksraad van die ZAR goedgekeur. Daarna is byvoegings gemaak en het dit in sy bekende vorm gedurende 1870 op posseëls verskyn. Die Vierkleur pryk ook op die wapen. Dit is deur ds Dirk van der Hoff ontwerp en vanaf 1858 as landsvlag gebruik. Gedurende die 19de eeu het die Kerk nie die wapen gebruik nie. In 1879 het die Algemene Kerkvergadering goedgekeur dat die wapen as seël gebruik kon word – iets wat nooit uitgevoer is nie. In 1924 is die wapen vir die eerste keer as Kerkwapen op die Almanak gebruik. Vanaf 1925 het ook Die Hervormer die wapen begin gebruik. Sedertdien is pogings aangewend om die wapen esteties en heraldies te verbeter. In 1992 het die Algemene Kerkvergadering ’n kerklike weergawe van dié ou wapen laat goedkeur. Die wysigings op die ZAR-wapen hou in dat die arend en leeu beter aan heraldiese eise voldoen, die vlae effens anders gerangskik is, en die skild groter en meer ovaalvormig is.
### Grondwet
Die grondwet Geargiveer 2 Augustus 2012 op Wayback Machine is 'n verkorting van die Kerkorde*[dooie skakel]* van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika. Die Kerkorde reël die werksaamhede en die bedieninge van die Kerk.
### Nuwe logo
Die metaforiese voorstelling van Jesus wat die dissipels se voete was in die kerk se nuwe logo word gebruik om iets van die wese en roeping van hul kerkwees oor te dra. Die figuur wie se voete gewas word, is volgens die kerk die wêreld wat met die evangelie bedien word. Die kleiner gebukkende figuur is Jesus van Nasaret (en sy kerk op aarde) wat met sy hele wese dien. Die geboë lyne stel die dimensies voor wat deur die evangelie deurbreek moet word.
Bronnelys
---------
* Die amptelike webblad van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Geargiveer 14 Maart 2012 op Wayback Machine (inligting is met toestemming hergebruik). | {
"title": "Nederduitsch Hervormde Kerk",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
334,
11873,
0.028131053651141245
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 14280
} |
***Necrolestes patagonensis*** (Ameghino) is 'n fossiele soogdierspesie uit Patagonië (Argentinië) wat die eerste keer in 1891 beskryf is. Dit kom uit die vroeë Mioseen van 16 miljoen jaar gelede.
Beskrywing
----------
Die skedel toon 'n wipneus, en hy het sterk voorpote en kort, breë beendere, wat ooreenkom met 'n dier wat graaf. *Necrolestes* het waarskynlik wurms en insekte gevreet soos molle vandag doen. Die diertjie lyk soos Afrika se gouemol of die buidelmolle wat vandag in Australië aangetref word. *Necrolestes* het nes die gouemol 'n 'derde been' in sy voorpoot. Dis eintlik 'n sening wat verkalk is. *Necrolestes* en die gouemol is nogtans nie nouverwant nie en dit is dalk 'n voorbeeld van konvergente evolusie omdat altwee dieselfde grawende lewenswyse het. *Necrolestes* was taamlik klein en het sowat 'n gewig van 80-120 g gehad, die skedel was 2 cm en kop-liggaam ongeveer 15 cm lank.
Taksonomie
----------
Daar is lank getwyfel of hulle plasentale soogdiere of buideldiere is. Rougier et al. toon nogtans dat hulle geen tribosfeniese Theria is nie. Hulle is -soos die eendbekdier vandag- nog buideldiere nog plasentale soogdiere. Necrolestes se skedel het ooreenkomste met *Cronopio dentiacus* s'n. Hulle het altwee kiestande wat net een wortel het, wat uitsonderlik is vir 'n soogdier. *Cronopio* is nogtans uit die Paleoseen, wat *Necrolestes* 'n 'lasarus-spesie' maak. *Necrolestes* wat 45 miljoen jaar later geleef het as *Cronopio* word beskou as die laaste oorlewendes van 'n tak van die soogdiere wat Meridiolestida genoem word en in die Kryt en die Paleoseen 'n belangrike onderdeel van Suid-Amerika se dierewêreld gewees het. Die Meridiolestida word dikwels as onderdeel van die Dryolestoidea beskou, maar Rougier dink dat hulle effens nouer aan die Theria verwant is. 'n Vereenvoudigde kladogram sien so uit:
| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
| --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- | --- |
| Mammalia |
| | |
| --- | --- |
| | Monotremata (eendbekdier ens.) |
| |
| |
| | |
| --- | --- |
| | Dryolestoidea |
| |
| |
| | |
| --- | --- |
| | Meridiolestida → **Necrolestes** |
| |
| |
| | |
| --- | --- |
| | Metatheria (buideldiere) |
| |
| | Eutheria (hoër soogdiere) |
| |
|
| |
|
| |
|
| |
|
| |
Galery
------
* OnderkaakOnderkaak
* Necrolestes en Neoreomys, verslae van die Princeton-universiteit se ekspedisie na Patagonië, Mei 1903*Necrolestes* en *Neoreomys*, verslae van die Princeton-universiteit se ekspedisie na Patagonië, Mei 1903 | {
"title": "Necrolestes",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1180,
2724,
0.4331864904552129
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><i>Necrolestes</i><br/><div style=\"font-size: 85%;\">Tydperk: <span style=\"display:inline-block;\"></span><span style=\"display:inline-block;\">18–16<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>m. jaar gelede</span> <span style=\"display:inline-block;\"></span><div id=\"Timeline-row\" style=\"margin: 4px auto 0; clear:both; width:220px; padding:0px; height:18px; overflow:visible; border:1px #666; border-style:solid none; position:relative; z-index:0;\">\n<div style=\"position:absolute; height:100%; text-align:center; background-color:rgb(254,173,110); left:1.6666666666667px; width:32.333333333333px;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Paleocene\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Paleocene\">Ps</a></div>\n<div style=\"position:absolute; height:100%; text-align:center; background-color:rgb(254,185,121); left:34px; width:73px;\"><a href=\"./Eoseen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eoseen\">Es</a></div>\n<div style=\"position:absolute; height:100%; text-align:center; background-color:rgb(254,195,134); left:107px; width:36.233333333333px;\"><a href=\"./Oligoseen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oligoseen\">Os</a></div>\n<div style=\"position:absolute; height:100%; text-align:center; background-color:rgb(254,239,0); left:143.23333333333px; width:58.993333333333px;\"><a href=\"./Mioseen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mioseen\">Ms</a></div>\n<div style=\"position:absolute; height:100%; text-align:center; background-color:rgb(254,248,166); left:202.22666666667px; width:11.753333333333px;\"><a href=\"./Plioseen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Plioseen\"><small>Pl</small></a></div>\n<div style=\"position:absolute; height:100%; text-align:center; background-color:rgb(254,239,184); left:213.98px; width:0px;\"><a href=\"./Pleistoseen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Pleistoseen\"><small>Ps</small></a></div>\n<div id=\"end-border\" style=\"position:absolute; height:100%; background-color:#666; width:1px; left:219px\"></div><div style=\"margin:0 auto; line-height:0; clear:both; width:220px; padding:0px; height:8px; overflow:visible; background-color:transparent; position:relative; top:-4px; z-index:100;\"><div style=\"position:absolute; height:8px; left:50.769230769231px; width:115.07692307692px; background-color:#360; opacity:0.42; \"></div>\n<div style=\"position:absolute; height:8px; left:159.07692307692px; width:6.7692307692308px; background-color:#360; opacity:1; \"></div>\n<div style=\"position:absolute; height:6px; top:1px; left:160.07692307692px; width:4.7692307692308px; background-color:#6c3;\"></div>\n</div>\n</div></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Necrolestes_patagonensis.jpg\"><img class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"804\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"882\" decoding=\"async\" height=\"219\" resource=\"./Lêer:Necrolestes_patagonensis.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0f/Necrolestes_patagonensis.jpg/240px-Necrolestes_patagonensis.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0f/Necrolestes_patagonensis.jpg/360px-Necrolestes_patagonensis.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0f/Necrolestes_patagonensis.jpg/480px-Necrolestes_patagonensis.jpg 2x\" width=\"240\"/></a></span></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a></th></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><div class=\"koninkryk\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Animalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Animalia\">Animalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Filum:</td>\n<td><div class=\"filum\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Chordata\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Chordata\">Chordata</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Klas:</td>\n<td><div class=\"klas\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Mammalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mammalia\">Mammalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Superorde:</td>\n<td><div class=\"superorde\" style=\"display:inline\"><b>Dryolestoidea</b> (?)</div></td></tr>\n<tr>\n<td>Orde:</td>\n<td><div class=\"orde\" style=\"display:inline\">Meridiolestida</div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Binomiale_naam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Binomiale naam\">Binomiale naam</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><b><span class=\"binomial\"><i>Necrolestes patagonensis</i></span></b><br/><div style=\"font-size: 85%;\">Ameghino 1891</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 2681
} |
Hier volg ’n lys van sterrestelselswerms in die Abell-katalogus op die Afrikaanse Wikipedia. Die katalogus is ’n feitlik volledige lys van sowat 4 000 swerms met minstens 30 sterrestelsels elk tot by ’n rooiverskuiwing van z = 0,2. Dit is oorspronklik in 1958 deur George O. Abell saamgestel van swerms in die Noordelike Halfrond, en in 1987 deur Abell, Corwin en Olowin uitgebrei met swerms in die Suidelike Halfrond.
Die naam "Abell", gevolg deur ’n nommer, word algemeen vir die voorwerpe gebruik (bv. Abell 39). Die verkose benaming is egter "ACO" vir sterrestelselswerms (bv. ACO 39) en "A" vir planetêre newels (bv. A 39). Die swerms in die Suidelike Halfrond kry ’n "S" voor die nommer.
Lys
---
* Abell 1060 (Hydra-sterrestelselswerm)
* Abell 1656 (Coma-sterrestelselswerm)
* Abell 2218
* Abell 3266
* Abell 3526 (Centaurus-sterrestelselswerm)
* Abell 3627 (Norma-sterrestelselswerm)
* Abell S0373 (Fornax-sterrestelselswerm)
* Abell S0636 (Antlia-sterrestelselswerm)
Sien ook
--------
* Sterrestelselswerm
* Sterrekundeportaal | {
"title": "Lys van Abell-sterrestelselswerms",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
409,
1009,
0.4053518334985134
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1048
} |
**Skrumskakel (No. 9 of no. 21)**.
'n Duikaangee deur 'n skrumskakel.
Die **skrumskakel** is die skakel tussen die voorspelers en die agterspelers. Hulle ontvang die bal vanaf die lynstaan en verwyder die bal van die agterkant van die skrum, en gee dit gewoonlik aan na die losskakel. Hulle sit ook die bal in die skrum. Saam met die losskakel neem hulle baie van die taktiese besluite op die veld. Tydens algemene spel is die skrumskakel gewoonlik die speler wat die bal van die voorspelers ontvang en dit na die agterspelers aangee. Hulle is goeie kommunikeerders, veral om die voorspelers rond te rig, en hulle doel is om die agterspelers van skoon bal te voorsien. Goeie skrumskakels het 'n uitstekende aangee, 'n goeie taktiese skop en is bedrieglike hardlopers. By verdedigende skrums plaas hulle druk op die opposisie-skrumskakel of verdedig die blindekant. Op verdediging in oop spel dek hulle gewoonlik vir diep skoppe nadat die bal wyd aangegee is. Tradisioneel was skrumskakels die kleinste spelers in die span, maar baie moderne skrumskakels se grootte is soortgelyk aan die ander spelers in die span.
Plaasvervanging
---------------
Onder deesdae se plaasvervangerreëls, word die no. 9 vervang deur no. 21 vanaf die plaasvervangerbank. Dit kan enige tyd gedurende die wedstryd gebeur, bv. as gevolg van 'n besering, maar meestal is dit 'n taktiese verandering tussen die 50ste en 75ste minuut van die wedstryd.
Noemenswaardige skrumskakels
----------------------------
'n Paar bekende skrumskakels (almal Springbokke) ter illustrasie:
* Dawie de Villiers
* Tommie du Plessis (Naas Botha-era)
* Divan Serfontein
* Joost van der Westhuizen
* Ricky Januarie
* Fourie du Preez
* Francois Hougaard
* Faf de Klerk
| Spelerposisies in rugby |
| --- |
|
| | | | | |
| --- | --- | --- | --- | --- |
| 1 Loskopstut | | 2 Haker | | 3 Vaskopstut |
| | 4 Slot | | 5 Slot |
| 6 Linkerflank | | 8 Agsteman | | 7 Regterflank |
| |
| | | 9 Skrumskakel |
| | | | 10 Losskakel |
| | | | | 12 Binnesenter |
| | | | | | 13 Buitesenter |
| 11 Linkervleuel | | | | | | 14 Regtervleuel |
| | | | 15 Heelagter |
|
Bronne
------
* Brown, Mathew; Guthrie, Patrick; Growden, Greg (2010). *Rugby For Dummies*. John Wiley and Sons.
* Biscombe, Tony; Drewett, Peter (2009). *Rugby: Steps to Success*. Human Kinetics.
* Bompa, Tudor; Claro, Frederick (2008). *Periodization in Rugby*. Meyer and Meyer Sport.
* Collins, Tony (2009). *A Social History of English Rugby Union*. Routledge. ISBN 978-0-415-47660-7. | {
"title": "Skrumskakel",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
624,
1898,
0.3287671232876712
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2547
} |
Die **skraalstompie** (*Mimetes capitulatus*) is 'n blomdraende struik wat tot die genus *Mimetes* behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap. Daar is geisoleerde populasies in die Kogelberg, Paardeberg, Groenlandberg en Kleinrivierberge. Die struik is regop en word 2 m hoog. Die struik dra blomme van Junie tot Desember, maar hoofsaaklik in Augustus.
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee tot ses maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is tweeslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op moerasagtige, suidelike hellings op hoogtes van 600-1 200 m.
In Engels staan dit as die *Conical Pagoda* bekend.
Galery
------
*
*
*
Bronne
------
* REDLIST Sanbi
* Protea Atlas
* Biodiversityexplorer
* PlantZAfrica
* Plants of the World Online
| | |
| --- | --- |
| Taksondatabasisse |
* Wd: Q18073237
* GBIF: 5636363
* iNaturalist: 429909
* IPNI: 705216-1
* IUCN: 113180965
* NCBI: 478093
* Plant List: tro-26500317
* Tropicos: 26500317
| | {
"title": "Skraalstompie",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
484,
1128,
0.42907801418439717
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\">Skraalstompie</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Mimetes_capitulatus_Rebelo_3.jpg\"><img data-file-height=\"2048\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1365\" decoding=\"async\" height=\"330\" resource=\"./Lêer:Mimetes_capitulatus_Rebelo_3.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/05/Mimetes_capitulatus_Rebelo_3.jpg/220px-Mimetes_capitulatus_Rebelo_3.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/05/Mimetes_capitulatus_Rebelo_3.jpg/330px-Mimetes_capitulatus_Rebelo_3.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/05/Mimetes_capitulatus_Rebelo_3.jpg/440px-Mimetes_capitulatus_Rebelo_3.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Mimetes_capitulatus_Rebelo_2.jpg\"><img data-file-height=\"1188\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"2048\" decoding=\"async\" height=\"128\" resource=\"./Lêer:Mimetes_capitulatus_Rebelo_2.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1b/Mimetes_capitulatus_Rebelo_2.jpg/220px-Mimetes_capitulatus_Rebelo_2.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1b/Mimetes_capitulatus_Rebelo_2.jpg/330px-Mimetes_capitulatus_Rebelo_2.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/1b/Mimetes_capitulatus_Rebelo_2.jpg/440px-Mimetes_capitulatus_Rebelo_2.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\">\n<th colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><a href=\"./Bewaringstatus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bewaringstatus\">Bewaringstatus</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><span><img alt=\"\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"240\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Status_iucn3.1_EN_af.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/77/Status_iucn3.1_EN_af.svg/220px-Status_iucn3.1_EN_af.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/77/Status_iucn3.1_EN_af.svg/330px-Status_iucn3.1_EN_af.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/77/Status_iucn3.1_EN_af.svg/440px-Status_iucn3.1_EN_af.svg.png 2x\" width=\"220\"/></span></span><br/><a href=\"./Bedreigde_spesie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bedreigde spesie\">Bedreig</a> <link href=\"./Kategorie:IUBN_Rooilys_bedreigde_spesies\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/><small><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>(<a href=\"./IUBN-rooilys\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"IUBN-rooilys\">IUCN 3.1</a>)</small></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a></th></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><div class=\"koninkryk\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Plantae\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Plantae\">Plantae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>(geen rang):</td>\n<td><div class=\"(geen rang)\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Angiosperms\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Angiosperms\">Angiosperms</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>(geen rang):</td>\n<td><div class=\"(geen rang)\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Eudicots\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eudicots\">Eudicots</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Orde:</td>\n<td><div class=\"orde\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Proteales\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Proteales\">Proteales</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Familie:</td>\n<td><div class=\"familie\" style=\"display:inline\"><a href=\"./Proteaceae\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Proteaceae\">Proteaceae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Genus:</td>\n<td><div class=\"genus\" style=\"display:inline\"><i><a href=\"./Mimetes\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mimetes\">Mimetes</a></i></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Spesie:</td>\n<td><div class=\"spesie\" style=\"display:inline\"><i><b>M.<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>capitulatus</b></i></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"><a href=\"./Binomiale_naam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Binomiale naam\">Binomiale naam</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><b><span class=\"binomial\"><i>Mimetes capitulatus</i></span></b><br/><div style=\"font-size: 85%;\">(<a href=\"./Carolus_Linnaeus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Carolus Linnaeus\">L.</a>) <a href=\"./Robert_Brown_(botanis)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Robert Brown (botanis)\">R.Br.</a>, (1810)</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"><a href=\"./Sinoniem_(taksonomie)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sinoniem (taksonomie)\">Sinonieme</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: left\">\n<ul><li><i>Protea capitulata</i> <small>Poir.</small></li></ul></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 1108
} |
Die **Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal**, ook bekend as die "Scouts"-kerk, was ’n kortstondig kerkgenootskap in die destydse Transvaal wat ontstaan het uit lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat ontevrede was met die behandeling wat hulle gekry het weens hul deelname aan Britse kant tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Die lidmate van die "Scouts"-kerk het in 1914 deel geword van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika nadat hulle vroeër aangesluit het by die Gereformeerde Kerke onder die Kruis.
Ontstaan
--------
S.J. du Toit omstreeks 1870 toe hy student aan die Kweekskool op Stellenbosch was.
Afgesien van die groep van agt Gereformeerde Kerke onder die Kruis wat ds. S.J. du Toit van die Paarl bedien het, en wat van 1897 af uit ontevrede lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk ontstaan het, het daar nog in Transvaal vanaf 1905 'n groepie gemeentes los van die Ned. Herv. of Geref. Kerk bestaan onder die naam Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal, en eers vanaf 1910 het hulle die naam Gereformeerde Kerke onder die Kruis aanvaar. Die ontstaan van hierdie Kerk gaan direk terug na die Engelse Oorlog. Weens die verbittering en verwydering tussen die twee groepe lidmate, naamlik die "bittereinders" onder die boere en "scouts", wat wapens opgeneem het saam met die Engelse teen die Boere, het die kerk 'n uiters moeilike taak gehad om vrede en versoening tussen hulle te probeer bewerkstellig. Laasgenoemde groep was eintlik in twee afdelings, naamlik diegene wat van mening was dat na inname van die hoofstede van die Republieke die oorlog gestaak moes word – vandaar dat sommige van hulle toe huis toe gegaan het – en die ander deel wat wapens opgeneem het teen die boere en in die wandeling "scouts" of "joiners" genoem is.
Dit was veral tussen laasgenoemde groep en die bittereinders wat so 'n mate van verbittering gegeld het, en aan skerp uitdrukkings oor en weer het dit nie ontbreek nie. En dit was veral rondom die Nagmaalstafel waar die gespannenheid besonder skerp aan die lig getree het, aangesien hulle geweier het om saam aan die Nagmaalstafel te gaan sit. Op die Sinode van die Ned. Herv. of Geref. Kerk wat in 1903 gehou is, het hierdie saak ook ter sprake gekom deur middel van 'n beskrywingspunt wat gelui het: "Hoe moet gehandel word met lede wat ontrou geword het aan regering en volk ?" Verder het ook die Ring van Utrecht die Sinode om leiding gevra in hierdie saak.
Die Regskommissie het aan die Sinode advies voorgelê, wat ook die besluit van die vergadering geword het. Saaklik weergegee kom dit hierop neer: Die Sinode is van oordeel dat persone wat in die jongste oorlog ontrou was aan hulle regering en volk deur wapens op te neem of andersins hulp te verleen aan die vyand, deur woord of daad, 'n ernstige sonde begaan het en nie onberispe gelaat mag word nie. Maar aangesien dit nou vrede is en die kerk se roeping is om vrede te bewerkstellig; daarom besluit die Sinode om sodanige persone ernstig te vermaan tot bekering en verbetering van hulle lewe sodat hulle weer met vrymoedigheid as lidmate in die voorregte van die Kerk mag deel. Dit word die predikante en kerkraadslede verder op die hart gedruk om sodanige persone te besoek en hulle te vermaan en om hulle langs hierdie weg terug te bring.
Met hierdie besluit van die Sinode was albei groepe teleurgesteld: Die bittereinders omdat dit nie ver genoeg gegaan het nie, en die "scouts"-groep omdat hulle van mening was dat die besluit 'n sydelingse sensuur op hulle was, en daardeur het groot ontevredenheid onder hulle ontstaan. As leidende figuur onder hulle het 'n sekere S.P. Grobler van Bethal opgetree. Hy het versoek dat die Sinode 'n kommissie van 12 uit hulle moes ontmoet en dat 'n onpartydige persoon van regeringsweë as voorsitter moes optree. Die Sinode het 'n kommissie benoem om hulle te ontmoet, maar wou nie instem met die gedagte van 'n owerheidsverteenwoordiger as voorsitter nie omdat die Kerk nie verwag dat die owerheid hom moet bemoei met streng kerklike sake nie.
Die voorgestelde ontmoeting het op 29 September 1903 in Pretoria plaasgevind. Die vergadering kon egter nie die geskille op broederlike wyse uit die weg ruim nie, met die gevolg dat hulle onverrigter sake uitmekaar is. S.P. Grobler het dieselfde dag aan ds. H.S. Bosman geskryf en hom in kennis gestel dat op 8 Oktober 1903 'n monstervergadering op Vlaklaagte gehou sou word met die bepaalde doel om 'n afsonderlike kerk te stig. Die vergadering is gehou; en nadat verslag gedoen is van die samespreking, is besluit om 'n aparte gemeente te stig. Ds. Bosman, wat die vergadering bygewoon het, het toe eers geleentheid gekry om die vergadering toe te spreek. En nadat hy die Sinodebesluit verduidelik het en tot kalmte gemaan het, is besluit om eers te wag met die stigting totdat 'n verdere onderhoud met die kerklike kommissie gereël kon word, om sodoende 'n vreedsame skikking te probeer tref.
Nadat sommige van die persone reeds vertrek het, het Grobler weer die origes bymekaargeroep, en toe is besluit om 'n eis op te stel wat voor die kerklike kommissie by weerontmoeting gelê kon word. Dit het die volgende behels: (a) Hulle eis terugtrekking van die Sinodebesluit die vorige Mei geneem insake "ontroues aan regering en volk in die jongste oorlog", omdat die Kerk hom nie met die politiek moes inlaat nie. (b) Verder eis hulle vernietiging van die eensydige verkiesing van kerkraadslede ná die vredesluiting, aangesien meesal "bittereinders" in die ampte verkies is, en (c) eindelik eis hulle dat die terugtrekking van die besluit op drie agtereenvolgende Sondae van al die kansels van die Ned. Herv. of Geref. Kerk afgekondig sal word.
Ds. Hercules Enslin du Plessis het i 1902 uit die NG Kerk getree en in 1908 daarna teruggekeer. In 1903 het hy kinders van beswaarde lidmate op Vlaklaagte, Bethal, gedoop.
Twee dae ná hierdie vergadering het ds. H.E. du Plessis, 'n gewese predikant van die NG Kerk, op versoek van Grobler, kinders van beswaarde ouers op Vlaklaagte gedoop. Die ontmoeting met die kerklike kommissie is eers bepaal vir 8 Desember 1903, maar moes toe verskuif word na 14 Desember. Op 8 Desember het die beswaardes egter op Bethal vergader en toe besluit dat hulle, omdat die vergadering nie op 8 Desember, soos bepaal, plaasgevind het nie, slegs drie persone sou benoem om hulle eis van 8 Oktober 1903 aan die kerklike kommissie voor te lê en te vra dat 'n antwoord binne twee dae na inlewering ontvang moes word. Op 14 Desember het die kommissie toe vergader en die eis aangehoor maar kon dit natuurlik nie toestaan nie. Die kommissie het onderneem om 'n stuk op te stel waarin hulle die saak sou toelig, en het verder die ontevredenes versoek om te wag met verdere stappe totdat die stuk kon verskyn. Dit wou die ontevredenes nie toestaan nie, met die gevolg dat op 22 Desember 1903 'n byeenkoms op Vlaklaagte, Bethal, gehou is waar besluit is om 'n aparte kerk te stig onder die naam Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal.
Daarna het ook op ander plekke aparte gemeentes tot stand gekom, sodat toe die Algemene Vergadering van hierdie kerkgroep in 1906 gehou is, daar ses gemeentes verteenwoordig was, naamlik Bethal, Standerton, Ermelo (Breyten), Pretoria (Scheerpoort), Heidelberg en Zeerust. Die gemeentes is aanvanklik bedien deur ds. H.E. du Plessis, maar toe hy in 1905 (volgens ’n ander bron 1908) weer predikant van die Ned. Herv. of Geref. Kerk geword het, het ds. S.J. du Toit ook hierdie gemeentetjies bedien. Gemelde Algemene Vergadering van 1906 het 'n ope brief gepubliseer waarin hulle die volgende redes vir hulle stap aangegee het: (i) Omdat die besluit ons feitlik onder tug geplaas het deur die ontsegging van die gebruik van die bondseëls en dit onverhoord, wat in stryd is met alle goddelike en menslike wette ; (ii) omdat die Sinode met die bewuste besluit buite sy eie kerkwette en bepalinge gegaan het, aangesien die tug op gemeentelede by die kerkrade berus met voorsiening vir behoorlike beskuldiging en geleentheid vir verdediging en selfs vir hoër beroep indien nodig en (iii) omdat voornoemde besluit berus op die politieke gedragslyn deur ons as party gevolg, en die Kerk dus daardeur kant gekies het tussen twee politieke partye.
Die Kerke onder die Kruis probeer ’n eie kerkverband stig
---------------------------------------------------------
Uit die oorsig van die totstandkoming van hierdie Kerkgroep het dit duidelik geblyk dat hulle nie gelyktydig ontstaan het nie maar met tussenposes van selfs jare gestig is. Daar het dan ook aanvanklik geen kerkverband onder hulle bestaan nie, maar gaandeweg het die behoefte daaraan blykbaar na vore getree. Teen die einde van 1909 het ds. S.J. du Toit ses Kruisgemeentes en vier gemeentes van die Ned. Geref. Kerk van Transvaal bedien; twee van die gemeentes van laasgenoemde Kerkegroep, naamlik Bethal en Heidelberg, het toe reeds met goedkeuring en medewete van ds. Du Toit by die Gereformeerde Kerk aangesluit.
Op 21 Februarie 1910 is 'n Algemene Vergadering gehou van die kerke wat deur ds. Du Toit bedien is, waar agt gemeentes verteenwoordig was. Een groot moeilikheid het die totstandkoming van 'n kerkverband in die weg gestaan, naamlik die feit dat dit twee aparte Kerkgroepe was, wat tot sover los van mekaar bestaan het en selfs twee aparte name gedra het. Op hierdie vergadering moes dus eers gepoog word om 'n eenheid tussen die twee groepe te bewerkstellig. Dit het voorspoedig gegaan, want die afgevaardigdes van die sogenaamde "Scouts"-kerk het die vergadering meegedeel dat hulle bereid is om die naam Gereformeerde Kerk onder die Kruis te aanvaar. Hierdie bekendmaking is met algemene byval begroet, en gevolglik kon die Algemene Vergadering daartoe oorgaan om 'n kerkorde op te stel. Die doel van die Kerkorde was : (1) om vas te stel wat die Kerke as belydenisskrifte aanvaar, (2) op watter wyse die gemeentes regeer sou word, en (3) watter mag die Algemene Vergadering sou hê. Die Algemene Vergadering het verder 'n broederlike brief gerig aan die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, en nog 'n "ope brief" waarin die besware teen die NG Kerk saamgevat is, is wêreldkundig gemaak. Met hierdie stap het dit dus geblyk of daar konsolidasie gekom het tussen die Kerke onder die Kruis onderling en verder ook vereniging met die gemeentes van die Ned. Geref. Kerk in Transvaal.
Deur die optrede van hierdie Kerkvergadering is daar dus 'n kerkverband gesmee, aangesien daar van toe af 'n gemeenskaplike belydenis en Kerkorde was waarop die kerkverband volgens gereformeerde opvatting moet berus. Die Kerke het dus ongetwyfeld vooruitgesien na 'n rustiger en verenigde voortbestaan maar het nie geweet dat 'n moeitevolle tydperk vir hulle vlak voor die deur gestaan het nie. In 1910 was ds. Du Toit in ’n ongeluk, met die gevolg dat sy herderlike reise nie meer kon plaasvind nie. Op 19 April 1911 is 'n Algemene Vergadering van die Kerke onder die Kruis op Daljosafat bepaal, maar ds. Du Toit kon dit ook daar nie bywoon nie. Daardie Vergadering moes dus ernstige aandag skenk aan die geestelike bearbeiding van die gemeentes noudat die konsulent deur sy ongesteldheid verhinder is om op te tree. 'n Kommissie bestaande uit oudll. C.J.J. du Plessis (Lindley), P.J. Badenhorst (Strydenburg) en C.J. Taljaard (Standerton) is benoem om hierdie saak te hanteer. Op 28 Mei 1911 is ds. Du Toit oorlede sodat die Kerke onder die Kruis herderloos gelaat is.
Gereformeerde Kerk en die Kruiskerke se bedieningsnood
------------------------------------------------------
Op die derde Algemene Vergadering, gehou op Strydenburg op 25 Desember 1911, het die kommissie rapport gedoen, en daaruit blyk dat pogings in die werk gestel is om ds. Francois Stefanus du Toit, wat in 1905 van die NG na die Hervormde Kerk oorgegaan het, te kry om hulle te bedien, maar hy wou nie. Verder het hulle 'n kommissie ontmoet wat in 1910 deur die Sinode van die Gereformeerde Kerk benoem is nadat die eerste Algemene Vergadering (1910) die brief van die Kerke onder die Kruis behandel het, en die resultaat van die onderhoud was min of meer soos volg: (1) Op die vraag van die Kommissie van die Kruiskerke of 'n leraar van die Gereformeerde Kerk hulle sou kon bedien, was die antwoord nee, want dan sou hy eers sy kerklike verband moes opsê en by daardie Kerk aansluit. (2) Die leraars van die Gereformeerde Kerk was ook van oordeel dat die teenswoordige skikking om Woord en Sakramente in die Kruisgemeentes te bedien, nie op die duur sou kon voortgaan nie. (3) Verder was hulle ook van oordeel dat die verskilpunte tussen die Kerk onder die Kruis en die Gereformeerde Kerk nie sodanig was dat aansluiting in die weg staan nie, aangesien die twee Kerke tog een was in leer, diens en tug. (4) Die leraars van die Gereformeerde Kerk was ook nog van oordeel dat wanneer die Sinode van die Gereformeerde Kerk in 1913 vergader, die Gereformeerde Kerk onder die Kruis tot 'n besluit moet gekom het op die punt van al of nie aansluiting. (5) Tot die Sinode van 1913 sou die predikante wat gewillig was en verlof van hulle kerkrade ontvang het, die Kruisgemeentes help deur Woord en Sakramente te bedien.
Die Algemene Vergadering het hierdie rapport van sy kommissie bespreek en toe tot die volgende besluit gekom: "Die Algemene Vergadering van die Gereformeerde Kerke onder die Kruis, staande op die grondslag van Gods Woord en die belydenisskrifte van die Gereformeerde Kerke, naamlik die Drie Formuliere van Eenheid, spreek uit: (a) dat op dié grondslag hierdie Vergadering sy eenheid gevoel met ander Kerke op dieselfde grondslag en met name met die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika; (b) dat hierdie Vergadering meen dat dit uiteindelik tot vereniging met hierdie Gereformeerde Kerk moet kom maar dat die tyd daarvoor nou nog nie ryp is nie, maar (c) dat die afgevaardigdes hulle respektiewe gemeentes omtrent hierdie saak moet inlig en raadpleeg met die doel om tot daadwerklike vereniging te kom. Met hierdie besluit, wat nie eenparig geneem is nie, het die Kerke onder die Kruis dus die moontlikheid van onderhandeling met die oog op kerkvereniging geopen en sou in die nabye toekoms dus daaraan aandag geskenk moes word deur die afsonderlike kerkrade. Die Vergadering het nog verder probeer om die bedieningsvraagstuk op te los maar kon nie verder kom as die hulp wat van die kant van die Gereformeerde Kerk toegesê was nie.
Die Kerke verenig
-----------------
Die Gereformeerde kerk Strydenburg wat as 'n kerk onder Kruis ontstaan het, het in 2014 net 13 belydende en drie dooplidmate oorgehad en kort daarna ontbind.
Hoewel die Gereformeerde Kerk onder die Kruis kort ná sy stigting in 1897 'n versoek tot die kuratore van die Teologiese Skool gerig het om die verhouding tussen dié Kerk en die Gereformeerde Kerk in SA te bepaal, en verder direk met die Algemene Vergadering van die Gereformeerde Kerk in die Kaapkolonie in verbinding getree het, was dit eers in 1910 dat die saak van die Kerke onder die Kruis die aandag van die Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika geniet het. Op daardie Sinode het die brief gedien wat die eerste Algemene Vergadering van die Kerke onder die Kruis in Februarie 1910 aan die Gereformeerde Kerk gerig het. Die Sinode kon dus kennis maak met twee stukke van die Kruiskerke, naamlik die brief en 'n afskrif van die Kerkorde wat op daardie Algemene Vergadering aanvaar is.
a. **Die brief van die Algemene Vergadering.**
"Die afgevaardigdes van die Gereformeerde Kerke onder die Kruis in Suid-Afrika, in Algemene Kerkvergadering byeen op Strydenburg, aan die Sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika – mag genade en vrede aan u vermenigvuldig word. Geliefde broeders, Ter ere van ons geseënde en enigste hoof, Jesus Christus, kan ons u berig dat ons ons onderling verenig het, volgens bygaande Kerkorde. Met dankbaarheid het ons op ons eerste Algemene Vergadering kennis geneem van die broederlike wyse waarop die stigting van die eerste Gereformeerde Kerk onder die Kruis op Strydenburg deur die Algemene Vergadering van die Gereformeerde Kerk in die Kaapkolonie begroet is, blykens art. 46 van die Vergadering in Januarie 1898, asmede van die hulp wat ons tot dusver gebied is deur sommige leraars van u Kerk. In die wens om hierdie broederband te versterk en verder te reël het ons van ons kant 'n kommissie benoem met ons konsulent as saamroeper en verder bestaande uit die broeders P.J. Badenhorst, van Strydenburg (K.K.), H.C. Engelbrecht van Hoopstad (O.R.K.) en C.J. Taljaard van Standerton, Transvaal. Verder moet ons u nog berig dat ons as korresponderende kerkraad benoem het die kerkraad van Strydenburg, met ons konsulent, ds. S.J. du Toit." Die stuk is onderteken deur al die afgevaardigdes saam met die konsulent en was gedateer 22 Februarie 1910.
b. **Die Kerkorde van die Kerke onder die Kruis.**
Art. 1. Die grondslag van die Gereformeerde Kerke onder die Kruis is wat die leer betref, Gods onfeilbaar Woord as enigste en algenoegsame heilsopenbaring van God en kenbron van die waarheid, en in ooreenstemming daarmee die drie Formuliere van Eenheid, soos vasgestel deur die Sinode van Dordrecht (1618/'19), en wat kerkbestuur betref op die Dordtse Kerkorde vir sover dit nog van toepassing is onder ons gewysigde omstandighede.
Art. 2. Die naam van die Kerke. Die naam ontleen hulle aan die "Kerk of gemeentes onder die Kruis" deur gemelde Nasionale Sinode van Dordrecht erken in artt. 4 en 7 van die Dordtse Kerkorde, omdat hulle op dergelike wyse ontstaan het en bestaan.
Art. 3. Die Kerk verklaar hom bereid tot broederlike verhouding en samewerking met ander Protestantse kerke wat in leer en kerkbestuur op dieselfde beginsels gegrond is.
Art. 4. Christus word gehou vir die enigste hoof van sy gemeente, wat die gemeente deur sy Woord en Gees regeer, en die kerkraad vir die enigste kerkbestuur deur Christus en die Apostels ingestel, en verder erken hy geen hoër wetgewende of heerskappyvoerende gesag tussen Christus as die Hoof en sy gemeente nie (Kerkorde van Dordt. art. 84) en verwerp dus alle menslike gesag of kerkwette wat nie op Gods Woord gegrond is nie, volgens art. 32 van die Nederlandse Geloofsbelydenis.
Art. 5. Op grond van Gods Woord en die Dordtse Kerkorde erken hy egter "Kerklike Samekomste" en wel 'n Algemene Kerkvergadering wat om die drie jaar gehou word dog met geen gebiedende of wetgewende gesag nie maar slegs met 'n dienende, voorligtende en hoogstens met 'n leerbepalende mag.
Art. 6. Op die voorskrif van Christus, sy enigste Hoof, en op die voorbeeld van die Apostels verwerp hy alle koophandeldrywery in die gemeente van Christus en bedien alle genademiddels sonder prys en sonder geld. Geen andere as vrye liefdegawes van die gemeente word in ontvangs geneem nie.
Art. 7. Met die oog op die toenemende afval in die verwêreldlikte Christendom en lettende op die ernstige tekens van die tye wat die naderende toekoms van Christus aankondig, ag hy die beoefening van die onvervulde profesieë 'n gebiedende plig vir die tyd waarin ons lewe, sowel in onderlinge byeenkomste as in die openbare prediking van die Woord.
Met hierdie twee stukke op die sinodale tafel kon die Sinode dus direk 'n duidelike beeld van die doel en strewe van die Kerkgroep verkry en dit ook in daardie lig bespreek. Blykens die notule van die vergadering is ná bespreking van die saak besluit om 'n kommissie te benoem ter kennismaking en om op die eersvolgende Sinode te rapporteer. Dit is hierdie kommissie wat vermeld is deur die kommissie vir bediening van die Kerke onder die Kruis op hulle Algemene Vergadering op Strydenburg in Desember 1911 en met wie onderhandel is insake die geestelike bearbeiding van hierdie Kerke. En volgens aanbeveling van hierdie Sinodale deputaatskap moes die Kerke onder die Kruis hulle intussen tog maar weer wend tot die kerkrade vir hulpdienste deur die predikante van die Gereformeerde Kerk. Hulle het egter nie net met die Kerkrade in verbinding getree nie, maar ook met die Algemene Vergaderings. En blykens die besluite wat op die Vergaderings geneem is, moes hulle hulp aanvra by die Kerkrade.
Die Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerk het van 6 tot 13 Maart 1913 op Steynsburg vergader, en op die vergadering sou die saak van eenwording van die twee Kerkgroepe behandel moes word. Op die Sinode was ook verteenwoordigers van die Kerke onder die Kruis. Hulle is deur die praeses verwelkom, waarop oudl. Liebenberg geantwoord en gesê het dat hulle geen besondere opdrag het nie, maar dat hulle gekom het om die deputaatskap wat deur die vorige Sinode benoem is, te ontmoet. Die ontmoeting het plaasgevind, en daarna het die deputaatskap sy rapport aan die Sinode voorgelê, waaruit die volgende blyk:
(1) Ná die eerste ontmoeting met die kommissie van Kerke onder die Kruis, het die deputate die predikante geadviseer om die gemeentes met die bediening van Woord en Sakramente te help.
(2) Ná die tweede ontmoeting was daar sprake van die inlywing van die Kerke by ons kerkverband, en die eerw. Sinode dra reeds kennis van die inlywing van die gemeentes Lindley en Frankfort by ons Kerk; terwyl by 'n derde ontmoeting met gemelde kommissie gedurende hierdie sitting dit geblyk het dat daar in hierdie verband nog 'n paar kleinere besware is, en
(3) ten opsigte van hierdie laaste adviseer u kommissie nou: (a) dat by eventuele inlywing in ons kerkverband die gemeentes onder die Kruis hulle moet voeg by die respektiewe Algemene Vergaderinge, en (b) dat tot die eersvolgende sittinge van die Algemene Vergaderinge ons predikante, indien daartoe versoek, hierdie gemeentes nog sal bedien met toestemming van die respektiewe kerkrade. Die Sinode het hierdie rapport behandel en dit met dank aan die kommissie goedgekeur. Daarmee was die weg vir verdere onderhandeling met die oog op inlywing by die kerkverband van die Gereformeerde Kerk dus oopgemaak. Hierna is die verdere onderhandelinge deur die afsonderlike Algemene Vergaderinge gevoer.
Algemene Vergadering van Transvaal
----------------------------------
Op 4 Februarie 1914 het die Algemene Vergadering van Transvaal in Potchefstroom vergader, en daar was ook twee afgevaardigdes van die Gereformeerde Kerk onder die Kruis van Breyten teenwoordig. Op versoek het hulle 'n paar stukke oorhandig, waaruit geblyk het dat daardie gemeente eenparig besluit het om die Algemene Vergadering te vra om opgeneem te word in die kerkverband van die Gereformeerde Kerk in SA. Verder is gevra dat, ingeval die stukke goedgekeur sou word, die afgevaardigdes, oudl. C.S. Grobler en diaken G.J.R. Nel, sitting mog neem in die vergadering. Onder die stukke wat oorhandig is, was ook die sewe artikels wat die gemeente Breyten wou behou as die versoek om in die Kerkverband van die Geref. Kerk in SA opgeneem te word toegestaan is.
Aan die afgevaardigdes is vrae gestel sodat die nodige inligting verkry kon word, en nadat die saak bespreek is, is 'n voorstel van die volgende inhoud algemeen aangeneem: Die Algemene Vergadering besluit om die versoek van die Gereformeerde Gemeente onder die Kruis op Breyten toe te staan en dit op te neem in die kerkverband van die Gereformeerde Gemeentes in SA soos deur hom gevra. Wat die gestelde voorwaarde betref, daarin bewillig die Algemene Vergadering sodat die bedoelde sewe artikels in die oorkondes van die gemeente opgeneem kon word as 'n nadere verklaring van die dinge uit die Heilige Skrif waarop die gemeente kragtens sy geskiedenis die nadruk wens te lê. Verder verstaan die Algemene Vergadering die toetreding van die gemeente tot die kerkverband so dat die gemeente alle verpligtinge wat uit die kerkverband voortvloei, sal nakom net soos die ander gemeentes. Nadat die voorstel aangeneem is, het die voorsitter die broeders toegespreek, en oudl. Grobler het daarop geantwoord.
Gevolgtrekking
--------------
As die behandeling van die aansoeke van die verskillende gemeentes onder die Kruis so nagegaan word, wek dit die indruk dat alles so maklik gegaan het; tog was daar vooraf 'n ernstige worsteling op die byeenkomste van die gemeentes onder die Kruis. Daar was ook verskil in eie geledere, want Lindley en Frankfort het reeds te kenne gegee dat hulle gaan aansoek doen om opgeneem te word in die Kerkverband van die Gereformeerde Kerk in SA, maar die ander gemeentes het die saak nog oorweeg. Dit kon egter nie onbepaald voortduur nie, want die Gereformeerde Kerk kon die tydelike hulpverlening nie bestendig nie.
Eers op die Algemene Byeenkoms van die Kerke onder die Kruis op 5 Januarie 1914 op Breyten is uiteindelik besluit om die gemeentes onder die Kruis aan te beveel om in die Kerkverband van die Gereformeerde Kerk in SA opgeneem te word, en dan is die redes vir die advies genoem, naamlik omdat die twee kerke een is in leer, diens en tug en verder omdat hulle dieselfde belydenisskrifte en kerkordes het. Maar die Vergadering het ook nog sekere voorwaardes bygevoeg, naamlik waar hele gemeentes opgeneem word, sal die kerkrade net soos hulle nou saamgestel is, maar voortgaan, soos op Lindley en Frankfort gebeur het; waar enkele lidmate toetree, moet dit as individue gebeur, en die gemeentes onder die Kruis mog wel die sewe Kerkordeartikels eerbiedig. Dit is die rede waarom al die gemeentes onder die Kruis behalwe Lindley en Frankfort die punt van die sewe artikels in hulle aansoeke genoem het.
Hoewel die Algemene Vergaderings van die verskillende provinsies hierdie versoek insake die Kerkordeartikels bewillig het, was hulle tog bedug dat dit moontlik 'n soort skeiding onderling kon bewerkstellig, en gevolglik is in die geval van Breyten, Hoopstad en die drie gemeentes onder die Kruis van Kaapland bygevoeg: (i) dat die 7 artikels opgeneem kon word as 'n nadere verklaring van die dinge uit die Heilige Skrif waarop die gemeentes kragtens hulle geskiedenis die nadruk wens te lê, en (ii) dat die gemeentes in die kerkverband opgeneem word met die uitdruklike verstandhouding dat hulle alle verpligtings wat uit die kerkverband voortvloei, sal nakom net soos die ander. Daar sou dus nie twee kategorieë van gemeentes in een kerkverband wees nie maar net een.
In die geval van die drie gemeentes van Kaapland, naamlik Strydenburg, Ceres en Clanwilliam, word uitdruklik bygevoeg dat die besluit tot opname nie geld vir kleurlinge wat tot die gemeentes behoort nie. Hier word dus kennelik verwys na 'n toestand in die gemeentes waar blank en nieblank tot dieselfde gemeente behoort het. Soos tevore reeds geblyk het, het die Gereformeerde Kerk se Sinode verklaar dat die soort gelykstelling nie aanvaar kan word nie.
Bronne
------
* (af) Krüger, prof. D.W. en Beyers, C.J. (hoofred.). 1977. *Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Deel III*. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.
* (af) Jooste, prof. dr. J.P. 1959. *Die Geskiedenis van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika 1859-1959*. Potchefstroom: Administratiewe Buro van die Gereformeerde Kerk.
* (en) Potgieter, D.J. (red.) 1972. *Standard Encyclopaedia of Southern Africa*. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Beperk.
* (af) Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. *Afrikaanse kultuuralmanak*. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
* (af) Vogel, ds. Willem. 2013. *Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2014*. Potchefstroom: Administratiewe Buro. | {
"title": "Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
4555,
26548,
0.17157601325900257
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 27343
} |
*Hierdie artikel handel oor kopieerders van manuskripte. Vir die sekretaris van ’n kerkraad, sien Skriba (kerksekretaris).*
Jean Miélot, ’n Europese skrywer en skriba, aan die werk.
Moderne skribas met tikmasjiene buite ’n poskantoor in Mandi, Indië, 2010.
’n **Skriba** (in die Bybel **skrifgeleerde** genoem) is iemand wat manuskripte professioneel kopieer, veral in die dae voor die uitvinding van die drukpers.
Skribas, wat voorheen algemeen in talle kulture was, het hulle belangrikheid en status verloor met die uitvinding van die drukpers. Hulle het gewoonlik manuskripte en ander tekste gekopieer, sowel as sekretariële en administratiewe take verrig soos om sake- en regsbelange te behartig en historiese rekords vir konings, tempels en stede te hou. Dié beroepslui het later ontwikkel in staatsdiensamptenare, joernaliste, rekenmeesters, boekhouers, tikkers en regsgeleerdes.
In gemeenskappe met ’n lae geletterdheid kan skribas steeds op straathoeke aangetref word waar hulle ’n openbare diens lewer.
Antieke Egipte
--------------
’n Egiptiese skriba met ’n papirusrol.
Een van die belangrikste beroepe in antieke Egipte is beoefen deur mense wat opgevoed was in die skryf van beide hiëroglifiese en hiëratiese geskrifte, sowel as die demotiese skrif wat van die tweede helfte van die 1ste millennium v.C. af in gebruik was (hoofsaaklik vir handel). Hulle was ook bedrewe in rekenkunde. Skribas se seuns is in dieselfde tradisie grootgemaak, skool toe gestuur en het hulle vader se posisie geërf nadat hulle die staatsdiens betree het.
Baie van wat vandag oor antieke Egipte bekend is, is danksy die werksaamhede van skribas. Monumentale geboue is onder hulle toesig opgerig en versier, administratiewe en ekonomiese bedrywighede is deur hulle aangeteken en stories uit Egipte se laer stande en oor ander lande het bewaar gebly danksy hulle werk.:296
Die hiëroglief vir "skriba", "skryf" en "geskrifte" het soos volg gelyk:
Die teken bevat die skriba se inkpalet, ’n houer vir skryfriete en ’n leersakkie vir die swart en rooi inkblokke.
Thoth was die Egiptiese god wat die eer gekry het vir die uitvinding van skryf. Hy was die skriba van die gode en het kennis van wetenskaplike en morele wette gehad.
Letterkunde
-----------
In Egipte en Mesopotamië het letterkunde later ook deel van die skriba se werk geword. Die eerste stories was waarskynlik skeppingsverhale en godsdiensgeskrifte. Ander genres het ontwikkel, soos wysheidsletterkunde, ’n versameling filosofiese gesegdes van wyse manne. Dit bevat die vroegste aantekening van gemeenskapsdenke en die verkenning van idees in taamlike detail.
In die 3de millennium v.C. het die Sumeriërs dié soort letterkunde geskep in die vorm van ’n reeks debatte, soos die *Debat tussen Voël en Vis*. Nog Sumeriese voorbeelde sluit in *Debat tussen Somer en Winter*, waarin Winter wen, en dispute tussen die bees en graan, die boom en die riet, silwer en koper en die pik en die ploeg.
’n Antieke Egiptiese voorbeeld is *Dispuut tussen ’n man en sy Ba* uit die Middelryk.
Judaïsme
--------
In die 11de eeu v.C. reeds was skribas in antieke Israel gerekende beroepslui met funksies wat vandag deur regsgeleerdes, joernaliste, ministers, regters of finansiers vervul word. Sommige skribas het ook dokumente gekopieer, maar dit was nie noodwendig deel van hulle werk nie.
Die Joodse skribas het die volgende reëls en prosedures toegepas terwyl hulle afskrifte van die Tora en eindelik ander boeke van die Hebreeuse Bybel gemaak het:
1. Hulle kon net skoon dierevelle gebruik – om op te skryf en om die manuskripte te bind.
2. Elke kolom van hulle skryfwerk mag nie minder as 48 en nie meer as 60 reëls bevat het nie.
3. Die ink moes swart wees en is gemaak volgens ’n spesifieke resep.
4. Hulle moes elke woord hardop sê terwyl hulle skryf.
5. Hulle moes hulle pen afvee en hulle hele liggaam was elke keer voordat hulle die heilige naam van God, JHWH, skryf.
’n Versierde manuskrip uit die 1160's.
1. Die manuskrip moes binne 30 dae hersien word, en as daar drie bladsye of meer was wat korreksies vereis het, moes die hele manuskrip oorgeskryf word.
2. Die letters, woorde en paragrawe moes getel word, en die dokument was ongeldig as twee letters aan mekaar geraak het. Die middelste paragraaf, woord en letter moes ooreenstem met dié van die oorspronklike dokument.
3. Die dokumente mog net in heilige plekke gestoor word (sinagoges, ensovoorts).
4. Omdat geen dokument wat God se Woord bevat, vernietig kon word nie, is hulle gebêre of begrawe.
Sofers (Joodse skribas of skrifgeleerdes) is van die min skribas wat steeds hulle werk met die hand uitvoer, op perkament. Hulle is gerekende kalligrawe en skep Hebreeuse Torarolle en ander heilige tekste.
Middeleeuse Europa
------------------
In die Middeleeue is elke boek met die hand gemaak. Spesiaal opgeleide monnike, of skribas, moes elke bladsy perkament versigtig sny, die ink maak, die woorde skryf, die bladsye bind en ’n buiteblad maak om die boek te beskerm. Dit alles is in ’n skryfkamer, of skriptorium, in ’n klooster gedoen waar stilte gehandhaaf is sodat die skribas kon konsentreer. Tot 40 skribas kon in so ’n skryfkamer werk. Hulle het van sonsopkoms tot sonsondergang gewerk, met ’n etenstyd deur die loop van die dag. Hulle moes in die daglig werk, want kerse was duur en kerslig nie helder genoeg nie. Hulle hoofdoel was om die idees van die Christelike kerk te bevorder en hulle het dus hoofsaaklik klassiese en godsdienstige werke gekopieer. Van hulle is verwag om Latyn, Grieks en Hebreeus te skryf, of hulle die taal verstaan het of nie.
Hierdie manuskripte is dikwels in kalligrafiese letters geskryf en het ryklik versierde illustrasies bevat, en dit het die proses tydrowend gemaak. Skribas moes op die hoogte van die skryftegnologie wees: Hulle moes seker maak die reëls is reguit en die letters ewe groot. Die beste skribas kon twee boeke per jaar skryf, maar dit het gewoonlik sowat 15 maande geduur om ’n Bybel te kopieer.
Omdat die proses so tydsaam en duur was, was boeke nie volop nie. Later is ’n stelsel aanvaar waarvolgens dele van dieselfde teks aan verskillende gehuurde skrywers gegee is wat binne of buite die kloosters gewerk het.
Skakels
-------
* Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Skriba.
* Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
| | |
| --- | --- |
| Normdata Edit this at Wikidata |
* GND: 4165276-9
* NKC: ph124865
| | {
"title": "Skriba",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
2883,
7239,
0.39825942809780357
],
"infobox": [],
"td_tables": [
"<table about=\"#mwt45\" class=\"mw-hiero-table mw-hiero-outer\" data-mw='{\"name\":\"hiero\",\"attrs\":{},\"body\":{\"extsrc\":\"Y3\"}}' dir=\"ltr\" id=\"mwQA\" typeof=\"mw:Extension/hiero\"><tbody id=\"mwQQ\"><tr id=\"mwQg\"><td id=\"mwQw\"><table class=\"mw-hiero-table\" id=\"mwRA\"><tbody id=\"mwRQ\"><tr id=\"mwRg\"> <td id=\"mwRw\"><img alt=\"Y3\" height=\"38\" id=\"mwSA\" src=\"/w/extensions/wikihiero/img/hiero_Y3.png?f25ee\" style=\"margin: 1px;\" title=\"Y3\"/></td></tr></tbody></table></td></tr></tbody></table>",
"<table class=\"mw-hiero-table\" id=\"mwRA\"><tbody id=\"mwRQ\"><tr id=\"mwRg\"> <td id=\"mwRw\"><img alt=\"Y3\" height=\"38\" id=\"mwSA\" src=\"/w/extensions/wikihiero/img/hiero_Y3.png?f25ee\" style=\"margin: 1px;\" title=\"Y3\"/></td></tr></tbody></table>"
],
"text_length": 6491
} |
**Niederösterreich**
Neder-Oostenryk| Landsvlag | Landswapen |
| --- | --- |
| | |
| (Besonderhede) | (Besonderhede) |
| Basiese gegewens |
| Ampstaal: | Duits |
| Hoofstad: | Sankt Pölten |
| Stigting: | 1919 |
| Oppervlakte: | 19 179,56 km² (1de) *(31 Desember 2019)* |
| Bevolking: | 1 698 796 (2de) *(1 Januarie 2022)* |
| Bevolkingsdigtheid: | 89 inwoners / km² (4de) |
| Bruto binnelandse produk - Totaal (2018) - % per inwoner | 61,02 miljard €36 500 € |
| Werkloosheidsyfer: | 6,6 % *(Junie 2022)* |
| Buitelanders: | 10,3% *(1 Januarie 2020)* |
| Volkslied (*Landeshymne*): | *Oh Heimat, dich zu lieben* |
| ISO 3166-2: | AT-3 |
| Amptelike webwerf: | www.noe.gv.at |
| Politiek |
| Eerste minister: | Johanna Mikl-Leitner (ÖVP) |
| Regerende partye: | ÖVP, SPÖ en FPÖ |
| Setels in die parlement (*Landtag*) (56 setels)(2018: 56 setels): | ÖVP 23 (2018: 29)SPÖ 12 (13)FPÖ 14 (8)Die Grünen – Die grüne Alternative 4 (3)NEOS 3 (3) |
| Laaste verkiesing: | 29 Januarie 2023 |
| Volgende verkiesing: | 2028 |
| Parlementêre verteenwoordiging |
| Stemme in die Federale Raad (*Bundesrat*): | 12 |
| Kaart |
| |
**Neder-Oostenryk** (Duits: *Niederösterreich*) is die grootste van Oostenryk se nege deelstate. Dit beslaan 'n oppervlakte van 19 179,56 km² en het 'n bevolking van 1 698 796 in 2022 gehad. Neder-Oostenryk is in 1919 na die ontbinding van Oostenryk-Hongarye gestig en is in die noordooste van Oostenryk geleë. Dit grens aan die deelstate Opper-Oostenryk in die weste, Stiermarke in die suide en Burgenland in die suidooste. In die noorde grens dit aan Tsjeggië en in die ooste aan Slowakye. Die Oostenrykse hoofstad Wene, wat 'n eie deelstaat vorm, word volledig deur Neder-Oostenryk omring. Sankt Pölten is die hoofstad en met sowat 52 000 inwoners die grootste stedelike nedersetting van Neder-Oostenryk.
Geskiedenis
-----------
'n Digte missluier hang oor die Erlauf-vallei en die Donau, soos gesien vanuit die bergpiek Blassenstein naby Scheibbs
Die Semmering-spoorlyn was in 1854 die eerste ter wêreld wat deur die ingenieur Carl von Ghega in bergagtige terrein gebou is. Dit verbind oor 'n afstand van 41 km Gloggnitz met Mürzzuschlag en is in 1998 tot Unesco-wêrelderfenis verklaar
Dikwels word na Neder-Oostenryk, wat die Weense hoofstadgebied omsluit, as die kernland van Oostenryk verwys. Die Vooralpegebied is in die antieke tydperk deur Keltiese stamme – veral Boïers – bewoon en geleidelik deur die Romeinse Ryk verower. Hier het die belangrikste nedersettings van Austria Latina ontstaan – Vindobona (die huidige Wene) en Carnuntum. Rome se gesag en invloed het in die tyd van die Groot Volksverhuising vanaf die 5de eeu begin kwyn. Dit is volledig verdring deur verskeie golwe van nuwe setlaars soos Aware, Slawiërs en Bajuware.
In 788 het Karel die Grote die voorheen onafhanklike gebied in sy Frankiese Ryk ingelyf. Oos daarvan het hy omstreeks 800 die sogenaamde Awaremark en suid daarvan die Mark Karantanië gevestig waaruit later die huidige Karintië sou voortspruit. Die Oos-Frankiese Ryk is in die 10de eeu in 'n lang stryd teen die Hongare gewikkel wat vanuit die ooste na Sentraal-Europa gemigreer het. In die Slag op die Lechveld is hulle in 955 deur Otto die Grote verslaan.
As oostelike prefektuur van die Hertogdom Beiere (Latyns: *Marcha orientalis*) is die gebied tussen 975 en 1246 deur die Huis Babenberg geregeer. Hierdie markgraafskap, waarby ook enkele verowerde Hongaarse gebiede ingesluit is, het in Oudhoogduits as *Ostarrîchi* bekendgestaan. Hiervan afgelei is die moderne landsnaam Oostenryk.
Ná die Slag op die Marchveld het die gebied in 1278 onder Habsburgse bewind gekom en geleidelik tot dié dinastie se kernland ontwikkel. Vanaf die laat Middeleeue is die streek verskeie kere deur swaar onluste geteister – Habsburgse Suksessie-oorloë, Hussiete-oorloë en invalle wat deur die Hongaarse koning Matthias Corvinus geloods is. In 1349 het 'n vyfde van die Neder-Oostenrykse bevolking slagoffers van 'n verwoestende pesepidemie geword.
Die Reformatoriese gedagtes het in die vroeë 16de eeu groot aanklank gevind, maar reeds vanaf 1570 is die Protestantse invloed deur 'n grootskaalse Rooms-Katolieke Teenreformasie teruggedring. In die Slag van die Wit Berg buite Praag in November 1620 het die geallieerde Rooms-Katolieke magte 'n oorwinning oor koning Frederik van Boheme, die destydse politieke leier van Protestante in die Heilige Romeinse Ryk, behaal. Die Ottomaanse Ryk was 'n ander groot teenspeler. Die beleg van Wene deur Ottomaanse troepe het gepaard gegaan met grootskaalse verwoesting in die omliggende streke waar byna die hele bevolking uitgeroei is. In 1683 het die Turke 'n verpletterende nederlaag gely en is uit Oostenryk verdryf.
Gedurende die heropboufase is werkers en boere uit Stiermarke, die Salzkammergut, Opper-Oostenryk, Tirol, Beiere en Swabe in die ontvolkte Neder-Oostenrykse gebiede gevestig. In die Napoleontiese Oorloë in die vroeë 19de eeu en die konflik met Pruise in 1866 is die Neder-Oostenrykse bevolking nog eens deur plunderinge en geweldpleging bedreig. Teen die middel van die 19de eeu is 'n spoorweg gebou wat die streek met Wene as administratiewe en ekonomiese sentrum verbind het. Neder-Oostenryk het voordeel getrek uit die geografiese nabyheid van die metropool wat tot die spilpunt van die kulturele lewe in die Oostenryks-Hongaarse dubbelmonargie ontwikkel het.
Met die militêre nederlaag in die Eerste Wêreldoorlog en die ontbinding van Oostenryk-Hongarye het Neder-Oostenryk in 1922 die mees bevolkte deelstaat in die nuutgestigte Republiek van Oostenryk geword. Wene is reeds in 1920 as selfstandige stadstaat gevestig, het egter nog tot 1986 gelyktydig as administratiewe setel vir Neder-Oostenryk gedien. In 'n referendum, wat in 1986 gehou is, het kiesers die verheffing van Sankt Pölten tot deelstaathoofstad goedgekeur. Maar eers in 1997 is die deelstaatregering, -parlement en -administrasie na nuutgeboude geriewe in St. Pölten verskuif.
Die aansluiting van Oostenryk by die Nasionaalsosialisties oorheerste Duitse Ryk onder Adolf Hitler tussen 1938 en 1945, wat vervolgens amptelik Groot-Duitse Ryk genoem is, het nog eens ingrypende politieke veranderinge saamgebring. Die deelstaat se naam is gewysig tot Neder-Donau (*Niederdonau*) en grense nuut getrek. Omliggende munisipaliteite van Neder-Donau is by Wene ingelyf wat sodoende volgens Hitler se wens voortaan amptelik Groot-Wene, analoog aan Groot-Berlyn, genoem is.
Die geallieerde moondhede, wat Oostenryk tussen 1945 en 1955 geadministreer het, het alle administratiewe maatreëls uit die Nazi-tydperk met 'n wet herroep. Met uitsondering van Wene, wat in vier sektore verdeel is, het Neder-Oostenryk onder Sowjet-Russiese administrasie gekom. Net soos in die Sowjet-besettingsone in Duitsland is talle fabrieke gedemonteer en na Sowjet-Rusland verskeep. Die ekonomiese heropbou van Oostenryk se oostelike deelstate het sodoende langer geneem as in die weste wat deur die Franse, Britse en Amerikaanse geallieerdes geadministreer is. Die ekonomiese agterstand kon eers in die 1970's ingehaal word. Die belangrikheid van die landbousektor het geleidelik afgeneem na mate nywerhede en dienste begin groei het. Streke in die onmiddellike omgewing van Wene is ekonomies sterker as die res van die deelstaat.
Geografie
---------
Met 'n oppervlakte van 19 179,56 vierkante kilometer is Neder-Oostenryk die grootste deelstaat van Oostenryk. Veertig persent elk word deur landbougrond en bosgebiede beslaan.
### Landsgrense
Die federale hoofstad van Oostenryk, Wene, word as enklawe volledig deur Neder-Oostenryk omsluit. Die deelstaat grens in die noorde aan Suid-Boheme en Suid-Morawië (wat albei deel uitmaak van die Tsjeggiese Republiek), in die noordooste aan die Slowaakse geweste Tyrnau en Bratislava en – binne Oostenryk se grense – in die suidooste aan die deelstaat Burgenland, in die suide aan Stiermarke en in die weste aan Opper-Oostenryk. Met altesaam 414 km het Neder-Oostenryk die langste internasionale grense van alle Oostenrykse deelstate.
### Verdeling in *Viertel* of streke
Keiserin Elisabeth-gedenkkerk op die bergpiek Schneeberg
Panoramiese uitsig oor Dürnstein in die Wachau
Biblioteek van die barok-klooster Göttweig, Wachau
Raadsaal van Laxenburg. Die raadsplein is in 1753 herontwerp in opdrag van keiserin Maria Theresia
Historiserende boukuns: Franzensburg, Kasteelpark Laxenburg
Franzensburg, frontale aansig
Neder-Oostenryk is vanaf die 15de eeu tradisioneel in vier groot landskappe of streke verdeel (in Oostenrykse Duits *Viertel* genoem, historiese benamings word tussen hakies aangedui):
| | |
| --- | --- |
| | Noord van die Donau:* Waldviertel (Viertel ober dem Manhartsberg)
* Weinviertel (Viertel unter dem Manhartsberg).
Suid van die Donau:* Mostviertel (Viertel ober dem Wienerwald)
* Industrieviertel (Viertel unter dem Wienerwald)
|
Noord van die Donau
* Waldviertel (Viertel ober dem Manhartsberg), 'n uitgestrekte granietplato en historiese grensstreek met Boheme en Morawië
* Weinviertel (Viertel unter dem Manhartsberg), 'n heuwelland wat in die ooste in die plat landskap van die Marchveld oorgaan en waarvan groot dele onder wingerd is, soos die naam aandui
Suid van die Donau
* Mostviertel (Viertel ober dem Wienerwald), 'n streek wat oorheers word deur die uitlopers van die Kalkalpe met die Schneeberg, die hoogste bergpiek in Neder-Oostenryk op 2076 m bo seevlak
* Industrieviertel (Viertel unter dem Wienerwald), 'n streek in die suidooste waar reeds vanaf die laat 18de eeu tekstiel- en metaalnywerhede gevestig is, soos die naam reeds aandui
Hierdie vier streke kom ooreen met 'n ou administratiewe verdeling in die tyd van die Oostenryks-Hongaarse dubbelmonargie wat uit geografiese en ekonomiese besonderhede voortgespruit het. Vandag het hierdie indeling geen politieke betekenis meer nie en kan grense vanweë die afwykende moderne administratiewe eenhede net in 'n historiese konteks getrek word. Terwyl die Donau as grens tussen die noordelike en suidelike *Viertel* dien, is dit moeilik om suid en noord van die Manhartsberg presiese grense te trek.
Administratiewe distrikte
-------------------------
| Distrik | Hoofstad | Oppervlakte | Bevolking | Kenteken |
| --- | --- | --- | --- | --- |
| Amstetten | Amstetten | 1 187,97 km² | 112 498 | AM |
| Baden | Baden | 753,37 km² | 138 894 | BN |
| Bruck | Bruck | 494,95 km² | 42 985 | BL |
| Gänserndorf | Gänserndorf | 1 271,31 km² | 96 070 | GF |
| Gmünd | Gmünd | 786,24 km² | 37 739 | GD |
| Hollabrunn | Hollabrunn | 1 010,72 km² | 50 380 | HL |
| Horn | Horn | 783,99 km² | 31 455 | HO |
| Korneuburg | Korneuburg | 626,50 km² | 75 516 | KO |
| Krems-Land | Krems | 923,95 km² | 55 966 | KR |
| Lilienfeld | Lilienfeld | 931,55 km² | 26 427 | LF |
| Melk | Melk | 1 013,62 km² | 76 376 | ME |
| Mistelbach | Mistelbach | 1 291,30 km² | 74 024 | MI |
| Mödling | Mödling | 277,02 km² | 114 497 | MD |
| Neunkirchen | Neunkirchen | 1 146,35 km² | 85 569 | NK |
| Sankt Pölten-Land | Sankt Pölten | 1 121,61 km² | 96 728 | PL |
| Scheibbs | Scheibbs | 1 023,49 km² | 41 052 | SB |
| Tulln | Tulln | 658,03 km² | 71 171 | TU |
| Waidhofen | Waidhofen | 669,14 km² | 26 727 | WT |
| Wiener Neustadt-Land | Wiener Neustadt | 969,72 km² | 75 161 | WB |
| Wene-Umgebung | Klosterneuburg | 484,48 km² | 115 383 | WU, SW |
| Zwettl | Zwettl | 1 399,76 km² | 43 690 | ZT |
Statutêre (selfregerende) stede
-------------------------------
| Statutêre stad/Hoofstad | Oppervlakte | Bevolking | Kenteken |
| --- | --- | --- | --- |
| Krems | 51,61 km² | 24 110 | KS |
| Sankt Pölten | 108,48 km² | 52 048 | P |
| Waidhofen | 131,52 km² | 11 452 | WY |
| Wiener Neustadt | 60,96 km² | 41 537 | WN |
Boukuns
-------
### Kastele
Die bouvalle van die kasteel Aggstein (vroeë 12de eeu) in die gelyknamige gehuggie, geleë bo-oor die Donau in die streek Wachau wat sedert 2000 as Unesco-wêrelderfenisgebied gelys word
'n Groot aantal kastele, wat in hul oorspronklike toestand of as bouvalle bewaar gebly het, getuig van Neder-Oostenryk se strategiese historiese funksie as grensstreek. Oor eeue heen het Neder-Oostenryk hierdie rol vervul, en so strek die ontstaanstyd van die oudste kastele tot in die Hoë Middeleeue terug. In dié tyd, toe politieke en ekonomiese strukture eers nog gevestig moes word, het kastele 'n belangrike funksie as gewestelike sentrums vervul. Naas hul geskiedkundige administratiewe, ekonomiese en argitektoniese betekenis is hulle vandag belangrike toeristetrekpleisters wat met hul unieke liggings en silhoeëtte as mensgemakte strukture steeds die omliggende landskappe oorheers.
Met die uitvinding van kruit en die opkoms van nuwe tegnieke vir beleërings in die 16de eeu het kastele hul militêre betekenis as vestings geleidelik kwytgeraak. Baie kastele is tot statige adelswonings of slotte omgebou, ander het in verval geraak. Maar selfs as bouvalle hou kastele vir die waarnemer 'n besondere bekoring in, hoe meer hulle met hul omgewing tot 'n unieke landskapstoneel versmelt en die fantasie aanwakker as simbole van aardse vergankelikheid. | {
"title": "Neder-Oostenryk",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
4118,
12259,
0.3359164695325883
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 13147
} |
'n Skildery van Thomas Blinks, ongeveer 1900
Rotten Row in 2005
**Rotten Row** is 'n ruiterpad in Hyde Park in die middestad van Londen wat strek van Hyde Park Corner tot Coalbrookdale Gate. Dit is in 1690 aangelê om 'n veilige roete te verskaf aan koning Willem III as hy van die een na die ander paleis sou reis. Vermoedelik is die naam 'n verbastering van die Franse *route du roi*, die roete van die koning. In die 18de eeu het die pad ontwikkel tot die bymekaarkomplek van edelmanne en gesiene burgers met hul perde. Hierdie pad is die onderwerp van 'n bekende gedig deur Frederick Lampson.
James Kirkwood, na wie die dorp Kirkwood in die Oos-Kaap genoem is, het die woonbuurt van sy personeel op sy plaas Hillside in die Sondagsriviervallei ook Rotten Row genoem. Ten spyte van sy verduideliking dat die naam 'n aristokratiese konneksie het, het sy personeel ongelukkig gebly met die naamkeuse en het Kirkwood die naam gewysig.
Bron
----
* Logie, Bartle: Sundays – tales from a winding river. Port Elizabeth: Bluecliff,2011. ISBN 978-0-9870017-2-6 | {
"title": "Rotten Row",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
95,
866,
0.10969976905311778
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1058
} |
Roussannedruiwe
Blare van die Roussannedruifsoort
**Roussanne** is 'n wit druifsoort wat oorspronklik in die Rhônestreek in Frankryk verbou is. Dit word dikwels met Marsanne gemeng. Roussanne word ook verbou in verskeie "nuwewêreldse" wynstreke soos Kalifornië, Washington, Texas, Suid-Afrika en Australië, sowel as in Kreta, Toskane en Spanje se wynstreke.
Die bessies word uitgeken aan hul rooibruin kleur wanneer die druif rypheid bereik – *roux* is Frans vir rooibruin en is waarskynlik die bron van die druifsoort se naam. Roussanne se geur herinner aan kruietee. In warm streke produseer die druifsoort 'n effens swaar wyn met heuning- en peergeure.
In koeler streke het die wyn 'n hoër suurinhoud. Dit is dikwels 'n moeilike plant om te groei, en is veral vatbaar vir skimmelsiektes. Boonop is dit nie wind- of droogtebestand nie, word laat ryp en lewer wisselvallige opbrengste.
Sinonieme en verhouding met ander druifsoorte
---------------------------------------------
Sinonieme sluit in Barbin, Bergeron (veral in die Savoiestreek), Courtoisie, Fromental, Fromental jaune, Fromenteal, Fromenteau, Greffon, Greffou, Martin Cot, Petite Rousette, Picotin blanc, Plant de Seyssel, Rabellot, Rabelot, Ramoulette, Rebellot, Rebolot, Remoulette, Roussane, Roussane blanc, Roussanne blanc, Roussette, Rusan Belyi en Rusan Blan.
Daar bestaan ook gelyknamige druifsoorte – waarvan die bekendste druif die pienkvellige Roussanne du Var is wat in Provence verbou word, sowel as die Roussette wat in Savoie verbou word en ook bekendstaan as Altesse. | {
"title": "Roussanne",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
103,
1391,
0.07404744787922359
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1557
} |
*Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Nederlands.*
Die begrip **Nederlanders** (Nederlander, die Nederlandse volk) bevat verskeie definisies, en hulle kan afgesonder, verwant of deels oorlappend teenoor mekaar staan. Hieronder word die verskillende begrippe gedefinieer, waarna die artikel verder uitbrei oor die Nederlandse entisiteit.
Nederlandse nasionaliteit
-------------------------
Jan van Riebeeck land in Tafelbaai in April 1642.
Die Rykswet op die Nederlandskap (Nederlands: *Rijkswet op het Nederlanderschap*) bepaal of iemand 'n Nederlander is. 'n Gelykwaardige term is *Nederlandse staatsburger*, *Nederlandse onderdaan* (maar sien ook onder), en *iemand met die Nederlandse nasionaliteit*.
In die meeste andere lande (byvoorbeeld België of Spanje) word die woord *nasionaliteit* of 'n vertaling van die woord, meer gebruik vir 'n begrip wat digter by entisiteit lê. In Nederland word die staatsburgerskap in die reël bekom deur geboorte. Die hoofreël van die Rykswet op Nederlandskap is dat iemand 'n Nederlander is, as op die moment van geboorte één van die ouers 'n Nederlander is. Daarna kan die staatsburgerskap ook deur naturalisasie verkry word. Mens kan die Nederlandse staatsburgerskap verloor wanneer die staatsburgerskap van 'n ander land vrywilliglik aangeneem word. Om diens te neem in 'n vreemde krygsmag kan ook tot verlies van die Nederlandse nationaliteit lei, indien die krygshandelinge teen die Nederlandse belange druis. Dat mens by 'n veroordeling tot gevangenisstraf die staatsburgerskap sou kon verloor, is 'n misverstand wat berus op verwarring met die straf van ontsetting uit die kiesreg, waartoe mens wél veroordeel kan word.
Onderdaanskap
-------------
Nederlanders is teenoor Nederland onderdanig, maar in die verlede was daar Nederlandse onderdane wat geen Nederlanders was nie.
In die voormalige Nederlands-Indië het dit vir die inheemse bevolking gegeld. Dit was opgeteken in die wet oor die Nederlandse onderdaanskap (Wet van 10 Februarie 1910, Stb. nr. 55). In 1927 word hierdie wet ook van toepassing in Suriname en op Curaçao en hul onderhoriges. Vanaf 1949 was dit nie meer van toepassing op die selfstandig gewordene Indonesië nie, maar wel nog op die Nederlandse Nieu-Guinee. Na die invoering van die *Statuut voor het Koninkrijk der Nederlanden* in 1954 was daar slegs nog nie-Nederlandse onderdane in Nederlandse Nieu-Guinee. Na die oordrag aan Indonesië in 1962/'63 was daar geen meer aparte begrip "onderdaan" nie.
Die begrip "onderdaan" word wel nog gebruik in die internasionale verband, byvoorbeeld in die term "gemeenskapsonderdaan."
Nederlandse volk
----------------
Met "volk" kan, afhanklik van die konteks, sowel na die Nederlandse nasie (dit wil sê, die hele bevolking van Nederland) of na mense met die Nederlandse etnisiteit verwys. Hoewel die woord in die omgangstaaal vry voorkom word die term in die wetenskaplike veld deurgaans vermy vanweë sy onduidelike en dikwels vae betekenis.
Nederlandse nasie
-----------------
Die begrip nasie is abstrak, en word bekendgestel tydens die tydperk van die Romantiese Nasionalisme aan die einde van die 18de eeu. 'n Nasie kan bestaan uit één enkele etnisiteit. Japan en Ysland is moderne voorbeelde, of uit meerdere, waarby byvoorbeeld gedink kan word aan die Volksrepubliek China of die Verenigde State van Amerika. Dikwels is dit so dat een etnisiteit kultureel (dikwels insluitende sy taal) dominant is. Ook in Nederland bestaan die nasie uit meerdere etnisiteite, waarby die Nederlandse die mees dominante is.
Nederlandse etnisiteit
----------------------
Die Nederlandse etnisiteit is 'n sosiaal-kulturele identiteit. Deurgaans word mense met die Nederlandse etnisiteit eenvoudig Nederlanders genoem.
Nederlanders (in die sin van etnisiteit) is onderling verbonde deur 'n gemeenskaplike geskiedenis, kultuur, taal en afstamming. Etnisiteit is nie aan die Nederlandse landsgrense gebonde nie, en ook die Vlaminge word beskou as behorend tot die Nederlandse etnisiteit, tog nie tot die Nederlandse volk in 'n nasionale sin nie.
Afrikaners stam grotendeels af van Nederlanders en Vlaminge.
Notas
-----
* *Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: Nederlanders* | {
"title": "Nederlanders",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
2647,
6101,
0.4338633010981806
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt16\" align=\"right\" cellpadding=\"3\" class=\"infobox bordered\" data-mw=\"{"parts":[{"template":{"target":{"wt":"Etniese groep\\n","href":"./Sjabloon:Etniese_groep"},"params":{"beeld":{"wt":"[[Lêer:Famous Dutch People.jpg|300px]]"},"onderskrif":{"wt":""},"groep":{"wt":"Nederlanders"},"bevolking":{"wt":"ca. 29 miljoen<ref>{{nl}} ''Autochtone population at 1 January 2006, Central Statistics Bureau, ''Integratiekaart 2006'''', [http://www.cbs.nl/NR/rdonlyres/4336C8A9-8E06-46BE-B1C0-CB0B21AD1AD4/0/2006integratiekaartpub.pdf] {{Webarchive|url=https://web.archive.org/web/20160119045201/http://www.cbs.nl/NR/rdonlyres/4336C8A9-8E06-46BE-B1C0-CB0B21AD1AD4/0/2006integratiekaartpub.pdf |date=19 Januarie 2016 }}</ref>"},"plek":{"wt":"{{vlagland|Nederland}} ~13,2 miljoen<br />\\n{{vlagland|Suid-Afrika}} ~7 miljoen<ref name=autogenerated6>{{nl}} {{cite web |title=Dutch-born 2001, Figure 3 in DEMOS, 21, 4. Nederlanders over de grens |first1=Han |last1=Nicholaas |first2=Arno |last2=Sprangers |url=https://www.nidi.knaw.nl/en/output/demos/2005/demos-21-04-nicolaas.pdf |format=PDF |publisher=Nidi.knaw.nl |accessdate= |archive-date=11 Junie 2007 |archive-url=https://web.archive.org/web/20070611114016/http://www.nidi.knaw.nl/en/output/demos/2005/demos-21-04-nicolaas.pdf/demos-21-04-nicolaas.pdf |url-status=dead }}</ref><br />\\n{{vlagland|Verenigde State}} ~4,4 miljoen<ref>{{en}} {{cite web|url=http://factfinder2.census.gov/faces/tableservices/jsf/pages/productview.xhtml?pid=ACS_12_1YR_B04003&prodType=table|title=Total Ancestry Reported|publisher=United States Census Bureau|date=2012|accessdate=21 April 2016}}</ref><br />\\n{{vlagland|Frankryk}} ~1 miljoen<ref name=\\"Nidi.knaw.nl\\">{{nl}} {{cite web|title=210,000 emigrants since World War II, after return migration there were 120,000 Netherlands-born residents in Canada in 2001. DEMOS, 21, 4. Nederlanders over de grens |first1=Han |last1=Nicholaas |first2=Arno |last2=Sprangers |url=http://www.nidi.knaw.nl/en/output/demos/2005/demos-21-04-nicolaas.pdf |format=PDF |publisher=Nidi.knaw.nl |accessdate= |url-status=dead |archiveurl=https://web.archive.org/web/20070611114005/http://www.nidi.knaw.nl/en/output/demos/2005/demos-21-04-nicolaas.pdf/ |archivedate=11 Junie 2007 }}</ref><br />\\n{{vlagland|Kanada}} ~1 miljoen<ref name=\\"Nidi.knaw.nl\\"/><br />\\n{{vlagland|Duitsland}} 350&nbsp;000<ref>{{en}} [http://www.destatis.de/jetspeed/portal/cms/Sites/destatis/Internet/EN/Content/Statistics/Bevoelkerung/AuslaendischeBevoelkerung/Tabellen/Content50/TOP10Liste,templateId=renderPrint.psml Federal Statistics Office - Foreign population] {{Webarchive|url=https://web.archive.org/web/20120212235553/http://www.destatis.de/jetspeed/portal/cms/Sites/destatis/Internet/EN/Content/Statistics/Bevoelkerung/AuslaendischeBevoelkerung/Tabellen/Content50/TOP10Liste,templateId=renderPrint.psml |date=12 Februarie 2012 }}</ref><br />\\n{{vlagland|Australië}} 335&nbsp;500<ref>{{cite web |url=http://www.abs.gov.au/ausstats/[email protected]/Lookup/2071.0main+features902012-2013 |title=ABS Ancestry |year=2012 |access-date=25 April 2016 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20170923063342/http://www.abs.gov.au/ausstats/[email protected]/Lookup/2071.0main%20features902012-2013 |archive-date=23 September 2017 |url-status=live |df=dmy-all }}</ref><br />\\n{{vlagland|België}} 120&nbsp;970<ref>{{cite web |url=https://www.cbs.nl/NR/rdonlyres/564DE063-D369-4042-A502-0F4FF5DFC939/0/2007k4b15p47art.pdf |title=Belgen in Nederland en Nederlanders in België |publisher=Centraal Bureau voor de Statistiek |access-date=25 April 2016 |language=nl |archive-url=https://web.archive.org/web/20170706133154/https://www.cbs.nl/NR/rdonlyres/564DE063-D369-4042-A502-0F4FF5DFC939/0/2007k4b15p47art.pdf |archive-date=6 Julie 2017 |url-status=dead |df=dmy-all}}</ref><br />\\n{{vlagland|Nieu-Seeland}} 100&nbsp;000<ref>{{cite web |url=http://www.teara.govt.nz/en/dutch/4 |title=New Zealand government website on Dutch-Australians |publisher=Teara.govt.nz |date=4 Maart 2009 |access-date=25 April 2016 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20121016190212/http://www.teara.govt.nz/en/dutch/4 |archive-date=16 Oktober 2012 |url-status=live |df=dmy-all}}</ref><br />\\n{{vlagland|Denemarke}} 30&nbsp;000<ref name=\\"joshuaproject.net\\">{{cite web |author=Joshua Project |url=https://joshuaproject.net/people_groups/11659 |title=Dutch Ethnic People in all Countries |publisher=Joshua Project |access-date=25 April 2016 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20190526025833/https://joshuaproject.net/people_groups/11659 |archive-date=26 Mei 2019 |url-status=live |df=dmy-all}}</ref><br />\\n{{vlagland|Switserland}} 20&nbsp;000<ref>{{cite web |url=http://www.bfs.admin.ch/bfs/portal/de/index/themen/01/22/publ.Document.88215.pdf |title=Ausländerinnen und Ausländer in der Schweiz |publisher=Admin.ch |access-date=25 April 2016 |language=de |archive-url=https://web.archive.org/web/20160506082758/http://www.bfs.admin.ch/bfs/portal/de/index/themen/01/22/publ.Document.88215.pdf |archive-date=6 Mei 2016 |url-status=dead |df=dmy-all}}</ref><br />\\n{{vlagland|Turkye}} 15&nbsp;000<ref>{{cite web |url=http://www.cbs.nl/nr/exeres/E4FCE219-D72D-47C6-A867-7D7EC9ED0BF0.htm |title=CBS - One in eleven old age pensioners live abroad - Web magazine |publisher=Cbs.nl |date=20 Februarie 2007 |access-date=7 Augustus 2012 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20160304233541/http://cbs.nl/nr/exeres/e4fce219-d72d-47c6-a867-7d7ec9ed0bf0.htm |archive-date=4 Maart 2016 |url-status=dead |df=dmy-all}}</ref><br />\\n{{vlagland|Indonesië}} 15&nbsp;000<ref name=\\"joshuaproject.net\\" /><br />\\n{{vlagland|Noorweë}} 13&nbsp;000<ref>{{cite web |url=http://www.ssb.no/english/subjects/02/01/10/innvbef_en/arkiv/tab-2009-04-30-05-en.html |title=Table 5 Persons with immigrant background by immigration category, country background and sex. 1 January 2009 |publisher=Ssb.no |date=1 Januarie 2009 |access-date=7 Augustus 2012 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20121115231433/http://www.ssb.no/english/subjects/02/01/10/innvbef_en/arkiv/tab-2009-04-30-05-en.html |archive-date=15 November 2012 |url-status=dead |df=dmy-all}}</ref><br />\\n{{vlagland|Swede}} 10&nbsp;000<ref name=\\"joshuaproject.net\\"/>"},"taal":{"wt":"[[Nederlands]], [[Wes-Fries]], [[Afrikaans]]"},"geloof":{"wt":"Histories twee-derde [[Protestantisme]] (hoofsaaklik [[Calvinisme]] met 'n noemenswaardige [[Lutheranisme|Lutherse]] minderheid), een derde [[Rooms-Katolieke Kerk]]; vandag meestal ongebonde, met Rooms-Katolieke Verenigde kerke (Gereformeerde en Lutherse) minderhede"},"verwante":{"wt":"Ander [[Germane|Germaanse volke]] soos [[Afrikaners]], [[Duitsers]], [[Engelse]], [[Friese]] en [[Vlaminge]]"}},"i":0}}]}\" id=\"mwBg\" style=\"width: 22em; font-size: 95%; text-align: left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size: larger; background-color: #b08261; color: #fee8ab;\">Nederlanders</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Famous_Dutch_People.jpg\"><img data-file-height=\"1600\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"1600\" decoding=\"async\" height=\"300\" resource=\"./Lêer:Famous_Dutch_People.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/76/Famous_Dutch_People.jpg/300px-Famous_Dutch_People.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/76/Famous_Dutch_People.jpg/450px-Famous_Dutch_People.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/76/Famous_Dutch_People.jpg/600px-Famous_Dutch_People.jpg 2x\" width=\"300\"/></a></span><br/></td></tr>\n<tr>\n<th style=\"background-color: #fee8ab;\">Totale bevolking:</th>\n<td style=\"background-color: #fff6d9;\">ca. 29 miljoen</td></tr>\n<tr>\n<th style=\"background-color: #fee8ab;\">Belangrike bevolkings <span typeof=\"mw:Entity\"> </span>in:</th>\n<td style=\"background-color: #fff6d9;\"><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Nederland\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_Netherlands.svg\" title=\"Vlag van Nederland\"><img alt=\"Vlag van Nederland\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"900\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_Netherlands.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/20/Flag_of_the_Netherlands.svg/22px-Flag_of_the_Netherlands.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/20/Flag_of_the_Netherlands.svg/33px-Flag_of_the_Netherlands.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/20/Flag_of_the_Netherlands.svg/44px-Flag_of_the_Netherlands.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Nederland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nederland\">Nederland</a> ~13,2 miljoen<br/>\n<p><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Suid-Afrika\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_South_Africa.svg\" title=\"Vlag van Suid-Afrika\"><img alt=\"Vlag van Suid-Afrika\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"900\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_South_Africa.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Flag_of_South_Africa.svg/22px-Flag_of_South_Africa.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Flag_of_South_Africa.svg/33px-Flag_of_South_Africa.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Flag_of_South_Africa.svg/44px-Flag_of_South_Africa.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrika</a> ~7 miljoen<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Verenigde State van Amerika\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_United_States.svg\" title=\"Vlag van Verenigde State van Amerika\"><img alt=\"Vlag van Verenigde State van Amerika\" data-file-height=\"650\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1235\" decoding=\"async\" height=\"12\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_United_States.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Flag_of_the_United_States.svg/22px-Flag_of_the_United_States.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Flag_of_the_United_States.svg/33px-Flag_of_the_United_States.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Flag_of_the_United_States.svg/44px-Flag_of_the_United_States.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Verenigde_State_van_Amerika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Verenigde State van Amerika\">Verenigde State</a> ~4,4 miljoen<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Frankryk\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_France.svg\" title=\"Vlag van Frankryk\"><img alt=\"Vlag van Frankryk\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"900\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_France.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c3/Flag_of_France.svg/22px-Flag_of_France.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c3/Flag_of_France.svg/33px-Flag_of_France.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/c3/Flag_of_France.svg/44px-Flag_of_France.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Frankryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Frankryk\">Frankryk</a> ~1 miljoen<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Kanada\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Canada_(Pantone).svg\" title=\"Vlag van Kanada\"><img alt=\"Vlag van Kanada\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1200\" decoding=\"async\" height=\"11\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Canada_(Pantone).svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg/22px-Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg/33px-Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg/44px-Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Kanada\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kanada\">Kanada</a> ~1 miljoen<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Duitsland\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Germany.svg\" title=\"Vlag van Duitsland\"><img alt=\"Vlag van Duitsland\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1000\" decoding=\"async\" height=\"13\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Germany.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Germany.svg/22px-Flag_of_Germany.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Germany.svg/33px-Flag_of_Germany.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Germany.svg/44px-Flag_of_Germany.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Duitsland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Duitsland\">Duitsland</a> 350<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Australië\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Australia.svg\" title=\"Vlag van Australië\"><img alt=\"Vlag van Australië\" data-file-height=\"640\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1280\" decoding=\"async\" height=\"11\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Australia.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b9/Flag_of_Australia.svg/22px-Flag_of_Australia.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b9/Flag_of_Australia.svg/33px-Flag_of_Australia.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b9/Flag_of_Australia.svg/44px-Flag_of_Australia.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Australië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Australië\">Australië</a> 335<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>500<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van België\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Belgium.svg\" title=\"Vlag van België\"><img alt=\"Vlag van België\" data-file-height=\"780\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"900\" decoding=\"async\" height=\"19\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Belgium.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/65/Flag_of_Belgium.svg/22px-Flag_of_Belgium.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/65/Flag_of_Belgium.svg/33px-Flag_of_Belgium.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/65/Flag_of_Belgium.svg/44px-Flag_of_Belgium.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./België\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"België\">België</a> 120<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>970<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Nieu-Seeland\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_New_Zealand.svg\" title=\"Vlag van Nieu-Seeland\"><img alt=\"Vlag van Nieu-Seeland\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1200\" decoding=\"async\" height=\"11\" resource=\"./Lêer:Flag_of_New_Zealand.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3e/Flag_of_New_Zealand.svg/22px-Flag_of_New_Zealand.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3e/Flag_of_New_Zealand.svg/33px-Flag_of_New_Zealand.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3e/Flag_of_New_Zealand.svg/44px-Flag_of_New_Zealand.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Nieu-Seeland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nieu-Seeland\">Nieu-Seeland</a> 100<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Denemarke\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Denmark.svg\" title=\"Vlag van Denemarke\"><img alt=\"Vlag van Denemarke\" data-file-height=\"387\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"17\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Denmark.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Flag_of_Denmark.svg/22px-Flag_of_Denmark.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Flag_of_Denmark.svg/33px-Flag_of_Denmark.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Flag_of_Denmark.svg/44px-Flag_of_Denmark.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Denemarke\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Denemarke\">Denemarke</a> 30<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Switserland\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Switzerland.svg\" title=\"Vlag van Switserland\"><img alt=\"Vlag van Switserland\" data-file-height=\"512\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"20\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Switzerland.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f3/Flag_of_Switzerland.svg/20px-Flag_of_Switzerland.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f3/Flag_of_Switzerland.svg/30px-Flag_of_Switzerland.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/f3/Flag_of_Switzerland.svg/40px-Flag_of_Switzerland.svg.png 2x\" width=\"20\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Switserland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Switserland\">Switserland</a> 20<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Turkye\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Turkey.svg\" title=\"Vlag van Turkye\"><img alt=\"Vlag van Turkye\" data-file-height=\"800\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1200\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Turkey.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b4/Flag_of_Turkey.svg/22px-Flag_of_Turkey.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b4/Flag_of_Turkey.svg/33px-Flag_of_Turkey.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b4/Flag_of_Turkey.svg/44px-Flag_of_Turkey.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Turkye\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Turkye\">Turkye</a> 15<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Indonesië\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Indonesia.svg\" title=\"Vlag van Indonesië\"><img alt=\"Vlag van Indonesië\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"900\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Indonesia.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9f/Flag_of_Indonesia.svg/22px-Flag_of_Indonesia.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9f/Flag_of_Indonesia.svg/33px-Flag_of_Indonesia.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9f/Flag_of_Indonesia.svg/44px-Flag_of_Indonesia.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Indonesië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Indonesië\">Indonesië</a> 15<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Noorweë\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Norway.svg\" title=\"Vlag van Noorweë\"><img alt=\"Vlag van Noorweë\" data-file-height=\"372\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"16\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Norway.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/22px-Flag_of_Norway.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/33px-Flag_of_Norway.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Norway.svg/44px-Flag_of_Norway.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Noorweë\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Noorweë\">Noorweë</a> 13<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000<br/>\n<span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Swede\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Sweden.svg\" title=\"Vlag van Swede\"><img alt=\"Vlag van Swede\" data-file-height=\"320\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"14\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Sweden.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4c/Flag_of_Sweden.svg/22px-Flag_of_Sweden.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4c/Flag_of_Sweden.svg/33px-Flag_of_Sweden.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/4/4c/Flag_of_Sweden.svg/44px-Flag_of_Sweden.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Swede\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Swede\">Swede</a> 10<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>000</p></td></tr>\n<tr>\n<th style=\"background-color: #fee8ab;\">Taal:</th>\n<td style=\"background-color: #fff6d9;\"><a href=\"./Nederlands\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nederlands\">Nederlands</a>, <a href=\"./Wes-Fries\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wes-Fries\">Wes-Fries</a>, <a href=\"./Afrikaans\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Afrikaans\">Afrikaans</a></td></tr>\n<tr>\n<th style=\"background-color: #fee8ab;\">Geloofsoortuiging:</th>\n<td style=\"background-color: #fff6d9;\">Histories twee-derde <a href=\"./Protestantisme\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Protestantisme\">Protestantisme</a> (hoofsaaklik <a href=\"./Calvinisme\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Calvinisme\">Calvinisme</a> met 'n noemenswaardige <a href=\"./Lutheranisme\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Lutheranisme\">Lutherse</a> minderheid), een derde <a href=\"./Rooms-Katolieke_Kerk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Rooms-Katolieke Kerk\">Rooms-Katolieke Kerk</a>; vandag meestal ongebonde, met Rooms-Katolieke Verenigde kerke (Gereformeerde en Lutherse) minderhede</td></tr>\n<tr>\n<th style=\"background-color: #fee8ab;\">Verwante etniese groepe:</th>\n<td style=\"background-color: #fff6d9;\">Ander <a href=\"./Germane\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Germane\">Germaanse volke</a> soos <a href=\"./Afrikaners\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Afrikaners\">Afrikaners</a>, <a href=\"./Duitsers\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Duitsers\">Duitsers</a>, <a href=\"./Engelse\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Engelse\">Engelse</a>, <a href=\"./Friese\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Friese\">Friese</a> en <a href=\"./Vlaminge\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vlaminge\">Vlaminge</a></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 4268
} |
**Nedbank Groep Beperk** (JSE: NED Geargiveer 10 Desember 2007 op Wayback Machine) of beter bekend as **Nedbank** is een van die vier groot banke van Suid-Afrika, alhoewel dit egter een van die nuutste banke is om plaaslik geïnkorporeer te word. Sy hoofkantoor is in Johannesburg en sy markkapitalisasie bedra R136 miljard op 31 Desember 2018. Nedbank het 7,9 miljoen kliënte met R826 biljoen se deposito's en R1,044 miljard se bates.
Geskiedenis
-----------
Historiese foto van die Nedbankgebou in Cullinan in 1908. Dié gebou word steeds gebruik
Nedbankgebou in Kaapstad
Die bank is oorspronklik in 1888 gestig in Amsterdam as die *Nederlandsche Bank en Credietvereeniging voor Zuid-Afrika* en in dieselfde jaar is 'n kantoor in Pretoria geopen. 18 jaar later, in 1906, het die bank uitgebrei met die opening van 'n tak in Londen. In 1951 word die Suid-Afrikaanse tak selfstandig en onder die naam *Nederlandse Bank in Suid-Afrika Beperk* geïnkorporeer. Die hoeveelheid Suid-Afrikaanse aandeelhouers het aansienlik toegeneem en in 1969 word die maatskappy 100 persent Suid-Afrikaans nadat die *Bank Mees en Hoop* 20 persent van die aandele gekoop en nog dieselfde jaar weer verkoop het.
In 1992 is die naam van die bank verander na Nedcor Bank Beperk, waarvan Nedbank die grootste afdeling was. In 1992 smelt Syfrets, UAL en Nedbank Investment Bank saam om Nedcor Investment Bank (NIB) te vorm. Ou Mutual, Nedcor se houermaatskappy, het demutualiseer en is in 1999 op die Londense aandelebeurs gelys. Dit word 'n samestelling van die FTSE 100-indeks. Nedbank bekom die Man-eiland en Jersey se private bankbesigheid van Robert Fleming & Kie in 2001.
Die nuwe Nedcor Groep word op 1 Januarie 2003 gevorm, en kombineer Nedcor, BoE, Nedcor Investment Bank en die Kaap van Goeie Hoop Bank in een wettige entiteit. Die Nedcor Groep is hernoem tot die Nedbank Groep op 6 Mei 2005. Die Nedbank-hoofkantoor is in Sandton, Suid-Afrika.
In Augustus 2009 koop Nedbank die oorblywende 49.9% van Imperial Bank en sedertdien word Imperial Bank ten volle besit deur Nedbank.
Op 26 September 2018 het Ou Mutual aangekondig dat hulle hul meerderheidsaandeel in Nedbank gaan ontbondel aan aandeelhouers, met 'n totale markwaarde van R43,2 miljard wat ontbondel is. Ou Mutual se 52% aandeel is verminder na 19,9% wat deur Ou Mutual Lewensassuransie Maatskappy van Suid-Afrika Beperk (OMLACSA) besit word.
Aandeelhouerskap
----------------
Aandeelhouerskap op 28 Junie 2019| Aandeelhouer / Bestuurder van aandele | Hoeveelheid aandele | Jun 2019 % houerskap |
| --- | --- | --- |
| Ou Mutual Lewensassuransie Maatskappy van Suid-Afrika Beperk (OMLACSA) en vennote (Sluit in fondse wat names ander begunstigdes bestuur word) | 111 328 923 | 24,48 |
| Nedbank Groep tesourie aandele | 15 858 222 | 3,19 |
| BEE trusts | 6 527 853 | 1,31 |
| Nedbank Namibië Beperk | 47 512 | 0,01 |
| Nedbank Groep (2005) beperk en ooreengestemde-aandeleskemas | 9 282 857 | 1,87 |
| Openbare Beleggingskorporasie (SA) | 51 790 903 | 10,42 |
| Coronation Fondsbestuurders | 32 585 498 | 6,56 |
| BlackRock (Internasionaal) | 19 010 290 | 3,82 |
| Allan Gray Beleggingsraad | 17 966 430 | 3,61 |
| Die Vanguard Groep | 15 366 987 | 3,09 |
| GIC Batebestuur (Edms) Beperk | 12 796 726 | 2,57 |
| Lazard Batebestuur (Internasionaal) | 12 721 791 | 2,56 |
| Dimensional bate-adviseurs (VSA, VK en Aus) | 9 734 260 | 1,96 |
| Sanlam Beleggingsbestuur | 9 708 045 | 1,95 |
Sien ook
--------
* Standard Bank
* ABSA
* Capitec
* ENB | {
"title": "Nedbank",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1986,
4018,
0.49427575908412147
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox vcard\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Maatskappy\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Maatskappy\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Nedbank\"},\"kenteken\":{\"wt\":\"[[Lêer:Nedbank logo small.jpg|180px]]\"},\"tipe\":{\"wt\":\"Openbare Maatskappy\"},\"stigting\":{\"wt\":\"1888\"},\"ligging_stad\":{\"wt\":\"[[Johannesburg]], [[Gauteng]]\"},\"ligging_land\":{\"wt\":\"[[Suid-Afrika]]\"},\"ligging\":{\"wt\":\"\"},\"liggings\":{\"wt\":\"\"},\"sleutelpersone\":{\"wt\":\"Michael William Thomas Brown ([[hoof- uitvoerende beampte]])<br />Raisibe Morathi (hoof finansiële beampte)<br />Mfundo Nkhulu (hoofbedryfsbeampte)<br />Vassi Naidoo (voorsitter van die raad)\"},\"gebied_bedien\":{\"wt\":\"[[Suid-Afrika]], [[Mauritius]], [[Malawi]], [[Zimbabwe]], [[Namibië]], [[Mosambiek]], [[Lesotho]], [[Eswatini]], [[Man (eiland)]], [[Guernsey]], [[Jersey]] en [[Londen]]\\nVerteenwoordigende tak in [[Dubai]]\"},\"industrie\":{\"wt\":\"Bankwese\"},\"produkte\":{\"wt\":\"Finansiële dienste\"},\"dienste\":{\"wt\":\"\"},\"inkomste\":{\"wt\":\"R31,8 miljard (2012)\"},\"bedryfsinkomste\":{\"wt\":\"\"},\"netto_inkomste\":{\"wt\":\"\"},\"getal_werknemers\":{\"wt\":\"+31&nbsp;227 (2018)\"},\"ouer\":{\"wt\":\"\"},\"afdelings\":{\"wt\":\"\"},\"dogtermaatskappye\":{\"wt\":\"\"},\"slagspreuk\":{\"wt\":\"\\\"Make things happen\\\"\"},\"tuisblad\":{\"wt\":\"[https://www.nedbank.co.za/ www.nedbank.co.za]\"},\"ontbind\":{\"wt\":\"\"},\"voetnotas\":{\"wt\":\"\"},\"intl\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:25.5em; font-size:85%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<td class=\"fn org\" colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:120%;\"><b>Nedbank</b></td></tr>\n<tr><td colspan=\"2\" style=\"text-align:center; padding:16px 0 16px 0;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Nedbank_logo_small.jpg\"><img class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"413\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"413\" decoding=\"async\" height=\"180\" resource=\"./Lêer:Nedbank_logo_small.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0a/Nedbank_logo_small.jpg/180px-Nedbank_logo_small.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0a/Nedbank_logo_small.jpg/270px-Nedbank_logo_small.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0a/Nedbank_logo_small.jpg/360px-Nedbank_logo_small.jpg 2x\" width=\"180\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Tipe</th>\n<td>Openbare Maatskappy</td></tr>\n<tr>\n<th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Gestig</th>\n<td>1888</td></tr>\n<tr>\n<th class=\"label\" style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Hoofkantoor</th>\n<td><a href=\"./Johannesburg\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Johannesburg\">Johannesburg</a>, <a href=\"./Gauteng\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gauteng\">Gauteng</a>,<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrika</a></td></tr>\n<tr><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Sleutelpersone</th><td>Michael William Thomas Brown (<a href=\"./Hoof-_uitvoerende_beampte\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Hoof- uitvoerende beampte\">hoof- uitvoerende beampte</a>)<br/>Raisibe Morathi (hoof finansiële beampte)<br/>Mfundo Nkhulu (hoofbedryfsbeampte)<br/>Vassi Naidoo (voorsitter van die raad)</td></tr><tr class=\"note\"><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Gebied<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>bedien</th><td><a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrika</a>, <a href=\"./Mauritius\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mauritius\">Mauritius</a>, <a href=\"./Malawi\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Malawi\">Malawi</a>, <a href=\"./Zimbabwe\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Zimbabwe\">Zimbabwe</a>, <a href=\"./Namibië\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Namibië\">Namibië</a>, <a href=\"./Mosambiek\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mosambiek\">Mosambiek</a>, <a href=\"./Lesotho\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Lesotho\">Lesotho</a>, <a href=\"./Eswatini\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eswatini\">Eswatini</a>, <a href=\"./Man_(eiland)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Man (eiland)\">Man (eiland)</a>, <a href=\"./Guernsey\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Guernsey\">Guernsey</a>, <a href=\"./Jersey\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Jersey\">Jersey</a> en <a href=\"./Londen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Londen\">Londen</a>\nVerteenwoordigende tak in <a class=\"mw-redirect mw-disambig\" href=\"./Dubai\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Dubai\">Dubai</a></td></tr><tr class=\"note\"><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Industrie</th><td>Bankwese</td></tr><tr class=\"note\"><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Produkte</th><td>Finansiële dienste</td></tr><tr><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">\nInkomste</th><td>R31,8 miljard (2012)</td></tr>\n<tr><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Werknemers</th><td>+31<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>227 (2018)</td></tr><tr class=\"note\"><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Slagspreuk</th><td>\"Make things happen\"</td></tr><tr><th style=\"text-align:right; padding-right:0.75em;\">Webwerf</th><td><a class=\"external text\" href=\"https://www.nedbank.co.za/\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">www.nedbank.co.za</a></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 3496
} |
Lande waar poligamie algemeen toegelaat word (2006)
Toba-stamhoof met sy vroue, 1892.
Ngungunhane (1850-1906), of Gungunhana, met sy sewe vroue.
**Poligamie** (πολυ (poly) = veel; γαμος (gamos) = huwelik)) is 'n huwelik van 'n man met meer as een vrou tegelyk of omgekeerd. In teenstelling met poligamie is monogamie 'n huwelik met een huweliksmaat. Bigamie verwys na poligamie met twee huweliksmaats.
Verskeie vorme van poligamie kom voor:
* **poliginie** of **veelwywery** - een man met verskeie vroue;
* **poliandrie** - een vrou met meer as een man;
* **groeptroues** - is 'n kombinasie van poliginie en poliandrie waar al die lede van die familie vir al die kinders verantwoordelik is.
Die oudste voorbeeld van poliginie is in die Ou Testament, waar daar in *I Konings 11 : 1 – 4* na Salomo se baie vroue verwys word. Dit moet in die lig gesien word van Salomo se pa, Dawid, wat sy lewe lank oorlog gevoer het, en dat daar waarskynlik 'n tekort aan mans na die oorlog was.
Hoewel poligamie in sommige Afrika- en Islamitiese lande wettig is, is dit in meeste westerse lande teen die wet. In Nederland, as voorbeeld, kan gevangenisstraf van tot 4 jaar vir die misdryf opgelê word (6 jaar as die wederhelf nie daarvan ingelig is nie).
Suid-Afrika
-----------
Volgens die *Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike van 1998* is poligamie in Suid-Afrika wettig. 'n Bekende voorbeeld van poligamie is die voormalige president Jacob Zuma, wat 5 vroue het. Dit plaas 'n groot las op belastingbetalers wat vir al hierdie eerste dames se onderhoud moet betaal.
Eswatini
--------
Koning Mswati III van Eswatini (voorheen Swaziland) het 14 vrouens. Die meeste van hulle was minderjarig toe hy met hulle getroud is.
Sien ook
--------
* Poliamorie | {
"title": "Poligamie",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
443,
1660,
0.2668674698795181
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1758
} |
Termometer met die temperatuur in Fahrenheit op die buiterand en in Celsius daarbinne.
Grade **Celsius** (simbool: °C) is 'n SI-eenheid van temperatuur. Die vriespunt van water word as 0 °C gedefinieer en die kookpunt teen 100 °C.
Definisie
---------
1°C = 274,15 K, en absolute nul is -273,15 °C
Oorsprong
---------
Die eenheid is vernoem na die Sweedse sterrekundige, Anders Celsius (1701 - 1744) wat 'n soortgelyke stelsel vir die eerste keer in 1742 voorgestel het.
Omskakelings
------------
Temperatuur omskakelings:
* °F = °C × 1.8 + 32
* °C = (°F – 32) / 1.8
* K = °C + 273.15
* °C = K – 273.15
Verduideliking
--------------
Die temperatuurskaal is uitgevind deur Anders Celsius en is oorspronklik ontwerp op so 'n wyse dat daar 100 grade/indelings tussen die vriespunt van water en die kookpunt van water by standaard atmosferiese druk was.
Die stelsel het onder verskeie name bekend gestaan tot en met 1948 toe die stelsel se naam amptelik verander is na Celsius deur die Algemene Konferensie oor Mates en Gewigte (CR 64). Terwyl die waardes vir die vries- en kookpunte van water ongeveer korrek bly, is besluit dat die oorspronklike definisie nie geskik was vir 'n formele standaard nie aangesien dit afhang van die definisie van standaard atmosferiese druk wat op sy beurt weer afhanklik is van die definisie van temperatuur. Die huidige amptelike definisie van Celsius stel 0.01 °C as die trippelpunt van water en 'n graad gelyk aan 1/273.16 van die verskil in temperatuur van die trippelpunt van water en absolute nul. Hierdie definisie is in 1954 aanvaar by die 10de algemene Konferensie oor Mates en Gewigte, wat presies dieselfde is as die definisie van die Kelvin. | {
"title": "Celsius",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
57,
1366,
0.04172767203513909
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1706
} |
Die **ystervark** (*Hystrix africaeaustralis*) is 'n kenmerkende knaagdier wat in groot dele van Afrika (suid van die Sahara) voorkom, buiten die suidwestelike woestyngebiede van dié kontinent.
Ystervarke is snags aktief en vreet hoofsaaklik plantmateriaal. Ystervarke word maklik uitgeken aan die swart-en-wit, harde, skerppuntige penne wat hul rûe en agterlywe bedek. Die res van die liggaam is met lang, stywe borselhare bedek. Die ystervark is die grootste knaagdier in Suid-Afrika.
Die wyfie is ses tot sewe weke dragtig, waarna een tot vier kleintjies gebore word. Ystervarke het 'n moontlike lewensduur van 20 jaar - baie langer as meeste ander knaagdiere.
Daar word 'n onderskeid gemaak tussen die ystervarke van die Ou Wêreld (familie *Hystricidae*) en die boomystervarke van die Nuwe Wêreld (familie *Erethizontidae*). Die ystervarke van albei families is aan die bokant van die liggaam met opvallende penne bedek.
Ystervarke (familie *Hystricidae*) is klein, stewig geboude nagdiere, maar is die grootste knaagdiere wat in Suid-Afrika voorkom. Vroeër is hulle in dieselfde groep as die boomystervarke geplaas, maar later het dit geblyk dat die 2 soorte tot afsonderlike familiegroepe behoort. Boomystervarke sien daar egter anders uit as die ystervarke wat in die Ou Wêreld aangetref word.
Bou
---
Die opvallendste kenmerk van ystervarke is die swart en wit penne wat, buiten die kop en buik, die hele liggaam bedek. Die buik is met sagte hare bedek en dus baie kwesbaar. Die lang penne op die rug is hol en dik en dikwels van groewe voorsien. Tussen die lang penne is stywe borselstekels wat met tassintuigselle verbind is.
Aan die stert is bekervormige stekels wat dikker is as die ander, en waarmee die ystervark 'n ratelende geluid maak wanneer 'n vyand soos ʼn hiëna of 'n leeu in die nabyheid is. Die penne kan nie "uitgeskiet" word nie. Ystervarke het ronde skedels en hulle neuse is kort. Hulle het 2 lang snytande aan die bo- en onderkaak (met oop wortels soos alle knaagdiere) asook 8 maaltande aan elke kaak.
Die huid is met skubbe bedek, soos duidelik aan 'n ongebore ystervark gesien kan word. Ystervarke leef hoofsaaklik van plantaardige voedsel soos wortels, vrugte en kultuurgewasse, maar hulle vreet ook dierlike materiaal en kou graag aan bene. Hulle tande is sterk genoeg sodat hulle die bas van bome kan afknaag of die dop van ʼn kokosneut oopbreek. Afgesien daarvan dat ystervarke ter wille van hulle vleis gejag word, word hulle ook uitgedun vanweë die skade wat hulle aan byvoorbeeld mielies en suikerriet aanrig.
Eetgewoontes
------------
Ystervarke is plantetend, met 'n dieet wat grootliks bestaan uit wortelstokke en ander ondergrondse plantdele. Hulle is uiters vernielsugtige eters en is dikwels 'n probleem in groentetuine aangesien hulle lief is vir veral aartappels en ander ondergrondse groente. In die veld trek hulle die bas van bome af wat die bome laat doodgaan.
Die Suid-Afrikaanse ystervark is bekend daarvoor dat hy bene bymekaarmaak en daar is lank geglo dat hy daaraan knaag om sy tande te slyp. Navorsing deur die Soogdiernavorsingsinstituut het egter aangetoon dat die ystervark beenmateriaal moontlik verteer om 'n kalsium- en fosfaatwanbalans in sy dieet reg te stel.
Gedrag
------
Wetenskaplikes het vir baie jare lank geglo ystervarke skiet hulle penne na vyande. Dit is 'n vergissing: ystervarke beskerm hulself deur in werklikheid deur hul aanvaller agteruit te bestorm en hul nagenoeg 40-sentimeter lange penne dan in die vyand se liggaam agter te laat. Hierdie stap word slegs geneem as die aanvaller hom nie aan die waarskuwende gegrom, gestamp van pote en die ratelende uitgespreide penne steur nie.
Die naglewende ystervark slaap bedags in die aangepaste erdvarkgate, of in die gate wat hyself gemaak het, of in rotsskeure. As hy hom eers in 'n gat ingewikkel het, is dit byna onmoontlik om hom daar uit te kry. Die uitgespreide penne anker hom aan die kante van die gat en vorm 'n skerp versperring teen indringers.
Ystervarke is sterk paargebonde en dit wil voorkom dat hulle monogaam is. Een of twee kleintjies word gebore, wat met sagte stekeltjies oortrek is wat baie gou hard word.
Hulle leef in die savannes van die trope en subtropiese gebiede. Bedags skuil hulle in erdvarkgate of iets dergeliks. Dit is nie bekend of ystervarke in die natuur - soos wat in aanhouding die geval is- lewenslank met een maat paar nie. Die dratyd duur ongeveer 2 maande en tussen 2 en 3 kleintjies word per werpsel gebore - ystervarke het soms tot 2 werpsels in 'n jaar. Die kleintjies word 'n paar maande lank gesoog. Ystervarke het na verhouding die grootste kleintjies van alle soogdiere: in verhouding sou 'n pasgebore ystervark so groot soos 'n baba van 45 kg wees.
Die kleintjies word meestal met oop oë gebore en die knaagtande het reeds begin deursny. Die penne is nog sag, maar word binne 'n week hard. Pasgebore ystervarke het duidelike strepe oor die rug, en in sommige gevalle verdwyn dit nie wanneer die dier volwasse is nie. Daar is ongeveer 20 spesies van die familie *Hystricidae* wat in Afrika, 'n deel van Suid-Europa en Asië voorkom. Die bekendste genus is die genus *Hystrix*, wat in die savannes van Suider-Afrika tot in Indië voorkom.
*Hystrix cristata* word van die Sahara af deur Oos-Afrika tot in Tanzanië aangetref en kom ook in Europa voor. Soortgelyke spesies is *Hystrix africaeaustralis*, wat in Suider-Afrika voorkom, en die *Hystrix indica*, wat in Arabië, Turkye en Asië voorkom. Die genera *Acanthion* en *Thecurus* toon baie ooreenkomste met bogenoemde ystervarke, maar word van die suide van China tot op die Indonesiese eilande aangetref. Die borselstertystervarke (genus *Atherurus*) kom in die reënwoude van Afrika en Suidoos-Asië voor. Hulle is kleiner as die ander en het langer sterte.
Beelde
------
* 'n Ystervark van naby afgeneem.'n Ystervark van naby afgeneem.
* Ystervarkies lê en slaap.Ystervarkies lê en slaap.
* 'n Ystervark in 'n dieretuin.'n Ystervark in 'n dieretuin.
Sien ook
--------
* Boomystervark
* Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere
* Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name
* Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bronnelys
---------
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409702, volume 29, bl. 197, 198
* Grubb, P. (2008). *Hystrix africaeaustralis*. *2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies*. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 5 Januarie 2009.
* *Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke* (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
* Rothmann, Anna: Klaasneus-hulle. Kaapstad: Tafelberg, 1975. ISBN 0-624-00479-1
* *Wilde diere van Suid-Afrika* (1989). Prof. John Skinner. CNA. ISBN 0-620-08403-0. | {
"title": "Ystervark",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1272,
6119,
0.20787710410197743
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">Ystervark</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Stachelschwein2.jpg\"><img data-file-height=\"297\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"400\" decoding=\"async\" height=\"163\" resource=\"./Lêer:Stachelschwein2.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/59/Stachelschwein2.jpg/220px-Stachelschwein2.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/59/Stachelschwein2.jpg/330px-Stachelschwein2.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/5/59/Stachelschwein2.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\">\n<th colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><a href=\"./Bewaringstatus\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bewaringstatus\">Bewaringstatus</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><div style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><span><img alt=\"\" data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"240\" decoding=\"async\" height=\"59\" resource=\"./Lêer:Status_iucn3.1_LC_af.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/220px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/330px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7e/Status_iucn3.1_LC_af.svg/440px-Status_iucn3.1_LC_af.svg.png 2x\" width=\"220\"/></span></span><br/><a href=\"./Veilige_spesie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Veilige spesie\">Veilig</a> <link href=\"./Kategorie:IUBN_Rooilys_veilige_spesies\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/><small><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>(<a href=\"./IUBN-rooilys\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"IUBN-rooilys\">IUCN 3.1</a>)</small></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a></th></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><div class=\"koninkryk\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Animalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Animalia\">Animalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Filum:</td>\n<td><div class=\"filum\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Chordate\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Chordate\">Chordata</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Klas:</td>\n<td><div class=\"klas\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Mammalia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Mammalia\">Mammalia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Orde:</td>\n<td><div class=\"orde\" style=\"display:inline\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Rodentia\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Rodentia\">Rodentia</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Familie:</td>\n<td><div class=\"familie\" style=\"display:inline\"><a class=\"new\" href=\"./Hystricidae\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Hystricidae\">Hystricidae</a></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Genus:</td>\n<td><div class=\"genus\" style=\"display:inline\"><i><a class=\"new\" href=\"./Hystrix\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Hystrix\">Hystrix</a></i></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Subgenus:</td>\n<td><div class=\"subgenus\" style=\"display:inline\"><i><a class=\"new\" href=\"./Hystrix_(subgenus)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Hystrix (subgenus)\">Hystrix</a></i></div></td></tr>\n<tr>\n<td>Spesie:</td>\n<td><div class=\"spesie\" style=\"display:inline\"><i><b>H.<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>africaeaustralis</b></i></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"><a href=\"./Binomiale_naam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Binomiale naam\">Binomiale naam</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><b><span class=\"binomial\"><i>Hystrix africaeaustralis</i></span></b><br/><div style=\"font-size: 85%;\"><a class=\"new\" href=\"./Wilhelm_Peters\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wilhelm Peters\">Peters</a>, 1852</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(235,235,210)\"></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 6851
} |
| |
| --- |
| Deel van 'n reeks ooor |
| **Genetika** |
| |
| Inleiding tot die genetika |
| * Chromosoom
+ Chromatied
+ Chromosoom 2
+ Chromosomale afwyking
+ X-chromosoom
+ Y-chromosoom
+ Sentromeer
* DNS
+ RNS
* Dominansie
+ Resessiewe geen
* Geen
+ Alleel
+ Basispaar
+ Geenlokus
+ Genoom
+ Haplogroep
* Nukleotied
* Spesievorming
+ Genetiese variasie
+ Genetiese veranderlikheid
+ Hibried
+ Hibriedspesievorming
|
| Geneties gemanipuleerde organismes |
| * Geneties gemanipuleerde organisme
* Genetiese manipulasie
|
| Geskiedenis en regulering |
| * Biogenetiese wet
* Dubbele heliks
* Poliploïdie
* Vierkant van Punnett
* Wette van Mendel
|
| Prosese |
| * Genoomredigering
+ CRISPR
* Meiose
* Mitose
* Polimerase kettingreaksiemetode
* Proteïensintese
* Pseudoknoop
|
| Toepassings |
| * Basale klade
* Bloedgroep
* Genotipe
+ Fenotipe
- Fenotipiese kenmerk
* SRGAP2
|
| Twispunte |
| * Eugenetika
* GGO-samesweringsteorieë
* Inteling
* Kloning
|
| s • b • w |
Die **polimerase-kettingreaksie** (PKR) of DNS-amplifikasie is 'n metode wat gebruik word om DNS te vermeerder sodat dit makliker bestudeer kan word. Deur dié proses word miljoene identiese replikas van 'n stuk DNS binne enkele ure vervaardig.
Voor PKR in 1983 deur 'n Amerikaanse wetenskaplike, Kary Mullis, uitgevind is, moes heelwat weefsel gebruik word om 'n DNS-profiel te verkry. Dit het ernstige praktiese probleme geskep: tensy die bloed of ander weefsel vrywillig geskenk is en behoorlik geberg is nadat dit die liggaam verlaat het, was daar selde genoeg genetiese materiaal beskikbaar vir bestudering.
Boonop was ouer ontledingsmetodes omslagtig, sodat DNS-studie 'n beperkte plek in genetiese navorsing gehad het. Danksy PKR is dit nou moontlik om DNS uit baie klein hoeveelhede weefsel - byvoorbeeld selle uit speeksel agter op 'n gebruikte seël, 'n enkele bloedspatsel of vanaf vel wat op 'n vingerafdruk agter gebly het - te bestudeer. DNS van 'n swak gehalte kan ook ontleed word, wat beteken dat selfs genetiese materiaal van mummies en van uitgestorwe diere soos mammoete en kwaggas nou toeganklik is. Daarby is dit moontlik om ooreenstemmende gene van 'n groot aantal spesies met mekaar te vergelyk en duidelikheid te verkry oor hul verwantskappe met mekaar.
Die diagnose van genetiese siektes is verder aansienlik vergemaklik, asook die bepaling van die menslike genoom se samestelling.
Een rede vir die sukses van PKR is dat dit 'n betreklik eenvoudige proses is wat nie hoogs gespesialiseerde toerusting vereis nie. As 'n wetenskaplike 'n bepaalde stuk DNS - byvoorbeeld 'n sekere geen by 'n pasiënt - wil bestudeer, is dit nie nodig vir hom om die geen te isoleer nie. Wat hy wel benewens DNS van die pasiënt nodig het, is trifosfaatnukleotiede, die ensiem DNS afhanklike DNS-polimerase en oligonukleotiede.
Laasgenoemde is stukke DNS - bestaande uit sowat 20 nukleotiede elk - wat op bepaalde plekke op chromosome voorkom. Om die gewenste stuk DNS te vermeerder, gebruik die navorser eksemplare van twee oligonukleotiede wat aan weerskante daarvan voorkom. Dié oligonukleotiede definieer eindpunte van die DNS wat vermeerder moet word.
Om die proses aan die gang te sit, word die mengsel van DNS en trifosfaatnukleotiede verhit. Dit laat die drade van die dubbelheliks waaruit DNS bestaan, skei. Die mengsel word weer afgekoel, en die oligonukleotiede heg hulself aan die ooreenstemmende DNS-drade. Die oligonukleotiede dien as afspringplekke waarvandaan die DNS polimerase basisse een vir een byvoeg:
Slegs die gedeelte tussen die oligonukleotiede word gerepliseer. Die proses van verhitting en verkoeling word oor en oor, gewoonlik 25 keer, herhaal tot genoeg kopieë van die gewenste stuk DNS verkry is. Om te voorkom dat die ensiem deur hitte afgebreek word, gebruik navorsers DNS-polimerase uit die warmwaterlewende bakterie *Thermus aquaticus*.
Na afloop van een siklus - wat 'n minuut of twee duur - is daar twee stukke DNS, na twee siklusse vier, na drie siklusse agt en na vier siklusse sestien. Danksy dié eksponensiële toename kan meer as 'n miljoen kopieë in minder as 'n uur verkry word.
| | |
| --- | --- |
| Normdata Edit this at Wikidata |
* BNF: cb121493620 (data)
* GND: 4256726-9
* LCCN: sh89002539
| | {
"title": "Polimerase kettingreaksiemetode",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
770,
3399,
0.22653721682847897
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 4262
} |
**Retseh la Grange** is ’n Afrikaanse haikoe-digter.
Lewe en werk
------------
Retseh la Grange is op 21 Februarie 1929 gebore as die dogter van oud-hoofregter L.C. Steyn. Op skool word ’n opstel wat sy oor Liszt se Tweede Hongaarse Rapsodie skryf, oor die radio voorgelees. Van haar sketse verskyn ook in tydskrifte. Hoewel haar belangstelling in kuns lê, voltooi sy ’n onderwysgraad. Sy voltooi die lisensiaateksamen in sang en doen voor haar troue etlike radio-sangopnames. Tussen die kinders grootmaak studeer sy dan verder in die Sielkunde en sy stel veral belang in die metafisika. Aan die Universiteit van Pretoria behaal sy in 1973 die B.A. Honneurs-graad in Sielkunde en in 1976 die M.Litt. et Phil.-graad in Kliniese Sielkunde met ’n verhandeling oor "*’n Psigogeniese ondersoek na Enkoprese*". Sy bly in Lynnwood Glen in Pretoria.
Skryfwerk
---------
Sy dig in die tradisionele Japannese haikoe-vorm, wat uit drie reëls en sewentien lettergrepe bestaan. Die reëls is ook streng sillabies, naamlik vyf, sewe en weer vyf. Hierdie digvorm het in die dertiende eeu in ’n Japanse klooster ontstaan, waar monnike van die Zen-Boeddhisme dit as ’n speletjie beoefen het om te kyk of hulle so veel as moontlik in so min woorde as moontlik kan sê. As haikoe-skrywer word sy internasionaal erken en van haar haikoes word in 1990 onder duisende inskrywings van oor die hele wêreld heen tydens twee afsonderlike kompetisies, een in Japan en een in Nederland, in feesbundels opgeneem. Van haar haikoes verskyn ook in die Nederlandse haikoe-tydskrif *Vuursteen* en in *Tydskrif vir Letterkunde*. Haar debuut is die bundel "*Vlinderstiltes*", waarin sy ook ’n interessante inleiding oor die haikoe-digvorm insluit. Die titel is gekies omdat vlinders en haikoes iets gemeen het in hulle fynheid en prag en beweging in stilte. Sy volg dit op met die soortgelyke "*En winter die boom*". Saam met Gerhard Dreyer en Gerhard Mynhardt gee sy dan die bundel "*Haikoe-verse*" uit, wat ingedeel word volgens die gang van die seisoene.
Publikasies
-----------
| Jaar | Publikasies |
| --- | --- |
| 1981 | Vlinderstiltes |
| 1990 | En winter die boom |
| 1998 | Haikoe-verse (saam met Gerhard Mynhardt en Gerhard Dreyer) |
Bronnelys
---------
### Boeke
* Kannemeyer, J.C. "Die Afrikaanse literatuur 1652-2004" Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
### Tydskrifte en koerante
* Anoniem "Warmasemwasem kry haikoe-prys" "Boekewêreld" 6 September 1997
* Vermaak, Kittie "Uit stilte vlieg die vlinders" "Die Vaderland" 14 September 1981
### Internet
* La Grange, Retseh Beeld:
* Worldcat: | {
"title": "Retseh la Grange",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
556,
2297,
0.24205485415759687
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2613
} |
Birmingham *Sound of Music* Gala-span April 1969
**Ysskaats** dui 'n aantal sportsoorte of vermaaklikheidsvorme aan waar daar op skaatse oor ys beweeg word, naamlik sierskaats, snelskaats en presisieskaats. In Suid-Afrika is veral sierskaats, wat sy oorsprong in Oostenryk en Skandinawië het, gewild. Skaatsers kan tydens kompetisies in groepe of in pare teen mekaar meeding, maar individuele kompetisies is die algemeenste. Hoewel argeoloë al 'n ski wat ouer is as 4 500 jaar in Swede ontdek het, het ysskaatssportsoorte eers in omstreeks 1865 op 'n georganiseerde grondslag tot stand gekom.
Uitbeelding van ysskaats in die 1820's.
In Suid-Afrikaanse verband word ysskaats binnenshuis op kunsmatige bane beoefen, maar in die buiteland word dit ook buitemuurs beoefen. Ysskaats word in presisieskaats, snelskaats en sierskaats ingedeel en die skaatsvorme word beheer deur die Suid-Afrikaanse Ysskaatsvereniging, wat in 1937 gestig is. Dit het meer as 3 000 lede en daar is 22 klubs in die land. Hoewel die vereniging lid is van die Internasionale Skaatsunie (ISU), is Suid-Afrika die afgelope paar jaar internasionale deelname ontsê vanweë politieke druk.
Presisieskaats, wat baie gewild is in die VSA, is plaaslik nog 'n relatief nuwe skaatsvorm en word eerder as 'n vermaaklikheidsvorm as 'n sport- soort beskou. Presisiefigure word deur groepe van tussen 12 en 24 skaatsers, meestal vroue, uitgevoer. Snelskaats word op 'n ovaalvormige baan van 400 m uitgevoer deur individuele skaatsers of spanne wat teen mekaar meeding om so vinnig as moontlik 'n bepaalde afstand af te lê. By internasionale kompetisies ding mans teen mekaar mee oor 500, 1500, 5000 en 10 000 m, terwyl die vrouekompetisies oor afstande van 500, 1 500 en 3 000 m strek.
Sierskaats
----------
Die gebruik om sierfigure op yf. uit te voer, is reeds eeue lank 'n gewilde vorm van vermaak. Die primitiewe skaatse wat tot laat in die 19e eeu gebruik is, het hulle egter nouliks tot die uitvoering van skaatsspronge en ingewikkelde bewegings geleen, en daar was derhalwe nog geen sprake van sierskaats as 'n aparte skaatsvorm nie.
Die grondbeginsels van sierskaats soos dit teenswoordig beoefen word, het in die VSA ontwikkel. Teen omstreeks 1850 het Bushnell in Philadelphia die eerste sierskaatse, wat heeltemal uit metaal gemaak was en met klemskroewe aan die skoen vasgemaak kon word, vervaardig. Jackson Haines (1840-1876), 'n sierskaatser wat sy tyd vooruit was, het die uitvinding benut en ook die ontwerp daarvan verbeter. Die skaatsvertonings wat laasgenoemde in Europa gegee het, het geweldige geesdrif by die publiek ontlok en sierskaats het veral in Wenen ingang gevind, waar Haines se tegniek in die boek *Spuren auf dem Eise* ontleed is.
Die Weense Skool, wat 'n meer gestileerde toepassing van sy styl voorgestaan het, het daarna tot stand gekom en ysdans, veral op die musiek van die Weense wals, het hieruit ontwikkel. Skandinawië was ook 'n groot sierskaatssentrum in Europa. Die Sweed Ulrich Salchow (1877- 1949) en die Noorweër Axel Paulsen (1855-1938) het ysskaatse ontwerp waarmee hulle 'n gewaagder en dinamieser styl kon ontwikkel – die salchow en die axel (Paulsen) is steeds van die gewildste spronge in sierskaats.
Benewens 'n sierskaatser, was Paulsen ook 'n snelskaatser en die skaatsvorm is ook na hom vernoem. Hy het metaalsnelskaatse of nore (skaatse met lang, ongebuigde ysters) met ʼn integrerende skoengedeelte ontwerp. Uit die Weense en die Skandinawiese Skole het sierskaats soos dit teenswoordig wêreldwyd beoefen word, ontwikkel.
Kompetisies en reëls
--------------------
Daar is 3 soorte sierskaatskompetisies, naamlik individuele kompetisies, kompetisies waarin die skaatsers in pare deelneem en ysdanskompetisies. Kompetisies waarin skaatsers in groepe teen mekaar meeding, word ook soms gehou. Die algemeenste vorm is die individuele kompetisies waarin mans en vroue afsonderlik beoordeel word en wat uit 3 onderafdelings bestaan, naamlik voorgeskrewe figure, voorgeskrewe bewegings en vryskaats.
Uit die 17 verpligte figure wat vorentoe, agtertoe, linksom of regsom uitgevoer kan word, word daar ʼn aantal vir elke wedstryd voor groot uitgeskryf. In die afdeling vir verpligte bewegings word 2 syfers deur die beoordelaars aan die deelnemer gegee wat tegnies sowel as artisties uitgevoer moet word. Die hoogste totale punt vir al die afdelings is 6 en punte word in desimale breuke aangegee vir 'n noukeuriger weergawe van die deelnemer se vermoëns.
Die verpligte figure, waarvan die televisietoeskouer selde iets te sien kry, moet met die uiterste noukeurigheid uitgevoer word. Die beoordelaars bestudeer die figuur wat die deelnemer op die ys getrek het en neem ook die skaatser se houding en styl in aanmerking. Verpligte figure asook vryskaats word ook in ysdanskompetisies en in die kompetisies vir pare uitgevoer - die vryskaats duur 5 minute vir pare-kompetisies en 3,5 minute vir ysdanse. In die individuele kompetisies duur die verpligte bewegings vir seniors onderskeidelik 4 en 5 minute vir mans en vroue.
Sierskaats: sport of vermaak
----------------------------
Aangesien sierskaats deels as 'n sport en deels as 'n vorm van vermaak beskou word, kry dit nie altyd professionele erkenning onder die publiek nie. Hoewel elegansie en liggaamshouding wel uiters belangrike fasette van sierskaats is, is dit uiteindelik slegs na jare se toewyding aan die tegniek daarvan dat 'n skaatser professionele status kan bereik. Net soos in gimnastiek, word daar egter toenemend klem gelê op die vermaaklikheidsaspek van sierskaats.
Een van die redes waarom die publiek ongeërg staan ten opsigte van sierskaats, is omdat sierskaatsers finansieel daartoe gedwing word om aan ys-revues, wat suiwer vermaak is, deel te neem. 'n Ander beswaar wat dikwels ook geopper word, altans in die lande waar amateursport nie deur die staat gesubsidieer word nie, is dat dit uitsluitlik vir die rykes bedoel is. Indien ‘n sierskaatser die boonste sport wil bereik, beteken dit groot uitgawes ten einde die jarelange opleiding te kan voltooi.
Bronnelys
---------
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409702, volume 29, bl. 187 - 189 | {
"title": "Ysskaats",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
175,
5246,
0.03335874952344643
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 6153
} |
Die Groote Kerk-gebou in 2009. Dit huisves NG gemeente Kaapstad, die oudste in die land, maar die gebou van die NG gemeente Paarl is die oudste wat steeds as kerkgebou gebruik word.
Die **Nederduitse Gereformeerde Kerk** (afgekort N.G. Kerk of NGK) is die oudste Kerk in Suid-Afrika en 'n lid van die Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie, asook die oudste van die Drie Susterkerke. Die NGK het in 2008 1 162 gemeentes gehad in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Zambië, Botswana en Londen geleë. Talle jonger kerke het reeds uit die sendingwerk van die NG Kerk gegroei soos Malawi, Nigerië en Portugal.
Geskiedenis
-----------
Deel van Jan van Riebeeck se opdrag was om sending onder die heidene te doen. Saam met lede van die Nederduitse Gereformeerde Kerk het hy as't ware die opening van die nedersetting met ’n gebed waargeneem. Die sieketrooster het baie godsdienstige pligte uitgevoer, terwyl die sakramente deur leraars op besoekende skepe bedien is. Die eerste vaste predikant was ds. Joan van Arckel.
Op 18 Augustus 1665 word die eerste NG gemeente, Kaapstad, gestig. In die volgende jare groei die bevolking, eers met die aankoms van die Franse Hugenote en later deur die koms van die Britse Setlaars. Hierna vermeerder die gemeentes stelselmatig met die trek van nedersetters na die binneland. Met die opening van die eerste Sinode op 2 November 1824 was daar reeds 14 gemeentes van die kerk.
Kontak met die inheemse bevolking het ’n unieke geleentheid gebied vir sendingwerk en onderwys. Die kerk se bydrae is egter gekortwiek deur ’n tekort aan predikante en predikante vanaf Nederland en Skotland moes in hierdie tekort voorsien. Deur die Groot Trek in die laat dertigerjare van die 19de eeu, het ’n groot deel van die bevolking oor die noordelike grens (Oranjerivier) van die Kaapkolonie getrek na die gebiede wat later bekend sou staan as die Oranje-Vrystaat, Natal en Transvaal.
Stellenbosch se NG moedergemeente is die tweede oudste in Suid-Afrika.
Talle nuwe gemeentes het sodoende ontstaan en die behoefte aan predikante het toegeneem. Die golf van liberalisme wat oor Europa gespoel het, het die behoefte aan eie teologiese opleiding vir die NG Kerk gestimuleer en die eerste Kweekskool word in 1859 op Stellenbosch gestig.
Aanvanklik was die Kaapse Sinode die enigste sinode van die NG Kerk. Maar as gevolg van die liberale stryd en daaropvolgende hofsake is die sittingsreg van gemeentes buite die Kaapkolonie vanaf 1862 ingetrek en het eie sinodes vir die Oranje-Vrystaat (1864), Natal (1865) en Transvaal (1866) gevolg. Pogings tot vereniging van die sinodes het na Uniewording in 1910 misluk, maar in 1962 is hierdie pogings uiteindelik suksesvol met die totstandkoming van die Algemene Sinode van die NG Kerk.
Deur die jare is ook pogings aangewend om kerkeenheid tussen die NG Kerk, die Nederduitsch Hervormde Kerk en die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika tot stand te bring.
Na die herroeping van sy teologiese en morele steun aan apartheid in 1986 en 1990, het die NG Kerk se ekumeniese betrekkinge grootliks uitgebrei sodat hy nou lid is van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, die Gereformeerde Ekumeniese Raad en die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke. Sedert 1994 het die momentum om vereniging met die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika, die NG Kerk in Afrika en die Reformed Church in Africa toegeneem. Die NG Kerk het goeie verhoudings met die meeste kerke in Suid-Afrika.
Weens 'n algemene afname in die Afrikaner-bevolking van Suid-Afrika en 'n drasties dalende geboortesyfer, het die lidmaattal van die kerk ook gedaal van byvoorbeeld sowat 960 000 belydende en 427 000 dooplidmate in 1990 tot 880 000 belydende en 248 000 dooplidmate in 2008. Binne die volgende ses jaar het die belydende lidmate met gemiddeld meer as 18 000 per jaar tot 777 000 gedaal, vergeleke met 'n daling van gemiddeld 4 444 per jaar tussen 1990 en 2008.
Regeringstruktuur
-----------------
Verteenwoordigers van gemeentes word verteenwoordig in 'n ring, 'n groep ringe vorm 'n sinode. In 1962 is die volgende konstituerende kerke in sinodale verband van die Nederduitse Gereformeerde Kerk verenig: NG Kerk in Suid-Afrika (Kaapland), NG Kerk van Natal, NG Kerk in die Oranje-Vrystaat, NG Kerk van Transvaal en NG Kerk in Suidwes-Afrika. Midde-Afrika het in 1963 in die algemene sinodale verband van die NG Kerk as onafhanklike sinode ontstaan, maar in Julie 2003, weens die daling in lidmaattalle tot sowat 1 300 in 14 gemeentes in Zimbabwe en een in Zambië, verenig met die Noordelike Sinode, die ou Noord-Transvaal, om net as enkele ring voort te bestaan. Tans bestaan die Algemene Sinode, wat elke vier jaar vergader, uit: Wes-en-Suid-Kaapland, NG Kerk in Oos-Kaapland, Sinode van Noord-Kaapland, NG Kerk in KwaZulu-Natal, Sinode van Wes-Transvaal, Noordelike Sinode, NG Sinode Hoëveld, Oostelike Sinode en Sinode van Namibië. Die huidige (2006) moderator is prof. P.J. Strauss (2008).
Stamland
--------
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk het tydens die Tagtigjarige Oorlog (1568-1648) die amptelike staatskerk van die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande geword. In 1816 (ná die stigting van die Koninkryk van Nederland) is die naam verander na Nederlandse Hervormde Kerk. Op 1 Mei 2004 het die Nederlandse Hervormde Kerk opgegaan in die Protestantse Kerk in Nederland (PKN), wat ná die samesmelting ongeveer 2 miljoen lidmate gehad het. Dit het intussen afgeneem tot 1,68 miljoen.
Sien ook
--------
* Nederduitsch Hervormde Kerk
* Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
* Lys van eerste 100 NG gemeentes in Suid-Afrika
* Lys van ingelyfde NG gemeentes
* Lys van NG gemeentes
Bronne
------
* Kerkweb Geargiveer 11 Junie 2011 op Wayback Machine
* Uit die Geskiedenis van 350 Jaar NG Kerk, deur dr. G. v.d. Merwe (Red. dr. B.A. Zuiddam) Geargiveer 16 Julie 2013 op Wayback Machine | {
"title": "Nederduitse Gereformeerde Kerk",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
396,
4956,
0.07990314769975787
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 5839
} |
Die **Polikarpof I-16** was 'n Russiese vegvliegtuig wat ook in die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit was die wêreld se eerste laevlerk-, vryhangendebalktipe ontwerp met intrekbare wiele vir 'n vliegtuig. Die romp was van hout gemaak. Die prototipe het sy nooiensvlug op 31 Desember 1933 voltooi. Met sy topspoed, wat 123 km/h vinniger was as dié van sy mededingers, was dit een van die beste vegvliegtuie van sy tyd. Produksie vir die vliegtuig is eers in 1939 gestaak.
Dit was eers tydens die Spaanse Burgeroorlog dat die Westerse wêreld kennis van die vliegtuig geneem het. Die Spaanse Republikeine het vanaf Oktober 1935 altesaam 278 *Polikarpofs* ontvang. Hispano-Suiza het die vliegtuig onder lisensie vir die Republikeine vervaardig, terwyl ander ná vredesluiting deur die Francoregering gebruik is. Baie van die *Polikarpofs* wat gebruik is, is deur vrywillige Russiese vlieëniers beman. Vanaf 1937 is die *Polikarpof I-16* deur China teen die Japannese gebruik. In 1939 was hulle in hewige luggevegte betrokke met die Japannese op die grens van Mantsjoerye. Hulle is ook gebruik deur die Russiesse Lugmag tydens die Winteroorlog met Finland. Toe Duitsland vir Rusland binneval het, was die *Polikarpof I-16* verouderd. Ten spyte van groot verliese het die Russe tot in 1941 met die vliegtuig bly veg. Sommige vlieëniers het uit desperaatheid doelbewus teen Duitse vliegtuie gebots. Die vliegtuig is eers in 1943 uit diens onttrek.
Tegniese besonderhede
---------------------
Besonderhede van die Polikarpof I-16 Tipe 24:| Item | Statistiek |
| --- | --- |
| Aantal motors | 1 |
| Tipe motor | Skroef |
| Vervaardiger | M-62-stermotor |
| Kraglewering per motor | 1 000 perdekrag |
| Vlerkspan | 8,88 m |
| Lengte | 6,04 m |
| Hoogte | 2,41 m |
| Vlerkoppervlakte | 14,87 m2 |
| Maksimum opstygmassa | 2 060 kg |
| Maksimum snelheid | 490 km/h |
| Operasionele hoogte | 9 470 m |
| Togafstand | 600 km |
| Klimvermoë | 850 m per minuut |
| Bewapening | Vier 7 ,62 mm-masjiengewere, waarvan twee in die neusen twee in die vlerke. |
Sien ook
--------
* Lys van vegvliegtuie
Bron
----
* Crosby, Francis: *THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS*. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9 | {
"title": "Polikarpof I-16",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
623,
1869,
0.3333333333333333
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Infoboks-Vliegtuig\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Infoboks-Vliegtuig\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Polikarpof I-16\"},\"subsjabloon\":{\"wt\":\"\"},\"beeld\":{\"wt\":\"Lêer:Polikarpov I-16-Spain (clipped).jpg\"},\"byskrif\":{\"wt\":\"<center>Polikarpof I-16</center>\"},\"tipe\":{\"wt\":\"Vegvliegtuig\"},\"vervaardiger\":{\"wt\":\"Polikarpof\"},\"ontwerper\":{\"wt\":\"\"},\"eerste vlug\":{\"wt\":\"31 Desember 1933\"},\"bekendstelling\":{\"wt\":\"Mei 1934\"},\"vrygestel\":{\"wt\":\"\"},\"onttrek\":{\"wt\":\"\"},\"status\":{\"wt\":\"Onttrek\"},\"hoofgebruiker\":{\"wt\":\"\"},\"meer gebruikers\":{\"wt\":\"\"},\"vervaardig\":{\"wt\":\"\"},\"aantal gebou\":{\"wt\":\"8,644\"},\"programkoste\":{\"wt\":\"\"},\"eenheidskoste\":{\"wt\":\"\"},\"ontwikkel van\":{\"wt\":\"\"},\"variante met eie artikels\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:23em; font-size: 90%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"font-size: large; padding-bottom: 0.3em; text-align: center;\">Polikarpof I-16</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center;\"><div style=\"border: 1px solid #AAAAAA;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Polikarpov_I-16-Spain_(clipped).jpg\"><img data-file-height=\"455\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"606\" decoding=\"async\" height=\"210\" resource=\"./Lêer:Polikarpov_I-16-Spain_(clipped).jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/5d/Polikarpov_I-16-Spain_%28clipped%29.jpg/280px-Polikarpov_I-16-Spain_%28clipped%29.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/5d/Polikarpov_I-16-Spain_%28clipped%29.jpg/420px-Polikarpov_I-16-Spain_%28clipped%29.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/5d/Polikarpov_I-16-Spain_%28clipped%29.jpg/560px-Polikarpov_I-16-Spain_%28clipped%29.jpg 2x\" width=\"280\"/></a></span></div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"border-bottom: 1px solid #aaa; text-align:left;\"><center>Polikarpof I-16</center></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"width: 7em;text-align:right;\"><b>Tipe</b></td>\n<td>Vegvliegtuig</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Vervaardiger</b></td>\n<td>Polikarpof</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Nooiensvlug</b></td>\n<td>31 Desember 1933</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Bekendstelling</b></td>\n<td>Mei 1934</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Status</b></td>\n<td>Onttrek</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"text-align:right;\"><b>Aantal gebou</b></td>\n<td>8,644</td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 2207
} |
*Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Yslanders.*
**Yslands** (*íslenska* ['i:s(t)lɛnska] luister (hulp·inligting)) is 'n Noord-Germaanse of Skandinawiese taal wat deur sowat 310 000 mense gepraat word. Dit is die amptelike taal van Ysland.
Yslands behoort saam met Faroëes tot die westelike of eiland-Skandinawiese tale. Dit is nie sonder meer te verstane vir sprekers van die Skandinawiese tale van die vasteland: Noors, Sweeds en Deens nie.
Yslands word geskryf met die Latynse alfabet, waartoe verskillende tekens toegevoeg is: *Á/á*, *É/é*, *Í/í*, *Ó/ó*, *Ú/ú*, *Ý/ý*, *Ð/ð* (*edh*), *Þ/þ* (*thorn*), *Ö/ö* en *Æ/æ*. Die letters *c*, *q*, *w* en *z* word nie gebruik nie.
Die spesiale letter thorn (þ) gee die klank weer wat mens ook teekom as die *th* in die Engelse *think*, en edh (ð) is die stemhebbende variant daarvan (soos die *th* in die Engelse *that*).
'n Bladsy uit die Landnámabók
'n Bladsy uit *Colloquial Icelandic*
Ysland is tussen die jare 800 en 1000 bevolk vanuit Wes-Noorweë. Yslands is dus eintlik Oudnoors. In Noorweë het daar soos in die res van die Germaanse taalgebied, in die eeue daarna allerlei taalveranderings plaasgevind, maar op die afgeleë Ysland het dit nie gebeur nie en bly die woordeskat en die verbuigingstelsel grootliks onveranderd. Die uitspraak het wel erg verander. Yslands besit 'n aantal foneme wat selde in ander Europese tale, voorkom, byvoorbeeld stemlose *l*, *n*, *m* en *r*.
In Yslands is die ou Skandinawiese verbuigingstelsel dus nog heeltemaal ongeskonde. Alle selfstandige naamwoorde, byvoeglike naamwoorde, lidwoorde, aanwysende voornaamwoorde, besitlike voornaamwoorde en eiename word verbuig in vier naamvalle, wat vir al drie woordgeslagte aparte vorme ken.
Ter illustrasie volg hier die verbuiging van die onreëlmatige manlike woord fjörður, 'fjord'.
| | | |
| --- | --- | --- |
| | enkelvoud | meervoud |
| nominatief | **fjörður** | **firðir** |
| genitief | **fjarðar** | **firði** |
| datief | **firði** | **fjörðum** |
| akkusatief | **fjörð** | **fjarða** |
Die bepaalde lidwoord word net soos in die ander Skandinawiese tale agteraan die selfstandige naamwoord geheg (*aangehegte lidwoord*), waardeur mens vorms kan kry soos *fjarðarins* "van die fjord", *fjörðunum* "aan die fjorde".
'n Opvallend kenmerk van Yslands is die sterk purisme, wat 'n groot invloed op die ontwikkeling van die taal gehad het. Waar baie ander Germaanse tale soos Engels en Nederlands deurtrek is met leenwoorde uit Frans en Latyn, en die vasteland-Skandinawiese tale bowendien met leenwoorden uit die Nederduitse tale, het mense in Ysland steeds probeer om vir die benaming van nuwe begrippe uit die bron van erfwoorde te put.
Yslands is 'n ryk taal, vanwee die vele eeue sageliteratuur. Daardeur kan mens dikwels vergete woorde uit die verlede neem om nuwe begrippe aan te dui. So word "telefoon" *sími*, na 'n ou woord vir 'draad', en 'skerm' (televisieskerm, rekenaarskerm) *skjar*, na 'n ou woord vir "venster". 'n Uiterste vorm van taalsuiwering is terug te vind in die Hoogyslands. | {
"title": "Yslands",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1522,
3959,
0.38444051528163675
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt5\" cellpadding=\"2\" class=\"infobox\" data-mw=\"{"parts":[{"template":{"target":{"wt":"Inligtingskas Taal\\n","href":"./Sjabloon:Inligtingskas_Taal"},"params":{"naam":{"wt":"Yslands"},"inheemsenaam":{"wt":"''íslenska''"},"uitspraak":{"wt":"['i:s(t)lɛnska]"},"familiekleur":{"wt":"Indo-Europees"},"state":{"wt":"{{vlagland|Ysland}}<br />{{vlagland|Denemarke}}<ref name=Denmark>[http://www.statbank.dk/statbank5a/default.asp?w=1280 Statbank Danish statistics]</ref>\\n* {{vlagland|Faroëreilande}}\\n{{vlagland|Kanada}}<ref name=Canada>{{Cite web |url=http://www12.statcan.ca/english/census01/products/standard/themes/RetrieveProductTable.cfm?Temporal=2001&PID=55664&APATH=3&GID=431515&METH=1&PTYPE=55430&THEME=41&FOCUS=0&AID=0&PLACENAME=0&PROVINCE=0&SEARCH=0&GC=0&GK=0&VID=0&VNAMEE=&VNAMEF=&FL=0&RL=0&FREE=0 |title=Canadian census 2001 |access-date=24 Mei 2007 |archive-date= 5 Mei 2007 |archive-url=https://web.archive.org/web/20070505200157/http://www12.statcan.ca/english/census01/products/standard/themes/RetrieveProductTable.cfm?Temporal=2001&PID=55664&APATH=3&GID=431515&METH=1&PTYPE=55430&THEME=41&FOCUS=0&AID=0&PLACENAME=0&PROVINCE=0&SEARCH=0&GC=0&GK=0&VID=0&VNAMEE=&VNAMEF=&FL=0&RL=0&FREE=0 |url-status=dead }}</ref><br />{{vlagland|Verenigde State}}<ref>{{cite web |title=MLA Language Map Data Center: Icelandic |publisher=Modern Language Association |url=http://www.mla.org/map_data_states&mode=lang_tops&lang_id=617 |access-date=26 April 2007 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20071016154840/http://www.mla.org/map_data_states |archive-date=16 Oktober 2007 |url-status=dead |df=dmy-all }}</ref>"},"streek":{"wt":"[[Noord-Europa]], [[Noord-Amerika]]"},"sprekers":{"wt":"313&nbsp;840<ref>{{cite web |url=http://www.ethnologue.com/language/isl |title=Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Icelandic |publisher=[[Ethnologue]] |access-date=31 Maart 2016 |language=en |archive-url=https://web.archive.org/web/20200603235354/https://www.ethnologue.com/language/isl |archive-date=3 Junie 2020 |url-status=live |df=dmy-all}}</ref>"},"rang":{"wt":""},"skrif":{"wt":"[[Latynse alfabet]]"},"fam1":{"wt":"[[Indo-Europese tale|Indo-Europees]]"},"fam2":{"wt":"[[Germaanse tale|Germaans]]"},"fam3":{"wt":"[[Noord-Germaanse tale|Noord-Germaans]]"},"fam4":{"wt":"Wes-Skandinawies"},"nasie":{"wt":"[[Lêer:Nordic Council icon.png|22px]] [[Nordiese Raad]]<br />{{vlagland|Ysland}}"},"agentskap":{"wt":"Árni Magnússon Instituut vir Yslandse Studies"},"iso1":{"wt":"is"},"iso2":{"wt":"isl"},"iso3":{"wt":"isl"},"kaart":{"wt":"[[Lêer:Idioma islandés.PNG|250px|Verspreiding van Yslands]]"}},"i":0}}]}\" id=\"mwBg\" style=\"width:22em; margin-top:0.75em; background:#f4f4f4; text-align:left; font-size:90%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><th about=\"#mwt29\" colspan=\"3\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align: center; font-size:120%; color: black; background-color: <span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\">#ACE1AF</span>;\"}]]}' style=\"text-align: center; font-size:120%; color: black; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Yslands <br/><i>íslenska</i><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Uitspraak:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><span class=\"IPA\" title=\"Uitspraak volgens die IFA\">['i:s(t)lɛnska]</span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Gepraat<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>in:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Ysland\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Iceland.svg\" title=\"Vlag van Ysland\"><img alt=\"Vlag van Ysland\" data-file-height=\"900\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1250\" decoding=\"async\" height=\"16\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Iceland.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ce/Flag_of_Iceland.svg/22px-Flag_of_Iceland.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ce/Flag_of_Iceland.svg/33px-Flag_of_Iceland.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ce/Flag_of_Iceland.svg/44px-Flag_of_Iceland.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Ysland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ysland\">Ysland</a><br/><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Denemarke\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Denmark.svg\" title=\"Vlag van Denemarke\"><img alt=\"Vlag van Denemarke\" data-file-height=\"387\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"17\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Denmark.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Flag_of_Denmark.svg/22px-Flag_of_Denmark.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Flag_of_Denmark.svg/33px-Flag_of_Denmark.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Flag_of_Denmark.svg/44px-Flag_of_Denmark.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Denemarke\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Denemarke\">Denemarke</a>\n<ul><li><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Flag of the Faroe Islands\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_Faroe_Islands.svg\" title=\"Flag of the Faroe Islands\"><img alt=\"Flag of the Faroe Islands\" data-file-height=\"800\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1100\" decoding=\"async\" height=\"16\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_Faroe_Islands.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3c/Flag_of_the_Faroe_Islands.svg/22px-Flag_of_the_Faroe_Islands.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3c/Flag_of_the_Faroe_Islands.svg/33px-Flag_of_the_Faroe_Islands.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/3c/Flag_of_the_Faroe_Islands.svg/44px-Flag_of_the_Faroe_Islands.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Faroëreilande\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Faroëreilande\">Faroëreilande</a></li></ul>\n<p><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Kanada\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Canada_(Pantone).svg\" title=\"Vlag van Kanada\"><img alt=\"Vlag van Kanada\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1200\" decoding=\"async\" height=\"11\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Canada_(Pantone).svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg/22px-Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg/33px-Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d9/Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg/44px-Flag_of_Canada_%28Pantone%29.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Kanada\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kanada\">Kanada</a><br/><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Verenigde State van Amerika\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_United_States.svg\" title=\"Vlag van Verenigde State van Amerika\"><img alt=\"Vlag van Verenigde State van Amerika\" data-file-height=\"650\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1235\" decoding=\"async\" height=\"12\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_United_States.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Flag_of_the_United_States.svg/22px-Flag_of_the_United_States.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Flag_of_the_United_States.svg/33px-Flag_of_the_United_States.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a4/Flag_of_the_United_States.svg/44px-Flag_of_the_United_States.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Verenigde_State_van_Amerika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Verenigde State van Amerika\">Verenigde State</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></p></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"top; padding-left: 0.5em;\">Gebied:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Noord-Europa\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Noord-Europa\">Noord-Europa</a>, <a href=\"./Noord-Amerika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Noord-Amerika\">Noord-Amerika</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Totale<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>sprekers:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\">313<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>840</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Taalfamilie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Taalfamilie\">Taalfamilie</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em; text-align: left;\"><a href=\"./Indo-Europese_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Indo-Europese tale\">Indo-Europees</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Germaanse_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Germaanse tale\">Germaans</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Noord-Germaanse_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Noord-Germaanse tale\">Noord-Germaans</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span>Wes-Skandinawies<br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><b>Yslands</b><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Skrifstelsel:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Latynse_alfabet\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Latynse alfabet\">Latynse alfabet</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<th about=\"#mwt30\" colspan=\"3\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align: center; color: black; background-color: <span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\">#ACE1AF</span>;\"}]]}' style=\"text-align: center; color: black; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Amptelike status</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Amptelike taal in:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Nordic_Council_icon.png\"><img data-file-height=\"31\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"150\" decoding=\"async\" height=\"5\" resource=\"./Lêer:Nordic_Council_icon.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/97/Nordic_Council_icon.png/22px-Nordic_Council_icon.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/97/Nordic_Council_icon.png/33px-Nordic_Council_icon.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/97/Nordic_Council_icon.png/44px-Nordic_Council_icon.png 2x\" width=\"22\"/></a></span> <a href=\"./Nordiese_Raad\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nordiese Raad\">Nordiese Raad</a><br/><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Ysland\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Iceland.svg\" title=\"Vlag van Ysland\"><img alt=\"Vlag van Ysland\" data-file-height=\"900\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1250\" decoding=\"async\" height=\"16\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Iceland.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ce/Flag_of_Iceland.svg/22px-Flag_of_Iceland.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ce/Flag_of_Iceland.svg/33px-Flag_of_Iceland.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/c/ce/Flag_of_Iceland.svg/44px-Flag_of_Iceland.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Ysland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ysland\">Ysland</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Gereguleer deur:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\">Árni Magnússon Instituut vir Yslandse Studies</td></tr>\n<tr>\n<th about=\"#mwt31\" colspan=\"3\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align: center; color: black; background-color: <span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\">#ACE1AF</span>;\"}]]}' style=\"text-align: center; color: black; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Taalkodes</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-1\">ISO 639-1</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt>is</tt></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-2\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-2\">ISO 639-2</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt>isl</tt></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-3\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-3\">ISO 639-3</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt><a class=\"external text\" href=\"http://www.sil.org/iso639-3/documentation.asp?id=isl\" rel=\"mw:ExtLink\">isl</a></tt><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"padding: 0; vertical-align: middle;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Verspreiding van Yslands\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Idioma_islandés.PNG\" title=\"Verspreiding van Yslands\"><img alt=\"Verspreiding van Yslands\" data-file-height=\"472\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"570\" decoding=\"async\" height=\"207\" resource=\"./Lêer:Idioma_islandés.PNG\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/28/Idioma_island%C3%A9s.PNG/250px-Idioma_island%C3%A9s.PNG\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/28/Idioma_island%C3%A9s.PNG/375px-Idioma_island%C3%A9s.PNG 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/28/Idioma_island%C3%A9s.PNG/500px-Idioma_island%C3%A9s.PNG 2x\" width=\"250\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td class=\"boilerplate metadata\" colspan=\"3\" style=\"line-height:10pt; padding:0.5em;\"><small><b>Nota</b>: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. </small></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 3109
} |
**Nederfrankiese** taalgebied in Europa (sonder die Nederfrankies-Ripuariese oorgangsgebied van die Suidoos-Limburgs).
Brussel was wel van oudsher Nederlandstalig, maar dit is al veel langer tweetalig dann Frans-Vlaandere
Die Nederfrankiese dialekte in Europa:
1. Brabants
2. Oos en Wes-Vlaams
3. Seeus
4. Hollands
5. Suid-Gelders
6. Limburgs.
Egter, Limburgs-Bergies in Duitsland is hier nie aagegee word nie, maar kan beskou word as die sewente variëteit
**Nederfrankies** kan gegroepeer word onder die Wes-Germaanse tale wat in Nederland, noordelike België, Suriname en Suid-Afrika gepraat word wat van Ou-Nederlands afstam.
Nederfrankiese variëteite word ook in die Duitse gebied langs die Ryn tussen Keulen en die grens tussen Duitsland en Nederland gepraat. In die 19de en 20ste eeue is die dialekte gedeeltelik en geleidelik deur die hedendaagse Standaard-Duits vervang.
Die Nederfrankiese dialekte word saam met Nedersaksies in die Nederduitse tale gegroepeer. Die groepering is nie gegrond op gemene taalkundige veranderings nie maar eerder op die gebrek aan die Hoogduitse klankverskuiwing en Anglo-Friesiese eienskappe.
Dit word ook saam met die tale en dialekte van die Wesmiddelduitse taal en die Hoogduitse dialekte in die oorgangsgebied van die Middelduitse tot Opperduitse taalgebied as deel van Frankies gesien.
In Duitsland word die Limburgse dialekte algemeen as Nederfrankies beskou.; in Nederland en België word dit egter as deel van die Middelduitse groep van Hoogduits beskou. Die verskil spuit uit 'n verskil in definisie: taalkundiges in die Lae Lande definieer 'n Nederfrankiese dialek as een wat slegs aan die vierde fase van die Hoogduitse konsonantverskuiwing deelgeneem het.
Die moderne Nederfrankiese tale is:
* Standaard-Nederlands
* Afrikaans
En hulle dialekte:
* Brabants
* Hollands
* Limburgs
* Oos-Vlaams
* Seeus
* Suid-Gelders
* Wes-Vlaams
Notas
-----
1. ↑ Glück, H. (ed.): *Metzler Lexikon Sprache*, pages 472, 473. Stuttgart, Weimar: Metzler, 2000 (artikels *Niederdeutsch* en *Niederfränkisch*) | {
"title": "Nederfrankies",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
290,
1809,
0.1603095632946379
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2066
} |
**Eienskappe**| **Algemeen** |
| --- |
| Naam | Yster-57 |
| |
| Protone | 26 |
| Neutrone | 31 |
| Kernspin | 1/2+ |
| Massa-oorskot | -60180,1 keV |
| **Status** |
| Status | stabiel |
| Relatiewe voorkoms | 2,119% |
| **Navigasie** |
|
| | | |
| --- | --- | --- |
| | 5626Fe | |
| | {\displaystyle \nwarrow }{\displaystyle \uparrow }{\displaystyle \nearrow } | |
| | {\displaystyle \leftarrow }**5726Fe**{\displaystyle \rightarrow } | |
| | {\displaystyle \swarrow }{\displaystyle \downarrow }{\displaystyle \searrow } | |
| | 5826Fe | |
|
| Lys van isotope |
**Yster-57** (chemiese notasie: **5726Fe**) is 'n stabiele isotoop van yster. Dit is 'n seldsame isotoop.
Mössbauer-spektroskopie
-----------------------
Hierde isotoop is die beste Mössbauer-kern.
KMR
---
Hierdie isotoop het 'n kernspin I=1/2 sonder kwadrupool en lewer smal pieke met goeie oplosvermoë. Die chemiese verskuiwings is ook baie groot (ongeveer 2600 dpm), maar die gevoeligheid (3,41 x 10-5 ten opsigte van 11H) en die natuurlike aanwesigheid (0,02119) is laag. Dit maak die effektiewe gevoeligheid slegs 7,2410 x 10-7. Verder is die meeste ysterverbindings paramagneties wat die gebruik van kernspinresonansie onmoontlik maak. 57Fe-KMR word hierdeur min aangewend. | {
"title": "Yster-57",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
511,
1073,
0.4762348555452004
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1276
} |
Humza Yousaf, die huidige leier van die Skotse Nasionale Party en eerste minister van Skotland
Die **Skotse Nasionale Party** (**SNP**; Engels: Scottish National Party; Skots-Gaelies: *Pàrtaidh Nàiseanta na h-Alba*; Skots: *Scottis Naitional Pairtie*) is 'n sosiaal-demokratiese politieke party in Skotland wat die Skotse onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk nastreef.
Die SNP is in 1934 gestig en is sedert Winnie Ewing se baanbrekende oorwinning in die Hamilton-byverkiesing in 1967 ononderbroke in die Parlement van die Verenigde Koninkryk verteenwoordig.
In die algemene Skotse verkiesing van 2007 het die SNP vir die eerste keer die sterkste politieke party in die Skotse parlement geword en 'n minderheidsregering onder leiding van Alex Salmond as Eerste Minister gevorm. Ná die volgende verkiesing in 2011 kon die SNP danksy 'n groot stemverskuiwing 'n meerderheidsregering vorm – die eerste sedert die heropening van die Skotse Parlement in 1999.
Die SNP is tans met 44 van altesaam 59 Skotse setels in die Britse Laerhuis verteenwoordig. Die SNP is daarnaas ook die sterkste politieke groepering in Skotland se plaaslike administrasie en vorm twaalf van altesaam 32 Council Area-regerings in koalisie met ander partye.
Verkiesingsresultate
--------------------
### Algemene verkiesings
| Verkiesing | # vanalgehele stemme | % vanalgehele stemme | # vanalgehele setels gewen | +/– |
| --- | --- | --- | --- | --- |
| 1992 | 629 564 | 21,5 (Skotland) | 3/72 (Skotland) | Steady |
| 1997 | 621 550 | 22,1 (Skotland) | 6/72 (Skotland) | 3 |
| 2001 | 464 314 | 20,1 (Skotland) | 5/72 (Skotland) | ▼1 |
| 2005 | 412 267 | 17,7 (Skotland) | 6/59 (Skotland) | 1 |
| 2010 | 491 386 | 19,9 (Skotland) | 6/59 (Skotland) | Steady |
| 2015 | 1 454 436 | 50,0 (Skotland) | 56/59 (Skotland) | 50 |
| 2017 | 959 090 | 36,9 (Skotland) | 35/59 (Skotland) | ▼21 |
| 2019 | 1 242 380 | 45,0 (Skotland) | 48/59 (Skotland) | 13 |
|
| | |
| --- | --- |
| Normdata Edit this at Wikidata |
* GND: 4053225-2
* ISNI: 0000 0000 9524 1640
* LCCN: n50047023
* NKC: kn20090107044
* SUDOC: 033474117
* VIAF: 140362016
* WorldCat Identities: lccn-n50047023
| | {
"title": "Skotse Nasionale Party",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1025,
2108,
0.4862428842504744
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw=\"{"parts":[{"template":{"target":{"wt":"Inligtingskas Politieke party\\n","href":"./Sjabloon:Inligtingskas_Politieke_party"},"params":{"party_naam":{"wt":"Skotse Nasionale Party<br />Scottish National Party<br />Pàrtaidh Nàiseanta na h-Alba<br />Scottis Naitional Pairtie"},"afkorting":{"wt":"SNP"},"party_logo":{"wt":"Scottish National Party Logo svg.png"},"logobeskrywing":{"wt":""},"logo_onderskrif":{"wt":""},"leier":{"wt":"[[Humza Yousaf]]"},"slagspreuk":{"wt":""},"gestig":{"wt":"[[1934]]"},"ontbind":{"wt":""},"samesmelting_van":{"wt":"National Party of Scotland, Scottish Party"},"afgestig_van":{"wt":""},"voorafgegaan":{"wt":""},"samesmelting_met":{"wt":""},"opgevolg":{"wt":""},"nuusbrief":{"wt":""},"hoofkwartiere":{"wt":"Gordon Lamb House, 3 Jackson's Entry, [[Edinburg]], EH8 8PJ"},"studente_vleuel":{"wt":"Federation of Student Nationalists"},"jeugvleuel":{"wt":"Young Scots for Independence"},"ideologie":{"wt":"Skotse onafhanklikheid, Skotse nasionalisme, sosiale demokrasie, Burgerlike nasionalisme"},"nasionaal":{"wt":""},"internasionaal":{"wt":"European Free Alliance"},"kleure":{"wt":"Geel en lila"},"webwerf":{"wt":"[http://www.snp.org/ ''snp.org'']"}},"i":0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:25.5em; font-size: 85%; text-align: left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; text-align: center;\"><b>Skotse Nasionale Party<br/>Scottish National Party<br/>Pàrtaidh Nàiseanta na h-Alba<br/>Scottis Naitional Pairtie</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; text-align: center;\"><i><b>SNP</b></i></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Logo van die betrokke party.\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Scottish_National_Party_Logo_svg.png\" title=\"Logo van die betrokke party.\"><img alt=\"Logo van die betrokke party.\" data-file-height=\"70\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"195\" decoding=\"async\" height=\"86\" resource=\"./Lêer:Scottish_National_Party_Logo_svg.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/af/3/34/Scottish_National_Party_Logo_svg.png\" width=\"240\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Leier</th>\n<td><a href=\"./Humza_Yousaf\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Humza Yousaf\">Humza Yousaf</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Gestig</th>\n<td><a href=\"./1934\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1934\">1934</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Samesmelting van</th>\n<td>National Party of Scotland, Scottish Party</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Hoofkwartier</th>\n<td>Gordon Lamb House, 3 Jackson's Entry, <a href=\"./Edinburg\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Edinburg\">Edinburg</a>, EH8 8PJ</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Studentevleuel</th>\n<td>Federation of Student Nationalists</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Jeugvleuel</th>\n<td>Young Scots for Independence</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Ideologie</th>\n<td>Skotse onafhanklikheid, Skotse nasionalisme, sosiale demokrasie, Burgerlike nasionalisme</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Internasionale affiliasie</th>\n<td>European Free Alliance</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Amptelike kleure</th>\n<td>Geel en lila</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Webblad</th>\n<td><a class=\"external text\" href=\"http://www.snp.org/\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\"><i>snp.org</i></a></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 2162
} |
*Hierdie artikel behoort versmelt te word met Babilonië.*
Meer as 3 000 jaar gelede toe papier nog nie uitgevind was nie, het mense steeds die behoefte gehad om geskrifte op te stel en te **skryf**. Begrippe van **berekenings** moes uitgebeeld word, vir rekordhouding en om by die somtotaal van 'n berekening uit te kom. In **Ou Babilonië** het die beskawing reeds kreatiewe planne beraam voor die uitvindsels wat die omgaan van kommunikasie en berekening vergemaklik het.
Skryfkuns
---------
In Ou Babilonië, meer as 3 000 jaar gelede, was klei meestal as skryfmateriaal gebruik. Die Babiloniërs het nie perkament gehad nie en papier was nog nie uitgevind nie. Die kleitablet was met ʼn silindervormige seël bestempel, sodat die uitgekerfde tekens in reliëf op die oppervlak van die klei uitstaan. As die kleitablet eers in ʼn oond gebak is of in die son droog geword het, hou die inskripsie eeue lank. Silindervormige seëls is sedert die vroegste tye in Babilonië gebruik.
Die Babiloniërs het hul beskawing van 'n ouer ras, die Sumeriërs, geërf. Meer as 3 000 jaar v.C. het hierdie Sumeriërs sulke kleiseëls gemaak, wat hulle gebruik het as *amulette* of gelukbringers om hulle teen onheil te beskerm. Op hierdie amuletseëls was magiese patrone uitgekerf, wat dan weer maklik op 'n stuk klei afgedruk kon word. Hierdie stuk klei met die patroon daarop is dan soms oor die prop van 'n wyn- of oliekan geplak om te wys dat die betrokke kan aan die eienaar van die seël behoort. Mettertyd het die kooplui en handelaars in Babilonië ontdek dat hulle hierdie sisteem baie handig kon gebruik in die handel. Party van die ryk koopmanne het seels gedra wat van kristal, oniks of albas gemaak is, sodat hulle hul kontrakte kon verseël.
Seëls is ook vir 'n ander doel gebruik: om op die fondamentstene van tempels, paleise en strate die name van die bouer of van die koning wat hul beplan het, aan te bring. Hierdie inskripsies het al dikwels die argeoloë gehelp om die ou stede van Babilonië wat onder die sand begrawe was, te rekonstrueer of om voorwerpe te dateer. Maar met 'n seël kon 'n mens natuurlik net dieselfde patroon oor en oor afdruk in die klei. Wanneer hulle werklik wou skryf, het die Babiloniërs gebruik gemaak van 'n *stilus*, 'n soort pen van 'n riet gemaak.
Een punt daarvan was skerp en die ander stomp. Die skerp punt is nie oor die klei getrek soos ons 'n pen oor papier trek nie, maar daarin gedruk, sodat elke teken ʼn min of meer wigvormige gaatjie was. Die Babiloniese skrif staan om hierdie rede bekend as wigskrif of spykerskrif. Wanneer die skrywer 'n sirkel wou maak, het hy die stomp kant van die stilus gebruik.
Rekenkuns
---------
Die Babiloniërs het 'n uitstekende begrip van die beginsels van wiskunde gehad. Gedurende die tyd van hulle groot koning, Hammoerabi, omtrent 1700 v.C. is wiskunde-onderrig in die tempelskole van Babilonië aangebied. Sover ons kan aflei van die tablette wat behoue gebly het, het die berekeninge van hierdie tempelgeleerdes te make gehad met die handel, eiendom en erfenisse. Daar was inderdaad soveel saketransaksies om mee rekening te hou dat hierdie Babiloniese klerke hul stelsels so eenvoudig en doeltreffend as moontlik moes maak.
Hulle het dus 'n metode ontwerp om met breuke van 'n geheel te reken, wat nie op die vingers getel of met tellers bereken kon word nie. Mettertyd kon die Babiloniërs allerhande ingewikkelde probleme in verband met militêre geniewerk, landmeting en argitektuur oplos. Dit sou vir hulle onmoontlik gewees het sonder 'n kennis van wiskunde. Maar vir die alledaagse gebruik in die handel, vir aktiwiteite soos koop, verkoop en ruil, wat sonder ophou bedryf is in ʼn groot handelstad soos Babilon, was 'n eenvoudige, maar doeltreffende metode van vinnige berekening nodig.
Die Babiloniese handelaars het gebruik gemaak van 'n telapparaat wat vandag nog in China deur winkeliers gebruik word, en in 'n eenvoudiger vorm in, kleuterskole aangetref as die abakus. In Babilonië was die abakus 'n kleitablet met drie groewe; hierin is klein tellers van metaal, been of glas gesit, of dikwels is klippies gebruik.
Bronnelys
---------
* KENNIS, 1980, ISBN 0798108231, volume 1, bl. 111 | {
"title": "Skryf- en rekenkuns in ou Babilonië",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
179,
3570,
0.050140056022408966
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 4189
} |
| Periode/sisteem | Epog/serie | Tydsnede/etage | M. jaar gelede |
| --- | --- | --- | --- |
| Devoon | Onder | Lochkovium | **jonger** |
| Siluur | Pridolium | 419,2–423,0 |
| Ludlow | Ludfordium | 423,0–425,6 |
| Gorstium | 425,6–427,4 |
| Wenlock | Homerium | 427,4–430,5 |
| Sheinwoodium | 430,5–433,4 |
| Llandoveri | Telychium | 433,4–438,5 |
| Aeronium | 438,5–440,8 |
| Rhuddanium | 440,8–443,4 |
| Ordovisium | Laat | Hirnantium | **ouer** |
| Die verdeling van die Siluur (IKS). |
Die **Pridolium** is die laaste chronostratigrafiese serie sowel as geologiese epog van onderskeidelik die sisteem en periode Siluur. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het. Die Pridolium word nie onderverdeel in tydsnedes nie.
Die tydperk was van sowat 423 tot 419,2 miljoen jaar gelede. Dit is voorafgegaan deur die etage/tydsnede Ludfordium van die Ludlow-serie en is gevolg deur die eerste etage/tydsnede van die Devoon, die Lochkovium.
Naam en definisie
-----------------
Die Pridolium is genoem na die stadsdeel Přidoli in die Tsjeggiese hoofstad, Praag. Die globale stratotipepunt lê in die Požáry-seksie in die Daleje-dal by Praag.
Die basis van die serie word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die graptoliet *Monograptus parultimus* en die bokant deur die eerste voorkoms van die graptoliet *Monograptus uniformis*.
Bronne
------
* (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; **2012**: *A Geologic Time Scale 2012*, Elsevier, ISBN 0444594256.
* (en) Kríz, J.; 1989: *The Přídoli Series in the Prague Basin (Barrandium area, Bohemia)*, in: Holland, C.H. & Bassett, M.G. (red.): *A global standard for the Silurian System*, National Museum of Wales, Geological Series **9**, p. 90-100. | {
"title": "Pridolium",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
668,
1409,
0.4740951029098652
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1777
} |
Lyra McKee
**Lyra Catherine McKee** ['lɪərə mə'ki:] (\* 31 Maart 1990, † 18 April 2019) was 'n Noord-Ierse joernalis wat bekendheid verwerf het met haar werk oor die maatskaplike gevolge van die onluste wat Noord-Ierland dekades lank geteister het. Naas hierdie bydraes, wat in 'n verskeidenheid publikasies verskyn het, was sy ook werksaam as redakteur vir *Mediagazer*, 'n nuusvoer-webblad.
Op 18 April 2019 is Lyra McKee, wat in 'n Rooms-Katolieke familie in Belfast gebore is, gedurende onluste in die Creggan-buurt van Derry, Noord-Ierland per ongeluk deur 'n koeël getref wat deur lede van die Nuwe Ierse Republikeinse Leër afgevuur is en noodlottig gewond. Haar begrafnisdiens in die Anglikaanse Sint Anna-katedraal te Belfast op 24 April is bygewoon deur die Ierse president Michael D. Higgins, die eerste ministers van die Verenigde Koninkryk en die Republiek Ierland, Theresa May en Leo Varadkar, die leier van die amptelike opposisie, Jeremy Corbyn, en leidende Noord-Ierse politici soos Arlene Foster (DUP), Mary Lou McDonald en Michelle O'Neill (albei Sinn Féin).
Lyra McKee se ma Joan Lawrie is op 10 Maart 2020 in 'n hospitaal te Belfast oorlede. Volgens persberigte het haar gesondheidstoestand ná die moord op haar dogter versleg. | {
"title": "Lyra McKee",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
297,
1357,
0.21886514369933677
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1253
} |
**Retief Odendaal** (gebore 28 Mei 1982) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert 21 September 2022 as die Uitvoerende Burgemeester van Nelson Mandelabaai dien. Hy was 'n Lid van die Provinsiale Wetgewer in die Oos-Kaap vir die Demokratiese Alliansie en was die skadulid van die Uitvoerende Raad (LUR) vir Finansies, Landelike Ontwikkeling en Landbouhervorming van Mei 2019 tot Augustus 2022.
Vroeë lewe en opvoeding
-----------------------
Odendaal is in die kusstad Port Elizabeth (nou Gqeberha), Oos-Kaap, gebore en was op skool by die Hoërskool Otto Du Plessis. Hy het van 2001 tot 2005 aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit studeer waar hy 'n LLB-graad verwerf het. Hierna het hy sy internskap by Delport, van Niekerk Prokureurs gedoen. Hy is 'n praktiserende prokureur in Nelson Mandelabaai en 'n politikus.
Politieke loopbaan
------------------
Retief Odendaal het in 2004 by die Demokratiese Alliansie (DA) aangesluit. Hy is 'n stigterslid van die DA-jeug in Nelson Mandelabaai wat in 2004 gestig is. Hy het in 2009 die wyk 6-raadslid in Nelson Mandelabaai geword en as die raadslid gedien tot die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2016. Odendaal was ook van 2014 tot 2016 die leier van die opposisie in Nelson Mandelabaai. In 2016 toe die DA die grootste party in Nelson Mandelabaai geword het, is hy deur die destydse burgemeester Athol Trollip as 'n burgemeesterskomiteelid vir Finansies in Nelson Mandelabaai aangewys.
Retief is sedert 2014 lid van die Demokratiese Alliansie se Federale Raad en is ook verkies as voorsitter van die Provinsiale Dissiplinêre Komitee vir die DA in die Oos-Kaap. Hy het ook van 2017 tot 2019 as die ondervoorsitter van die DA in die Oos-Kaap gedien.
Odendaal is in die munisipale verkiesing van 2021 as raadslid van Nelson Mandelabaai verkies, maar hy het die pos van die hand gewys. Odendaal se afwesigheid van die eerste raadsvergadering op 22 November 2021 het daartoe gelei dat die DA-burgemeesterskandidaat Nqaba Bhanga met een stem teen die ANC-burgemeesterskandidaat Eugene Johnson verloor het.
Op 28 Julie 2022 het die DA en ander opposisiepartye 'n koalisie-ooreenkoms onderteken om die ANC-geleide alliansie van bewind in Nelson Mandelabaai te verwyder. Die volgende dag is Odendaal as die DA se burgemeesterskandidaat vir die metro aangekondig. Hy het op 4 Augustus 2022 uit die Provinsiale Wetgewer bedank. Op 21 September 2022 is hy verkies tot Uitvoerende Burgemeester van Nelson Mandelabaai en die jongste persoon wat ooit as burgemeester in Nelson Mandelabaai se geskiedenis verkies is.
Persoonlike lewe
----------------
Odendaal praat vlot Afrikaans en Engels. Hy is op 24 September 2010 in Port Elizabeth met Anne-Marie Potgieter getroud; hulle het drie kinders. | {
"title": "Retief Odendaal",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1118,
3392,
0.3295990566037736
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Ampsbekleër\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Ampsbekleër\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Retief Odendaal\"},\"beeld\":{\"wt\":\"\"},\"beeldonderskrif\":{\"wt\":\"\"},\"orde\":{\"wt\":\"\"},\"termynaanvang\":{\"wt\":\"\"},\"termyneinde\":{\"wt\":\"\"},\"voorganger\":{\"wt\":\"\"},\"opvolger\":{\"wt\":\"\"},\"leier\":{\"wt\":\"\"},\"geboortedatum\":{\"wt\":\"{{GDEO|1982|5|28}}\"},\"geboorteplek\":{\"wt\":\"[[Port Elizabeth]], [[Oos-Kaap]]\"},\"sterftedatum\":{\"wt\":\"\"},\"sterfteplek\":{\"wt\":\"\"},\"party\":{\"wt\":\"[[Demokratiese Alliansie]]\"},\"orde2\":{\"wt\":\"Burgemeester van die [[Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit|Nelson Mandelabaai Metro]]\"},\"termynaanvang2\":{\"wt\":\"21 September 2022\"},\"termyneinde2\":{\"wt\":\"\"},\"voorganger2\":{\"wt\":\"Eugene Johnson\"},\"opvolger2\":{\"wt\":\"\"},\"orde3\":{\"wt\":\"Lid van die Federale Raad van die [[Demokratiese Alliansie]]\"},\"termynaanvang3\":{\"wt\":\"2014\"},\"termyneinde3\":{\"wt\":\"\"},\"voorganger3\":{\"wt\":\"\"},\"opvolger3\":{\"wt\":\"\"},\"orde4\":{\"wt\":\"Lid van die [[Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer]]\"},\"termynaanvang4\":{\"wt\":\"22 Mei 2019\"},\"termyneinde4\":{\"wt\":\"4 Augustus 2022\"},\"voorganger4\":{\"wt\":\"\"},\"opvolger4\":{\"wt\":\"\"},\"eggenoot\":{\"wt\":\"Anne-Marie Potgieter\"},\"kinders\":{\"wt\":\"2\"},\"alma_mater\":{\"wt\":\"\"},\"religie\":{\"wt\":\"\"},\"handtekening\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:23em; font-size:85%; text-align:left; padding-left:0.5em; padding-right:0.5em;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size:140%;\"><b>Retief Odendaal</b></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:110%;\"><hr/><div style=\"background:lavender;\">Burgemeester van die <a href=\"./Nelson_Mandelabaai_Metropolitaanse_Munisipaliteit\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit\">Nelson Mandelabaai Metro</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center; background:lavender;\"><b>Ampsbekleër</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><b>Termynaanvang</b><br/>21 September 2022</td></tr>\n<tr>\n<th>Voorafgegaan<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>deur</th>\n<td>Eugene Johnson</td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:110%;\"><hr/><div style=\"background:lavender;\">Lid van die Federale Raad van die <a href=\"./Demokratiese_Alliansie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Demokratiese Alliansie\">Demokratiese Alliansie</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center; background:lavender;\"><b>Ampsbekleër</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><b>Termynaanvang</b><br/>2014</td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:110%;\"><hr/><div style=\"background:lavender;\">Lid van die <a href=\"./Oos-Kaapse_Provinsiale_Wetgewer\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer\">Oos-Kaapse Provinsiale Wetgewer</a></div></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"border-bottom:none; text-align:center;\"><b>Ampstermyn</b><br/>22 Mei 2019<span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\">–</span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span>4 Augustus 2022</td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"color: #000000; font-size: 110%; text-align: center;\"><hr/><div style=\"background:lavender;\">Persoonlike besonderhede</div></th></tr>\n<tr>\n<th>Gebore</th>\n<td>28 Mei 1982<span style=\"display:none\"> (<span class=\"bday\">1982-05-28</span>)</span><span class=\"noprint\"> (41<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>jaar<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>oud) </span> <br/><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Port_Elizabeth\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Port Elizabeth\">Port Elizabeth</a>, <a href=\"./Oos-Kaap\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Oos-Kaap\">Oos-Kaap</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Politieke<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>party</th>\n<td><a href=\"./Demokratiese_Alliansie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Demokratiese Alliansie\">Demokratiese Alliansie</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Eggenoot/-note</th>\n<td>Anne-Marie Potgieter</td></tr>\n<tr>\n<th>Kind(ers)</th>\n<td>2</td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 2758
} |
**Afrikaanse woorde** is al in verskeie tale, onder andere Engels, opgeneem.
Britse Engels het primêr Afrikaanse woorde vanaf die Britse soldate opgeneem wat in die Boere oorloë geveg het. Verskeie ander Afrikaanse woorde is deur Engels-sprekende Suid-Afrikaners aangeleer omdat Afrikaans en Engels dikwels in parallel gebruik word.
Internasionaal gebruik
----------------------
Die volgende Afrikaanse woorde word internasionaal gebruik:
* aardvark
* aardwolf
* afrikaans
* apartheid
* blesbuck (blesbok)
* bontebok
* boomslang
* duiker
* eland
* gemsbok
* klipspringer
* kudu (koedoe)
* kommando
* laer (soos 'n laer van ossewaens trek)
* meerkat
* rand
* spoor (soos in spoorsny)
* springbok
* steenbuck (steenbok)
* trek
* veld
* wildebees
Daar is ook verskeie Engelse woorde wat van Kaaps-Hollands ('n voorloper van Afrikaans) afkomstig is:
* hartebeest (moderne ekwivalent is hartebees)
* scoff (vanaf *schoff*, die woord word nie meer in moderne Afrikaans gebruik nie)
* veldt (moderne ekwivalent is veld)
* wildebeest (moderne ekwivalent is wildebees)
Algemeen in Suid-Afrika
-----------------------
Daar is 'n verskeidenheid Afrikaanse leenwoorde in Suid-Afrikaanse Engelse. Sommige van hulle sluit in:
* bakkie (pickup truck)
* beskuit
* boere (polisie)
* biltong
* boerewors
* boerie (boereworsrol)
* braai (verkorting van braaivleis)
* dorp
* klap
* kraal
* lekker
* mielie
* mielepap
* pap
* stoep
* voetstoots
Sekere van die woorde word net losweg met Suid-Afrikaanse Engels geassosieer en beide die Afrikaanse en Engelse woorde word saam in dieselfde gesprek gebruik. Ander woorde is diep ingewortel. Die beste voorbeeld hiervan is moontlik *voetstoots* (wat beteken: *net soos dit is*) wat algemeen in Suid-Afrikaanse kontrakte en regsdokumente gebruik word. | {
"title": "Lys van Afrikaanse woorde in Engels opgeneem",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
796,
1657,
0.4803862401931201
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1786
} |
'n **Resensie-artikel** is 'n artikel wat die verstaan van 'n onderwerp opsom. 'n Resensie-artikel ondersoek en som voorheen gepubliseerde studies op, eerder as om nuwe feite of analisering te rapporteer. Oorsig artikels word soms ook **ondersoekende artikels** genoem, of in nuusberigte, **oorsigartikels**. Akademiese publikasies wat spesialiseer in resensie-artikels staan bekend as resensiejoernale.
Resensie-artikels lig in oor:
* die belangrikste mense wat werk in 'n veld
* onlangse groot vooruitgang en ontdekkings
* beduidende gapings in die navorsing
* huidige debatte
* idees waaroor volgende navorsing gedoen kanword
Akademiese publikasie
---------------------
Resensie-artikels in akademiese tydskrifte analiseer of bespreek navorsing wat voorheen deur ander gepubliseer is, eerder as om nuwe eksperimentele resultate te rapporteer. Die mening van 'n deskundige is waardevol, maar 'n deskundige se assessering van die literatuur kan meer waardevol wees. Wanneer 'n individuele artikel gelees word, kan lesers eienskappe mis wat voor die hand liggend vir 'n kundige klinikus-navorser is. Lesers baat by die deskundige se verduideliking en assessering van die geldigheid en toepaslikheid van individuele studies.
Resensie-artikels kom in die vorm van literatuuroorsigte en meer spesifiek sistematiese oorsigte; albei is 'n vorm van sekondêre literatuur. Literatuuroorsigte bied 'n opsomming van wat die outeurs glo die beste en mees relevante publikasies is wat voorheen gepubliseer is. Sistematiese oorsigte bepaal 'n objektiewe lys van kriteria en vind al die voorheen gepubliseerde oorspronklike eksperimentele publikasies wat aan die kriteria voldoen. Hulle vergelyk dan die resultate wat in hierdie vraestelle aangebied word.
Sommige akademiese tydskrifte spesialiseer ook in die resensering van 'n veld; dit staan bekend as resensie joernale.
Die konsep van 'n resensie-artikel is apart van die konsep van eweknie-geëvalueerde literatuur. Dit is moontlik dat 'n resensie-artikel self eweknie-geëvalueerd of nie-eweknie-geëvalueerd is.
Sien ook
--------
* Saak reekse, soms genoem 'n *kliniese oorsig* omdat dit die rekords vir 'n reeks pasiënte by 'n enkele mediese kliniek aanteken of opsom
* Lewende oorsig
Bronne
------
* Woodward, A. M. (1977). The Roles of Reviews in Information Transfer. *Journal of the American Society for Information Science*, 175-180. | {
"title": "Resensie-artikel",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
785,
2383,
0.32941670163659253
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2395
} |
**Maoupa Cedric Maake** (geb. 1965) is ’n Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar wat in 1996 en 1997 minstens 27 moorde gepleeg het. Hy is ook bekend as die **Wemmerpan-moordenaar** omdat baie van die moorde in dié deel van Johannesburg gepleeg is.
Moorde
------
Maake het in April 1996 sy eerste moord gepleeg. Aanvanklik het die Brixtonse moord-en-roofeenheid van die SAPD nie sy misdade met mekaar verbind nie en gedink dit is die werk van twee verskillende reeksmoordenaars vanweë die verskillende patrone tussen die moorde. Twee verskillende misdadigerprofiele is geskep, een vir die "Wemmerpan-moorde" en een vir die "Hamermoorde".
Daar was verskeie patrone in die Wemmerpan-moorde. Die een groep slagoffers was mans en vroue wat alleen geloop het. Maake het hulle met klippe doodgeslaan. Die tweede groep was paartjies wat in motors in die Wemmerpan-gebied gesit het. Maake sou die mans doodskiet en die vroue verkrag.
Die tweede misdadigerprofiel wat die polisie opgestel het, het verband gehou met Indiër-kleremakers in die middestad wat met hamers doodgeslaan is. Die verband tussen die Wemmerpan- en die Hamermoorde is op 12 Januarie 1998 besef deur superintendent Piet Byleveld. Maake het Byleveld na ’n pandjieswinkel in La Rochelle in die suide van Johannesburg geneem waar hy die fiets van Gerhard Lavoo, ’n slagoffer in die Wemmerpan-moorde, vir R120 verkoop het. Die skuilnaam wat hy vir die kwitansie gebruik het, was "Patrick Mokwena", dieselfde naam wat hy gebruik het toe hy ’n hemp na een van die kleremakers geneem het wat hy vermoor het.
Arres
-----
Maake is in Desember 1997 aangekeer as ’n verdagte in die Wemmerpan-moorde en het aanvanklik skuld beken. Hy het op verskeie geleenthede met die polisie saamgewerk; hy het hulle deur die gebied gelei en die plekke van die misdade uitgewys. Dié data is later gebruik saam met geografiese inligtingstelsels (GIS) en ander tegnologie om diagramme van die area op te stel waar die moorde gepleeg is. Die saak was een van die eerstes waar GIS deur die polisie in die hofvervolging van ’n verdagte gebruik is. Later is gewys die meeste van Maake se moorde was gesentreer om sy twee blyplekke, die plek waar hy gewerk het en die blyplekke van sy broer en meisie.
Maake is aangekla van 36 moorde, 28 pogings tot moord, 15 verkragtings, 46 roofaanklagte en ander aanklagte wat verband gehou het met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Maake het in die hof skuld op al die aanklagte ontken. ’n Maand ná sy inhegtenisneming het hy beken hy het die Hamermoorde gepleeg.
Op 6 September 2000 is hy skuldig bevind aan 27 moorde, 26 pogings tot moord, 14 verkragtings, 41 rooftogte en baie kleiner aanklagte. Van die altesaam 134 aanklagte is hy aan 114 skuldig bevind en hy is gevonnis tot 27 keer lewenslange tronkstraf (een keer vir elke moord) plus 1 159 jaar en drie maande. Sy vonnis is effektief 1 340 jaar tronkstraf.
Sien ook
--------
* Lys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars | {
"title": "Cedric Maake",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1614,
4036,
0.39990089197224976
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" cellpadding=\"0\" cellspacing=\"0\" class=\"toccolours vatop infobox\" style=\"float:right; clear:right; width:270px; padding:3px; margin:1px 1px 1em 1em; font-size:85%;\">\n<tbody><tr><td colspan=\"3\" style=\"background-color:#FF6666; color:#000000; text-align: center;\"><b><span style=\"font-size: 120%;\">Cedric Maake</span></b></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Gebore<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">1965</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Land<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\"><a href=\"./Suid-Afrika\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Suid-Afrika\">Suid-Afrika</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Bynaam<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Wemmerpan-moordenaar <br/>Hamermoordenaar</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Misdaad<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Reeks moorde</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#FF6666; color:#000000; text-align: center;\"><b>Misdaadbesonderhede</b></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Plek</td><td colspan=\"2\"><a href=\"./Gauteng\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Gauteng\">Gauteng</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Datum(s)<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">April 1996–1997</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Slagoffers<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">27+</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Metode<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Doodgeskiet, met hamers/klippe doodgeslaan</td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#FF6666; color:#000000; text-align: center;\"><b>Vonnisbesonderhede</b></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Aangekeer<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">Desember 1997</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Vonnisdatum<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">6 September 2000</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\">Vonnis<span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">1 340 jaar tronkstraf</td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 2972
} |
Die HNP het die Republikeinse Strydfonds in 1943 opgerig om geld in te samel sodat die party beter kon vaar in verkiesings ter verwesenliking van die republikeinse ideaal. Dié sertifikaat is aan bydraers uitgereik.
Die **Republikeinse Strydfonds** was ’n geldinsamelingspoging van die Nasionale Party (HNP of NP) om sy verkiesingsveldtogte te finansier.
Die Federale hoofbestuur van die NP het ná die 1943-verkiesing besluit om ’n fonds te stig waaruit genoeg kapitaal beskikbaar sou wees om die volgende verkiesing doeltreffend aan te pak. Dr. D.F. Malan, as voorsitter van die Federale Raad, het dr. A.J.R. van Rhyn, redakteur van *Die Volksblad*, genader om die geldinsameling te loods met ’n doelwit van £50 000. Dit sou bekend staan as die Republikeinse Strydfonds. Nadat Van Rhyn die versoek aanvaar het, versoek F.C. Erasmus, sekretaris van die Federale Raad, Malan, as direkteur van Nasionale Pers, om die direksie te oortuig om Van Rhyn vir ’n jaar, met volle salaris, aan die party af te staan. Hierdie versoek is gedurende September eenparig deur die direksie toegestaan, bewys van die Pers en Party se noue samewerking.
Van Rhyn het sy taak met geesdrif aanvaar en ná vier maande kon *Die Burger* berig dat £20 000 reeds ingesamel is. Die koerant interpreteer die geesdrif waarmee tot die fonds bygedra is as aanduiding van ’n groeiende gees van steun vir die NP. Ná die eerste jaar is £30 000 ingesamel; daarom het die direksie van die Nasionale Pers verlof toegestaan dat Van Rhyn vir nog jaar kon voortgaan sodat die fonds sy mikpunt kon bereik. Einde 1945 kon Van Rhyn £54 000 aan Malan oorhandig.
Net die rente op die fonds sou vir die organisasie van politieke veldtogte gebruik word en die kapitaal sou net in buitengewone omstandighede aangewend word. Die uniekheid van dié geldinsameling is onder meer dat die geld in die moeilike oorlogsjare verkry is en dat gewone partylede in groot getalle daartoe bygedra het. Die insamelingsaksie het ook omvattende bekendstellingsfunksie gelewer, waardeur baie meer kiesers bewus geraak het van die NP en sy doelstellings. Nog ’n belangrike uitvloeisel was dat die NP kapitaal tot sy beskikking gehad het wat die party in 1948 se verkiesingsveldtog met groot sukses kon aanwend.
Reeds in 1944 het *Die Burger* ’n plan in breë trekke uiteengesit oor hoe die NP hom effektief kon versterk. Volgens die koerant moes die party met intensiewe organisasieplan die bewind in 1948 oorneem. Daarom was dit die plig van elke Nasionaal-gesinde om die party as getroue lid te steun, aktief nuwe lede te werf en tot die Republikeinse Strydfonds by te dra. Dit was duidelik dat die NP die beginsels wat die koerant gepredik het, aanvaar het, want spoedig het selfs van die regeringskoerante die party se doeltreffende organisasie waargeneem. Volgens The Argus was die organisasie in 1944 alreeds so gerat soos gedurende ’n algemene verkiesing. Dié koerant het onder meer beweer dat die NP met genoegsame geld, fyn uitgewerkte planne en aanhoudende agitasie teen die regering 'n wesenlike probleem vir die VP in die volgende verkiesing sou wees. Geen beter kompliment kon vir die NP en sy organisasie gegee word as juis dié berig nie.
’n Jaar later berig *Die Kruithoring*, die NP se amptelike mondstuk, dat die organisasie van die party so uitgebrei het, dat die NP-hoofraad in Kaapland ’n eie gebou vir die party aangekoop het waarin sy hoofkantoor in Kaapstad gehuisves kon word. ln dieselfde berig is aangekondig dat die ledetal van die NP in Kaapland tussen 1940 en 1945 van 37 500 tot 70 000 gestyg het.
’n Nuwigheid was ook dat betaalde organiseerders die party se mondering na 1945 ál verder versterk het. So is gedurende Junie 1947 'n landwye organiseerderskonferensie in Bloemfontein gehou. Op dié konferensie is die organisasie van die Party baie duidelik en deeglik verduidelik en bespreek. Die strategie vir die 1948-verkiesing is tydens die konferensie beplan en Die Burger kon met reg beweer dat die konferensie niks goeds vir die VP voorspel het nie. Die Burger berig voorts dat daar sigbare en toenemende geesdrif vir die NP te bespeur was. Volgens die koerant was daar veral groeiende steun vir die NP op die Transvaalse platteland en in die OVS te bespeur.
Op daardie tydstip was daar ook reeds 16 voltydse NP-organiseerders in Kaapland werksaam. Daarmee saam het *Die Burger* toenemend berig dat veral VP-lede dwarsdeur Kaapland openlik by die NP aangesluit het. Die propaganda van die koerant was daarop ingestel om die psigose te skep dat VP-lede in groot getalle besig was om die party te verlaat.
Die kroon op die fonds se insamelings is in 1948 gespan met die NP se skokoorwinning.
Bronne
------
* (af) E.G. Jansen se rol in belang van die Afrikaners in Natal. URL besoek op 15 Augustus 2016.
* (af) *Die O.B.*, 18 Mei 1949. URL besoek op 15 Augustus 2016. | {
"title": "Republikeinse Strydfonds",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
125,
4026,
0.031048186785891704
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 4864
} |
Die **Adult Film Database** (**AFD**) is 'n Engelse pornodatabasis wat 'n rekord probeer hou van alle pornografiese rolprente en akteurs. Dit sluit in filmografieë, gedeeltelike biografieë, resensies en 'n gereeld bygewerkte blog oor die pornografiebedryf met nuus, flieks, regisseurs, ateljees en webtuistes.
Opsomming
---------
Die webtuiste is in 1991 deur 'n student onder die naam **Sodomite** gestig. Dit was 'n poging om die leemte te vul wat deur die tydelike afwesigheid van die Internet Adult Film Database (IAFD) gelaat is en as 'n projek in webontwikkeling. In 1999 is die naam na AdultFilmDatabase.com verander. Dit is vandag 'n groot mededinger van die IAFD.
Dit is geïnspireer deur beide die IAFD en IMDb, en het bande met ander maatskappye in die bedryf, soos Vivid Entertainment, Hustler, Wicked en Digital Playground. Dit bevat inligting oor meer as 100 000 pornoprente en 60 000 akteurs (soos in Maart 2019).
Dit word bestuur deur 'n getroude paartjie en was die eerste aanlyn pornodatabasis met straight én gay inhoud.
Skakels
-------
* Amptelike webwerf
* Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal. | {
"title": "Adult Film Database",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
237,
1101,
0.21525885558583105
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox borderless\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Webwerf\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Webwerf\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Adult Film Database\"},\"favicon\":{\"wt\":\"\"},\"logo\":{\"wt\":\"\"},\"screenshot\":{\"wt\":\"\"},\"onderskrif\":{\"wt\":\"\"},\"url\":{\"wt\":\"{{URL|adultfilmdatabase.com}}\"},\"kommersieel\":{\"wt\":\"\"},\"soort\":{\"wt\":\"[[Pornografie|Pornowebtuiste]]\"},\"registrasie\":{\"wt\":\"\"},\"eienaar\":{\"wt\":\"\"},\"taal\":{\"wt\":\"[[Engels]]\"},\"skepper\":{\"wt\":\"\"},\"lanseringsdatum\":{\"wt\":\"1991 as Sodomite <br /> 1999 as Adult Film Database\"},\"huidige status\":{\"wt\":\"Aktief\"},\"inkomste\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"font-size:90%; text-align:left; width:30em;\" summary=\"Template:Infobox Website\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"text-align:center; font-size:125%;\">Adult Film Database</th></tr>\n<tr>\n<th><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Uniform_Resource_Locator\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Uniform Resource Locator\">URL</a></th>\n<td><span class=\"url\"><a class=\"external text\" href=\"http://adultfilmdatabase.com\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">adultfilmdatabase<wbr/>.com</a></span></td></tr>\n<tr>\n<th>Soort webwerf</th>\n<td><a href=\"./Pornografie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Pornografie\">Pornowebtuiste</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Beskikbare <a href=\"./Taal\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Taal\">tale</a></th>\n<td><a href=\"./Engels\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Engels\">Engels</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Gelanseer</th>\n<td>1991 as Sodomite <br/> 1999 as Adult Film Database</td></tr>\n<tr>\n<th>Huidige status</th>\n<td>Aktief</td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 1166
} |
| | |
| --- | --- |
| | |
| | |
| Resistor | VeranderlikeResistor |
| Resistor simbole - V.S.A. en Japan |
| | |
| | |
| Resistor | Veranderlike resistor |
| Resistor simbole (Europa, IEC) |
'n Verskeidenheid resistors
Oppervlak-gemonteerde resistor.
'n **Resistor** (of 'n **weerstand**) is 'n twee terminaal elektroniese komponent wat weerstand bied teen 'n elektriese stroom en 'n spanningsval tussen sy terminale veroorsaak in ooreenstemming met Ohm se wet. (Sekere ultrahoë presisie resistors het 2 addisionele terminale).
{\displaystyle R={\frac {V}{I}}}
Die *elektriese weerstand* is gelyk aan die spanningsval oor die resistor gedeel deur die stroom wat deur die resistor vloei. Resistors word gebruik as deel van elektriese netwerke en elektroniese stroombane.
Gebruike
--------
* Oor die algemeen word resistors gebruik om 'n bekende spanning tot stroomsterkte-verhouding in 'n elektriese stroombaan te bewerkstellig. As die stroomsterkte in 'n stroombaan bekend is dan kan 'n weerstand gebruik word om 'n bekende spanningsverskil in verhouding tot daardie stroomsterkte te bewerkstellig. Omgekeerd as die spanningsverskil tussen twee punte bekend is, kan 'n weerstand gebruik word om 'n bekende stroomsterkte in verhouding tot die potensiaalverskil in daardie stroombaan te bewerkstellig.
* Stroombeperking. Deur 'n resistor in serie met 'n ander komponent te skakel, soos byvoorbeeld 'n ligemissie-diode, sal die stroom deur daardie komponent verminder word na 'n bekende veiliger waarde.
* 'n Serieresistor kan gebruik word vir die beheer van 'n gelykstroommotor soos die wat op lokomotiewe gebruik word.
* 'n **Stroomdemper** (en: attenuator) is 'n netwerk van twee of meer resistors ('n spanningsverdeler) wat gebruik word om die spanning van 'n sein te verminder.
* 'n Resistor word ook aan die einde van transmissielyne of kettingbus (soos SCSI) geplaas en is ontwerp om die impedansie te paar en sodoende die weerkaatsing van seine te minimiseer.
* Alle resistors stel hitte vry. Dit is die beginsel waarop elektriese verwarmers werk.
Die ideale resistor
-------------------
Die SI-eenheid van elektriese weerstand is die ohm (Ω). 'n Komponent het 'n weerstand van 1 Ω as 'n spanning van 1 volt oor die komponent, 'n stroomsterkte van 1 ampère tot gevolg het, wat gelykstaande is aan 'n vloei van een coulomb elektriese lading per sekonde. Die veelvoude kilo-ohm (1 kΩ = 1000 Ω) en mega-ohm (1 MΩ = 106 Ω) word ook dikwels gebruik.
In 'n ideale resistor, bly die weerstand konstant ongeag van die spanning of stroom wat deur die komponent vloei. Werklike resistors kan nie hieraan voldoen nie, maar word ontwerp om so min moontlik veranderinge in elektriese weerstand te hê as hulle aan hierdie veranderinge of aan ander omgewingsfaktore soos temperatuur en ander omgewingsfaktore blootgestel word.
Nie-ideale eienskappe
---------------------
'n Resistor het 'n maksimum bestek van spanning en stroom waarbuite die weerstand kan verander (in sommige gevalle drasties) of die resistor fisies beskadig kan word (deur oorverhitting onder andere). Alhoewel sommige resistors spanning en stroomspesifikasies het, word die meeste aangeslaan volgens die maksimum drywing wat hoofsaaklik afhanklik is van die fisiese grootte daarvan.
Die algemene drywingsvermoë vir koolstof saamgestelde- en metaalfilmresistors is 1/8 watt, 1/4 watt en 1/2 watt. Metaalfilm en koolstof-filmresistors is meer stabiel as koolstofresistors met veranderende temperatuur en ouderdom. Groter resistors kan meer hitte weglei vanweë hulle groter oppervlakarea. Draadgewinde resistors en resistors wat in keramiek ingebou word, word gebruik waar 'n hoër drywingsvermoë vereis word.
Verder het alle resistors ook 'n mate van induktansie, asook 'n klein hoeveelheid kapasitansie, wat die dinamiese gedrag van 'n resistor van die ideaal laat afwyk.
Soorte resistors
----------------
'n Paar soorte resistors
### Vaste resistors
Sommige resistors het 'n silindriese vorm met die weerstandmateriaal in die middel (saamgestelde resistors) of op die oppervlak van die silinder (filmresistors) met terminale wat uit geleidende metaal bestaan wat in die aksiale rigting uit die silinder uitkom.
Daar bestaan koolstof- en metaalfilmresistors. Hoë drywingresistors is beskikbaar in groter verpakkings wat ontwerp is om die hitte doeltreffend weg te lei. Vir hoë drywing word draadspoelsoortegebruik. Resistors wat in rekenaars en ander toestelle gebruik word is tipies baie kleiner, dikwels in oppervlakgemonteerde verpakkings sonder draadverbindings. Resistors kan ook in geïntegreerde stroombane (GS) ingebou word, deur die halfgeleiermateriaal as resistor te gebruik. Dit is egter moeilik om resistors op die manier te vervaardig en dit neem dikwels waardevolle spasie op die skyf in beslag, dus sal GS-vervaardigers 'n transistor-transistor of 'n resistor-transistor konfigurasie as alternatief gebruik om die benodigde resistor na te maak.
Sien ook
--------
* Geleidingsvermoë
* Wheatstonebrug | {
"title": "Resistor",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
2055,
4981,
0.412567757478418
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 5017
} |
**Lobengoela Khoemalo** (1845–1894) was die tweede en laaste koning van die Ndebele (ook bekend as die Matabeles). Hy was die seun van Silkaats, in ongeveer 1836 by 'n minderwaardige vrou gebore. As gevolg van Nkoeloemane se poging om die troon te bekom (sy ouer halfbroer, ook Kuruman genoem) is Lobengoela, die seun, byna deur sy vader doodgemaak. Hy word egter weggesmokkel.
In 1868 volg hy Silkaats op, beëindig 'n rebellie en bou sy stat by Goeboeloewajo, naby die huidige Bulawayo.
Lewe in Bulawayo teen ongeveer 1900
Ten spyte van heelwat barbaarse karaktertrekke, het Lobengoela tog ook oor goeie deugde beskik en was hy jagters, handelaars en ander blankes wat na sy kraal gekom het, baie goedgesind.
Na 'n besoek van eerwaarde J.S. Moffat het hy in 1886 'n ooreenkoms gesluit waarvolgens hy sekere regte aan die Britse owerhede toegestaan het. Dit word in 1888 gevolg met die vergunning van die beroemde Konsessie aan Charles Rudd.
Hy kom in botsing met die magte van die *Chartered Company*. Later probeer hy om sy gesag ten opsigte van die Masjonas te herstel, maar dit loop in 1893 uit op die Matebele-oorlog en hy word verslaan en uit sy stat verdryf.
Lobengoela is in 1894 iewers in die bosse langs die Zambezirivier oorlede.
Bronne
------
* Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 | {
"title": "Lobengoela",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
854,
1902,
0.4490010515247108
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" style=\"font-size:90%; width:25em; text-align:left;\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"color:#000; background-color:#C1D8FF; font-size:120%; text-align:center;\">Lobengoela Khoemalo</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><i>Koning van die Ndebele</i></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Lobengula-image.jpg\"><img data-file-height=\"754\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"536\" decoding=\"async\" height=\"352\" resource=\"./Lêer:Lobengula-image.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/63/Lobengula-image.jpg/250px-Lobengula-image.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/63/Lobengula-image.jpg/375px-Lobengula-image.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/63/Lobengula-image.jpg/500px-Lobengula-image.jpg 2x\" width=\"250\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\">Lobengoela Khoemalo</td></tr>\n<tr>\n<th>Dinastie</th>\n<td><a class=\"new\" href=\"./Huis_van_Khoemalo\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Huis van Khoemalo\">Huis van Khoemalo</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Bewind</th>\n<td>September <a href=\"./1868\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1868\">1868</a> – Januarie <a href=\"./1894\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1894\">1894</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Kroning</th>\n<td><a href=\"./1869\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1869\">1869</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Volle<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>naam</th>\n<td>Lobengoela Khoemalo</td></tr>\n<tr>\n<th>Gebore</th>\n<td>omstreeks <a href=\"./1845\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1845\">1845</a></td></tr>\n<tr>\n<th></th>\n<td>Matabeleland</td></tr>\n<tr>\n<th>Gesterf</th>\n<td>vermoedelik Januarie 1894</td></tr>\n<tr>\n<td></td>\n<td>omstreeks 70 km suid van die <a href=\"./Zambezirivier\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Zambezirivier\">Zambezirivier</a> in Matabeleland</td></tr>\n<tr>\n<th>Voorganger</th>\n<td><a href=\"./Silkaats\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Silkaats\">Silkaats</a> (vader)</td></tr>\n<tr>\n<th>Opvolger</th>\n<td><i>geen</i></td></tr>\n<tr>\n<th>Gade</th>\n<td>Lozigeji (1ste koningsvrou), Lomalongwe (2de koningsvrou)</td></tr>\n<tr>\n<th>Vader</th>\n<td>Mzilikazi Khoemalo, eerste koning van die <a class=\"mw-redirect\" href=\"./Ndebeles\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ndebeles\">Ndebeles</a></td></tr>\n<tr>\n<th>Moeder</th>\n<td>Prinses van die Huis van die Swazi's van Sobhoeza I, 'n mindere vrou van Mzilikazi</td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 1322
} |
Kerkenberg
Die **Retiefklip-erfenisterrein** te Kerkenberg in die Oos-Vrystaat naby die huidige Harrismith, is op gedeelte twee van die plaas Aberdeen geleë en bestaan uit die klip waarop Deborah Retief haar vader Piet Retief se naam in 1837 geskryf het.
Historiese agtergrond
---------------------
Toenemende ontevredenheid met die Britse Regering en talle grensoorloë het ʼn groot aantal Oos-Kaapse grensboere laat besluit om van 1834 af uit die Kaapkolonie die binneland in te trek. Die Voortrekkerleier Piet Retief en sy trekgeselskap vertrek in Februarie 1837 uit die Kaapkolonie. Hy ontmoet die trekke van Uys, Potgieter en Maritz in die omgewing van Thaba Nchu en word daar op 17 April 1837 as Goewerneur van die Voortrekkers ingesweer.
Hierna word die trek voortgesit van Thaba Nchu oor die huidige Senekal tot hulle in Oktober 1837 in die omgewing van die huidige Kerkenbergterrein vertoef, terwyl Retief en ʼn paar manne op sy eerste besoek na Natal vertrek om grondonderhandelinge met Dingaan aan te knoop. Die res van sy geselskap staan op Kerkenberg oor en wag vir nuus oor sy onderhandelinge.
Erasmus Smit meld in sy dagboek dat hulle op 21 Oktober 1837 by Kerkenberg uitgespan het. Retief se dogter, Debora, skryf op 12 November 1837 (haar vader se 57ste verjaardag) sy naam en verjaardagdatum met groen olieverf op ʼn oorhangende rots. Dit is een van die min tasbare oorblyfsels op enige van die Trekroetes.
Op 13 November 1837 om tienuur die oggend het die geselskap Kerkenberg met 23 waens verlaat en drie uur lank suid-oos op die rand van die Drakensberg getrek. Op 14 November het hulle die hele dag lank teen die berg afgetrek en sou die volgende paar weke op verskeie plekke uitkamp, soos by Bloukrans.
Retiefklip-inskripsie in glasboks vir langtermynbewaring
Debora Retief
-------------
Debora Jacoba Retief (1815–1900) was die oudste kind van Pieter en Magdalena Johanna Retief. Na die dood van haar eerste twee mans, is sy in 1843 met M.W. Pretorius (Swart Martiens) getroud, ʼn broerskind van Andries Pretorius. Hulle vestig hulle in 1848 op die plaas Welgegund (later Pelindaba) naby Pretoria. Debora se oudste seun, Henning Petrus Nicolaas, was die eerste kommandant van die ZAR Staatsartillerie en ook bekend as ‘Skote Petoors’.
Voortrekkermonument friespaneel Nr 10: "Die verblyf by Kerkenberg" (Beeldhouer: Lourika Postma)
Bestuur en eienaarskap
----------------------
Van die vroegste beskikbare inligting oor die terrein is dat dit in 1934 as ʼn ‘monument’ verklaar is, in terme van artikel 8 van Wet 4 van 1934. In 1937 is die terrein opgemeet om die verklaring as historiese monument te finaliseer en in 1939 is dit deur die Historiese Monumentekommissie (HMK) geproklameer. Dit was nadat toestemming verkry is van die eienaar van die plaas, mnr E.T. van den Bosch. Gedeelte twee van die plaas is in ʼn erflating bemaak aan die families wat sedert die 1940’s Geloftefees daar herdenk.
In 1944 het die NG Kerk van die Oranje-Vrystaat (OVS) versoek dat die terrein aan die Kerk oorgedra word weens die noue band wat die kerk met die terrein het, omdat een van die destydse jongste gemeentes in die OVS, Kerkenberg heet en op grond van die godsdienstige konnotasies. Teen 1953 was die kerk die wettige eienaar. In 1993 is dit ingevolge Wet 28 van 1969 tot ʼn nasionale gedenkwaardigheid verklaar, maar in terme van Wet 25 van 1999, die Nasionale Erfenishulpbronwet, sou hierdie monument as Provinsiale Graad 2-erfenisterrein verklaar word.
Die Retiefklip was die eerste terrein wat in 2002 deur die NG Kerk van die OVS aan die Voortrekkermonument oorgedra is. Oënskynlike aanvanklike verwarring tussen die transportakte van dié terrein en dié van die naburige Geloftefeesterrein (waarop sekere families reeds sedert die 1940’s kamp en nou reeds verskeie strukture daar opgerig het), het daartoe aanleiding gegee dat gedeeltes 1 en 2 van die plaas Aberdeen in die naam van die Voortrekkermonument geregistreer is. Die terrein is in 2012 na die Erfenisstigting oorgedra.
Bronne
------
* Erfenisstigting, 2016. *ES en Stand van Groot Trek verwante erfenishulpbronne*. Pretoria | {
"title": "Retiefklip, Kerkenberg",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
122,
3533,
0.03453155958109256
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 4129
} |
'n **Resensie** is die evaluering van 'n publikasie, diens of maatskappy, soos 'n rolprent ('n fliekresensie), videospeletjie (videospeletjie-resensie), musikale samestelling (musiekresensie) van 'n komposisie of opname, boek (boekresensie); hardeware soos 'n motor, huistoestel of rekenaar; of 'n gebeurtenis of opvoering, soos 'n lewendige musiek konsert, toneelstuk, musiekteater vertoning, dansskou of kunsuitstalling. Benewens 'n kritiese evaluering kan die resensent die werk 'n gradering toeken om die relatiewe meriete aan te dui. Meer informeel kan 'n resensent huidige gebeure, tendense of items in die nuus resenseer. 'n Versameling resensies kan self geresenseer word en dan 'n resensie genoem word. *Die New York Review of Books*, byvoorbeeld, is 'n versameling resensies oor literatuur, kultuur en aktuele sake. *National Review*, gestig deur William F. Buckley, Jr. , is 'n invloedryke konserwatiewe tydskrif, en *Monthly Review* is 'n lank bestaande sosialistiese tydskrif.
Gebruikersresensie
------------------
'n Gebruikersresensie verwys na 'n resensie wat deur 'n gebruiker of verbruiker geskryf is vir 'n produk of diens wat gebaseer is op sy ondervinding as gebruiker van die bepaalde produk. Gewilde bronne vir verbruikersresensies is e-handels webwerwe soos Amazon.com, Zappos of meer onlangs afgelope tyd in die Joga-veld vir skole soos Banjaara Joga en Ayurveda, en sosiale media-webwerwe soos TripAdvisor en Yelp. E-commerce webwerwe het dikwels verbruikersresensies vir produkte en verkopers afsonderlik. Gewoonlik is die resensies vir verbruikers in die vorm van verskeie stellings vergesel van 'n numeriese gradering vir die produk. Hierdie gradering is nuttig vir die voornemende koper om te besluit wat om te koop. 'n Verbruikersresensie van 'n produk verskaf gewoonlik inligting oor hoe goed die produk voldoen aan verwagtinge gebaseer op die spesifikasies wat deur die vervaardiger of verkoper verskaf word. Dit verskaf inligting oor prestasie, betroubaarheid, kwaliteit gebreke, indien enige, en waarde vir geld. Verbruikersresensies, wat ook 'mondelingse mededeling' en 'gebruikersgegenereerde inhoud' genoem word, verskil van 'n bemarkingsgegenereerde resensie in die evaluering vanuit verbruikers- of gebruikersperspektief. Dikwels sluit dit vergelykende evaluerings in van mededingende produkte. Waarnemings kan feitelik sowel as subjektief wees. Verbruikersresensies van verkopers lewer gewoonlik kommentaar op dienslewering, betroubaarheid en eerbaarheid van die verkoper. Gewoonlik lewer dit kommentaar op faktore soos tydigheid van aflewering, verpakking en korrektheid van gelewerde items, verskepingskoste, terugstuur van goedere wat nie aan vereistes voldoen nie, ensovoorts.
Aanlyn verbruikersresensies het 'n belangrike faktor in die reputasie en handelsmerk van 'n besigheid geword as gevolg van die gewildheid van bv TripAdvisor, Yelp, en ander aanlyn resensie webwerwe. 'n Negatiewe resensie kan die reputasie van 'n onderneming skade berokken en dit het aanleiding gegee tot 'n nuwe bedryf van reputasiebestuur waar maatskappye probeer om slegte resensies te verwyder of te verbloem sodat meer gunstige kommentaar gevind kan word wanneer potensiële kliënte kommentaar lewer.
'n Resensie deur 'n *deskundige* verwys gewoonlik na 'n resensie geskryf deur iemand wat verskeie soortgelyke produkte of dienste getoets het om te identifiseer wat die beste waarde vir geld en die beste kenmerke bied. 'n Voorbeeld hiervan is Amazon Vine. Amazon Vine is 'n program wat bekend gestel is om mede-kliënte te help om ingeligte aankoopbesluite te neem. Hierdie program gebruik kenners slegs op uitnodiging en is ontwerp om resensies te verskaf vir produkverskaffers wat saam met Amazon werk.
'n Soort gebruikersoorsig kan in 'n fisiese vorm wees, soos 'n video wat 'n produk of sagteware resenseer. Dit is algemeen op platforms soos YouTube en Vimeo.
'n *Gekoopte resensie* is die stelsel waar die skepper (gewoonlik 'n maatskappy) van 'n nuwe produk 'n resensent betaal om hul nuwe produk te resenseer.
Boekresensies
-------------
'n Boekresensie (of boekverslag) is 'n vorm van kritiese evaluering waarin 'n boek ontleed word gebaseer op inhoud, styl en meriete. Dit word dikwels in tydskrifte, koerante of aanlyn gedoen. Die lengte daarvan kan wissel van 'n enkele paragraaf tot 'n aansienlike artikel. In die geval van poësie of fiksie, of van nie-fiksie waarin die literêre meriete van die werk 'n belangrike element is, sal 'n oorsig gewoonlik die metodes van literêre kritiek gebruik. So 'n resensie bevat dikwels evaluerings van die boek op grond van persoonlike smaak. Resensente in literêre tydskrifte, gebruik dikwels die geleentheid om 'n boekresensie te gebruik om hulle vakkennis ten toon te stel of hul eie idees oor die onderwerp van 'n fiksie- of nie-fiksiewerk te promulgeer. Aan die ander kant van die spektrum lyk sommige boekresensies soos eenvoudige opsommings van die inhoud van die boek. Resensies van nie-fiksie-werke wat bedoel is vir onderrig- of inligtingdoeleindes, kan meer direk fokus op besorgdheid soos praktiese bruikbaarheid en leservriendelikheid.
Musiek resensies
----------------
### Uitvoering resensies
Resensies van lewendige musiekoptredes is gewoonlik kort artikels wat lesers inligting gee van die kunstenaars of groepe wat betrokke was en die stukke of liedjies wat uitgevoer is. Die kommentaar wat deur resensente gemaak word, val in twee kategorieë: tegniese kommentaar en subjektiewe / artistieke kommentaar. Die elemente in die "tegniese" kategorie sluit in ritmiese "samebinding", intonasie, foute of verkeerde vertolking, ensovoorts. Hierdie elemente is redelik eksak; 'n pianis wat 'n uitvoering gee, speel óf die regte note op 'n toonlereskaal, óf hy het dit tegnies nie suiwer gespeel nie. Die subjektiewe kommentaar verwys na die resensent se persoonlike smaak. Die balans tussen die verskillende elemente in 'n resensie (inligting oor die kunstenaar of groep, inligting oor die stukke/liedjies, kommentaar oor die tegniese en subjektiewe elemente van die opvoering) hang af van die gehoor waarvoor 'n musiekkritikus skryf. Musiekresensente wat in plaaslike koerante of algemene tydskrifte skryf, kan nie aanvaar dat die lesers vertroud is met musikante en musiekstukke / liedjies nie, dus kan hulle besluit om 'n groot hoeveelheid "agtergrond"-inligting in te sluit.
### Opname resensies
Musiekkritici en musiekskrywers resenseer ook opnames van musiek, insluitend individuele liedjies, musiekstukke of albums. In die geval van resensering van 'n hele album, sal die resensent nie net die individuele liedjies of stukke beoordeel nie; hulle sal ook beoordeel hoe goed al die liedjies of stukke saamwerk om 'n luisterbare geheel te vorm.
### Resensies van komposisies
In klassieke musiek kan musiekkritici ook komposisies resenseer, selfs al is die stuk of lied nog nooit uitgevoer nie en bestaan dit slegs op manuskrippapier in 'n notasie. Om 'n komposisie op hierdie wyse te resenseer, sal die kritikus musiekteorievaardighede soos harmoniese analise en tematiese analise gebruik, tesame met hul kennis van komposisionele praktyke.
Film, televisie en video resensies
----------------------------------
'n Fliekresensie word gedoen deur 'n fliekresensent wat die meriete van een of meer films sal evalueer. Oor die algemeen impliseer die term fliekresensent joernalistieke filmkritiek eerder as akademiese kritiek. Sulke resensies het sedert die begin van die filmbedryf in koerante en tydskrifte verskyn en word nou gepubliseer in algemene belangstellingswebwerwe asook gespesialiseerde film- en filmresensie-webwerwe. Televisie programme en videos word op soortgelyke plekke geresenseer op dieselfde wyse.
Gekoopte resensies
------------------
'n *Resensie word gekoop* deur die skepper (gewoonlik 'n maatskappy) van 'n nuwe produk. 'n Resensent word betaal betaal om die nuwe produk te resenseer. Die gebruik kom hoofsaaklik voor in die motor-, film- en sport bedryf. Hierdie tipe resensie is eintlik niks anders as om as om reklame vir die produk te maak nie. Gekoopte resensies is geneig om bevooroordeeld te wees as gevolg van die inligtingswaarde van die resensies. In sommige gevalle kan 'n gekoopte resensie onbevooroordeeld wees, as die persoon wat gehuur word om die resensie te doen, 'n bekende reputasie het vir onafhanklikheid en integriteit. Selfs as 'n "gekoopte resensie" van 'n gerespekteerde kritikus eintlik onbevooroordeeld is, sal die persepsie van potensiële vooroordeel bly, weens die finansiële verhouding tussen die maatskappy en die kritikus.
'n Soortgelyke soort resensie wat bevooroordeeld kan wees, is die sogenaamde "kunsmatige evaluering", 'n beskrywing van 'n produk, film of gebeurtenis wat geskryf is deur 'n simpatieke resensent of deur 'n individu wat 'n verband het met die produk of gebeurtenis, hetsy in terme van 'n werksverhouding of ander bande. Byvoorbeeld, 'n groot media firma wat beide gedrukte media en platemaatskappye besit, mag een van sy werknemers in die gedrukte media opdrag gee om 'n resensie te skryf van 'n album wat deur die firma se platemaatskappy vrygestel word. Alhoewel sommige joernaliste hulle beroem op hulle professionele onbevooroordeeldheid en integriteit en daarop aandring om suiwer feitelike resensies te lewer, is daar joernaliste wat aan druk sal toegee. Hulle sal dan 'n "kunsmatige evaluering" skryf wat die produk slegs positief resenseer en negatiewe tekortkominge uitlaat. Dit lewer dan 'n resensie wat bloot die produk aanprys met misleidende en irrelevante inligting.
Verskeie aanlyn resensie manipulasiestrategieë kom ook voor, soos om vals resensies te skryf en omkoopgeld aan te bied om negatiewe resensies te verwyder. Om oneerlike vrywilligers te vra om misleidende resensies te skryf, neem toe in gewildheid. Samehangend hiermee is die tendens dat meer ontevrede kliënte hulle menings lug as tevrede kliënte. Dus vermeerder besighede hulle resensies wat misleidende inligting bevat.
Bronne
------
* Nielsen, S. (2009), "Herziening van gedrukte en elektroniese woordeboeke: 'n teoretiese en praktiese raamwerk ", in S. Nielsen / S. Tarp (eds.): *Leksikografie in die 21ste eeu*. Amsterdam / Philadelphia: John Benjamins 2009, 23-41.
| | |
| --- | --- |
| Normdata Edit this at Wikidata |
* GND: 4049712-4
* LCCN: sh99001476
* LNB: 000268364
* NKC: ph125047
| | {
"title": "Resensie",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
544,
8960,
0.060714285714285714
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 10382
} |
Die term **Nederduits** (Duits: *Niederdeutsch*; Nederduits: *Nedderdüütsch* of *Plattdüütsch*), wat in die omgangstaal dikwels ook **Platduits** (Duits: *Plattdeutsch*) genoem word, verwys na die dialekte van Noord-Duitsland en Nedersaksiese dialekte in Nederland wat nie die Hoogduitse klankverskuiwing ondergaan het nie en vandag deur sowat 5 miljoen sprekers gepraat word.
Die Nederfrankiese en Nedersaksiese dialekte in Nederland is tot in die 1980's eweneens by die Nederduitse taalgebied gereken; in die moderne taalkunde word Nederfrankies deur die meeste navorsers intussen as 'n aparte taal- en dialekgroep beskou en vanweë die selfstandige taaltradisie van Nederlands nie meer by Nederduits gereken nie. Die dialekte van Noordoos-Nederland word dus as Nederlandse dialekte geklassifiseer, veral met die oog op die groot invloed wat *Algemeen Beschaafd Nederlands (ABN)* as Nederlandse standaardtaal op hulle uitoefen (net soos Standaardhoogduits op Nederduits).
Die Nederduitse dialekte maak saam met die ander Duitse dialekte en die dialekte van Nederlands deel uit van die kontinuüm van kontinentale Wes-Germaanse dialekte. Nederduits toon daarnaas 'n aantal ooreenkomste met Engels (soos die uitspraak van *water*) en Fries.
Mennoniete-gemeenskappe in Noord- en Suid-Amerika praat nog steeds Nederduitse dialekte wat as *Plautdietsch* bekend staan.
Die term "Nederduits" het eers vanaf die vroeë moderne tydperk gebruiklik geword; tydens die Middeleeue is daar na Nederduits steeds as "Saksies" verwys. Vroeër is die term Nederduits dikwels ook in Nederland gebruik om na die Nederlandse taal te verwys (in teenstelling met Hoogduits, die huidige Duitse standaardtaal). Ook historiese Afrikaanse benamings soos *Nederduitse Gereformeerde Kerk* dateer uit hierdie tydperk en Nederduits is hier net 'n sinoniem vir "Nederlands".
Taalgeskiedenis
---------------
### Oudnederduits of Oudsaksies
Oudnederduits of Oudsaksies is die oudste taalvorm van Nederduits en die taal van die Germaanse stam van die Sakse, wat in taalhistoriese opsig verdeel word in
* Vooroudsaksies wat tussen 150 n.C. en 1200 gepraat is, maar waarvan net enkele name bewaar gebly het;
* Oudsaksies wat tussen 800 en 1100 as 'n belangrike skryftaal bestaan het en waarin die meeste tekste geskryf is; en
* die periode tussen 1100 en 1200 waartydens die meeste dokumente in die destydse Duitse standaardtaal geskryf is.
Die oorgang na Middelnederduits begin in die tydperk ná 1200. Die eerste verwysing na die Sakse dateer uit die jaar 150 toe Ptolemaios van Alexandrië sy bekende werk oor die destyds bekende wêreld geskryf het. Volgens hom was die westelike Holstein en drie eilande in die weste van die Elbemonding deur Sakse (Latyns: *Saxones*) bewoon. Daar is geen bronne wat die Sakse se uitbreiding oor die Elbegrens beskryf nie, en ons weet ook nie hoe die Sakse na hul eie taal verwys het nie. Antieke bronne gebruik net die Latynse term *lingua saxonica*. Die stam se naam is volgens Widukind (9de eeu) afgelei van die eensnedige swaard wat hulle gebruik het, die *sax*.
### Middelnederduits
Aangesien die Hoogduitse gebiede slegs in die tydperk van die Staufer-dinastie omtrent 1200 oor 'n gemeenskaplike standaardtaal beskik het, het die agteruitgang van die Staufers in die loop van die 13de eeu weer tot 'n herlewing van streektale gelei. In Noord-Duitsland het in hierdie periode, ondanks die Hoogduits-ingesteldheid van talle adellike hoofse digters, 'n Nederduitse standaardskryftaal met 'n aantal streeksvariante ontwikkel wat met die regswetenskaplike werke van Eike von Repgow (omtrent 1230) 'n vroeë hoogtepunt bereik het. Sy "Saksespieël" en sy "Saksiese Wêreldkroniek" het 'n beduidende invloed op die destydse Nederduits uitgeoefen.
Die Middelnederduitse taal is veral danksy die politieke en ekonomiese magsuitbreiding van die Hanse, 'n bond van Noord-Duitse stede wat in die 14de en 15de eeu die handel in Noord-Europa oorheers het, as die verkeerstaal van die Noord- en Oosseegebied gevestig. Middelnederduits het sodoende selfs 'n groter rol gespeel as Middelhoogduits, soos byvoorbeeld uit die groot aantal Nederduitse leenwoorde in die Skandinawiese tale blyk.
Middelnederduits was veral 'n handelstaal wat op die basis van die dialek van die hawestad Lübeck en sy Oosfaliese omgewing gevorm het, maar geleidelik as gevolg van die Hanse se handelsbetrekkinge ook Wesfaliese en Nederlandse trekke getoon het. Die verkeers- en regsbetrekkinge tussen die Hansestede was sterk genoeg om 'n wedersydse beïnvloeding en uiteindelik standaardisering van alle Middelnederduitse variante te verseker, sodat Middelnederduits tot die ekonomiese verkeerstaal in die Europese gebiede tussen die Nederlandse grens en die Baltiese lande ontwikkel het.
Met die ekonomiese agteruitgang van die Hanse het ook Middelnederduits sy taalkundige invloed geleidelik verloor. Belangrike Nederduitse leenwoorde in die huidige Hoogduitse standaardtaal sluit regsterme soos *echt* ("eg"), *Gerücht* ("gerug") en *Pranger* ("skandpaal, kaak"), handelsterme soos *Stapel* en ook die woord *fett* ("vet"), wat die oorspronklike Hoogduitse *feist* verdring het, in.
### Die agteruitgang van Nederduits
Die Institut für Niederdeutsche Sprache (*Nederduits*: Institut för Nedderdüütsche Spraak) in Bremen se historiese Schnoorkwartier beywer hom vir die bewaring van die Nederduitse taal, literatuur en kultuur
In die 15de eeu is Nederduits as 'n spreektaal in toenemende mate verdring deur Oosmiddelduitse dialekte wat in noordelike rigting tot by Maagdenburg en Berlyn begin uitbrei het. Veral die opperklas in die stede het die voortou geneem by die omskakeling na Hoogduits: Volgens historiese oorlewerings het welvarende burgers in Halle omtrent 1470 al Hoogduits as hulle huistaal gepraat, terwyl Nederduits nog steeds die omgangstaal van die laer stande was. Tot by die 19de eeu was Hoog- en Nederduits mededingers in 'n soort taalstryd wat uiteindelik met die neerlaag van Nederduits geëindig het - die taal het slegs op die platteland nog 'n funksie as omgangstaal vervul en is derhalwe ook "Platduits" genoem.
In die loop van die 16de eeu het Hoogduits grotendeels die skryftaal van burgerlike kantore en stedelike owerhede geword, en omtrent 1700 is daar by die meeste drukkerye geen noemenswaardige werke en dokumente in Nederduits meer vervaardig nie. Selfs die kerkhervormer Martin Luther het moeite gedoen om Nederduits as die algemene standaardtaal van Noord-Duitsland te bewaar. Onder die leiding van Johannes Bugenhagen, 'n boorling van Pommere, is in Wittenberg 'n Nederduitse Bybel uitgegee. Die meeste Nederduitse Bybeluitgawes is egter vanaf Hoogduitse tekste vertaal, en geeneen van hulle het die indrukwekkende gehalte van Luther se Nieuhoogduitse Bybelvertaling bereik nie. In 1621 het die laaste Nederduitse Bybeluitgawe in Goslar verskyn.
Die agteruitgang van Nederduits was onder meer te wyte aan
* die Romeinse Reg - die Oppersaksiese variant van Hoogduits het reeds voor die Reformasie in die kantore van regsgeleerdes en advokate posgevat;
* die Reformasie - Luther se Bybelvertaling was ook in Noord-Duitsland baie gewild;
* die onderwysstelsel - Hoogduits was aanvanklik net 'n skoolvak, is egter geleidelik ook vir die onderwys van ander vakke soos koorgesang en skryf ingespan;
* die voorkeur van digters - die ryke Middelnederduitse literatuur het sonder opvolgers gebly, en die meeste digters het by die literêre lewe van die Hoogduitse taalgebied aangesluit;
* die gebrek aan selfbewussyn by die Nederduitse adel wat ook eerder die kulturele lewe van die suide as 'n voorbeeld geneem het sonder om die ontwikkeling van 'n eie Nederduitse tradisie te bevorder; en
* die gebrek aan 'n sentrale politieke gesag in Noord-Duitsland wat as die basis van 'n Nederduitse kultuur sou kon gedien het.
Taalsosiologie
--------------
In die historiese Nederduitse taalgebied het Hoogduits al vroeg 'n belangrike rol as die taal van die stedelike en goed opgeleide bevolking begin speel. Dit was ook die medium van die onderwys en moes vanweë die groot verskil tussen Neder- en Hoogduits deur die meeste leerders aanvanklik soos 'n vreemde taal aangeleer word.
Vandag word Nederduits veral nog as 'n plattelandse omgangs- en huistaal gebesig, maar vervul tans geen openbare funksies meer nie.
Bronne
------
### Taalgeskiedenis
* *Institut für niederdeutsche Sprache (Bremen)*
* König, Werner: *dtv-Atlas zur deutschen Sprache*. München: Deutscher Tachenbuch Verlag 1979, bl. 77
### Die agteruitgang van Nederduits
* König (1979), bl. 103 | {
"title": "Nederduits",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
2950,
9110,
0.3238199780461032
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" cellpadding=\"2\" class=\"infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Taal\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Taal\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Nederduits\"},\"inheemsenaam\":{\"wt\":\"Plattdüütsch, Nedderdüütsch\"},\"familiekleur\":{\"wt\":\"Indo-Europees\"},\"state\":{\"wt\":\"{{vlagland|Denemarke}}<br />{{vlagland|Duitsland}}<br />{{vlagland|Nederland}}\"},\"streek\":{\"wt\":\"\"},\"sprekers\":{\"wt\":\"5 miljoen\"},\"rang\":{\"wt\":\"\"},\"skrif\":{\"wt\":\"[[Latynse alfabet]]\"},\"fam2\":{\"wt\":\"[[Germaanse tale|Germaans]]\"},\"fam3\":{\"wt\":\"[[Wes-Germaanse tale|Wes-Germaans]]\"},\"fam4\":{\"wt\":\"\"},\"nasie\":{\"wt\":\"\"},\"agentskap\":{\"wt\":\"\"},\"iso1\":{\"wt\":\"nds\"},\"iso2\":{\"wt\":\"nds\"},\"iso3\":{\"wt\":\"nds\"},\"kaart\":{\"wt\":\"[[Lêer:Low Saxon dialects.png|250px|Die huidige Nederduitse taalgebied]]\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:22em; margin-top:0.75em; background:#f4f4f4; text-align:left; font-size:90%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr><th about=\"#mwt4\" colspan=\"3\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align: center; font-size:120%; color: black; background-color: <span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\">#ACE1AF</span>;\"}]]}' style=\"text-align: center; font-size:120%; color: black; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Nederduits <br/>Plattdüütsch, Nedderdüütsch</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Gepraat<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>in:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Denemarke\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Denmark.svg\" title=\"Vlag van Denemarke\"><img alt=\"Vlag van Denemarke\" data-file-height=\"387\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"17\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Denmark.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Flag_of_Denmark.svg/22px-Flag_of_Denmark.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Flag_of_Denmark.svg/33px-Flag_of_Denmark.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/9c/Flag_of_Denmark.svg/44px-Flag_of_Denmark.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Denemarke\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Denemarke\">Denemarke</a><br/><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Duitsland\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_Germany.svg\" title=\"Vlag van Duitsland\"><img alt=\"Vlag van Duitsland\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1000\" decoding=\"async\" height=\"13\" resource=\"./Lêer:Flag_of_Germany.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Germany.svg/22px-Flag_of_Germany.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Germany.svg/33px-Flag_of_Germany.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/ba/Flag_of_Germany.svg/44px-Flag_of_Germany.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Duitsland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Duitsland\">Duitsland</a><br/><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Nederland\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_Netherlands.svg\" title=\"Vlag van Nederland\"><img alt=\"Vlag van Nederland\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"900\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_Netherlands.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/20/Flag_of_the_Netherlands.svg/22px-Flag_of_the_Netherlands.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/20/Flag_of_the_Netherlands.svg/33px-Flag_of_the_Netherlands.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/20/Flag_of_the_Netherlands.svg/44px-Flag_of_the_Netherlands.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Nederland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Nederland\">Nederland</a></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Totale<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>sprekers:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\">5 miljoen</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Taalfamilie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Taalfamilie\">Taalfamilie</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em; text-align: left;\"><a href=\"./Indo-Europese_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Indo-Europese tale\">Indo-Europees</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Germaanse_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Germaanse tale\">Germaans</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><a href=\"./Wes-Germaanse_tale\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wes-Germaanse tale\">Wes-Germaans</a><br/><span style=\"font-size:66%;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><b>Nederduits</b><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\">Skrifstelsel:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><a href=\"./Latynse_alfabet\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Latynse alfabet\">Latynse alfabet</a></td></tr>\n<tr>\n<th about=\"#mwt5\" colspan=\"3\" data-mw='{\"attribs\":[[{\"txt\":\"style\"},{\"html\":\"text-align: center; color: black; background-color: <span typeof=\\\"mw:Nowiki\\\" data-parsoid=\\\"{}\\\">#ACE1AF</span>;\"}]]}' style=\"text-align: center; color: black; background-color: #ACE1AF;\" typeof=\"mw:ExpandedAttrs\">Taalkodes</th></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-1\">ISO 639-1</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt>nds</tt></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-2\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-2\">ISO 639-2</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt>nds</tt></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"padding-left: 0.5em;\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./ISO_639-3\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"ISO 639-3\">ISO 639-3</a>:</td>\n<td colspan=\"2\" style=\"padding-left: 0.5em;\"><tt><a class=\"external text\" href=\"http://www.sil.org/iso639-3/documentation.asp?id=nds\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\">nds</a></tt><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"padding: 0; vertical-align: middle;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Die huidige Nederduitse taalgebied\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Low_Saxon_dialects.png\" title=\"Die huidige Nederduitse taalgebied\"><img alt=\"Die huidige Nederduitse taalgebied\" data-file-height=\"399\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"521\" decoding=\"async\" height=\"191\" resource=\"./Lêer:Low_Saxon_dialects.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/85/Low_Saxon_dialects.png/250px-Low_Saxon_dialects.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/85/Low_Saxon_dialects.png/375px-Low_Saxon_dialects.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/85/Low_Saxon_dialects.png/500px-Low_Saxon_dialects.png 2x\" width=\"250\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td class=\"boilerplate metadata\" colspan=\"3\" style=\"line-height:10pt; padding:0.5em;\"><small><b>Nota</b>: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. </small></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 8583
} |
***Padafhanklikheid*** is 'n term wat verwys na meer as een konsep (Pierson 2004). Die term word gebruik in die termodinamika en het daar 'n baie wiskundige agtergrond. Sommige skrywers gebruik die term net om aan te dui dat "die geskiedenis saak maak" - 'n wye interpretasie - terwyl ander skrywers daarmee bedoel dat instellings selfversterkend is - 'n noue interpretasie. Hierdie noue interpretasie dra die meeste verklaringswaarde, waarvan die besprekings hieronder voorbeelde is. Die "geskiedenis maak saak" stelling is voor-die-handliggend en kan gereduseer word na "alles het oorsake".
Neem as voorbeeld die verskyning van die videospeler vir tuisgebruik. Dit word gemeen dat bestuursfoute en klein ontwerpskeuses van Sony gemaak het dat sy Betamax-formaat verslaan is deur die VHS-formaat wat die kompetisie in die 1980's aangebied het. Twee meganismes kan verklaar hoe die klein (maar vroeë) voorsprong wat VHS geniet het, mettertyd groter geword het. Die eerste is die "bandwagon-effek" van VHS-vervaardigers ten gunste van die VHS-formaat in die VSA en Europa, wie oorgeskakel het omdat hulle verwag het dat VHS die *standaardaanslag* sou wen. Die tweede was 'n netwerkeffek: videowinkels het opgemerk dat meer mense VHS-masjiene besit het, en het dus VHS-voorraad aangekoop; dit het weer gemaak dat meer mense VHS-masjiene gekoop het, totdat daar 'n totale VHS handelaarinkoop ("vendor lock-in") bereik is. 'n Alternatiewe verklaring, is dat VHS beter voldoen het aan markvereistes (veral die behoefte na langer kassette om sportwedstryde mee op te neem) en dat padafhanklikheid min te doen gehad het met VHS se sukses.
Positiewe terugvoermeganismes, soos die "bandwagon-" en netwerkeffekte is grondbeginsels van padafhanklikheid. Hulle veroorsaak selfversterkende patrone wat industrieë swaai na een of ander produkontwerp. Ongekoördineerde standardisasie kan gesien word in vele ander omstandighede.
Voorbeelde van termodinamika, ekonomie, geskiedenis, sagteware en biologie word hier onder verskaf.
Termodinamika
-------------
In die termodinamika word onderskeid gemaak tussen padafhanklike funksies soos arbeid, warmte, warmtekapasiteit ens. en toestandafhanklike funksies soos energie, volume, druk, entropie ens. Byvoorbeeld as mens 'n berg opry in 'n kar wat 'n barometer besit, dan sal die druk bo laer wees as in die dal en by terugkeer sal die druk weer terugkeer na die oorspronklike waarde, maar dit geld nie vir die petrolmeter nie. Die hoeveelheid brandstof sal afhang van die pad, die druk net van die hoogteverskil tussen begin- en eindtoestand.
Hierdie verskil het sy oorsprong in die kalkulus. Daar is verskil tussen eksakte en nie-eksakte differensiale. 'n Eksakte differensiaal is 'n infinitesimale grootheid dx wat wanneer dit geïntegreer word 'n resultaat oplewer wat nie afhankelik van die pad is nie. Die interne energie U is 'n goeie voorbeeld:
{\displaystyle \Delta U=\int \_{begin}^{eind}dU}
Vir 'n nie-eksakte ene is die waarde van die integraal afhanklik van die pad. Warmte is 'n goeie voorbeeld:
{\displaystyle q\_{pad}=\int \_{begin,pad}^{eind}\delta q}
As mens 'n verandering in 'n funksie Q beskou as gevolg van veranderings in twee van sy variabele X en Y, leer die kalkulus dat dit altyd geskryf kan word as:
{\displaystyle dQ=\left({\frac {\partial Q}{\partial X}}\right)\_{Y}dX+\left({\frac {\partial Q}{\partial Y}}\right)\_{X}dY}
Vir 'n eksakte differensiaal geld dan dat:
{\displaystyle {\frac {\partial ^{2}Q}{\partial Y\,\partial X}}={\frac {\partial ^{2}Q}{\partial X\,\partial Y}}}
Vir 'n nie-eksakte ene:
{\displaystyle {\frac {\partial ^{2}Q}{\partial Y\,\partial X}}\neq {\frac {\partial ^{2}Q}{\partial X\,\partial Y}}}
Funksies wat 'n eksakte differensiaal oplewer is onafkanklik van die pad en word toestandfunksies genoem.
Ekonomie
--------
*Padafhanklikheidsteorie* was oorspronklik ontwikkel deur ekonome om tegnologiese ingebruiknemingsprosesse en nywerheidsontwikkeling te verduidelik. Die teoretiese idees het 'n sterk invloed gehad op ewolusionêre ekonomie (bv. Nelson & Winter 1982).
Daar is baie modelle en empiriese gevalle waar ekonomiese prosesse nie na 'n voorafbepaalde, unieke ewewig konvergeer nie, sodat die eienskappe van enige ewewig wat bereik is gedeelte afhang van die proses wat daartoe gelei het. Die uitkoms van 'n padafhanklike proses sal dikwels nie na 'n unieke ewewig konvergeer nie, maar eerder na een van verskeie ewewigte (wat partykeer bekend staan as absorberende toestande).
Hierdie dinamiese uitkyk van ekonomiese evolusie is baie anders as die tradisie van neo-klassieke ekonomie, wat in sy eenvoudigste vorm aanneem dat slegs een uitkoms bereik kan word, ongeag die aanvanklike voorwaardes of oorgangsgebeure. Betreffende padafhanklikheid, kan albei die beginpunt en 'toevallige' gebeurtenisse (geraas) verreikende effekte op die uiteindelike resultaat hê. In elk van die volgende voorbeelde is dit moontlik om sommige lukrake gebeurtenisse, wat die ontknopinge onherroeplik versteur het, uit te sonder:
* In die 1980's het die V.S. dollar wisselkoers in waarde gestyg, wat die wêreldprys van verhandelbare goedere laat daal het tot 'n vlak wat laer was as wat die produksiekoste van baie (voorheen suksusvolle) V.S. vervaardigers was. Sommige van die fabrieke wat as gevolg daarvan gesluit het, kon nou teen 'n (kontantvloei) wins bestuur word, omdat die dollar se waarde geval het. Nietemin, sou hul heropening te duur gewees het. Hierdie is 'n voorbeeld van histerese en onherroeplikheid.
* In ekonomiese ontwikkeling, word dit gesê (aanvanklike deur Paul David in 1985) dat 'n *standaard* wat die eerste op die mark is, verskans word (soos die QWERTY-uitleg wat in tikmasjiene gebruik is en vandag steeds vir rekenaarsleutelborde gebruik word). Hy het hierdie "padafhanklikheid" genoem en het geredeneer dat mindere standaarde kan volhard eenvoudig te danke aan hul nalatenskap. Die argumente teen QWERTY het kritiek gewerf (b.v. deur *The Fable of the Keys*), maar standaarde is sonder twyfel baie belangrik in moderne ekonomieë en die beduidendheid van padafhanklikheid in die bepaling van hoe hulle tot stand kom, is 'n onderwerp vir ekonomiese debatvoering.
* Ekonome vanaf Adam Smith het waargeneem dat sekere tipes besighede 'n geneigdheid toon om geografies saam te drom, waar hulle werknemers met spesifieke vaardighede in die betrokke veld lok, wat meer besighede, wat soek vir werknemers met ervaring, trek. Daar mag dalk geen besondere rede gewees het vir 'n voorkeur aan een of ander plek voor die ontwikkeling van die industrie nie, maar soos wat dit meer gekonsentreerd in een area word, sal enige nuwe besigheid elders benadeel word, en sal neig om na die middelpunt te beweeg as dit moontlik is, wat die besigheidsmiddelpunt se doeltreffendheid vermeerder. Die onderliggende meganisme is 'n netwerkeffek. New Trade Teorie en Krugman se "New Economic Geography" is albei deels geskoei op hierdie teorie.
* As die aanpasbare verwagtinge 'n rol speel in die ekonomie, sal toekomstige inflasie gedeeltelik bepaal word deur vorige ervaringe met inflasie, omdat die ervaringe die verwagte inflasie bepaal wat 'n groot bepaler van gerealiseerde inflasie is.
* 'n Tydelike hoë vlak van werkloosheid gedurende 'n resessie kan lei tot 'n permanente hoër werkloosheidsyfer a.g.v. 'n verlies aan vaardighede (of die veroudering van vaardighede) van die werkloses, met 'n gepaardgaande agteruitgang van werksingesteldheid. M.a.w. kan sikliese werkloosheid lei tot strukturele werkloosheid. Die negatiewe effekte word versterk deur potensiële werkgewers se negatiewe houding teenoor die vaardighede van werksoekers wie lank sonder werk was. Hierdie model van strukturele histerese in die arbeidsmark verskil van die voorspelling van 'n "natuurlike" werkloosheidsyfer of die nie-versnellende inflasiesyfer van werkloosheid; in hierdie modelle is die beweging van 'sikliese' werkloosheid lukraak. Omdat strukturele werkloosheid endogeen is, is die nie-versnellende inflasiesyfer van werkloosheid ook endogeen (sien die artikel deur Hargreaves Heap waarna hieronder verwys word).
Liebowitz en Margolis onderskei tussen verskillende tipes padafhanklikheid. Sommige tipes van padafhaklikheid impliseer nie ondoeltreffendheid nie en, alhoewel hulle van belang mag wees a.g.v. ander redes, bevraagteken hulle nie die implikasies van neoklassieke ekonomie nie. Slegs wat hulle 'n "derde-graadse" padafhanklik noem - bv. die situasie waar die hele samelewing sal baat as almal tegelykertyd van standaarde verander, waar die verandering gekeer word omdat dit deur geen sentrale owerheid afgedwing word nie en omdat die samelewing nie kan koördineer nie - verg so 'n bevraagtekening. Hulle redeneer dat sulke situasies, om teoretiese redes, selde behoort te geskied en dat die korrektheid van hierdie voorspelling gesien kan word in die onoortuigende voorbeelde wat gewoonlik in hierdie konteks bespreek word (hoofsaaklik VHS vs. Beta en QWERTY vs. Dvorak).
In die konteks van statistiese modellering, word 'n padafhanklike stogastiese sisteem gedefinieer as "'n sisteem wat 'n asimptotiese verspreiding besit wat ontwikkel as 'n gevolg (funksie) van die proses se eie geskiedenis". So 'n proses staan ook bekend as 'n *nie-ergodiese stogastiese proses*. 'n Moontlike bron van verwarring is die gebruik van term "padafhanklik" om arbeidsmark histerese te beskryf, omdat dit hier die *teenoorgestelde* betekenis dra van die term in die konteks van die aanpasbare verwagtingsmodel van inflasie. In arbeidsmark-ekonomie sal daar in sommige "padafhanklike" modelle 'n periode van werkloosheid voorkom na 'n lukrake stap sonder drywing, wat slegs afhang van sy vorige vlak ('n Markov-proses).
Geskiedenis en die geesteswetenskappe
-------------------------------------
Die geskiedenis van die mens is amper per definisie padafhanklik. Toevallige gebeurtenisse soos die vroeë dood van groot geskiedkundige figure soos Napoleon of Hitler sou waarskynlik die politiese landskap van Europa verander het en selfs die tale wat vandag in die verskillende lande gepraat word.
Onlangse metodologiese werk in vergelykende politiek en sosiologie het die konsep van padafhanklikheid aangepas vir die analise van politiese en sosiale verskynsels. Padafhanklikheid is histories hoofsaaklik gebruik in vergelykende-historiese analises om die ontwikkeling en voortbestaan van instellings, of hulle sosiaal, polities of kultureel mag wees. Daar is twee moontlike (en betwisbare) tipes padafhanklike prosesse, wat in hierdie afdeling bespreek word.
### Kritiese punt-raamwerk
Die eerste is die "kritiese punt"-raamwerk, insonderheid deur Ruth en David Collier in politieke wetenskap gebruik. In die kritiese punt-raamwerk definieer en beperk voorafgaande omstandighede bemiddeling gedurende 'n kritiese punt waarin rolspelers keuses maak wat die koers vir die ontwikkeling en konsolidasie van instellings bepaal wat moeilik herroep word. Dit is soortgelyk aan die konsep van "vendor lock-in" of positiewe terugvoer wat kom van padafhanklikheid in ekonomie.
Die kritiese punt-raamwerk is al gebruik om die ontwikkeling en voortbestaan van 'n welsynstaat te verduidelik, arbeidsinkorporasie in Latyns-Amerika en die variasies van ekonomiese ontwikkeling tussen lande, onder andere.
'n Invloedryke poging om 'n meer formele basis aan padafhanklikheid in politiese wetenskap is insonderheid dié van Paul Pierson. Pierson baseer sy idees gedeeltelik op ekonomie. Sy pogings in hierdie verband is bevraagteken deur Herman Schwartz, wie redeneer dat kragte wat ooreenkomstig is met daardie wat in die ekonomiese literatuur uitgeken is, nie deurtrekkend in die politiese ryk is nie, waar groter kragte en die strategiese beoefening van mag lei tot die skepping, onderhoud en omvorming van instellings.
Soortgelyk, het geleerdes soos Kathleen Thelen gewaarsku dat die historiese determinisme in padafhanklike raamwerke die konstante heronderhandelinge van die konfigurasies van instellings ignoreer. Sy stel voor dat instellings oomblikke van instellingsontwikkeling ondergaan waartydens hoofrolspelers die konfigurasie en doel van die instellings heronderhandel.
### Reaktiewe reekse
Die ander padafhanklike proses handel oor "reaktiewe reekse" waar 'n primêre gebeurtenis 'n ketting van gebeurtenisse wat tyd- en nouliks volgens oorsake geskakel is en wat amper onbelemmerbaar is. Hierdie reaktiewe reekse is al gebruik om die dood van Martin Luther King, Jr. te skakel aan welsynsuitbreiding en die industriële rewolusie in Engeland met die ontwikkeling van die stoomenjin.
Bronne
------
* Arrow, Kenneth J. (1963), 2nd ed. *Social Choice and Individual Values*. Yale University Press, New Haven, pp. 119-120 (constitutional transitivity as alternative to path dependence on the status quo).
* Arthur, W. Brian (1994), *Increasing Returns and Path Dependence in the Economy*, Ann Arbor, Michigan: University of Michigan Press.
* David, Paul A. (2000), "Path dependence, its critics and the quest for ‘historical economics’"*[dooie skakel]*, in P. Garrouste and S. Ioannides (eds), *Evolution and Path Dependence in Economic Ideas: Past and Present*, Edward Elgar Publishing, Cheltenham, England.
* Liebowitz, S.J. and Stephen E. Margolis (1990), "The Fable of the Keys", *Journal of Law & Economics* vol. XXXIII (April 1990)
* Mahoney, James (2000), "Path Dependence in Historical Sociology," Theory and Society 29:4, pp. 507-548.
* Stephen E. Margolis and S.J. Liebowitz (2000), "Path Dependence, Lock-In, and History"
* Nelson, R. & S. Winter (1982), *An evolutionary theory of economic change*. Harvard University Press.
* Pierson, Paul (2000). "Increasing Returns, Path Dependence, and the Study of Politics." American Political Science Review, June 2000
* Puffert, Douglas J. (1999), ["Path Dependence in Economic History"] (based on the entry "Pfadabhängigkeit in der Wirtschaftsgeschichte," in the *Handbuch zur evolutorischen Ökonomik*)
* "Path Dependence in Spatial Networks: The Standardization of Railway Track Gauge" Geargiveer 12 Julie 2007 op Wayback Machine
* Schwartz, Herman. "Down the Wrong Path: Path Dependence, Increasing Returns, and Historical Institutionalism." | {
"title": "Padafhanklikheid",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
4881,
13073,
0.3733649506616691
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 14200
} |
Die **Skotse predikante in die NG Kerk** was altesaam 25 predikante van die Skotse Presbiteriaanse Kerk wat van 1818 tot 1836 en weer van 1862 tot 1867 na Suid-Afrika gekom het, aanvanklik om die tekort aan predikante in die Nederduitse Gereformeerde Kerk te help aanvul en veral die koloniale regering se verengelsingsbeleid stukrag te gee, maar later om die sogenaamde liberale neigings onder predikante wat in Nederland opgelei is, teë te werk.
Eerste sendelinge
-----------------
Die eerste Skotse predikante wat in die NG Kerk gearbei het, was sendelinge van die Londense Sendinggenootskap wat in 1818 na die land gekom het. Dr. George Thom was superintendent van die genootskap en het agtereenvolgens in die gemeentes op Caledon en Tulbagh gearbei. Ds. John Evans was van 1818 tot 1823 die eerste leraar van die NG gemeente Cradock, toe hy daar oorlede is. Die derde van die eerste sendelinge was ds. John Taylor, wat volgens goewerneursproklamasie op 27 November 1818 as eerste leraar van die NG gemeente Beaufort-Wes aangestel is. In 1824 het die regering hom na die NG gemeente Cradock verplaas om wyle ds. Evans te vervang, waar hy 36 jaar later op 21 Mei 1860 in die amp oorlede is.
Predikante in Skotland gewerf
-----------------------------
Goewerneur lord Charles Somerset vaardig dr. Thom in 1820 af om in Skotland na predikante vir die NG Kerk te gaan soek ten einde te voorsien in die groot behoefte aan predikante vir nuwe of vakante gemeentes. Sedert die stigting van die gemeentes Kaapstad (1665), Stellenbosch (1686) en die Paarl (1691) het daar meer as 'n halfeeu verloop voor Tulbagh (1743) en Swartland (1745) gestig is. Daarna volg Graaff-Reinet eers in 1792 en Swellendam in 1798, sodat die Britte met hulle bewindsoorname slegs sewe gemeentes in die Kaap aangetref het.
Ná die stigting van die volgende gemeente, Caledon in 1811, volg nuwe gemeentes egter flink op mekaar: George (1813), Uitenhage (1817), Cradock (1818), Beaufort-Wes en Somerset-Wes (albei1819). Ná dr. Thom se reus, kom Worcester (1821), Somerset-Oos (1825), Durbanville, Clanwilliam, Colesberg (al drie in 1826), Glen Lynden (1827), Wynberg (1829), Albanie (1831), Stockenström (1832) en Piketberg (1833) aan die beurt. Tydens die eerste 158 ná die volksplanting deur kommandeur Jan van Riebeeck is dus net sewe gemeentes gestig, maar in die daaropvolgende 22 jaar 'n volle 16. Gedurende die 22-jaar-tydperk ná die stigting van die volgende gemeente, is nog 46 gemeentes afgestig.
Daar was ten tyde van dr. Thom se reis na Skotland juis 'n groot tekort aan predikante. Dit was dringend noodsaaklik om veral in die buitedistrikte gemeentes te stig en so die Kerk se beskawende invloed daarheen uit te brei. Die tekort aan predikant sou redelik maklik uit Nederland aangevul kon word, maar die Britse owerheid het verkies om predikante van die Skotse Presbiteriaanse Kerk na Suid-Afrika te bring. Die Skotse Kerk het groot ooreenkomste met die Calvinistiese NG Kerk vertoon, maar boweal was die voornemende predikante almal Engelssprekend en sou dit die verengelsing, wat Somerset reeds in 1812 begin het, aanhelp. Die Kweekskool wat predikante vir die NG Kerk kon oplei, is eers in 1859 gestig (toe daar reeds 80 gemeentes bestaan het), en weinig Afrikaners het destyds na Europa gegaan om hulle as leraar te bekwaam.
Tot en met 1820 het daar slegs agt Afrikanerpredikante in die Kerk gedien, naamlik ds. Petrus van der Spuy(1746), Christiaan Fleck (1781), Petrus Johannes van der Spuy (1786), Michiel Christiaan Vos (1794), Jacobus Scholtz (1811), Tobias Johannes Herhold (1811), Jan Christiaan Berrangé (1815) en Cornelis Mol (1817).
Dr. Thom beraam in oorleg met graaf Bathurst, indertydse Britse koloniale sekretaris (na wie Bathurst in die Oos-Kaap genoem is), 'n plan om proponente van die Kerk van Skotland te oortuig om die leraarsamp in die NG Kerk te aanvaar, nadat hulle eers vir 'n ruk die Hollandse taal in Nederland sou gaan aanleer. Kommissies is in Aberdeen en Glasgow gestig om proponente te werf en, skryf eerw. A. Dreyer in 1924 "het moet erkend worden, dat Dr. Thom zeer gelukkig was in zijn keuze van de eerste kandidaten voor Zuid-Afrika".
Eerste ses proponente
---------------------
Die kommissie van Aberdeen stuur di. Andrew Murray sr. Colin Fraser en George Morgan, wat onderskeidelik in die gemeentes Graaff-Reinet, Beaufort-Wes en Somerset-Oos geplaas word. Die kommissie van Glasgow stuur di. Henry Sutherland, Alexander Smith en William Ritchie Thompson, wie se eerste gemeentes onderskeidelik Worcester, Uitenhage en Stockenström (eers as sendeling en van die gemeente se stigting in 1832 af as leraar) was.
Ds. James Edgar (1789-1848) was 18 jaar lank tot aan sy dood predikant van die NG gemeente Somerset-Wes. Hy is langs die dorp se eerste NG kerkgebou begrawe.
Nog 'n sewetal (1828 - 1836)
----------------------------
Hierna kom nog van tyd tot tyd tot in 1836 'n sewetal predikante uit Skotland aan, toe daar genoeg inheemse Afrikanerpredikante was om aan die behoefte te voldoen. Teen 1837 het Skotse predikante nietemin reeds die helfte van die Kaaps Sinode uitgemaak. Die sewe wat mettertyd oorgekom het, was in 1828 di. James Edgar, eers leraar op Durban(ville) en later 18 jaar lank leraar van die NG gemeente Somerset-Wes en John Cassie op Caledon. In 1829 kom ds. John Pears, eers professor aan die Suid-Afrikaanse Kollege in Kaapstad, voorloper van die Universiteit van Kaapstad, en later leraar op Somerset-Oos. In 1831 keer dr. William Robertson na Suid-Afrika terug nadat hy hom in Aberdeen en Utrecht as leraar gaan bekwaam het. Hy het oorspronklik in 1822 op dieselfde skip as ds. Andrew Murray sr. na die Kaap gekom nadat albei op Graaff-Reinet aangestel is, die een as onderwyser, die ander as leraar. Robertson het egter na vyf jaar besluit om te keer na Europa om ook predikant te word. Hy keer na die Kaap terug om Clanwilliam se eerste NG predikant te word, daarna 38 jaar lank op Swellendam as leraar te arbei en uiteindelik van 1872 tot '76 in die NG gemeente Kaapstad. In 1833 kom ds. Alexander Welsh na Suid-Afrika as leraar van Glen Lynden, in 1834 ds. Robert Shand as leraar van Tulbagh en laastens in 1836 ds. Thomas Reid as eerste leraar van die NG gemeente Colesberg. Hy bedank egter in 1852 vanweë toenemende onaangenaamhede tussen hom en sy gemeente.
Laaste nege (1862 - 1867)
-------------------------
Dr. William Robertson is op die Kaapse Sinodes van 1842 en 1852 tot moderator verkies. Soveel vertroue stel die ander Kaapse predikante in hom dat hy in 1860 op 'n geseënde konferensie op Worcester as afgevaardigde gekies word om in Holland en Skotland na "vrome en regsinnige predikante en onderwysers te gaan soek, ten einde die geledere van ons Kerk teen die dreigende aanvalle van die liberalisme te versterk". Buiten ds. Gilles van de Wall wat Robertson in Holland werf, kom deur sy toedoen in 1862 nog sewe Skotse predikante na Suid-Afrika: di. Andrew McGregor (Robertson), Dugald McMillan (Harrismith), John McCarter (Weenen), Thomas McCarter (Calvinia), Thomas Gray (Aberdeen), William Cormack (Burgersdorp) en David Ross (Lady Grey). Die laaste twee was di. Richard Craig (Weenen) en James Turnbull (Greytown).
Beskouing
---------
Natuurlik kon die 25 predikante nie almal ewe goed by die plaaslike omstandighede aanpas nie. Enkele het dan ook na hulle vaderland teruggekeer, ander weer het lewenslank gesukkel met die vreemde taal waarin hulle hul nooit heeltemal tuis gevoel het nie. Maar daar was ook onder hulle diegene wat hulle dadelik aangetrokke gevoel het deur die vroomheid, vriendelikheid en hartlikheid van die Afrikaans-Hollandse bevolking, wat die volk se lief en leed gedeel het en wat deur puriteinse nougesetheid, die getrouheid van hulle herderlike arbeid en hul godsalige lewenswyse 'n geseënde invloed op die ontwikkeling van die lidmate se godsdienstige lewe uitgeoefen het.
Fotogalery
----------
* Ds. George Morgan, in 1825 in diens getree, tot 1841 leraar van Somerset-Oos.
* Ds. James Turnbull, in 1867 in diens getree, was die laaste van die Skotse predikante wat na Suid-Afrika gekom het.
* Ds. John Pears, in 1829 op Glen Lynden ontvang, na wie die NG gemeente Pearston genoem is.
* Ds. Robert Shand, in 1834 in diens getree, leraar van Tulbagh tot 1871.
* Dr. George Thom, superintendent van die Londense Sendinggenootskap wat die eerste predikante in Skotland gaan werf het.
* Ds. Andrew Murray sr. in 1822 in diens getree. Murraysburg is na hom genoem.
* Ds. Alexander Smith, in 1822 in diens getree, na wie die NG gemeente Alexandria en die Oos-Kaapse dorp Alexandria genoem is.
* Ds. Henry Sutherland, in 1824 in diens getree, na wie Sutherland genoem is.
* Ds. Colin Fraser, in 1824 in diens getree, na wie Fraserburg genoem is. Hy was 38 jaar lank die tweede leraar van die NG gemeente Beaufort-Wes.
* Ds. Andrew McGregor, in 1862 in diens getree, na wie McGregor genoem is.
* Ds. David Ross, in 1863 in diens getree, na wie die NG gemeente Rossville genoem is.
* Ds. Dugald McMillan was die eerste leraar van die NG gemeente Harrismith (1862-'74), waarna hy na Skotland terugkeer en daar sterf in 1904.
* Ds. John McCarter was NG gemeente Weenen se eerste leraar en het die gemeente gedien van 1862 tot 1866.
* Ds. Richard Craig, van 1868 tot 1883, toe hy emeriteer, Weenen se tweede leraar. Dit was sy enigste gemeente. Hy is oorlede op 25 November 1890.
Bronne
------
* Dreyer, eerw. A. 1924. *Eeuwfeest-Album van de Nederduits Gereformeerde-Kerk in Zuid-Afrika 1824 - 1924*. Kaapstad: Publikatie-kommissie van de Z.A. Bijbelvereniging.
* Dreyer, eerw. A. 1932. *Jaarboek van die Nederduits-Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1933*, Kaapstad: Jaarboek-Kommissie van die Raad van die Kerke.
* Hofmeyr, George (hoofred.), 2002. *NG Kerk 350*. Wellington: Lux Verbi.BM.
* Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. *Ons gemeentelike feesalbum*. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers. | {
"title": "Skotse predikante in die NG Kerk",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1922,
8429,
0.22802230395064657
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 9934
} |
Skrabbel tekening deur Luise von Mecklenburg-Strelitz, Koningin van Pruise, c. 1795
**Skrabbel** is 'n tekening wat gemaak word terwyl 'n persoon se aandag elders is. Skrabbel is eenvoudige tekeninge wat 'n ander konkrete betekenis kan verteenwoordig of dalk net uit lukrake, abstrakte lyne bestaan, sonder om die pen/potlood van die papier te lig, wat dan as "skribbel" bekend staan.
Skrabbel en krap word dikwels geassosieer met jong kinders en kleuters, omdat hul gebrek aan hand-oog koördinasie en hul brein wat nog in die ontwikkelingsfase is, is dit vir hulle moeilik om binne die lyne in te kleur van 'n kunswerk. Ten spyte hiervan, is dit nie ongewoon om te sien dat volwassenes dit ook doen nie, dit kan joviaal gedoen word of uit blote verveling.
Tipiese voorbeelde van skrabbel kan gevind word in skoolkinders se huiswerkboeke/notaboeke, dikwels in die kantlyne, deur studente wat dagdroom of belangstelling in die les wat aangebied word verloor. Ander algemene voorbeelde van skrabbel kom voor tydens 'n lang telefoongesprek, wanneer daar 'n pen en papier beskikbaar is.
Populêre vorme van skrabbels sluit spotprent weergawes in van onderwysers of maats in 'n skool, bekende televisie - of komiese karakters, fiktiewe wesens, landskappe, geometriese vorms, patrone, teksture en falliese tonele. Die meeste mense wat skrabbel, herhaal gewoonlik dieselfde vorm of tipe prent regdeur hul lewens.
Etimologie
----------
Die Engelse woord*doodle* het die eerste keer verskyn in die vroeë 17de eeu, wat *dwaas* of *onnosel* beteken het*.* Dit kan ook spruit uit die Duitse *Dudeltopf* of *Dudeldop*, wat dwaas beteken. Dit is ook die oorsprong van die vroeë agtiende eeuse werkwoord *to doodle*, wat beteken "om vir die gek gehou te word". Die moderne betekenis het na vore gekom as 'n term vir 'n politikus wat niks op kantoor doen nie te konste van ander. Dit het uiteindelik gelei tot die meer algemene werkwoord "to doodle", beteken om niks te doen nie.
In die finale hofsaal toneel van die 1936 film Mr. Deeds Goes to Town, verduidelik die hoofkarakter die konsep van "*doodling*" aan 'n regter wat nie vertroud is met die woord nie. Hy het gesê: "Mense teken die mees idiotiese prentjies wanneer hulle dink." Die karakter, wat vanaf 'n fiktiewe dorp in gereis het in Vermont, beskryf die woord *doodler* as "'n naam wat ons by die huis opgemaak het" vir die mense wat maak "geklikke ontwerpe" op papier maak wanneer hul gedagtes elders is.
Die betekenis "dwaas, onnosel" is die intensie van die liedjie met titel "Yankee Doodle", oorspronklik gesing deur die Britse koloniale troepe gedurende die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog.
Uitwerking op geheue
--------------------
Volgens 'n studie wat in die vaktydskrif, *Applied Cognitive Psychology*, gepubliseer is kan skrabbel 'n persoon se geheue verleng deur genoeg energie te spandeer om tred te hou, maar om nie fokus te verloor en te begin dagdroom nie. Om te dagdroom vereis baie krag van die brein om inligting te prosesseer. So, dit dien as 'n bemiddelaar tussen die spektrum van om te veel te dink en om te min te fokus en die help 'n persoon om op die huidige situasie te fokus. Die studie is gedoen deur Professor Jackie Andrade, van die Skool van Sielkunde aan die Universiteit van Plymouth, wat berig dat mense wat skrabbel 7.5 dele van die inligting (uit 'n totaal van 16) kon herroep, die groep mense wat nie geskrabbel het nie, kon slegs 5.8 dele van die inligting wat aan hulle gegee is herroep.
Skrabbel het ook 'n positiewe uitwerking op die menslike begrip. Die skep van visuele uitbeeldings van inligting, gee 'n dieper begrip van die materiaal wat aangeleer word. Wanneer 'n persoon skrabbel, is daar kontak met neurologiese bane in die brein en die manier hoe inligting ingeneem word, gaan deur 'n effektiewe siftingsproses vir die stoor van noodsaaklike inligting. Daarom word skrabbel ook aangewend as 'n effektiewe studiemetode.
As 'n terapeutiese toestel
--------------------------
Skrabbel kan as 'n tegniek gebruik word om spanning te verlig. Dit is soortgelyk aan ander motoriese aktiwiteite soos om te vroetel of om tempo aan te pas, wat ook gebruik word om spanning te verlig. Volgens 'n oorsig van meer as 9 000 ingediende skrabbel tekeninge, het byna twee derdes van die respondente aangedui dat hulle skrabbel as hulle in 'n gespanne of rustelose toestand verkeer en dat skrabbel daardie gevoelens verminder. Wetenskaplikes glo dat die spanningsverligtings eienskappe van skrabbel lê in die manier hoe skrabbel se netwerk versterk. Skrabbel word dikwels gebruik in kuns terapie, om gebruikers toe te laat om hul tempo te verlaag, te fokus en om van oortollige spanning ontslae te raak.
Noemenswaardige skrabbelaars
----------------------------
'n Tipiese bladsy van Poesjkin se manuskrip
Alexander Pushkin se notaboeke is bekend vir hul oorvloed van marginale skrabbels, wat onder andere sketse van vriende se profiele en hande en voete insluit. Hierdie notaboeke is beskou as 'n werk van kuns in hul eie reg. Volle uitgawes van Poesjkin se skrabbels is onderneem op verskeie geleenthede. Sommige van Poesjkin se skrabbels is geanimeer deur Andrei Khrzhanovsky en Yuriy Norshteyn in die 1987 film *My Favourite Time*.
Ander noemenswaardige literêre skrabbelaars sluit in: Samuel Beckett; die digter en dokter John Keats, wat geskrabbel het in die kantlyne van sy mediese notas; Sylvia Plath; en die nobelpryswenner (in Letterkunde, 1913) digter Rabindranath Tagore, wat talle skrabbels in sy manuskrip het.
Wiskundige Stanislaw Ulam het die Ulam spiraal vir die visualisering van priemgetalle ontwikkel terwyl hy besig was om te skrabbel, tydens 'n vervelige aanbieding by 'n wiskunde-konferensie.
Baie Amerikaanse Presidente, insluitend Thomas Jefferson, Ronald Reagan, en Bill Clinton, is bekend daarvoor om te skrabbel tydens vergaderings.
Sommige skrabbels en tekeninge kan gevind word in notaboeke van Leonardo da Vinci.
Verdere verwysings
------------------
* Doodle (drawing) in *Encyclopædia Britannica*
* Brown, Sunni. "Doodlers, unite!". *ted.com*. Besoek op September 23, 2011.
* "Doodling As A Creative Process". *Enchantedmind.com*. Besoek op Junie 10, 2011.
* Gardner, M. (March 1964). "Mathematical Games: The Remarkable Lore of the Prime Number". Scientific American. 210: 120–128. doi:10.1038/scientificamerican0364-120.CS1 maint: ref=harv (link)
* Gombrich, E. H. (1999). "Pleasures of Boredom: Four Centuries of Doodles". The Uses of Images. London: Phaidon. pp. 212–225.
* Hanusiak, Xenia (Oktober 6, 2009). "The lost art of doodling". *Smh.com.au*. Besoek op Junie 10, 2011.
* Malchiodi, Cathy (January 13, 2014). "Doodling Your Way to a More Mindful Life". Psychology Today. Retrieved March 15, 2015.
* Spiegel, Alix (Maart 12, 2009). "Bored? Try Doodling To Keep The Brain On Task". *NPR.org*. Besoek op Junie 10, 2011.
| | |
| --- | --- |
| Normdata Edit this at Wikidata |
* NARA: 10634136
| | {
"title": "Skrabbel",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1401,
6305,
0.22220459952418714
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 6949
} |
Die **Skoterlandse Kompanjie** of **Veenkompanjie** is in 1551 gestig om die veengronde van Skoterland in Friesland uit te graaf.
Die maatskappy is deur drie *here* opgerig: Piter van Dekema, Johan van Cuyck en Floris Foeyts. Dit is op een na die oudste *Naamloze Vennootschap* van Nederland. In 1602 vestig die maatskappy hom in Oranjewoud in die Sickingastate. Dit was die begin gewees van die later besit van die Huis van Oranje.
Die kompanjie het 6.500 hektare hoogveen in suidoos Friesland gekoop en het dit laat uitgraaf. Turf was in dié dae die belangrikste brandstof en hierdie *here-veen* het die basis gelê vir die ontwikkeling van die stad Heerenveen. Baie geld is daar verdien aan die *bruin goud*.
In 1556 word die Heeresloot, die kanaal van Akkrum na Heerenveen gegraaf en dit het die begin van die veengebied se ontginning moontlik gemaak. Later is haaks op die kanaal nog *vaarte* gegraaf en kleiner *wyke* haaks op die *vaarte* om die afvoer van die turf te bevorder. So is die Skoterlandse Kompanjonsvaart na Ketlik en Nijhorne ontstaan wat in 1732 deurgetrek is na Hoornsterzwaag. | {
"title": "Skoterlandse Kompanjie",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
0,
974,
0
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1105
} |
Skryfstelsels van die moderne wêreld ██ Latyns (alfabet) ██ Cyrillies (alfabet) ██ Hangoel (kenmerk-alfabet) ██ Ander alfabette ██ Arabies (abjad) ██ Ander abjads ██ Devanagari (abugida) ██ Ander abugidas ██ Lettergreepskrifte ██ Chinese karakters (logografies)
’n **Skryfstelsel** is ’n simboliese stelsel wat gebruik word om elemente weer te gee wat in ’n taal uitgedruk kan word.
Algemene kenmerke
-----------------
Skryfstelsels word van ander simboliese kommunikasiestelsels onderskei deur die feit dat die leser gewoonlik die spesifieke gesproke taal in ’n mate moet ken om die teks te kan verstaan. In teenstelling daarmee word kennis van ’n gesproke taal nie vereis by byvoorbeeld inligtingstekens, skilderye, kaarte en wiskunde nie.
Taal is ’n inherente deel van enige menslike gemeenskap. Skryfstelsels, en die proses waardeur dit gesproke stelsels weergegee het, het egter sporadies, oneweredig en stadig ontwikkel. Gevestigde skryfstelsels het gewoonlik stadiger verander as die gesproke taal en daarom bevat hulle dikwels elemente en eienskappe wat nie meer in die gesproke taal voorkom nie. Die groot voordeel van skryfstelsels is dat hulle die mens in staat stel om ’n volgehoue rekord van inligting in ’n taal te verskaf en dat dié inligting later deur ander gelees kan word.
Alle skryfstelsels vereis:
* minstens een stel basiese elemente of simbole wat elk op sy eie ’n karakter, en gesamentlik ’n skrif, genoem word;
* minstens een stel reëls en regulasies (ortografie) wat deur die gemeenskap gedeel en verstaan word en wat betekenis aan die basiese elemente (grafeme), hul orde en die verhouding tussen hulle gee;
* minstens een (gewoonlik gesproke) taal waarvan die konstruksies verteenwoordig en verstaan kan word deur die interpretasie van hierdie elemente en reëls;
* ’n fisieke manier om die simbole weer te gee deur dit op ’n permanente of semi-permanente medium aan te bring sodat hulle gewoonlik visueel geïnterpreteer kan word, hoewel stelsels ook bestaan waarvoor die tassintuig gebruik kan word.
Basiese terminologie
--------------------
’n Voorbeeld van skryfstyle en letters, deur William Caslon, lettergieter; van die *Cyclopaedia, or an Universal Dictionary of Arts and Sciences* van 1728.
Die bestudering van individuele skrifte het afsonderlik ontwikkel en daarom verskil die terminologie ietwat van veld tot veld. Die generiese term "teks" verwys na ’n geskrewe produk. Die samestelling van ’n teks word "skryf" genoem en die interpretasie daarvan staan bekend as "lees". "Ortografie" verwys na die metode en reëls wat gebruik word om te skryf en sluit die konsep "spelling" in.
’n "Grafeem" is die tegniese term wat dui op die atomiese eenhede van ’n skryfstelsel. Grafeme is die "boublokke" waarmee ’n teks van ’n spesifieke skryfstelsel saamgestel kan word. Dit is dieselfde konsep as die foneem wat in die bestudering van gesproke tale gebruik word. In die skryfstelsel wat vir Afrikaans gebruik word, sluit grafeme byvoorbeeld die hoof- en kleinletters van die 26 letters van die Latynse alfabet in, asook leestekens en syfers.
’n Individuele grafeem kan op verskeie maniere weergegee word. Dié variasies kan van mekaar onderskei word, maar word tog as dieselfde grafeem geïnterpreteer. Hierdie verskillende variasies word "allograwe" van die grafeem genoem (wat ooreenstem met die term allofoon in die studie van gesproke tale). So kan die letter "a" byvoorbeeld op verskeie maniere geskryf word: as ’n kursiewe, hoof- of sierletter. Die keuse van die allograaf wat gebruik word, sal afhang van die medium, die skryfinstrument, die styl en die onbewuste kenmerke van ’n individuele handskrif.
Die terme "glief", "teken" en "karakter" word soms gebruik om na ’n grafeem te verwys, hoewel die gebruik daarvan tussen verskillende stelsels wissel. Die gliewe van die meeste skryfstelsels bestaan uit lyne en daarom word hulle lynvormig genoem, hoewel daar ook ander vorme is soos braille.
Geskiedenis
-----------
Die eerste skryfstelsels is min of meer aan die begin van die Bronstydperk ontwikkel, in die 4de millennium v.C. Die Mesopotamiese wigskrif en die Egiptiese hiërogliewe word algemeen beskou as die eerste skryfstelsels. Albei het ontwikkel uit simboolstelsel uit 3400–3200 v.C. met die vroegste samehangende tekste uit 2600 v.C. Daar word algemeen aanvaar dat die Mesopotamiese skrif apart ontstaan het, maar daar is meningsverskille. Dieselfde geld vir die Chinese skrif, wat omstreeks 1200 v.C. ontstaan het. Die pre-Columbiaanse Meso-Amerikaanse skryfstelsels (soos die Maja-skrif) het heel waarskynlik apart ontstaan.
Daar word geglo dat die eerste konsonantale alfabet sy verskyning voor 2000 v.C. gemaak het, vir ’n taal wat in die Sinai-skiereiland deur Semitiese stamme ontwikkel is. Die meeste ander alfabette in die wêreld vandag het óf hieruit ontwikkel, baie via die Fenisiese alfabet, óf dit is deur die ontwerp daarvan geïnspireer.
Die eerste ware alfabet is die Griekse skrif wat sedert 800 v.C. ook klinkers bevat. Die Latynse alfabet, wat direk hieruit ontstaan het, is verreweg die mees algemene skryfstelsel in die wêreld.
### Logografiese skryfstelsels
Vroeë Chinese karakter vir "son" (*ri*), 1200 v.C.
Moderne Chinese karakter (*ri*) met die betekenis "son" of "dag".
’n Logogram is ’n enkele geskrewe karakter wat ’n volledige woord verteenwoordig. Die meeste Chinese karakters is logogramme.
Aangesien elke karakter ’n enkele woord verteenwoordig (of eintlik ’n morfeem), is talle logogramme nodig om al die woorde van ’n taal te skryf. Die groot getal logogramme en die memorisering van hul betekenis is die grootste nadeel van dié stelsels. Omdat die betekenis onafskeidbaar verbonde aan die simbool is, kan dieselfde logografiese stelsel vir verskillende tale gebruik word. In die praktyk is dit egter net van toepassing op naby verwante tale, soos die Chinese tale, aangesien sintaktiese beperkings die universele gebruik van so ’n stelsel verhinder. Japannees gebruik baie Chinese logogramme, met dieselfde of feitlik dieselfde betekenis. Die semantiek, en veral die grammatika, verskil egter in so ’n mate dat ’n Japannees nie ’n lang Chinese stuk teks maklik sal verstaan sonder dat hy ’n basiese kennis van Chinese grammatika het nie; kort frases soos op tekens en koerantopskrifte is makliker om te verstaan.
Hoewel die meeste tale nie net ’n logografiese skryfstelsel gebruik nie, gebruik baie tale logogramme in ’n sekere mate. ’n Goeie voorbeeld van moderne Westerse logogramme is Arabiese syfers – almal weet wat "I" beteken, ongeag of hy dit "een", "one", "eins", "uno", "ji", "ehad" of "jedan" noem. Ander Westerse logogramme sluit in die ampersand (&), wat vir "en" gebruik word, die teken vir teen of by (@), die persentasieteken (%) en baie tekens vir geldeenhede: dollar ($), euro (€), jen (¥), ens.
Die belangrikste (en eintlik die enigste steeds bestaande) moderne logografiese skryfstelsel is die Chinese een, waarvan die karakters, met ’n wisselende mate van aanpassing, gebruik is of gebruik word in Chinees, Japannees, Koreaans, Viëtnamees en ander Oos-Asiatiese tale. Die antieke Egiptiese hiërogliewe en die Maja-skryfstelsel het ook sekere logografiese eienskappe, maar hulle het definitiewe fonetiese kenmerke en word nie meer gebruik nie.
### Lettergreepskrifte
Waar ’n logografiese skryfstelsel ’n enkele karakter vir ’n hele woord gebruik, is ’n lettergreepskrif ’n stel geskrewe simbole wat lettergrepe verteenwoordig, en dié lettergrepe vorm woorde. ’n Simbool in so ’n stelsel verteenwoordig gewoonlik ’n konsonantale klank gevolg deur ’n vokale klank, of slegs ’n vokaal (klinker).
Die meeste sillabiese skryfstelsels (lettergreepskrifte) is ontwikkel vanuit logografiese skryfstelsels, en word gebruik in kombinasie met logografiese tekens (soos die wigskrifte, Hetitiese en Kretensiese skrifte as ook die moderne Japannese skrif). Slegs onlangs uitgevind syllabiese skrifte (Cherokee in Noord-Amerika, Vai en Bamum in Afrika, ens.) is "ware" sillabiese skrifte.
In ’n "ware lettergreepskrif" is daar geen sistematiese grafiese ooreenkoms tussen foneties verwante karakters nie (hoewel sommige klinkers grafiese ooreenkomste het). Daar is dus geen ooreenkoms tussen die karakters vir /ke/, /ka/ en /ko/ wat aandui dat hulle ’n "k"-klank deel nie.
’n Ander soort stelsel met sistematiese lettergreep-simbole, die abugidas, word later in die artikel beskryf.
Lettergreepskrifte is die beste geskik vir tale met ’n relatief eenvoudige lettergreepstruktuur, soos Japannees. Engels, aan die ander kant, bevat ingewikkelde lettergreepstrukture, met ’n relatief lang lys klinkers en ingewikkelde konsonantgroepe, en ’n lettergreepskrif is nie daarvoor geskik nie. In Japannees is daar nie meer as 60 moontlike lettergrepe nie, terwyl daar in Engels baie duisende is, en vir elk van hierdie lettergrepe sou dus ’n simbool nodig wees.
### Segmentale skryfstelsels: alfabette
’n Alfabet is ’n klein stel letters — basiese skryfsimbole — wat elk min of meer ’n foneem verteenwoordig. Die woord "alfabet" is afgelei van alfa en beta, die eerste twee simbole van die Griekse alfabet.
#### Konsonantale skryfstelsels: abjads
Die eerste soort alfabet wat ontwikkel is, is die abjad. ’n Abjad is ’n alfabetiese skryfstelsel waar alle simbole konsonante voorstel. Daar is dus nie simbole vir klinkers nie. Alle abjads (buiten miskien Tifinagh) behoort tot die Semitiese skriffamilie en is van die oorspronklike Noordelike Lynvormige Abjad van die middel-Bronstydperk afgelei.
Sommige abjads (soos Arabies en Hebreeus) het tekens vir klinkers, maar gebruik hulle net in ’n sekere verband, soos vir onderrig. Baie skrifte wat van abjads afgelei is, is met klinkers uitgebrei tot volledige alfabette – die bekendste is seker die Griekse alfabet wat van die Fenisiese abjad afgelei is. Dit het veral gebeur wanneer ’n abjad aanvaar is vir ’n nie-Semitiese taal.
Die term "abjad" is afgelei van die ou volgorde van die Arabiese konsonante 'alif, bā', jīm, dāl. Dit is steeds die woord vir alfabet in Arabies, Maleis en Indonesies.
#### Skryfstelsels met ingeboude klinkers: abugidas
’n Abugida is ’n alfabetiese skryfstelsel waarvan die basiese tekens konsonante met ’n spesifieke ingeboude klinker verteenwoordig. Aanpassings aan die basiese teken dui ander klinkers as die basiese een aan. So kan daar in ’n abugida ’n teken wees vir "k" sonder ’n klinker, of vir "ka" (as "a" die ingeboude klinker is), en "ke" word dan geskryf deur die teken vir "k" of "ka" aan te pas. In baie abugidas word die aanpassing gedoen deur die byvoeging van ’n klinkerteken, maar ander manier word ook gebruik soos die rotasie van die basiese teken, die byvoeging van leestekens, ens.
Die verskil tussen abugidas en "ware lettergreepskrifte" is dat laasgenoemde ’n teken vir elke lettergreep het en daar geen sistematiese grafiese ooreenkoms tussen hulle is nie. Die grafiese ooreenkoms van die meeste abugidas is vanweë die feit dat hulle afgelei is van abjads en dat die konsonante ingeboude klinkers bevat; ander klinkers word dan aangedui deur die basismodel te verander.
In die Ge'ez-skrif, waarna die term "abugida" genoem is, lyk die klinker-aanpassings nie altyd sistematies nie, hoewel hulle aanvanklik meer sistematies was. Die grootste enkele groep abugidas is die Brahmi-skriffamilie wat feitlik al die skrifte insluit wat in Indië en Suidoos-Asië gebruik word.
Die woord "abugida" is afgelei van die eerste vier karakters van ’n volgorde van die Ge'ez-skrif wat in sekere kontekste gebruik word.
### Kenmerkskryfstelsels
’n Kenmerkskryfstelsel verteenwoordig fyner besonderhede as ’n alfabet. Die simbole verteenwoordig nie hele foneme nie, maar eerder elemente (kenmerke) waaruit ’n foneem bestaan, soos uitspraak. Teoreties kan elke kenmerk met ’n aparte letter geskryf word. Abjads en abugidas, en selfs lettergreepskrifte, kan kenmerk-elemente bevat, maar die enigste groot kenmerkstelsel is die Koreaanse hangoel. In hangoel word die kenmerkende simbole gekombineer in alfabetiese letters, en hierdie letters word op hul beurt gekombineer in lettergreepblokke. Daar is dus drie vlakke van fonologiese verteenwoordiging.
### Gemengde skryfstelsels
Die meeste skryfstelsels bestaan nie net uit een soort nie. Soos hier bo genoem, gebruik Afrikaans syfers en ander logogramme soos #, $ en &. Alle logografiese stelsels het ook fonetiese komponente, soos dié van ’n lettergreepskrif soos in Chinees ("logo-lettergrepig") of van ’n abjad soos in Egipties ("logo-konsonantaal").
Sommige skrifte is egter waarlik gemeng, soos die semi-lettergreepskrif van antieke Spanje waar plofklanke soos "p", "t" en "k" lettergreepskrif was, maar ander konsonante alfabeties. In sommige weergawes is klinkers ná lettergreepletters geskryf, wat ooreenstem met alfabetiese ortografie. Die Ou Persiese wigskrif was dieselfde. Van die 23 konsonante (insluitende nul) was sewe ten volle lettergrepig, dertien was suiwer alfabeties en vir die ander drie was daar een letter vir /C*u*/ en nog een vir beide /C*a*/ en /C*i*/.
Grafiese klassifikasie van skryfstelsels
----------------------------------------
Die primêre grafiese onderskeid wat in klassifikasie gemaak word, is waarskynlik dié van lynvormigheid. In lynvormige stelsels bestaan die karakters uit lyne, soos in die Latynse alfabet en Chinese karakters. Chinese karakters word as lynvormig beskou ongeag of hulle met ’n balpuntpen of met ’n kalligrafiekwas geskryf is of in brons gegiet is. Net so is Egiptiese hiërogliewe en die Maja-gliewe dikwels in lynvorms geskilder, maar in formele situasies is hulle uitgekerf. Die vroegste voorbeelde van skrifte is lynvormig: die Soemeriese wigskrif van omstreeks 3300 v.C. was lynvormig, hoewel die wigvorms wat daarvan afgelei is, nie was nie. Dié is gewoonlik gevorm deur rietstiwwe in klam klei te druk en nie deur lyne in die klei te trek soos voorheen gedoen is nie. Die gevolg was dat die voorkoms van die skrif baie verander het.
Nie-lynvormige stelsels soos braille bestaan nie uit lyne nie, maak nie saak watter instrument gebruik word nie. Braille is ’n nie-lynvormige aanpassing van die Latynse alfabet wat heeltemal afgewyk het van die Latynse vorms. Die letters bestaan uit opgehewe knoppies op die skryfmateriaal: leer, stywe papier, plastiek of metaal.
Daar is ook ander aanpassing soos Morsekode, die alfabette van verskeie vingertale en tekens met vlae. As "skryf" egter beskou word as ’n potensieel permanente manier om inligting oor te dra, kan hierdie steslels nie as skryfstelsels geklassifiseer word nie omdat die tekens verdwyn sodra hulle gegee is.
### Rigting
Oorsig van die skryfrigtings in die wêreld.
Skrifte word ook grafies gekarakteriseer deur die rigting waarin geskryf word. Egiptiese hiërogliewe is in albei horisontale rigtings geskryf, met die dier- en mens-gliewe so geskryf dat hulle na die begin van die lyn wys. Die vroeë alfabet kon in verskeie rigtings geskryf word, óf horisontaal (na links of regs) óf vertikaal (na bo of onder). Dit is gewoonlik in twee teenoorgestelde rigtings geskryf: byvoorbeeld eers na regs en in die volgende lyn na links.
Die Griekse alfabet en dié wat daaruit afgelei is, word van links na regs geskryf, van die bokant na die onderkant van die bladsy. Ander skrifte soos die Arabiese en Hebreeuse alfabet, word van regs na links geskryf. Skrifte wat Chinese karakters gebruik, is tradisioneel vertikaal (van bo na onder) geskryf, van die regterkant na die linkerkant van die bladsy, maar word deesdae dikwels van links na regs geskryf, van bo na onder, vanweë die Westerse invloed, ’n toenemende behoefte om terme in die Latynse skrif weer te gee en die beperkings van moderne elektroniese dokumentformate.
Skryfstelsels op rekenaars
--------------------------
In rekenaar- en telekommunikasiestelsels word grafeme en ander grafeem-tipe eenhede wat vir teksprosessering gebruik word, verteenwoordig deur "karakters" in geënkodeerde vorm. Daar is verskeie karakter-enkoderingvorms soos ISO/IEC 8859-1 (wat veral op die Latynse skrif gebaseer is), CJK-karakters (Chinees, Japannees, Koreaans) en tweerigtingteks. Deesdae word baie van die vorms herskep in ’n gemeenskaplike standaard, die ISO/IEC 10646 "Universal Character Set", en ’n parallelle, verwante vorm, *The Unicode Standard*. Die term Unicode word gewoonlik vir albei gebruik. In Unicode kry elke karakter, in elke taal se skryfstelsel, ’n unieke identifikasienommer bekend as sy "kodepunt". Rekenaars se bedryfstelsel gebruik kodepunte om karakters in die lettertipe-lêer te soek en op die skerm te vertoon.
’n Sleutelbord is die instrument wat gewoonlik gebruik word om met ’n rekenaar te skryf. Elke sleutel word verbind met ’n standaardkode wat na die rekenaar gestuur word wanneer dit gedruk word. Deur die gebruik van ’n kombinasie van alfabetsleutels en modifikasiesleutels soos Ctrl, Alt en Shift kan ook baie ander karakters vertoon word.
Sien ook
--------
* Geskiedenis van die alfabet | {
"title": "Skryfstelsel",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
2474,
16202,
0.15269719787680533
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt11\" class=\"infobox noprint\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Skrifte\",\"href\":\"./Sjabloon:Skrifte\"},\"params\":{},\"i\":0}}]}' id=\"mwFQ\" style=\"text-align:center; font-size:85%;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<th style=\"background:#C3B091;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Skryfstelsel\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Skryfstelsel\">Skryfstelsels</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></th></tr>\n<tr><td align=\"left\" style=\"background:#FEFEFA;\">\n<p><span style=\"margin:0px; font-size:90%;\"><span style=\"border:none; background-color:palegreen;; color:palegreen;;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span> <a href=\"./Abjad\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Abjad\">Abjad</a> </span><br/>\n<span style=\"margin:0px; font-size:90%;\"><span style=\"border:none; background-color:navajowhite;; color:navajowhite;;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span> <a href=\"./Abugida\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Abugida\">Abugida</a> </span><br/>\n<span style=\"margin:0px; font-size:90%;\"><span style=\"border:none; background-color:lightblue;; color:lightblue;;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span> <a href=\"./Alfabet\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Alfabet\">Alfabet</a> </span><br/>\n<span style=\"margin:0px; font-size:90%;\"><span style=\"border:none; background-color:pink;; color:pink;;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span> <a href=\"./Lettergreepskrif\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Lettergreepskrif\">Lettergreepskrif</a> </span><br/>\n<span style=\"margin:0px; font-size:90%;\"><span style=\"border:none; background-color:mistyrose;; color:mistyrose;;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span> <a href=\"./Logogram\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Logogram\">Logografies</a> </span><br/>\n<span style=\"margin:0px; font-size:90%;\"><span style=\"border:none; background-color:gainsboro;; color:gainsboro;;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span> <a href=\"./Kenmerk-alfabet\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Kenmerk-alfabet\">Kenmerk-alfabet</a> </span><br/>\n<span style=\"margin:0px; font-size:90%;\"><span style=\"border:none; background-color:turquoise;; color:turquoise;;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span> <a href=\"./Snelskrif\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Snelskrif\">Snelskrif</a></span><br/>\n<span style=\"margin:0px; font-size:90%;\"><span style=\"border:none; background-color:khaki;; color:khaki;;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span> Alternatief</span></p></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 17090
} |
Priamos word deur Neoptolemos doodgemaak; detail op ’n Griekse vaas, omstreeks 520-510 v.C.
**Priamos** of **Priamus** (Grieks: Πρίαμος) was in die Griekse mitologie ’n legendariese koning van Troje tydens die Trojaanse Oorlog. Sy baie kinders sluit in merkwaardige figure soos Hektor en Paris.
Lewe
----
Die meeste geleerdes meen die naam kom van die Luwiese 𒉺𒊑𒀀𒈬𒀀 (Pa-ri-a-mu-a-, "besonder dapper"). In Boek 3 van Homeros se *Ilias* vertel Priamos aan Helena van Troje dat hy koning Mugdon van Frigië eenkeer in ’n geveg teen die Amasones gehelp het.
Nadat Priamos se seun Hektor in die Trojaanse Oorlog deur Achilles doodgemaak is, het die Griekse vegter geweier om die liggaam met respek te behandel of terug te gee. Volgens Homeros in boek XXIV van die *Ilias* stuur Zeus die god Hermes om koning Priamos te begelei na die Griekse kamp, waar hy by Achilles pleit om sy seun se liggaam aan hom te gee. Achilles stem in en gee Hektor se liggaam terug. Die twee kante kom oor ’n tydelike wapenstilstand ooreen en Achilles gee Priamos selfs toestemming om sy seun behoorlik te begrawe. Hy belowe geen Griek sal vir die volgende minstens nege dae veg nie, maar dat die oorlog op die twaalde dag weer sal begin.
Priamos is tydens die inval in Troje doodgemaak deur Achilles se seun Neoptolemos, ook bekend as Purros (Πύρρος). Van sy dood word vertel in Boek II van Vergilius se *Eneïde*. Volgens Vergilius se beskrywing maak Neoptolemos eers Priamos se seun Polites voor hom dood toe hy skuiling soek op die altaar van Zeus. Priamos gooi ’n spies na Neoptolemos, wat sy skild tref. Neoptolemos sleep Priamos toe na die altaar en maak hom ook dood. ’n Ander weergawe van Priamos se dood word op ’n paar Griekse vase uitgebeeld. Hiervolgens slaan Neoptolemos Priamos dood met die lyk van sy babakleinseun Astianaks.
Huwelik en kinders
------------------
Priamos het na berig word 50 seuns en baie dogters gehad – by sy hoofvrou, Hekuba, dogter van die Frigiese koning Dumas, en baie ander vroue en byvroue. Dié kinders sluit beroemde figure in die Grieke mitilogie in, soos Hektor, Paris, Helenos, Kassandra, Troilos, Poludoros en ander. Priamos is deur Neoptolemos vermoor toe hy sowat 80 jaar oud was.
Bronne
------
* William Smith. *Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology*, Londen (1873). "Priamus"
Skakels
-------
* Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
| | |
| --- | --- |
| Normdata Edit this at Wikidata |
* BNF: cb165721153 (data)
* GND: 143961764
* LCCN: no2017167849
* SUDOC: 194279405
* VIAF: 170032012
* WorldCat Identities: lccn-n90719232
| | {
"title": "Priamos",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
696,
2535,
0.27455621301775146
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2643
} |
**Skroef se Bad** is 'n afgeleë warmwaterbron op die suidelike oewer van die Oranjerivier in Suid-Afrika.
Die warmbad lê op die plaas **Warmbad-Noord** op die grens met Namibiё, ongeveer 50 km noordoos van Onseepkans en in 'n onherbergsame gebied stroomaf van die Augrabies-waterval.
Die oog lewer slegs 65 000 liter water per dag teen 44,4°C.
Oom Skroef Kotze het langs die rivier landerye gemaak en toe die warmbron oopgestoot wat sedertdien sy naam dra. Teen 1962 was daar 24 kamers vir vakansiegangers beskikbaar, maar die vloed van 1974 het die bron en die geriewe byna uitgewis.
In die Afrikaanse kortverhaalbundel "Ek is maar ene" is 'n kortverhaal deur Dot Serfontein opgeneem wat by hierdie vakansieoord afspeel.
Bibliografie
------------
* Booyens, Bun: *Bronwaters van genesing. Die tradisionele warmbron-waterkuur in ons volksgeneeskunde.* Kaapstad: Tafelberg, vir die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, 1981. ISBN 0-624-01584-X
* Waring, Gerald A. en hersien deur Reginald R. Blankenship en Ray Bentall: *Thermal springs of the United States and other countries - a summary*. Washington: US Government Printing Office, 1965. (Geological Survey Professional Paper 492). Internet-aanlyn beskikbaar. | {
"title": "Skroef se Bad",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
401,
1017,
0.3942969518190757
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1226
} |
Die **skouergordel** is die stel bene in die boonste deel van die skelet wat aan albei kante aan die arms verbind is. By mense bestaan dit aan elke kant uit ’n sleutelbeen voor en skouerblad agter; by die spesies met drie bene in die skouer bestaan dit uit die sleutelbeen, skouerblad en korakoïedbeen. Sommige soogdierspesies soos honde en perde het slegs ’n skouerblad.
Die skouergordel se funksie by boonste ledemate is soortgelyk aan die bekkengordel s'n by die onderste ledemate; die gordels is die dele wat die ledemate aan die skelet koppel.
By mense is die sternoklavikulêre of borsbeen-sleutelbeen-gewrigte aan elke kant die enigste ware (anatomiese) gewrigte tussen die skouergordel en die skelet. Geen anatomiese gewrigte bestaan tussen die skouerbene en ribbekas nie; in plaas daarvan laat die spierverbindings, of fisiologiese gewrigte, tussen die twee groot beweeglikheid van die skouergordel toe in vergelyking met die kompakte bekkengordel. Omdat die boonste ledemate gewoonlik nie gewig dra nie, is dit eerder beweeglik as stabiel. By die spesies wat slegs ’n skouerblad het, is daar slegs spiere tussen die borskas en die ledemate en geen gewrigte nie.
By mense
--------
Die skouergordel is die anatomiese meganisme wat alle boarm- en skouerbewegings by mense moontlik maak. Die skouergordel het vyf spiere wat aan die sleutelbeen en skouerblad geheg is en die beweging moontlik maak van die sternoklavikulêre gewrig (verbinding tussen die borsbeen en sleutelbeen) en akromioklavikulêre gewrig (verbinding tussen die sleutelbeen en skouerblad). Dié vyf spiere is die monnikskapspier (bo, middel en onder), skouerbladhefspier, reticulum rhomboidalis (groot en klein), serratus anterior en pectoralis minor (klein borsspier).
### Gewrigte
Die skouergordel is ’n versameling van vyf gewrigte wat in twee groepe verdeel kan word. Drie van hierdie gewrigte is ware, of anatomiese, gewrigte en twee is fisiologiese gewrigte. Laasgenoemde word ook "vals" gewrigte genoem omdat hulle nie die eienskappe van "ware" anatomiese gewrigte soos ligamente en ’n omhulsel het nie, maar hulle is steeds gewrigte omdat die glybewegings wat hulle verskaf ’n belangrike biomeganiese rol speel. Binne elke groep word die gewrigte meganies gekoppel sodat albei groepe gelyktydig bydra tot die verskillende bewegings van die skouer.
In die eerste groep is die skouergewrig die anatomiese gewrig wat gekoppel is aan die fisiologiese tweede skouergewrig, sodat bewegings in die tweede skouergewrig lei tot bewegings in die skouergewrig. In die tweede groep is die skapulokostale gewrig die belangrike fisiologiese gewrig wat nie kan funksioneer sonder die twee anatomiese gewrigte in die groep nie – die akromioklavikulêre en sternoklavikulêre gewrigte aan die kante van die sleutelbeen.
#### Skouergewrig
Die skouer- of glenohumerale gewrig is die verbinding tussen die kop van die boarmbeen en die gewrigsholte van die skouerblad. Dit is ’n vogkoeëlgewrig wat in die rondte en na die kante kan draai en die beweging van die arms na en van die liggaam, asook swaai- en rotasiebewegings moontlik maak.
#### Akromioklavikulêre gewrig
Dié gewrig is die verbinding tussen die skouerpunt en die kant van die sleutelbeen. Dit is 'n vlak soort voggewrig. Die skouerpunt draai op die uitsteeksel van die sleutelbeen.
#### Sternoklavikulêre gewrig
Dit is die verbinding van die boonste deel van die borsbeen en die eerste ribbekraakbeen met die middel van die sleutelbeen. Dit is ’n saaltipe voggewrig, maar funksioneer as ’n vlak gewrig. Die gewrig maak ’n groot reeks bewegings van die skouerblad moontlik en kan tot ’n hoek van 60° gelig word.
#### Skapulokostale gewrig
Dit is ’n fisiologiese gewrig wat gevorm word deur ’n verbinding van die voorste deel van die skouerblad met die agterste deel van die ribbekas. Dit is ’n veselagtige spier en word hoofsaaklik gevorm deur die monnikskapspier, reticulum rhomboidalis en serratus anterior. Die pectoralis minor speel ook ’n rol in sy bewegings. Die glybewegings van die skapulokostale gewrig is: op, af, terug en vorentoe, asook die rotasie van die skouerblad. Aandoenings van die gewrig is seldsaam en is gewoonlik beperk tot ’n knersende of klapsensasie van die skouerblad teen die agterkant van die ribbes.
#### Tweede skouergewrig
Die suprahumerale of tweede skouergewrig is ’n fisiologiese gewrig wat gevorm word deur ’n verbinding van die bindweefsel in die skouergewrig met die kop van die boarmbeen. Dit word gevorm deur die gaping tussen die boarmbeen en die uitsteeksel van die skouerbeen. Dié ruimte is meestal deur weefsel gevul. Die gewrig speel ’n rol tydens ingewikkelde bewegings wanneer die arm uitermate gestrek word by die skouergewrig, soos wanneer ’n gloeilamp vervang of ’n plafon geverf word.
### Beserings
Skouers is ’n algemene plek vir weefselbeserings, veral as ’n mens oorhoofse sport beoefen soos tennis, vlugbal, bofbal, swem, ens. Volgens Bahr se uitgebreide beseringstatistieke is skouerontwrigtings verantwoordelik vir 4% van die beserings by volwassenes tussen 20 en 30 jaar, en 20% van skouerbeserings is breuke. Die erns van skade aan die skouers en omliggende streke kan wissel na gelang van onder meer die persoon se ouderdom, sport, posisie en die voortdurende abnormale werking van die skouers. Algemene skouerbeserings is breuke aan enige bene van die skouergordel, soos die sleutelbeen, die rek van ligamente, beserings aan die draaispiere of kraakbeen in die skouerblad en ander akute of chroniese toestande wat verband hou met die anatomie van die skouer.
Pyn in die skouergordel kan akuut of chronies wees en kan verskeie oorsake hê. Ontsteking of die besering van senings, bene, spiere, senuwees, ligamente en kraakbeen kan pyn veroorsaak. Beserings in die verlede en stres kan ook tot skouerpyn lei.
### Aandoenings
#### Scapula alata
Scapula alata kom om twee redes voor: die verlamming van die serratus anterior wat veroorsaak word deur ’n letsel aan die lang borssenuwee, wat die algemeenste is, of ’n letsel aan die hulprugsenuwee, wat verlamming van die monnikskapspier veroorsaak. Dié letsels kan veroorsaak word deur ernstige trauma aan die senuwee, die komplikasie van ’n chirurgiese prosedure of die agteruitgang van die serratus anterior of monnikskapspier. Die voorkoms hiervan kan een- of tweesydig wees; albei skouerblaaie hoef nie aantetas te wees nie.
##### Serratus anterior-verlamming
Soos genoem, word dit veroorsaak deur ’n letsel aan die lang borssenuwee, wat lei tot ’n verswakking van die serratus anterior.
###### Monnikskapspier-verlamming
Die oorsaak is ’n letsel aan die hulprugsenuwee. Probleme in die monnikskapspier word veroorsaak deur ’n effense losraking van die skouerblad en ’n verskuiwing weg van die rugwerwels.
Ander diere
-----------
Die skouergordel van verskillende paddas van die familie Hyperoliidae: *Phlyctimantis verrucosus*, *Cryptothylax greshoffii*, *Leptopelis calcaratus*, *Leptopelis anchietae*, *Leptopelis aubryi* en *Leptopelis brevirostris*.
Die skouergordel toon ’n geweldige variasie in amniote (diere wat by 'n lewe op land aangepas is), beide by bestaande en uitgestorwe spesies, en die bepaling van eenvormigheid van die borsspier is moeilik. Buiten die borsbeen was hierdie elemente egter teenwoordig in vroeë beenvisse voordat hulle selfs ledemate gehad het. In vierpotiges sonder vingers en tone is die cleithrum (klein sleutelbeen), sleutelbeen en tussensleutelbeen dermaal en vas aan die stertdeel van die kop, terwyl die boarmbeen verbind is met ’n klein skouerbladkraaibekbeen. Toe die eerste vingers en tone verskyn, het die borsspier sy direkte verbinding met die kopskelet verloor, terwyl die skouerbladkraaibekbeen prominenter geword en buitentoe begin wys het. In meer ontwikkelde vierpotiges het die dermale deel van die gordel geleidelik verklein en die skouerbladkraaibekbeen het verdeel in ’n skouerblad aan die rugkant en ’n kraaibekbeen aan die buikkant.
Nog leeswerk
------------
* Roy, André (Junie 2009). "Rotator Cuff Disease Clinical Presentation". MedScape.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
Skakels
-------
* Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Skouergordel.
* Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
| | |
| --- | --- |
| Normdata Edit this at Wikidata |
* GND: 4053559-9
* LCCN: sh85122092
* TA98: A01.1.00.020
| | {
"title": "Skouergordel",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1751,
8471,
0.2067052296068941
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 8437
} |
Debatkamer van die Skotse Parlement
Huidige samestelling van die Skotse Parlement
Die **Skotse Parlement** (Skots-Gaelies: Pàrlamaid na h-Alba; Skots: Scots Pairlament; Engels: Scottish Parliament) is die nasionale wetgewer van Skotland. Dit is in die Holyrood area van Edinburgh geleë. Die parlement word dikwels verwys na as net **Holyrood**.
Die oorspronklike parlement van Skotland (of "State-Generaal van Skotland") was die nasionale wetgewer van die onafhanklike Koninkryk van Skotland. Dit het tussen die vroeë 13de eeu tot 1707 bestaann. Dit was toe die Koninkryk van Skotland saamgesmelt het met die Koninkryk van Engeland onder die Acts of Union 1997 om die Koninkryk van Groot-Brittanje te vorm. As gevolg hiervan het die Skotse parlement saamgesmelt met die parlement van Engeland om die Parlement van Groot-Brittanje te vorm, wat in Westminster in Londen geleë is.
In 1997 is daar 'n referendum gehou waar Skotse kiesers gestem het vir afwenteling. Die huidige parlement is deur die Scotland Act 1998 gestig en die eerste vergadering is op 12 Mei 1999 gehou. Die Skotse Parlement het die mag om wetgewing deur te voer op verskillende terreine wat gespesifiseer word deur die Scotland Act 1998; op sommige terreine word die wetgewende mag met die nasionale parlement gedeel, terwyl dit op ander terreine slegs aan die parlement voorberhou word. Die velde sluit in sake soos gesondheids- en maatskaplike dienste, onderwys en behuising.
Daar is 129 lede wat bekend staan as lede van die Skotse parlement wat demokraties verkies word. Lede word vir 'n termyn vyf jaar verkies.
Voorsittende beamptes van die Vergadering
-----------------------------------------
| Persoon | Ampstermyn | Party |
| --- | --- | --- |
| David Steele | 1999–2003 | Skotse Liberale Demokrate |
| George Reid | 2003–2007 | Skotse Nasionale Party |
| Alex Fergusson | 2007–2011 | Skotse Konserwatiewe Party |
| Tricia Marwick | 2011–2016 | Skotse Nasionale Party |
| Ken Macintosh | 2016–2021 | Skotse Arbeidersparty |
| Alison Johnstone | 2021–hede | Skotse Groen Party | | {
"title": "Skotse Parlement",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
503,
1896,
0.26529535864978904
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2068
} |
Die **skroefpalm** (*Pandanus livingstonianus*) is 'n palmagtige boom wat egter tot 'n ander orde as die egte palms (familie *Arecaceae*) behoort. Slegs een *Pandanus*-spesie, *P. livingstonianus*, word in Suider-Afrika, naamlik in Oos-Zimbabwe en Mosambiek, aangetref. Die wetenskaplike naam herdenk die Skotse ontdekkingsreisiger David Livingstone (1813-1873) wat in een van sy geskrifte, "Die Zambezi en sy sytakke", na 'n soortgelyke plant verwys. Hulle groei tot 13 m hoog, is eensaadlobbig, en het soos die aalwyn 'n bywortelstelsel. Manlike en vroulike plante kom voor. Die skroefpalms het hul naam te danke aan die blare wat in 'n kompakte spiraal uit die stam groei. Die blare is in drie spirale bo mekaar en ewewydig aan mekaar rondom die vertakte stam ingeplant. Die plant en sy verwante is egter nie egte palms, soos die naam mag suggereer nie.
Verspreiding
------------
Voorbeelde met duidelike stutwortels op die oewer van 'n bergstroom in Mosambiek
Blare en vrugte
Die palm is inheems aan Mosambiek, Malawi, Zambië, DRK en Angola. In Suider-Afrika kom dit voor in die suide en noorde van Mosambiek, asook in dele van Manika-provinsie wat aan Zimbabwe se oostelike hooglande grens.
Beskrywing
----------
Die blare is lank en smal met skerp gekromde stekels langs die rande af, en by laer blare ook langs die hoofaar. Die bondels steltagtige stutwortels herinner aan manglied, en is kenmerkend van die boom. Die saamgestelde vrugte lyk na pynappels, en elke afgeplatte steenvruggie is vyfkantig.
Verbouing en gebruik
--------------------
Hierdie boompie word in tuine aangeplant, en veral langs strande omdat dit gehard is. Die hout is weerstandbiedend teen termietskade.
Verwante spesies
----------------
Spesies van die familie *Pandanaceae* word slegs in die trope en die subtrope aangetref. Sowel die bloeiwyse as die gedroogde blare van spesies soos *Pandanus tectorum* ruik baie lekker. Die egte skroefpalms (familie *Pandanaceae*) is 'n tropiese familie van bome en liane wat tot die Ou Wêreld beperk is. Die plante vorm dikwels lugwortels wat tot steltwortels ontwikkel wanneer hulle die grond bereik. Die blomme het geen kelk of kroon nie en staan byeen in kolfvormige bloeiwyses, wat soms deur groot, opvallend gekleurde skutblare omring is.
Die vrugte van *Pandanus edulis* lyk baie soos pynappels en word op die eiland Madagaskar geëet. Hulle is opgebou uit 'n groot aantal vlesige, seshoekige vruggies wat elkeen nog 'n draadvormige swart styl het. Van die blare van verskeie *Pandanus*-spesies word matte gevleg, terwyl kwaste van die wortels gemaak word. Vir die doel word die wortels geskraap en vervolgens gespoel sodat die lang vesels van mekaar loskom.
Pandanales-orde
---------------
Volgens sommige klassifikasiestelsels bevat die orde slegs een familie, naamlik die egte skroefpalms (familie *Pandanaceae*), maar volgens ander stelsels word die families *Spargianaceae* en *Typhaceae* ook by hierdie orde ingesluit. Die verteenwoordigers van die ander twee families is moeras- of waterplante en word meestal in die gematigde wêrelddele aangetref.
Die verteenwoordigers van die *Pandanales* is houtagtige of kruidagtige plante, dikwels waterplante, met parallelarige, enkelvoudige blare. By die egte skroefpalms (familie *Pandanaceae*) is die blare skroefvormig op die stam ingeplant en groei in drie spirale rondom die vertakte stam. Sowel die blare as die blomme en vrugte van die skroefpalms verskil van die van die egte palms. Die wetenskaplike naam van die familie en orde is afgelei van die genus *Pandanus*, en dié is weer afgelei van die Maleise woord *pandan*, wat "welriekend" beteken. Die egte skroefpalms is tweehuisig, met ander woorde manlike en vroulike blomme word op afsonderlike plante gedra. Die swewende lugwortels het opvallend groot wortelmussies aan hul punte waarin soms klein orgidee of varinkies groei ("hangende blompotte").
Verwante families
-----------------
Die *Sparganiaceae* bestaan uit ongeveer 20 spesies wat almal tot die genus *Sparganium* behoort, en waarvan die meeste in die Noordelike Halfrond voorkom. Hulle is moeras- of waterplante met smal, parallelarige blare wat in twee rye op 'n wortelstok ingeplant is. Die blomme is in trosse of are gerangskik. Die manlike blomme het 3 tot 6 meeldrade, waarvan die helmdrade soms vergroei is. Die vroulike blomme staan in die oksel van die skutblare.
Die familie *Typhaceae* is eweneens moeras- of waterplante. Die familie bestaan slegs uit een genus, *Typha*, waarvan daar wêreldwyd ongeveer 25 spesies voorkom. Een daarvan, *Typha latifolia* subspesie *capensis*, is die bekende papkuil, wat wydverspreid in Suider-Afrika voorkom. Al die *Typha*-spesies is plante met lang, lintvormige blare wat op ʼn wortelstok ingeplant is. Die blomme is dig teenmekaar in silindervormige bloeiwyses gerangskik. Die vroulike are staan onder die manlike are en hulle word deur 'n skutblaar geskei. Hierdie bloeiwyses is gewild in blommerangskikkings.
Kyk ook
-------
* Lys van uitheemse bome wat in Suid-Afrika voorkom
* Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne
------
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409664,volume 25, bl. 192, 193
* *Watter Boom is dit?* Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1 | {
"title": "Skroefpalm",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
837,
4935,
0.1696048632218845
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox biota\" style=\"text-align: left; width: 200px; font-size: 100%\">\n<tbody><tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\">Skroefpalm</th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><span class=\"mw-default-size\" typeof=\"mw:File/Frameless\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Pandanus_livingstonianus04.jpg\"><img class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"653\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"960\" decoding=\"async\" height=\"150\" resource=\"./Lêer:Pandanus_livingstonianus04.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/82/Pandanus_livingstonianus04.jpg/220px-Pandanus_livingstonianus04.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/82/Pandanus_livingstonianus04.jpg/330px-Pandanus_livingstonianus04.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/82/Pandanus_livingstonianus04.jpg/440px-Pandanus_livingstonianus04.jpg 2x\" width=\"220\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size: 88%\"><a class=\"mw-redirect\" href=\"./Versamelsteenvrug\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Versamelsteenvrug\">Versamelsteenvrug</a> van 'n Skroefpalm</td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"min-width:15em; text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"><a href=\"./Wetenskaplike_klassifikasie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wetenskaplike klassifikasie\">Wetenskaplike klassifikasie</a> <span class=\"plainlinks\" style=\"font-size:smaller; float:right; padding-right:0.4em; margin-left:-3em;\"><span class=\"mw-default-size\" data-mw='{\"caption\":\" edit \"}' typeof=\"mw:File\"><a href=\"./Sjabloon:Taksonomie/Pandanus\" title=\"edit\"><img alt=\"edit\" class=\"mw-file-element\" data-file-height=\"16\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"16\" decoding=\"async\" height=\"16\" resource=\"./Lêer:Red_Pencil_Icon.png\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/7/74/Red_Pencil_Icon.png\" width=\"16\"/></a></span></span></th></tr>\n<tr>\n<td>Domein:</td>\n<td><a href=\"./Eukarioot\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eukarioot\">Eukaryota</a></td></tr>\n<tr>\n<td>Koninkryk:</td>\n<td><a href=\"./Plant\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Plant\">Plantae</a></td></tr>\n<tr>\n<td><i>Klade</i>:</td>\n<td><a href=\"./Vaatplant\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vaatplant\">Tracheofiete</a></td></tr>\n<tr>\n<td><i>Klade</i>:</td>\n<td><a href=\"./Bedeksadiges\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Bedeksadiges\">Angiospermae</a></td></tr>\n<tr>\n<td><i>Klade</i>:</td>\n<td><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Eensaadlobbiges\"]}}' href=\"./Eensaadlobbiges?action=edit&redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Eensaadlobbiges\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Eensaadlobbiges</a></td></tr>\n<tr>\n<td>Orde:</td>\n<td><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Pandanales\"]}}' href=\"./Pandanales?action=edit&redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Pandanales\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Pandanales</a></td></tr>\n<tr>\n<td>Familie:</td>\n<td><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Pandanaceae\"]}}' href=\"./Pandanaceae?action=edit&redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Pandanaceae\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Pandanaceae</a></td></tr>\n<tr>\n<td>Genus:</td>\n<td><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Pandanus\"]}}' href=\"./Pandanus?action=edit&redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Pandanus\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\"><i>Pandanus</i></a></td></tr>\n<tr>\n<td>Spesie:</td>\n<td><div class=\"spesie\" style=\"display:inline\"><i><b>P.<span typeof=\"mw:Entity\"> </span>livingstonianus</b></i></div></td></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"><a href=\"./Binomiale_naam\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Binomiale naam\">Binomiale naam</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center\"><b><span class=\"binomial\"><span style=\"font-weight:normal;\"></span><i>Pandanus livingstonianus</i></span></b><br/><div style=\"font-size: 85%;\"><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Alfred Barton Rendle\"]}}' href=\"./Alfred_Barton_Rendle?action=edit&redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Alfred Barton Rendle\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Rendle</a>, 1894</div></td></tr>\n<tr style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"text-align: center; background-color: rgb(180,250,180)\"><a href=\"./Sinoniem_(taksonomie)\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sinoniem (taksonomie)\">Sinonieme</a></th></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: left\">\n<ul><li><i>P. gasicus</i> <small>Huynh</small></li>\n<li><i>P. globulatus</i> <small>Huynh</small></li>\n<li><i>P. mosambicius</i> <small>H.St.John ex Huynh</small></li>\n<li><i>P. petersii</i> <small>Warb.</small></li>\n<li><i>P. serrimarginalis</i> <small>H.St.John ex Huynh</small></li></ul></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 5238
} |
Die gerestoureerde Celsus-biblioteek.
Die fasade.
Die binnekant, met die sentrale apsis (links) en nisse.
Die **Celsus-biblioteek** in Efese, Klein-Asië (Anatolië, nou Turkye), is ter ere van Tiberius Julius Celsus Polemaeanus laat bou deur sy seun, Gaius Julius Aquila (konsul, 110 n.C.). Dit is in 135 n.C. voltooi. Celsus was in 92 n.C. konsul, in 115 goewerneur van die Romeinse provinsie Asië, en ’n ryk en gewilde plaaslike inwoner.
Die biblioteek is gebou om 12 000 perkamentrolle te hou en as monument-graftombe vir Celsus. Dit was destyds ongewoon om in ’n biblioteek of selfs binne die stadsgrense begrawe te word, en dus was dit ’n spesiale eer vir Celsus.
Geskiedenis
-----------
Die gebou is belangrik as een van die min oorblywende voorbeelde van antieke Romeinse biblioteke. Dit wys ook dat openbare biblioteke nie net in Rome gebou is nie, maar deur die hele Romeinse Ryk. In ’n groot restourasie wat beskou word as baie getrou aan die historiese gebou, is die fasade herbou; dit dien nou as ’n uitstekende voorbeeld van Romeinse argitektuur vir openbare geboue.
Die gebou is ’n enkele saal wat oos wys sodat vroeë besoekers kon baat vind by die opkomende son. Dit is op ’n platform gebou met nege trappe net so breed soos die res van die gebou, en dié lei na drie ingange. Die middelste ingang is groter as die twee weerskante daarvan, en almal het vensters aan die bokant. Langs die ingange is vier pare kolomme wat op voetstukke staan. ’n Ander stel kolomme staan bo-op die eerstes. Die kolomme op die tweede verdieping omraam die vensters nes die onderste pilare die deure omraam, en hulle skep nisse wat moontlik standbeelde gehuisves het.
Hierdie soort fasade met rame en nisse vir standbeelde stem baie ooreen met die verhoë van antieke Griekse teaters.
Binne was daar ’n enkele reghoekige kamer (wat nie ten volle gerestoureer is nie) van 11 meter lank met ’n sentrale apsis teen die verste muur. ’n Standbeeld van Celsus of van Atena, die godin van die waarheid, het in die apsis gestaan. Celsus se grafkelder is reg daaronder. Teen die ander drie mure was reghoekige inhamme waarin kaste gestaan het wat die 12 000 perkamentrolle gehou het.
Die tweede en derde vlakke kon bereik word met ’n trap wat in die muur gebou is om die gebou te help steun. Dit het ook inhamme vir boekkaste gehad. Die plafon is plat, en daar was dalk ’n ronde venster in om nog lig in te laat. | {
"title": "Celsus-biblioteek",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
588,
2642,
0.22255866767600302
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2416
} |
**Bei** is 'n Turkse titel vir 'n kaptein, wat tradisioneel gebruik word vir die leiers of heersers van verskillende gebiede in die Ottomaanse Ryk. Die vroulike ekwivalente titel was begum. Die streke of provinsies waar 'beis' regeer het of wat hulle geadministreer het, word *beilik* genoem; dit beteken iets soos "khanaat", "emiraat" of "prinsdom", of andersins "provinsie".
Vandag word die woord steeds formeel gebruik as 'n sosiale titel vir mans. Dit volg op die naam en word gewoonlik by voorname gebruik en nie met van nie.
Die woord het Engels ingevoer uit Turks *bey*, self afgelei van Oud-Turkies *beg*, wat - in die vorm *bäg* - alreeds in die Orkhon-inskripsies (8ste eeu n.C.) genoem is en meestal vertaal word as 'stamleier'. Die eintlike oorsprong van die woord word steeds betwis, hoewel dit meestal saamstem dat dit 'n leningwoord was, in Old Turkic. This Turkic word is usually considered a borrowing from an Iranian language. Die Duitse Turkoloog Gerhard Doerfer beoordeel die afleiding van Iraanse egter as oppervlakkig aantreklik, maar redelik onseker, en het gewys op die moontlikheid dat die woord werklik Turkies kan wees.
Sien ook
--------
* Skanderbeg
* Ottomaanse titels | {
"title": "Bei",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
745,
1728,
0.43113425925925924
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1204
} |
**Skopos-teorie** is ’n konsep uit die veld van vertaalstudies. Dit voorsien insig in die aard van vertaling as ’n doelgerigte aktiwiteit, wat direk van toepassing is op elke vertaalprojek.
Dit is deur die Duitse taalkundige Hans Vermeer gevestig en bestaan uit die idee dat vertaling en tolking hoofsaaklik die funksie van die bron- en teikenteks in ag neem.
Mikpunt en gehoor
-----------------
Skopos-teorie fokus op vertaling as 'n aktiwiteit met 'n doel of oogmerk en op die voorgenome ontvanger of gehoor van die vertaling. Om te vertaal beteken om 'n teikenteks in 'n teikenomgewing te produseer met 'n teikendoel en teikenontvangers in teikenomstandighede. In skopos-teorie is die status van die bronteks laer as in ekwivalensiegebaseerde vertaalteorieë. Die bron is 'n "aanbod van inligting", wat die vertaler in 'n "aanbod van inligting" vir die teikengehoor verander.
Paul Kussmaul skryf oor hierdie teorie: "Die funksionele benadering is nou verwant aan die *Skopos-teorie*. Die funksie van 'n vertaling hang af van die kennis, verwagtinge, waardes en norme van die teikenlesers, wat weer beïnvloed word deur die situasie waarin hulle hulle bevind en deur die kultuur. Hierdie faktore bepaal of die funksie van die bronteks of gedeeltes van die bronteks behou kan word, of selfs gewysig of verander moet word."
Sien ook
--------
* Vertaling
Notas
-----
1. ↑ Christiane Nord, *Translating as a Purposeful Activity*, St. Jerome Publishing, 1997
2. ↑ Paul Kussmaul, *Training The Translator*, John Benjamins Publishing Co, 1995 | {
"title": "Skopos-teorie",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
150,
1257,
0.11933174224343675
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1549
} |
**Prezi** is 'n wolk-gebaseerde aanbiedingsagteware wat gebaseer is op 'n sagteware-as-'n-diensmodel. Die produk het 'n zoem-gebruikerskoppelvlak wat gebruikers toelaat om in en uit te zoem van hul aanbiedingsmedia, en gebruikers toelaat om die voorlegging te vertoon en navigeer binne 'n 2,5D of parallaks 3D-ruimte op die Z-as. Prezi is amptelik gestig in April 2009 deur die mede-stigters Adam Somlai-Fischer, Péter Halácsy en Peter Arvai.
Geskiedenis
-----------
Prezi (of Prezi.com) is in 2008 geskep met die ondersteuning van Kitchen Budapest en Magyar Telekom om gewone skyfiegebaseerde aanbiedings te vervang. Vandag word die projek bygestaan deur Sunstone Capital.
Die werklike ontwikkeling is gedoen deur ZUI Labs gelei deur hul drie Hongaarse stigters, Péter Árvai, Szabolcs Somlai-Fischer en Péter Halácsy. Die woord "prezi" is die Hongaarse kort vorm van die woord "aanbieding".
Produkte en funksies
--------------------
Prezi Roete Instrument
### Prezi ZUI
Die Prezi aanlyn en aflyn ZUI-redigeerders maak gebruik van 'n gemeenskaplike instrumentpaneel wat gebruikers toelaat om te inhoud te skuif, in te zoem, die grootte te verander, te draai of 'n voorwerp te wysig. Die gebruiker plaas voorwerpe op 'n doek en navigeer tussen video's, foto's, tekste en ander media-aanbiedings. Rame laat toe dat 'n groep aanbiedingsmedia saam as 'n enkele aanbiedingsvoorwerp hanteer word. Roetes is navigasiereekse wat aanbiedingsvoorwerpe verbind vir die doeleindes van die strukturering van 'n lineêre aanbieding.
### Prezi Desktop
Prezi Desktop laat Prezi Pro- of Edu Pro-intekenaars toe om aflyn te werk, en stel hul in staat om hul aanbiedings te skep en te stoor op hul eie Windows- of Mac-stelsels. Prezi Desktop Editor laat gebruikers toe om aflyn op die aanbieding te werk in 'n .pez-lêerformaat. Gebruikers kan lêers tot 500 MB in grootte stoor wanneer met 'n skool-geaffilieerde e-pos adres aangeteken word. Hierdie stoorvermoë word nie beïnvloed wanneer gebruikers gebruik maak van 'n gepaste derde-party-omskakelingsagteware met .flv- of .swf-formaat nie.
### Prezi Collaborate
Prezi Collaborate is 'n aanlyn samewerkingsfunksie wat toelaat dat tot tien mense (geografies naby of geskei) saam hul aanbiedings intyds wysig of vertoon. Gebruikers neem gelyktydig deel aan 'n prezi, en elkeen is visueel verteenwoordig in die aanbiedingsvenster deur 'n klein avatar. Hoewel Prezi Meetings gelyktydig gedoen kan word, is dit nie die enigste opsie nie. Deelnemers kan genooi word om die Prezi-aanbieding later te wysig as hulle wil. 'n Skakel sal gestuur word en die deelnemer het tot tien dae om die aanbieding te wysig. Prezi Meetings is ingesluit in alle tipes lisensie.
### Prezi Viewer vir iPad
Prezi Viewer is 'n app wat ontwikkel is vir die iPad vir die besigtiging van prezis op mens se Prezi aanlyn-rekening. Die iPad raakskerm en multi-raak-gebruikerkoppelvlak stel gebruikers in staat om inhoud te skuif, en te knyp om in en uit te zoem van hul media.
Prezzip bied ook template vir PreziU, met gereedskapkiste en beeldmateriaal vir die lêer aanbiedings.
Inkomstemodel
-------------
Prezi gebruik die "freemium"-model. Kliënte wat gebruik maak van die produk se openbare lisensie moet hul werk op die Prezi.com webwerf publiseer, wat openbaar gesien kan word. Kliënte wat betaal vir 'n Prezi Enjoy of Prezi Pro kan hul aanbiedings privaat maak. Slegs Pro lisensie gebruikers het toegang tot die Prezi Desktop, wat hul in staat stel om veranderinge aflyn aan te bring. Prezi bied ook 'n opvoedkundige lisensie vir studente en opvoeders.
Gebruike
--------
### Sake en konferensies
Sommige gebruikers by die Wêreld Ekonomiese Forum gebruik tans Prezi vir hul aanbiedings. Baie TED-Konferensie sprekers het Prezi al gebruik, insluitend TED kurator Chris Anderson, wat 'n Prezi gebruik het vir sy TED Global 2010 aanbieding: "How Web Video Powers Global Innovation". Michael Chasen, Voorsitter/hoof uitvoerende beampte van die Blackboard, Inc. het Prezi gebruik om sy hoofrede by hul BbWorld 2011 jaarlikse gebruikerskonferensie te lewer.
### Onderwys
Prezi word gebruik aan die Staatsuniversiteit van Oregon, asook by die Dwight Skool en elders in primêre onderwys en die hoër onderwys. Dit kan gebruik word deur onderwysers en studente om saam te werk op aanbiedings wat verskeie gebruikers in staat stel om toegang te verkry en dieselfde aanbieding te wysig, en studente in staat stel om 'n prezi te bou en om hul kennis in verskillende leerstyle aan te bied. Die produk word ook gebruik in e-leer en opvoedkundige vermaak. Let wel daarop dat Prezi beskou word deur Web2Access as 'n "ontoeganklik diens".
### Inligtingvisualisering
In Julie 2011 het The*Guardian* Prezi gebruik om 'n nuwe wêreldkaart grafies op hul webwerf te publiseer, vir 'n artikel oor die nuut onafhanklike Suid-Soedan.
Platformversoenbaarheid
-----------------------
Prezi is ontwikkel in Adobe Flash, Adobe AIR en gebou op Django. Dit is dus versoenbaar met die meeste moderne rekenaars en webblaaiers. Dit beteken egter nie dat dit voldoen aan webstandaarde nie, want dit is nog steeds nodig om Adobe se Flash-inprop te installeer.
Vanaf Julie 2014 is dit ook moontlik om Prezi's te lees sonder Adobe Flash, met behulp van slegs Javascript.
Kritiek
-------
Die maatskappy het erken dat die "inzoem-gebruikerskoppelvlak (ZUI)" die potensiaal het om naarheid te veroorsaak, en bied tutoriale met aanbevelings vir die gebruik van die uitleg om oormatige visuele stimulasie te vermy.
Daar is ook kritiek van Prezi se gebrek aan letter- en kleuropsies. Van belang is die skrywer van "Presentation Zen", Garr Reynolds, wat het een keer gesê dat hy nog nooit 'n goeie aanbieding met behulp van Prezi gesien het nie en op soek was na een; in 'n latere pos, het hy verwys na Chris Anderson se praatjie by TED Global 2010 as een van die beste TED-praatjies ooit, met kommentaar dat dit 'n goeie gebruik van Prezi was.
Aangesien Prezi 'n Flash-gebaseerde aanlyn inzoeminstrument is, kan die meeste elemente van die aanbieding nie hardop gelees word deur gebruikers met gestremdhede deur middel van 'n skermleser nie (bv. is dit nie moontlik om alt-eienskappe by te voeg waar foto's en iframes gebruik word vir die bladsyontwerp nie, en sjablone is gebou om te werk sonder toeganklikheidopsies). Prezi word beskou deur Web2Access om 'n "ontoeganklik diens". | {
"title": "Prezi-voorleggingsagteware",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
3944,
9241,
0.4267936370522671
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 6380
} |
**Resolusie 68/262 van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies** is op 27 Maart 27 2014 deur die agt-en-sestigste byeenkoms van Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies aanvaar. Dié resolusie was in reaksie op die Russiese "anneksasie" van die Krim en is getiteld "die Territoriale integriteit van die Oekraïne". Hierdie nie-bindende resolusie, wat deur 100 van die Verenigde Nasies-lidstate ondersteun is, bevestig die Algemene Vergadering se verbintenis tot die territoriale integriteit van die Oekraïne binne sy internasionaal erkende grense en beklemtoon die ongeldigheid van die 2014 Krim-referendum. Elf lidstate het teen die resolusie gestem, terwyl 58 hulle stem weerhou het, en 24 state was afwesig toe die stemming plaasgevind het.
Die resolusie is voorgestel deur Kanada, Costa Rica, Duitsland, Litaue, Pole en die Oekraïne. Die aanvaarding van die besluit is voorafgegaan deur die onsuksesvolle pogings van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, wat sewe sessies gehou het om die Krim-krisis te probeer oplos, maar wat uiteindelik deur Rusland geveto is.
Stemrasionaal
-------------
Nicos Emiliou, die permanente verteenwoordiger van Ciprus by die Verenigde Nasies en wat ten gunste van die resolusie was, het gesê dat "Ciprus die belangrikheid van respek vir die fundamentele beginsels van soewereiniteit, territoriale integriteit en onafhanklikheid van al die state, insluitend die Oekraïne, beklemtoon". Emiliou het versoek dat 'n ondersoek geloods moet word na alle dade van geweld en Rusland aangemoedig om betrokke te raak by 'n diplomatieke oplossing.
Die permanente verteenwoordiger van China by die Verenigde Nasies, Liu Jieyi, wie se land buite stemming gebly het, het verklaar dat "in die konteks van die deurlopende diplomatieke bemiddelingspogings deur die betrokke partye, sal 'n poging om die Algemene Vergadering te druk om oor die konsepresolusie te stem, die situasie net verder bemoeilik".
Russiese reaksie
----------------
Op 28 Maart 2014 het die Russiese Federasie gesê dat die resolusie teenproduktief is en die westerse state daarvan beskuldig dat hulle afpersing en dreigemente gebruik het om stemme te werf.
Die sogenaamde "anneksasie" het plaasgevind nadat 97 persent van die stemgeregtigdes op die Krim-skiereiland op 16 Maart 2014 ten gunste van aansluiting met Rusland gestem het. 'n Groot persentasie etniese Oekraïners en Krim-Tatare het die referendum, wat deur die Oekraïnse regering en die internasionale gemeenskap as onwettig beskou word, geboikot. | {
"title": "Resolusie 68/262 van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
732,
2868,
0.25523012552301255
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2530
} |
**Anatomie van die manlike geslagsorgane:**
1. Blaas,
2. Skaambeen,
3. Penis,
4. Swelliggaam,
5. Eikel,
6. Voorhuid,
7. Urinebuis,
8. Dikderm,
9. Rektum,
10. Saadblasie,
11. Saadleier,
12. Prostaat,
13. Cowper se klier,
14. Anus,
15. Saadleier,
16. Bytestis,
17. Testis,
18. Skrotum
Die **skrotum** (sinonieme: teelsak, balsak) is die sak waarin die testikels (teelballe) hang. Dit bestaan uit 'n dun huidlaag met 'n spierlagie daaronder en is deur 'n tussenskot in twee verdeel. Dit kan beskryf word as 'n uitstulping van die abdomen van vel en spier waarin die testikels rus. Die anatomiese ligging daarvan is tussen die penis en die anus. By sekere soogdiere soos die mens, raak die basis van die skrotum bedek met pubiese hare wanneer puberteit aanbreek. Die leek verwar dikwels die skrotum met die testikels. Die skrotum is homoloog aan die labia majora in die vroulike geslag.
Funksie
-------
'n Menslike skrotum.
Dit blyk dat die skrotum ten doel het om die temperatuur van die testikels te verlaag na ongeveer 34,4 grade Celsius; laer as die res van die liggaam se temperatuur van 36,7 grade Celsius. Blootstelling aan die liggaam se hoër temperatuur skyn die spermtelling te verlaag. Om die skrotum se temperatuur konstant te hou, ontspan of trek die kremasterspier (in die abdomen) en die dartos fascia (in die skrotum) saam. Dit beweeg dan die skrotum (en die testikels) verder of nader aan die bekken en abdomen. Kontraksie van die spiervesels van die dartos fascia is onwillekeurig en laat die skrotumvel dikker en plooieriger lyk.
Siektetoestande van die skrotum
-------------------------------
* Talgsist
* Kontakdermatitis
* Swaminfeksie
* Swelsel weens algemene mediese toestande, insluitende:
+ Hartversaking
+ Niersiekte
+ Lewersiekte
Verdere illustrasies
--------------------
* Struktuur van die manlike geslagsdele.Struktuur van die manlike geslagsdele.
* Vertikale deursnit van die blaas, penis en urienleier.Vertikale deursnit van die blaas, penis en urienleier.
* Die oppervlakkige takke van die interne pudendale aar.Die oppervlakkige takke van die interne pudendale aar.
Sien ook
--------
* Geslagsorgaan
* Kastrering | {
"title": "Skrotum",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
426,
1809,
0.23548922056384744
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2175
} |
Die **Republikeinse Party** (Engels: *Republican Party*), of kort **Republikeine** (*Republicans*), ook *Grand Old Party* (Engels vir: "Groot Ou Party; *GOP*) genoem, is een van die twee hedendaagse groot politieke partye in die Verenigde State, saam met die Demokratiese Party. Die party is op 20 Maart 1854 deur anti-slawerny-aktiviste, moderniste en voormalige lede van beide die *Whig Party* en die *Free Soil Party* gestig. Die Republikeinse Party het vir die grootste deel van die tydperk tussen 1860 en 1932 die nasionale politiek en in die meerderheid van die noordelike state gedomineer. Hul nieamptelike kleur is rooi en hul nieamptelike wapendier is die olifant. Met 'n geskatte ledetal van 30,7 miljoen in 2012 is die Republikeinse Party naas die Demokratiese Party die tweede grootste party van die Verenigde State.
Geskiedenis
-----------
Nast se spotprent van 1874 met die eerste noemenswaardige voorkoms van die Republikeinse olifant
Amerikaanse burgers volgens affiliasie met Onafhanklike, Demokrate of Republikeine
Die olifant, nieamptelike kenteken van die Republikeinse Party
Kaart van goewerneurs van Amerikaanse deelstate volgens hul lidmaatskap:
Demokrate
Demokrate/Partido Popular Democrático (Puerto Rico)
Republikeine
Onafhanklike
Die Republikeinse Party was oorspronklik die liberale van die twee groot partye, terwyl die Demokratiese Party die konserwatiewe party was. Die Republikeinse Party is op 20 Maart 1854 as liberale antislawernyparty gestig en het in 1860 met Abraham Lincoln hul eerste president opgestel wat tot die Amerikaanse Burgeroorlog en die stigting van die Gekonfedereerde State van Amerika gelei het. Op 1 Januarie 1863 is deur die Emansipasie-Proklamasie wat deur die Noordelike Verenigde State aanvaar is, die slawerny in die Suidelike Verenigde State afgeskaf en in 1865, na die einde van die Amerikaanse Burgeroorlog en Abraham Lincoln se herverkiesing, in die hele Verenigde State. Ná die sluipmoord op Abraham Lincoln het in 1865 die Demokraat en adjunkpresident Andrew Johnson president geword. Vir die volgende vyf dekades kon die Republikeinse presidentskapskandidate weens hul beleid vir swart burgerregte in die suidelike deelstate nie een verkiesing wen nie, terwyl net Republikeinse kandidate die volgende presidentsverkiesings − met die uitsondering van die Demokraat Grover Cleveland wie in 1885 en 1893 vir vier jaar elk verkies is − kon wen.
Vanaf 1896, met William McKinley se verkiesing, wie in 1901 vermoor is en deur Theodore Roosevelt opgevolg is, was die politiese beleid van die Republikeinse Party veral deur Progressiwisme gekenmerk. Maar in 1912 het onder William Howard Taft die Progressiewe vleuel, gelei deur Theodore Roosevelt, afgestig en hul eie party gestig, terwyl die konserwatiewe vleuel William Howard Taft by die volgende verkiesing ondersteun het. As gevolg daarvan is die Demokraat Woodrow Wilson tot president verkies. Vir die verkiesing van 1916 het Theodore Roosevelt afstand gedoen van 'n eie kandidatuur en die Republikeinse Charles Evans Hughes ondersteun.
Onder die drie volgende Republikeinse presidente Warren G. Harding, Calvin Coolidge en Herbert Hoover het die Verenigde State 'n groot ekonomiese opswaai beleef. Al drie presidente het op 'n konserwatiewe beleid gefokus en 'n streng ekonomiese liberalisme gevolg. Maar na die uitbreek van die Groot Depressie in 1929 kon die Republikeinse kandidate die volgende verkiesings nie wen nie en het vir die naaste 20 jaar in die opposisie gebly.
Nadat die Demokratiese Party se konserwatiewe vleuel as gevolg van die Demokrate se toenemende belangstelling in swart burgerregte dié party in 1948 verlaat en by die Republikeine aangesluit het, het die Demokrate verder na links geskuif en die Republikeine het meer en meer konserwatief geword. Hierdie ideologiese uitruiling kan veral sedert die verkiesings van 1964 gesien word. Terwyl die Demokratiese Party tot dusver veral deur kiesers in die Suidelike Verenigde State gekies is en die Republikeinse Party in die noorde, ooste en weste, het die Republikeine die dominante party van die Suidstate geword en word sedertdien veral deur wit konserwatiewes gekies.
In 1968 is die Republikeine se kandidaat, Richard Nixon, tot president verkies en het die Viëtnamoorlog van sy Demokratiese voorganger, Lyndon B. Johnson, "geërf". Tydens sy ampstermyn is dié oorlog ná die neutrale lande Kambodja en Laos uitgebrei, maar sowat 550 000 Amerikaanse soldate is uit Suidoos-Asië onttrek. In 1973 het die Amerikaanse bondgenoot Suid-Viëtnam aan die noorde oorgegee en is tot Viëtnam verenig. Teenoor die Verenigde State se vyande tydens die Koue Oorlog, die Sowjetunie en die Volksrepubliek China het Nixon 'n beleid van ontspanning gevolg en die eerste president geword, wat 'n staatsbesoek aan albei lande gelewer het. As gevolg van die Watergate-skandaal het Richard Nixon op 8 Augustus 1974 van sy amp bedank en sodoende die eerste Amerikaanse president geword, wat afgedank het. Sy adjunkpresident Gerald Ford het hom opgevolg.
Ronald Reagan het die ontspanningspolitiek van sy voorgangers laat vaar en 'n moontlike uitbreiding van die Kommunisme teengestaan. Byvoorbeeld is die Mudjahedin in Afghanistan ná die Sowjetse inval met Amerikaanse wapens versorg en ontwikkelingslande ondersteun, wat hulself vir die stryd teen Kommunisme beywer het. Nadat Ronald Reagan nie vir 'n derde ampstermyn verkies kon word nie, het hy die verkiesing van sy adjunkpresident George H.W. Bush voorgestel.
Tydens George H.W. Bush se ampstermyn is Duitsland herenig, die Sowjetunie is ontbind en die bloedige verbrokkeling van Joego-Slawië het begin. Nadat Irak op 1 Augustus 1990 Koeweit binnegeval en geannekseer het, het onder leiding van die Verenigde State die Golfoorlog begin, waarna die Irakse weermag uit Koeweit onttrek het.
Agt jaar ná sy pa het George W. Bush in 2001 president geword, wie se ampstermyn deur die Aanvalle op 11 September 2001 en die daaropvolgende sogenaamde "Oorlog teen Terrorisme" gekenmerk is. Net een maand later is onder leiding van die Verenigde State die Afghaanse Oorlog teen die Taliban onder Osama bin Laden begin, waartydens Afghanistan deur onder andere Duitsland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State beset en Hamid Karzai as president aangestel is. Reeds een en 'n half jaar later is die Irakse Oorlog teen Saddam Hoesein begin, wat met die Irak se vermeende besit van wapens van massavernietiging geregverdig is. Albei oorloë het tot grootskaalse burgeroorloë tussen weerstandsgroepe en besettingstroepe asook verskeie bevolkingsgroepe gelei. Saddam Hoesein is op 30 Desember 2006 in Bagdad opgehang en Osama bin Laden is op 2 Mei 2011 in Abbottabad, Pakistan, tereggestel.
Amerikaanse presidente van die Republikeinse Party
--------------------------------------------------
Tot vandag het die Republikeinse Party 19 presidente gestel.
* Abraham Lincoln1861–1865Abraham Lincoln
1861–1865
* Ulysses S. Grant1869–1877Ulysses S. Grant
1869–1877
* Rutherford B. Hayes1877–1881Rutherford B. Hayes
1877–1881
* James Garfield1881James Garfield
1881
* Chester A. Arthur1881–1885Chester A. Arthur
1881–1885
* Benjamin Harrison1889–1893Benjamin Harrison
1889–1893
* William McKinley1897–1901William McKinley
1897–1901
* Theodore Roosevelt1901–1909Theodore Roosevelt
1901–1909
* William Howard Taft1909–1913William Howard Taft
1909–1913
* Warren G. Harding1921–1923Warren G. Harding
1921–1923
* Calvin Coolidge1923–1929Calvin Coolidge
1923–1929
* Herbert Hoover1929–1933Herbert Hoover
1929–1933
* Dwight D. Eisenhower1953–1961Dwight D. Eisenhower
1953–1961
* Richard Nixon1969–1974Richard Nixon
1969–1974
* Gerald Ford1974–1977Gerald Ford
1974–1977
* Ronald Reagan1981–1989Ronald Reagan
1981–1989
* George H.W. Bush1989–1993George H.W. Bush
1989–1993
* George W. Bush2001–2009George W. Bush
2001–2009
* Donald Trump2017–2021Donald Trump
2017–2021 | {
"title": "Republikeinse Party (Verenigde State)",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1930,
7737,
0.24945069148248675
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt5\" class=\"infobox\" data-mw=\"{"parts":[{"template":{"target":{"wt":"Inligtingskas Politieke party\\n","href":"./Sjabloon:Inligtingskas_Politieke_party"},"params":{"party_naam":{"wt":"Republikeinse Party<br />''Republican Party''"},"afkorting":{"wt":"Republicans"},"party_logo":{"wt":"Logo-GOP.svg"},"logobeskrywing":{"wt":""},"logo_onderskrif":{"wt":""},"leier":{"wt":"[[Ronna McDaniel]]"},"slagspreuk":{"wt":""},"gestig":{"wt":"[[20 Maart]] [[1854]]"},"ontbind":{"wt":""},"samesmelting_van":{"wt":""},"afgestig_van":{"wt":""},"voorafgegaan":{"wt":"Whig Party<br />Free Soil Party"},"samesmelting_met":{"wt":""},"opgevolg":{"wt":""},"nuusbrief":{"wt":""},"hoofkwartiere":{"wt":"310 First Street SE, [[Washington, D.C.]] 20003"},"studente_vleuel":{"wt":"College Republicans"},"jeugvleuel":{"wt":"Young Republicans<br />Teen Age Republicans"},"ideologie":{"wt":"[[Konserwatisme]]<ref>{{en}} {{cite book|author=Paul Gottfried|title=Conservatism in America: Making Sense of the American Right|page=9|year=2009}}</ref><br />[[Ekonomiese liberalisme]]<ref>{{en}} {{cite web|url=http://www.jstor.org/stable/3485908?seq=1#page_scan_tab_contents|title=Laissez-faire capitalism and economic liberalism|publisher=Jstor.com|accessdate=12 April 2016}}</ref><br />[[Fiskale konserwatisme]]<ref>{{en}} {{cite web |last1=Quinn |first1=Justin |title=Fiscal Conservatism |url=http://usconservatives.about.com/od/typesofconservatives/a/FiscalCons.htm |publisher=about news |accessdate=12 April 2016 |archive-url=https://web.archive.org/web/20170303043257/http://usconservatives.about.com/od/typesofconservatives/a/FiscalCons.htm |archive-date=3 Maart 2017 |url-status=live |df=dmy-all}}</ref><br />[[Sosiale konserwatisme]]<ref>{{en}} {{cite web |url=http://www.thecrimson.com/article/2013/2/5/Nair-conservatism/ |title=No Country for Old Social Conservatives? |publisher=Thecrimson.com |date=5 Februarie 2013 |accessdate=12 April 2016 |archive-url=https://web.archive.org/web/20200523160528/https://www.thecrimson.com/article/2013/2/5/Nair-conservatism/ |archive-date=23 Mei 2020 |url-status=live |df=dmy-all}}</ref>"},"nasionaal":{"wt":""},"internasionaal":{"wt":"International Democrat Union"},"kleure":{"wt":"{{Kleurkas|#FF3333}} [[Rooi]]"},"webwerf":{"wt":"[http://www.gop.com/ ''gop.com'']"}},"i":0}}]}\" id=\"mwAg\" style=\"width:25.5em; font-size: 85%; text-align: left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; text-align: center;\"><b>Republikeinse Party<br/><i>Republican Party</i></b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; text-align: center;\"><i><b>Republicans</b></i></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Logo van die betrokke party.\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Logo-GOP.svg\" title=\"Logo van die betrokke party.\"><img alt=\"Logo van die betrokke party.\" data-file-height=\"233\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"109\" resource=\"./Lêer:Logo-GOP.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/63/GOP_logo.svg/240px-GOP_logo.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/63/GOP_logo.svg/360px-GOP_logo.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/63/GOP_logo.svg/480px-GOP_logo.svg.png 2x\" width=\"240\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Leier</th>\n<td><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Ronna McDaniel\"]}}' href=\"./Ronna_McDaniel?action=edit&redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ronna McDaniel\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Ronna McDaniel</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Gestig</th>\n<td><a href=\"./20_Maart\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"20 Maart\">20 Maart</a> <a href=\"./1854\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1854\">1854</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Voorafgegaan deur</th>\n<td>Whig Party<br/>Free Soil Party</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Hoofkwartier</th>\n<td>310 First Street SE, <a href=\"./Washington,_D.C.\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Washington, D.C.\">Washington, D.C.</a> 20003</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Studentevleuel</th>\n<td>College Republicans</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Jeugvleuel</th>\n<td>Young Republicans<br/>Teen Age Republicans</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Ideologie</th>\n<td><a href=\"./Konserwatisme\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Konserwatisme\">Konserwatisme</a><br/><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Ekonomiese liberalisme\"]}}' href=\"./Ekonomiese_liberalisme?action=edit&redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Ekonomiese liberalisme\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Ekonomiese liberalisme</a><br/><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Fiskale konserwatisme\"]}}' href=\"./Fiskale_konserwatisme?action=edit&redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Fiskale konserwatisme\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Fiskale konserwatisme</a><br/><a class=\"new\" data-mw-i18n='{\"title\":{\"lang\":\"x-page\",\"key\":\"red-link-title\",\"params\":[\"Sosiale konserwatisme\"]}}' href=\"./Sosiale_konserwatisme?action=edit&redlink=1\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Sosiale konserwatisme\" typeof=\"mw:LocalizedAttrs\">Sosiale konserwatisme</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Internasionale affiliasie</th>\n<td>International Democrat Union</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Amptelike kleure</th>\n<td><span style=\"background-color:#FF3333; color:{{{3}}}; border:1px solid #000000; text-align:center;\"><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></span> <a href=\"./Rooi\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Rooi\">Rooi</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Webblad</th>\n<td><a class=\"external text\" href=\"http://www.gop.com/\" rel=\"mw:ExtLink nofollow\"><i>gop.com</i></a></td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 7975
} |
Die vyf whaktoes van Islam: I. voor dagbreek (fadjer); II. middag (thoer), III. voor sonsondergang (asser); IV. ná sonsondergang (magrieb); V. laataand (isjaai).
Die **fadjer** (Arabies: صلاة الفجر, *ṣalāt al-faǧr*, "dagbreekgebed") of **soeboeg**, wat voor dagbreek plaasvind, is die eerste van vyf verpligte daaglikse gebede (salaah) wat Moslems moet doen.
Fadjer kom in die Koran-hoofstuk "Die Lig" (*An-Nûr*) voor (Koran 24). Volgens twee hadits is die fadjer "God se gunstelinggebed aangesien baie mense dan nog slaap". Die Arabiese naam van die Koran-hoofstuk "Die Dagbreek" is ook *Al-Fajr*.
Die formele daaglikse gebede van Islam bestaan uit ’n verskillende aantal eenhede, wat rak'ats genoem word. Die fadjer het twee verpligte (fard) rak'ats, maar voor die tyd kan twee aanbevole (soennah) rak'ats ook gedoen word. Die verpligte rak'ats in gemeenskapsgebed word hardop deur die imam voorgebid.
Vir ’n salaah om geldig te wees, moet dit binne die voorgeskrewe tyd gemaak word. Mense met ’n aanvaarbare rede het ’n langer tyd waarbinne hul gebed geldig sal wees. | {
"title": "Fadjer",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
257,
1182,
0.21742808798646363
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1079
} |
'n Klomp skroewe.
'n Skroef in aksie.
Links is 'n platkopskroef, regs 'n sterkopskroef.
’n **Skroef** is ’n skerp stukkie metaal soortgelyk aan ’n spyker, maar met groewe langs die kant af. In teenstelling met spykers wat gekap word om dit in ’n ander voorwerp vas te slaan, word skroewe gedraai. ’n Skroewedraaier word hiervoor ingespan.
Die kop van die skroef het ’n gleuf waar die punt van die skroewedraaier inpas. Die gleuf kan lank en plat of stervormig wees. Skroewe moet kloksgewys gedraai word om hulle vas te draai, en anti-kloksgewys om los te draai.
Skroewe en boute word vir die vasheg van onderdele en werkstukke gebruik. Die skroefdraadbeginsel berus op die omsetting van 'n draaibeweging in 'n reglynige beweging en dit is bekend dat Archimedes (781-212 v.C.) in die Oudheid reeds van 'n draaiende skroef gebruik gemaak het om water te verplaas.
Skroefdraad
-----------
*Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Skroefdraad.*
Hoewel skroewe en boute van talle verskillende soorte skroefdraad voorsien kan word, is dit wenslik om standaardskroefdraad te gebruik. 'n Skroeflyn of heliks is 'n spiraalvormige kromme wat deur 'n punt op 'n silinder of 'n keël beskryf word as dit teen 'n konstante snelheid draai en die punt teen 'n konstante snelheid op die lengterigting daarvan beweeg.
'n Skroefdraad skroef word gevorm wanneer 'n reëlmatige groef op die skroeflyn gesny word. 'n Bout is silindervormig, terwyl ʼn skroef keëlvormig is. Die profiel van die groef kan driehoekig, reghoekig of trapesiumvormig wees. Met 2 of meer skroefdrade wat ewewydig oor die omtrek van die silinder gespasieer is, word 'n dubbele of meervoudige draad verkry.
Wanneer die skroefdraad op ʼn bout 'n styging na regs het, word dit 'n regse skroefdraad genoem en by 'n styging na links 'n linkse skroefdraad. By 'n bout kan 3 deursnee onderskei word:
- Die buitedeursnee (die grootste deursnee van die bout).
- Die kerndeursnee (buitedeursnee minus 2 maal die groefdiepte).
- Die effektiewe deursnee (buite- deursnee minus die groefdiepte).
Die vorm, die steek (die helling van die skroefdraad) en die skroefdraaddiepte is in die spesifikasies van die verskillende standaardstelsels vasgelê. Die algemeenste skroefdraad is die metrieke draad. By sekere reekse boutgroottes vermeerder die deursnee en die steek bykans verhoudingsgewys, maar ander boute het fyn skroefdrade en die steek is relatief klein in verhouding tot die deursnee.
Vervaardiging van skroewe en boute
----------------------------------
Hoewel skroefdraad op ʼn draaibank of met behulp van ʼn snymoer gesny kan word, is koudverwerking en wals die vinnigste manier waarop skroewe en boute vervaardig kan word. Die kop en skag word in 'n stempel gevorm en daarna word die skroefdraad aangebring deur middel van 'n walsmasjien waarvan die vorm ook die vorm van die skroefdraad bepaal.
Geen materiaal word van die skag verwyder nie. Die draad wat so verkry word, is van 0,01 mm tot 0,02 mm akkuraat en 'n produksie van 200 tot 500 boute per uur is moontlik. Boute en moere vir spesiale toepassings word egter op 'n draaibank gesny. Die snelheid waarmee die beitel ten opsigte van die bout beweeg, en die snelheid waarteen die bout draai, bepaal die steek van die skroefdraad.
Skroefvorms en -soorte
----------------------
'n Allen- of inbusskroef, met bout
Stel van 8 hex-Allensleutels
'n Skroef wat self ʼn skroefdraad in materiaal moet sny, het gewoonlik 'n keëlvormige kern en die skroef het 'n skerp punt. Skroewe het gewoonlik slegs ʼn enkele steek. 'n Houtskroef kan 'n plat versink kop, 'n bolkop of 'n bolversinkkop hê. Die kop is voorsien van 'n gleuf waarin 'n skroewedraaier pas, en die skag van die skroef het 'n silindriese en 'n keëlvormige gedeelte.
Die keëlvormige gedeelte beslaan ongeveer drie vyfdes van die totale lengte van die skroef en het 'n driehoekige skroefdraad met 'n groot steek. Vir swaardiens toepassings word houtboute gebruik, met skroefdrade wat soortgelyk is aan die van houtskroewe, maar dit het vierkantige of seskantige koppe sodat dit met ʼn moersleutel vasgedraai kan word. Houtskroewe word van verskeie materiale, soos staal, gegalvaniseerde staal, kadmiumstaal, geelkoper, vernikkelde geelkoper of aluminium, gemaak.
Geelkoper-en aluminiumskroewe het baie minder wringkrag as staalskroewe en breek soms maklik. Soorte boute wat taamlik algemeen voorkom, is vleuelboute (of moere), T-kopboute, hamerkopboute, haakboute, oogboute, tapboute, ensovoorts. 'n Tapbout ('n koplose bout) het byvoorbeeld 'n kort skroefdraad en pas in 'n skroefdraad in die laaste laag wat geheg moet word. Verder is daar ook Allenskroewe, met seskantige holtes in die koppe wat met behulp van 'n spesiale Allensleutel gedraai kan word.
Weerhaakboute word gebruik om voorwerpe aan mure of aan betonfondamente te heg. Dit het vinne wat in 'n gat uitsprei wanneer die bout vasgedraai word, en die bout kan dan nie uittrek nie.
Bewegingskroewe
---------------
'n Bewegingskroef word gebruik om 'n reglynige beweging in 'n draaiende beweging om te sit (soos in die ratelskroewedraaier) of omgekeerd, met ander woorde om 'n draaibeweging in ʼn reglynige beweging om te sit (soos byvoorbeeld in 'n skroefpers).
Die wrywingsverlies in bewegingskroewe moet so laag moontlik gehou word en dit word bewerkstellig deur die gebruik van 'n vierkantige skroefdraad wat, hoewel dit nie sterk is nie, min wrywing veroorsaak. Waar 'n swaar las slegs in een rigting verplaas moet word, kan die bewegingskroef deur 'n saagdraadskroef of 'n trapesiumskroef vervang word.
Kyk ook
-------
* Wringsleutel
* Skroef van Archimedes
Bronnelys
---------
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409664, volume 25, bl. 193 - 195
| | |
| --- | --- |
| | Wikimedia Commons bevat media in verband met ***Screw***. |
| | |
| --- | --- |
| Normdata Edit this at Wikidata |
* GND: 4128855-5
* NDL: 00568148
* NKC: ph127879
| | {
"title": "Skroef",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
175,
4770,
0.03668763102725367
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 5908
} |
'n Konvensionele bedryfstelsel verdeel gewoonlik die virtuele geheue in 'n **kernruimte** en 'n **gebruikersruimte**. Die kernruimte word opsy gehou vir die loop van die bedryfstelselkern, kernuitbreidings en sommige toestelaandrywers. In die meeste bedryfstelsels word kerngeheue nooit uitgeruil met spasie op die hardeskyf nie. In teenstelling daarmee is die gebruikersruimte daardie deel van die geheue waar al die gebruikersmodus toepassings uitgevoer word en hiérdie geheue kan uitgeruil word indien nodig.
Elke proses word gewoonlik in sy eie ruimte in virtuele geheue uitgevoer en tensy anders versoek word kan dit nie toegang verkry tot die geheue van ander prosesse nie. Dit vorm dan die basis van geheuebeskerming in vandag se bedryfstelsels en is ook 'n bousteen vir die verdeling van voorregte. Afhangende van die voorregte kan prosesse die kern versoek om 'n deel van 'n ander proses se geheueruimte aan dit toe te ken, soos in die geval van ontfouters. Programme kan ook versoeke rig vir die skep van gedeelde geheue gebiede saam met ander prosesse. | {
"title": "Gebruikersruimte",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
0,
893,
0
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1065
} |
'n **Census-designated place** (**CDP**) is 'n nedersetting in die Verenigde State wat nie amptelik geïnkorporeer is nie, maar deur die Amerikaanse Sensusburo (**United States Census Bureau**) uitsluitlik vir statistieke doeleindes gedefinieer word. CDPs word elke tien jaar, wanneer 'n sensus gehou word, as die statistieke teenstukke van geïnkorporeerde nedersettings soos *cities*, *towns* en *villages* afgebaken. CDPs is bewoonde gebiede of bevolkingskonsentrasies wat hul eie munisipale administrasie kort, maar in alle ander opsigte met geïnkorporeerde nedersettings ooreenkom.
So word CDPs net afgebaken om statistieke gegewens vir 'n bewoonde gebied in te samel wat deur middel van 'n pleknaam geïdentifiseer kan word, maar volgens die wette van die deelstaat, waarin hulle geleë is, nie amptelik geïnkorporeer is nie. Hulle sluit klein landelike gemeenskappe, sogenaamde *colonias* langs die grens met Mexiko, en nie-geïnkorporeerde vakansie- en aftreeoorde in. Aan die grense van 'n CDP word geen regtelike status toegeken nie. Hulle sal derhalwe nie altyd met dié grense ooreenkom wat deur 'n plaaslike gemeenskap met 'n bepaalde pleknaam verbind word nie.
Nogtans vereis die kriteria, wat vir die Amerikaanse Sensus van 2010 vasgestel is, dat die naam van 'n CDP deur die betrokke bewoners erken en in hulle daaglikse kommunikasie gebruik moet word. 'n Naam, wat uitsluitlik vir beplannings- of ander doeleindes ontwikkel is, mag dus nie gebruik word nie. Die grense van 'n CDP moet by voorkeur op die geografiese entiteit berus wat deur die betrokke bewoners met 'n spesifieke pleknaam verbind word.
Volgens die Amerikaanse Sensusburo word *census-designated places* nie as geïnkorporeerde gebiede beskou nie. CDPs in die Hawaii word dus slegs in sy bevolkingslyste ingesluit omdat daar in dié deelstaat geen geïnkorporeerde nedersettings bestaan nie. Daarnaas behels die *census city lists* vanaf 2007 die CDP van Arlington County in die deelstaat Virginië saam met geïnkorporeerde stede. | {
"title": "Census-designated place",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
207,
1909,
0.10843373493975904
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2009
} |
Die N1-pad wat deur Midrand loop op pad na Johannesburg toe.
'n Sandpad in Namibië.
'n **Pad** (of **weg**) is 'n smal strook land wat twee of meer plekke met mekaar verbind. Paaie word gewoonlik skoongemaak sodat dit maklik is om daaroor te beweeg. So sal die grond gelykgemaak word en bome, bosse en klippe verwyder word. Die oppervlak kan uit grond of gruis bestaan, maar kan ook geteer of met stene uitgelê wees.
Mense het van die vroegste tye paaie gemaak. Die Romeinse paaie en die Inkas se paaie vir koerierdienste is bekende voorbeelde hiervan. Dit was egter makliker en vinniger om riviere ('n waterweg) vir vervoer te gebruik. Tydens die Industriële Revolusie word die spoorweg uitgevind. 'n Spoorweg is 'n spesiale tipe pad vir treine. Paaie word deesdae merendeels gebou vir voertuie met wiele, soos motorvoertuie en trokke.
Die bou van openbare paaie word gewoonlik met belastinggeld gefinansier. Somme paaie het tolhekke, waar mense moet betaal om die pad te kan gebruik.
Padtekens word langs paaie geplaas om plekname, spoedgrense, afstande en ander belangrike inligting aan te dui. Padreëls moet ten alle tye gehoorsaam word om te verseker dat die verkeer vloei en veiligheid gehandhaaf word. Verkeersbeamptes word soms ingespan om te help om die verkeer te reguleer en oortreders vas te vat.
Die moderne asfaltpaaie waaruit die 20e-eeuse padstelsels bestaan, het uit die jagpaaie en militêre paaie van die Oudheid ontwikkel. Gedurende die 20ste eeu is waterweë en spoorweë as belangrikste vervoerwee deur die hedendaagse asfaltpaaie vervang.
By die beplanning van padstelsels word vandag faktore soos verkeersdrukte, die gemiddelde snelheid waarmee voertuie op die pad sal ry, die sinvolste roete, die omgewing en dies meer in aanmerking geneem. Paaie kan verdeel word in nasionale, provinsiale en stedelike paaie, terwyl verdere indelings na gelang van 'n pad se bepaalde funksie gemaak word.
Geskiedenis
-----------
Die primitiefste voorloper van die hedendaagse pad was waarskynlik die jagpaaie, waarlangs nedersettings later gevestig is en wat wyer geword het namate dit ook verkeer tussen die nedersettings moes dra. Die eerste paaie was egter nie verhard nie, maar slegs gelyk gemaak sodat pakdiere en mense gemakliker en vinniger van een plek na 'n ander kon beweeg.
Toe waens in gebruik gekom het, is die paaie verder uitgetrap en wyer gemaak. In nat weer het die water egter poele gevorm en die paaie het glad en modderig geword sodat dit later noodsaaklik geword het om dit met klipgruis te verhard. Die eerste klipgruispaaie is in die Mediterreense gebiede aangelê. Die Farao’s van Egipte het in omstreeks 3000 v.C. reeds klipgruispaaie vir die konstruksie van die piramides aangelê, en in Antieke Griekeland is paaie wat na tempels en orakels gelei het, met klipgruis verhard. In die omgewing van die tempel self is marmer dikwels vir die uitleg van paaie gebruik, waarvan sommige vandag nog bestaan.
Die Romeine het 'n padnetwerk van 78 000 km oor die ganse ryk gebou. Dit was hoofsaaklik strategiese roetes wat vir die leër aangelê is. Die militêre paaie was soliede konstruksies wat uit 'n aantal lae opgebou en van afwateringstelsels voorsien was. Die beroemde Via Appia is een van die oudste paaie wat na Rome gelei het. Dit het deel gevorm van die padnet wat tussen 312 en 225 v.C. rondom Rome gebou is. Die Egiptenare, Assiriërs, Babiloniërs en Perse het ook paaie gebou, hoofsaaklik vir die vervoer van kosbare ware soos barnsteen, sy en sout.
Daarbenewens het regeringsamptenare, gesante, boodskappers, pelgrims, handelaars met hulle ware en welgestelde reisigers ook van die paaie gebruik gemaak. In Europa is daar nog oorblyfsels van paaie wat in prehistoriese tye met boomstompe uitgelê is sodat die mense veilig deur moerasse en vleie kon beweeg. In die meeste gevalle het die grondwatervlak in die gebiede gestyg en die stompe het weggesak. Weens 'n gebrek aan suurstof het die hout egter grotendeels behoue gebly, en oorblyfsels van die paaie word nog periodiek oopgegrawe.
In die Middeleeue is min vordering op die gebied van padbou gemaak. Soos in die baie ander gevalle was daar eerder 'n agteruitgang as ontwikkeling. Daar is egter tog hier en daar paaie vir handelaars en smouse aangelê en baie van die paaie bestaan vandag nog. Verharde paaie is eers weer in die 16e en 17e eeu gebou. In daardie stadium is meer aandag egter steeds aan die ontwikkeling van waterweë bestee omdat passasiers en goedere hoofsaaklik met trekskuite en seilskepe vervoer is.
Die grondbeginsels vir die konstruksie van moderne paaie is in die 18e eeu deur die Fransman Pierre-Marie-Jérome Tresaguet (1716 – 1796) en die Engelsman Thomas Telford (1756 – 1834) neergelê. Dit was gegrond op die ou Romeinse metode: eers is 'n fondament van gebreekte klip gebou, met gruis bo-oor en uiteindelik 'n bolvormige bolaag, sodat reënwater maklik kan wegvloei. Die Skot John Loudon McAdam (1756 – 1836) het 'n bouwyse ontwikkel wat vandag nog toegepas word. Hy het nie eers 'n fondament van groot klippe gepak nie, maar het die blad laag vir laag uit kleinerige klippe (gruis) opgebou en toegelaat dat elke laag eers goed vasgetrap is voordat die volgende laag gegooi is.
Die klippe is met 'n bindmiddel aanmekaar gehou (verkit). Gedurende die 19e eeu is meer paaie in Europa gebou, hoofsaaklik deur die toedoen van Napoleon, wat reguit, geplaveide paaie vir militêre doeleindes aangelê het. Gedurende die 18e en die 19e eeu is paaie met gruis, stene of klei uitgelê. Teen 1850 het dit egter gelyk of die koms van die spoorweë 'n einde sou bring aan die grootskaalse konstruksie van paaie omdat treine in daardie stadium 'n vinniger en geriefliker vervoermiddel was.
Daar is wel in die tyd geëksperimenteer met motors wat deur stoom aangedryf is, maar die voertuie was te swaar en die ontwerp van die wiele het veel te wense oorgelaat. Met die koms van fietse en motors in die laaste helfte van die 19e eeu was daar weer 'n oplewing in die bou van paaie. Vir die nuwe vervoermiddels was dit egter noodsaaklik om verharde paaie aan te lê. Aanvanklik is baie van plaveistene en gebakte klei gebruik gemaak. Hoewel stene baie doeltreffend was omdat dit nie glad geword het nie en weerbestand was, was dit nie geskik vir paaie wat swaar verkeer moes dra nie aangesien die stene later ingesak en die pad ongelyk geword het. Na 1930 is snelweë dan ook van beton- of asfaltblaaie voorsien.
Die eerste snelweë wat op groot skaal in Europa gebou is, was die Duitse Autobahnen, wat tydens die Nazi-bewind aangelê is, deels met die doel om werkgeleenthede te skep en deels om militêre redes. Na die Tweede Wêreldoorlog het die motorvoertuig in toenemende mate 'n algehele vervoermiddel geword en snelweë is op groot skaal in geïndustrialiseerde lande gebou, terwyl die gehalte van sekondêre paaie ook verbeter is. Ontwikkeling soos die ontwerp van oorweë, brûe, kruisings en dies meer het meegehelp om die vloei van verkeer te verkeer te vergemaklik.
Baie van Suid-Afrika se paaie is gebou op die roetes van voetpaaie wat deur wild en die inheemse bevolking uitgetrap is omdat dit gewoonlik die natuurlikste roetes met die minste hindernisse was. Van die vroegste tye af het ingenieurs ook gesorg dat paaie wat aangelê word, waar moontlik die natuurlike lyne van bergformasies volg. Die eerste pad wat in Suid-Afrika aangelê is, is waarskynlik die pad wat om Duiwelspiek verby Rondebosch tot by Kirstenbosch loop. Die pad is net 'n jaar na die aankoms van Jan van Riebeeck in die Kaap gebou.
Konstruksie
-----------
'n Belangrike faktor waarmee rekening gehou word wanneer 'n pad ontwerp word, is die snelheid waarmee 'n motor veilig op die pad sal kan beweeg. Alle duike, krommings, die breedte van die pad en dies meer moet so ontwerp word dat 'n konstante snelheid op die pad gehandhaaf kan word. Vir goeie verkeersvloei en om veiligheidsredes mag 'n pad nie te veel draaie hê nie en moet die motoris te alle tye 'n goeie uitsig op die pad hê. Die roete van die pad word so gekies dat die aanleg- en die onderhoudskoste so laag moontlik sal wees.
Daar moet toegesien word dat die konstruksie van die pad met so min moontlik verskuiwing of uitgrawing van grond en bykomende konstruksiewerk soos brûe en oorweë gepaard gaan. Dit is egter ook belangrik am sosiale eise (geraasfaktor, skending van die omgewing), planologiese eise (die aantrekking van verkeer, die doelmatige verspreiding van verkeerstrome, aansluiting by ander paaie) en administratiewe eise (beheer, onderhoud, onteiening van grond) in aanmerking te neem.
### Die samestelling van 'n pad
Die dwarsprofiel van 'n pad toon sy vorm sowel as ander aspekte, soos duike, verkeersbane en skouers. Daar is gewoonlik minstens 2 verkeersbane wat saam die ryvlak vorm. By moderne snelweë word die ryvlak gewoonlik in 2 verdeel, elk met 2 of meer verkeersbane. Uit die oogpunt van die motoris sou ʼn gelyke horisontale ryvlak ideaal gewees het, maar baie onprakties omdat reënwater dan op die pad sou bly lê en veroorsaak dat motors kan gly. Om die water te dreineer, word paaie met 'n ronding (hanekam) gebou.
Wanneer 'n motor om 'n draai gaan, werk 'n middelpuntvliedende krag op die voertuig in, en om dit teen te werk, word die ryvlak met 'n helling gebou sodat 'n motor deur die draai kan gaan sonder om die gewig na eenkant van die motor te verplaas. Om 'n draai loop die agterwiele van die motor nie in dieselfde spoor as die voorwiele nie en die radius van die draai waardeur die agterwiele gaan, is dus kleiner. Hiervoor moet die verkeersbaan wyer gemaak word, want hoe kleiner die radius van die draai is, hoe wyer moet die pad wees.
Die skouers van die pad het verskeie funksies. Dit verstewig die ryvlak en die fondamente van die pad en bied ook ruimte vir die lê van pype en kabels en die aanbring van relings en lamppale. Verharde skouers wat normaalweg nie deur die verkeer gebruik word nie, dien as noodpad vir die polisie of verkeersmanne sodat hulle vinnig by 'n ongelukstoneel kan kom. Snelweë wat 'n hoë verkeersdigtheid moet hanteer, word as 2 afsonderlike ryvlakke met 'n sentrale middelstrook gebou.
Afgesien daarvan dat die middelstrook vir noodgevalle gebruik kan word, hou dit ook aankomende verkeer op 'n veilige afstand. Om te verhoed dat 'n motor wat buite beheer raak, oor 'n middelstrook skiet en in die ander baan beland, word veiligheidsrelings meestal aangebring. Die lengteprofiel toon die hoogte van die ryvlak bokant die oorspronklike grondvlak. Ook hier sou dit ideaal wees om dit so gelyk moontlik te hou, maar dit is nie altyd moontlik nie, soos by op- en afritte.
Omdat uitgrawings en die vervoer van grond en sand baie duur is, moet die lengteprofiel so ver moontlik by die natuurlik profiel van die omgewing aangepas word. 'n Pad wat te veel opdraand loop, belemmer die vloei van verkeer omdat dit die snelheid van veral swaar voertuie verminder. Daarom word afsonderlike stroke dikwels op paaie met druk verkeer aangebring sodat swaar vragvoertuie nie ander verkeer vertraag nie. 'n Pad moet op 'n stewige ondergrond gebou word.
Die bestaande bogrond en selfs dieperliggende lae swak grond, soos vleigrond, moet verwyder en deur sand of gruisklip vervang word. Die sand word met moderne masjinerie vasgestamp om 'n digte sandlaag bokant die grondwatervlak te vorm. Pype word van hier af na 'n sloot aan weerskante van die pad aangelê om water te dreineer. Daarbenewens verhoed dit ook, veral in wêrelddele soos Noord-Europa en Kanada, dat die blad bokant die sandlaag beskadig word wanneer die water in die sandlaag vries.
Om die drakrag van die blad te verhoog, word 'n stabiliserende laag van bitumen, sement of kalk, gemeng met sand, direk daaronder gelê. Stene word in sommige lande vir die verharding van poreuse padoppervlakke gebruik, terwyl asfalt of beton vir nie-poreuse oppervlakke gebruik word. Asfalt en beton verskil eintlik net wat die bindmiddel betref: asfaltverharding bestaan uit sand, gruis, plamuur en asfaltbitumen, terwyl betonverharding sement as bindmiddel gebruik.
Die dikte van die boonste laag van die blad hang van die gewig van die verkeer af en wissel tussen 15 en 30 cm of meer. Asfaltverharding word in groot mengers voorberei. Die sand en gruis word eers gedroog en verhit voordat die plamuur bygevoeg word. Die asfaltbitumen word laaste bygegooi en die hele mengsel word goed gemeng en verhit. Die mengsel word vuurwarm (100 ˚C) met 'n meganiese spreipyp op die blad gegooi en met rollers vasgestamp. Die verskillende lae waaruit die boonste deel van die blad bestaan, word aanmekaar geheg deur 'n kleeflaag van asfaltemulsie.
Heel bo word 'n slytlaag aangebring, wat uit 'n dun lagie bitumenemulsie bestaan en meganies aangewend word. Vir geringe herstelwerk aan die ryvlak word koue asfalt gebruik. Betonpaaie word nie so dikwels soos asfaltpaaie gebou nie.
Padstelsels
-----------
'n Pad word ontwerp om 'n beraamde hoeveelheid verkeer in die toekoms te hanteer. Deurslaggewende faktore is die grootte en snelheid van en die aantal voertuie wat die pad na verwagting sal gebruik. 'n Nuwe pad behoort altyd deel van 'n beplande padstelsel te vorm. Die beplande stelsel moet by toekomstige behoeftes (gewoonlik 15 of 20 jaar vooruit beplan) aangepas word. Die beloop van 'n pad is die lyn op 'n kaart wat die roete aandui. Saam met die dwars – en lengteprofiel bepaal die beloop ook die roete en die vorm van ʼn pad.
Dit moet aan veiligheidsvereistes voldoen en die vloei van verkeer bevorder. Daarom moet die pad nie te veel skerp draaie hê nie en die motoris moet die pad voor hom tot op 'n veilige afstand in sy gesigsveld hê. 'n Pad word ook so ontwerp dat dit soveel moontlik verkeer trek: hoe groter die verkeersdigtheid, hoe gouer kan die pad ekonomies geregverdig word. Die beloop van 'n pad moet logies wees, m.a.w. die pad moet byvoorbeeld nie parallel met 'n soortgelyke pad loop nie.
Dit moet ook soveel punte moontlik bedien en by soveel moontlike ander paaie aansluit. Geraas in woonbuurte moet so ver moontlik uitgeskakel word en die pad moet esteties aanvaarbaar wees. Doeltreffende verkeerstekens moet om veiligheidsredes aangebring word. Dit sluit in alle tekens wat oor al of langs die pad aangebring word om die motoris te waarsku, te lei en te beskerm. Wanneer die skouer van ʼn pad baie nou is of teenaan ʼn afgrond loop, word dit met botsversperrings, veiligheidsrelings of ʼn muur omhein.
Padreëls
--------
Van die belangrikste padreëls sluit in:
* Bestuur aan die linkerkant van 'n tweerigtingpad (die belangrikste padreël in Suid-Afrika).
* Handhaaf 'n veilige volgafstand van ten minste 2 sekondes agter ander voertuie.
* Moet nie 'n pad binnegaan of kruis as jy 'n obstruksie of gevaarlike situasie gaan veroorsaak nie.
* Jy mag nooit 'n aksie uitvoer wat verkeersvloei verhinder, 'n versperring veroorsaak of ander padgebruikers in gevaar stel nie.
* Jou voertuig moet gesertifiseer wees en die lisensieskyf moet te alle tye opsigtelik vertoon word.
* Moenie onder die invloed van alkohol bestuur nie.
Sien ook
--------
| | |
| --- | --- |
| | Wikimedia Commons bevat media in verband met ***Roads***. |
| | |
| --- | --- |
| | Sien ***pad*** in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
* Nasionale paaie in Suid-Afrika
* Bergpas
* Brug
* Tonnel
Bronnelys
---------
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 090840963X, volume 22, bl. 49
| | |
| --- | --- |
| Normdata Edit this at Wikidata |
* BNE: XX525511
* BNF: cb11932808x (data)
* GND: 4057883-5
* HDS: 007959
* LCCN: sh85114487
* LNB: 000055323
* NARA: 10644058
* NDL: 00561692
* NKC: ph116142
| | {
"title": "Pad",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
770,
12793,
0.06018916595012898
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 15615
} |
**Ernest Jones** was 'n aanhanger van Sigmund Freud en word beskou as die stigter van die psigoanalise beweging in Brittanje. Hy is gebore in Gowerton, Wallis, in 1879 op Nuwejaarsdag. Hy is opgelei as 'n dokter, maar weens beweringe van onetiese gedrag teenoor jong vroulike pasiënte, moes hy padgee uit Londen. Hy het vanaf 1908 tot 1913 in Kanada gewerk. In hierdie tydperk was hy ook instrumenteel om psigoanalise in die VSA te vestig.
In 1913 is hy terug na Engeland, waar hy gepraktiseer het as 'n psigoanalis. Hy het die Londense Psigoanalitiese Vereniging begin en was verantwoordelik vir verskeie publikasies en lesings rakende verskeie aspekte van die vakgebied.
Jones was ook President van die Internasionale Psigoanalitiese Vereniging vanaf 1920 tot 1924 asook 1932 tot 1949. In 1920 het hy ook die *International Journal of Psychoanalysis* begin, en was redakteur tot 1939.
Die Britse Mediese Vereniging het amptelike erkenning gegee aan psigoanalise in 1929, en dit was grootliks te wyte aan die aktiewe bydraes van Jones. Hierna het die BBC hom verwyder van hulle lys van sprekers wat gevaarlik sou wees vir publieke moraliteit en in 1932 het hy reeks uitsendings behartig rakende psigoanalise.
Na Hitler se oorname in Duitsland het Jones verskeie Duitse analiste van Joodse afkoms gehelp om te hervestig in Engeland en ander lande. Na die oorname van Oostenryk het hy self onder moeilike en gevaarlike omstandighede na Wenen gereis en 'n bepalende rol gespeel in die emigrasie van Freud na Londen.
Na die oorlog, het Jones voortgegaan met sy praktyk as psigoanalis en om lesings te gee. Hy het ook sy laaste jare gewy aan die skrywe van die omvattende biografie van Freud en beskrywing van sy werke. Hierdie skrywe het drie volumes beslaan en het tussen 1953 en 1957 verskyn. Sy duitssprekende vrou het hom hiermee gehelp deurdat sy verskeie van Freud se vroeë korrespondensie en ander dokumente, wat deur Anna Freud beskikbaar gestel is, vertaal het.
Jones het self begin om 'n outobiografie, *Free Associations* te skryf, maar dit is nooit voltooi nie en is na sy dood in 1959 gepubliseer.
Jones is oorlede op 11 Februarie 1958. | {
"title": "Ernest Jones",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
842,
2637,
0.3193022373909746
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox\" data-mw='{\"parts\":[{\"template\":{\"target\":{\"wt\":\"Inligtingskas Wetenskaplike\\n\",\"href\":\"./Sjabloon:Inligtingskas_Wetenskaplike\"},\"params\":{\"naam\":{\"wt\":\"Ernest Jones\"},\"beeld\":{\"wt\":\"Hall Freud Jung in front of Clark.jpg\"},\"beeldbeskrywing\":{\"wt\":\"<!-- Vir oormuis-info/ vir siggestremdes; sonder wiki-sintaks -->\"},\"beeldonderskrif\":{\"wt\":\"Groepfoto van 1909 in die voorkant van die Universiteit van Clark. Voorry: Sigmund Freud, G. Stanley Hall, Carl Jung; Agter: Abraham A. Brill, Ernest Jones, Sándor Ferenczi.\"},\"geboortenaam\":{\"wt\":\"\"},\"geboortedatum\":{\"wt\":\"[[1 Januarie]] [[1879]]\"},\"geboorteplek\":{\"wt\":\"Glamorganshire, [[Wallis]]\"},\"sterftedatum\":{\"wt\":\"{{SDEO|1879|1|1|1958|2|11}}\"},\"sterfteplek\":{\"wt\":\"[[Londen]], [[Engeland]]\"},\"plek van graf\":{\"wt\":\"\"},\"blyplek\":{\"wt\":\"\"},\"burgerskap\":{\"wt\":\"\"},\"nasionaliteit\":{\"wt\":\"{{vlagland|Verenigde Koninkryk}}\"},\"vakgebied\":{\"wt\":\"Neurologie, Psigoanalise\"},\"werkplek\":{\"wt\":\"Psigoanalise\"},\"alma mater\":{\"wt\":\"Britse Psigoanalitiese Vereniging, Internasionale Psigoanalitiese Vereniging\"},\"doktorale promotor\":{\"wt\":\"\"},\"akademiese adviseurs\":{\"wt\":\"\"},\"doktorale studente\":{\"wt\":\"\"},\"ander studente\":{\"wt\":\"\"},\"bekend vir\":{\"wt\":\"\"},\"beïnvloed deur\":{\"wt\":\"\"},\"invloed op\":{\"wt\":\"\"},\"toekennings\":{\"wt\":\"\"},\"handtekening\":{\"wt\":\"\"},\"webblad\":{\"wt\":\"\"},\"voetnotas\":{\"wt\":\"\"}},\"i\":0}}]}' id=\"mwAg\" style=\"width:25.5em; font-size: 85%; text-align: left;\" typeof=\"mw:Transclusion\">\n<tbody><tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"font-size: larger; text-align: center;\"><b>Ernest Jones</b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><span typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Hall_Freud_Jung_in_front_of_Clark.jpg\"><img data-file-height=\"586\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"650\" decoding=\"async\" height=\"238\" resource=\"./Lêer:Hall_Freud_Jung_in_front_of_Clark.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b5/Hall_Freud_Jung_in_front_of_Clark.jpg/264px-Hall_Freud_Jung_in_front_of_Clark.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b5/Hall_Freud_Jung_in_front_of_Clark.jpg/396px-Hall_Freud_Jung_in_front_of_Clark.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/b/b5/Hall_Freud_Jung_in_front_of_Clark.jpg/528px-Hall_Freud_Jung_in_front_of_Clark.jpg 2x\" width=\"264\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align:center;\"><div style=\"line-height:12px;font-size: 85%;\">Groepfoto van 1909 in die voorkant van die Universiteit van Clark. Voorry: Sigmund Freud, G. Stanley Hall, Carl Jung; Agter: Abraham A. Brill, Ernest Jones, Sándor Ferenczi.</div></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\"><hr/></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Gebore</th>\n<td><a href=\"./1_Januarie\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1 Januarie\">1 Januarie</a> <a href=\"./1879\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"1879\">1879</a><br/>Glamorganshire, <a href=\"./Wallis\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wallis\">Wallis</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Oorlede</th>\n<td>11 Februarie 1958 (op 79)<br/><a href=\"./Londen\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Londen\">Londen</a>, <a href=\"./Engeland\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Engeland\">Engeland</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Nasionaliteit</th>\n<td><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van Verenigde Koninkryk\"}' typeof=\"mw:File\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_United_Kingdom_(3-5).svg\" title=\"Vlag van Verenigde Koninkryk\"><img alt=\"Vlag van Verenigde Koninkryk\" data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"1000\" decoding=\"async\" height=\"13\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_United_Kingdom_(3-5).svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg/22px-Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg/33px-Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/83/Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg/44px-Flag_of_the_United_Kingdom_%283-5%29.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Verenigde_Koninkryk\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Verenigde Koninkryk\">Verenigde Koninkryk</a></td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Vakgebied</th>\n<td>Neurologie, Psigoanalise</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Instelling(s)</th>\n<td>Psigoanalise</td></tr>\n<tr>\n<th scope=\"row\" style=\"text-align:left; vertical-align:top;\">Alma mater</th>\n<td>Britse Psigoanalitiese Vereniging, Internasionale Psigoanalitiese Vereniging</td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 2157
} |
Baan van die noordelike hemelpool tussen die sterre.
Baan van die suidelike hemelpool tussen die sterre.
Die **hemelpole** is in sterrekunde denkbeeldige punte in die lug wanneer die aarde se pole verleng word. Daar is ’n noordelike en ’n suidelike hemelpool.
As iemand dus op die Aarde se noord- of suidpool staan, sal onderskeidelik die noordelike en die suidelike hemelpool reg bo hom wees. In die noorde word dié punt min of meer gemerk deur die noordelike poolster, Polaris. In die suide is geen ster wat helder en na genoeg aan die pool is om die suidelike poolster te wees nie. Die Suiderkruis word gebruik om die suidelike hemelpool te bepaal, omdat dié sterrepatroon se vertikale as daarheen wys.
Presessie
---------
Vanweë sy beweging (presessie) beskryf die aarde se as in 25 770 jaar ’n groot draaiende keël aan die hemel, sodat die twee hemelpole in ’n sirkel beweeg. Daarom vervul verskillende sterre op verskillende tye die rol van poolsterre. Polaris is tans minder as 1 graad van die pool af en beweeg steeds nader. Omstreeks 2800 v.C. was die noordelike poolster die ster Thuban (*alpha Draconis*), en die volgende een sal *gamma Cephei* wees in die jaar 4145. Oor 25 770 jaar sal Polaris weer die noordelike poolster wees.
Toekomstige suidelike poolsterre is *omega Carinae* (in 5770), *upsilon Carinae* (6850), Turais (*iota Carinae*, 8075) en *delta Velorum* (9240).
* Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia | {
"title": "Hemelpool",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
49,
1191,
0.04114189756507137
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1457
} |
Die **Hemelstamme** (Chinees: 天干, *tiāngān*, of 十干, *shígān*; Japannees: *jikkan*, "10 Stamme") is onderdele van die Chinese kalender. Elk van die 10 Hemelstamme word aan ’n jaar toegeken. Saam met die 12 Aardtakke (Chinees: 地支, *dìzhī*) vorm hulle die 60-jaarsiklus van die Chinese kalender.
| 10 Hemelstamme |
| --- |
| | Chinese karakter | Jin/jang | Element |
| 1 | 甲 jiǎ | Jang | Hout (木, mù) |
| 2 | 乙 *yǐ* | Jin |
| 3 | 丙 *bǐng* | Jang | Vuur (火, huŏ) |
| 4 | 丁 *dīng* | Jin |
| 5 | 戊 *wù* | Jang | Aarde (土, tŭ) |
| 6 | 己 *jǐ* | Jin |
| 7 | 庚 *gēng* | Jang | Metaal (金, jīn) |
| 8 | 辛 *xīn* | Jin |
| 9 | 壬 *rén* | Jang | Water (水, shuĭ) |
| 10 | 癸 *guǐ* | Jin |
In Chinees word die Hemelstamme vandag soms in die plek van die alfabet gebruik om dinge te nommer, byvoorbeeld in die geneeskunde (hepatitis A: 甲型肝炎, jiǎxíng gānyán; hepatitis B: 乙型肝炎, yǐxíng gānyán, hepatitis C: 丙型肝炎, bǐngxíng gānyán; en selde ook vir bloedgroepe en vitamiene A, B, C, D, E en K). Dit word ook gebruik vir skoolgrade, sportligas (Reeks A: 意甲, yìjiǎ), vraestelle of om dialoog in kort tekste aan te dui (甲 praat, 乙 antwoord). Dit word ook in akupunktuur gebruik. | {
"title": "Hemelstam",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
449,
1153,
0.38941890719861233
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1224
} |
| **Celaya**
|
| --- |
| **Kaart** | **Vlag** |
| |
| |
| |
| **Wapen** |
| |
| |
| **Land** | Vlag van Meksiko Meksiko |
| **Deelstaat** | Guanajuato |
| **Koördinate** | 20°31′23″N 100°48′50″W / 20.52306°N 100.81389°W / 20.52306; -100.81389 |
| **Gestig op** | 12 Oktober 1570 |
| **Oppervlakte:** | |
| - Totaal | 553,18 vk km |
| **Hoogte bo seevlak** | 1 750 m |
|
|
| **Bevolking:** | |
| - Totaal (2010) | 310 413 |
| - Bevolkingsdigtheid | 561/vk km |
| **Tydsone** | UTC -6 |
|
| **Burgemeester** | Ismael Pérez Ordaz |
| **Amptelike Webwerf** | www.celaya.gob.mx |
|
**Celaya** (Zelaia die Baskiese taal, wat beteken *"plat land"*) is 'n Meksikaanse stad, die hoofstad van die homoniem munisipaliteit in die staat Guanajuato. Celaya is geleë suidoos van die toestand van Guanajuato, 50 km wes van die stad Santiago de Querétaro, en 260 km van Meksikostad.
Plekname
--------
Zelaia is 'n woord van die Baskiese taal beteken "land van die Jordaanstreek" of "plat aarde", met verwysing na die plato van die Mexikaanse Bajio, waar dit geleë is.
Celaya wapen
------------
Die kruin van die stad van Celaya was toegestaan word die onderkoning van Nieu-Spanje, Don Francisco Fernández de la Cueva, wat die toekenning van die stigting van hierdie stad bevestig.
Die Skild bestaan uit 'n geraamde ovaal met' n gestileerde band versier met vyf pylkokers van 'n pyl (simboliseer Indiaanse stamme onderwerp) met drie strepe agtergrond verdeel in blou, rooi en wit, simbool van koninklikheid, reinheid, krag en soewereiniteit onderskeidelik.
Die blou streep bly gefokus om die beeld van die Onbevlekte Ontvangenis in die regterkant van hierdie is die monogram van die kroon van Philip IV, die linker is 'n grot ter ere van Viceroy Fernández de la Cueva. Die wit band bevat 'n voorstelling van die stigters van Celaya versamel onder' n Mesquite boom, wat het skaduwee aan die eerste raad van die stad. Die rooi band bevat die leuse in Latyn "**De Forti Dulcedo**" ("*Van die sterk soet*", in Spaans,: "*De los fuertes la dulzura*") op twee boë opbrengs kaal arms, simbolies van die vrede van die stamme Chichimecas, Huachichiles en Guamares.
Karakters gebore in Celaya
--------------------------
* Francisco Eduardo Tresguerras (gebore 13 Oktober 1759 was, het doodgegaan op 3 Augustus 1833) Prominente argitek, skilder van die koloniale tydperk en die vroeë jare van onafhanklikheid.
* Octavio Ocampo (gebore 28 Februarie 1943). Painter bekend vir sy unieke styl van "metamorfose."
* Mauricio Ochmann (Gebore op 16 November, 1977) Akteur bekend vir sy werk in Telenovelas uit Meksiko en Latyns-Amerikaanse mense.
* Raul Velasco (gebore April 24, 1933 - oorlede op 26 November, 2006) celebrity talk show host bekend vir die bestuur van die program rasse Siempre en Domingo. | {
"title": "Celaya",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
1090,
2404,
0.45341098169717137
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 2820
} |
Die **Hemeltempel** of **Tempel van die Hemel** (tradisionele Chinees: 天壇, *Tiāntán*) is ’n keiserlike godsdienskompleks in die suidooste van Sentraal-Beijing. Die kompleks is besoek deur kesiers van die Ming- en Qing-dinastie vir jaarlikse seremonies waarin tot die hemel gebid is vir ’n goeie oes. Dit word soms ’n Taoïstiese tempel genoem, hoewel Chinese hemelaanbidding, veral deur keisers, van voor Taoïsme dateer.
Geskiedenis
-----------
’n Poskaart van die Hemeltempel uit 1898.
Die tempelkompleks is van 1406 tot 1420 gebou tydens die bewind van keiser Yongle, wat ook verantwoordelik was vir die oprig van die Verbode Stad in Beijing. Tydens die bewind van keiser Jiajing in die 16de eeu is die tempel uitgebrei en het dit sy huidige naam gekry. Jiajing het ook drie ander tempels in die stad laat bou: die Sontempel (日壇) in die ooste, die Aardtempel (地壇) in die noorde en die Maantempel (月壇) in die weste. Die Hemeltempel is in die 18de eeu onder keiser Qianlong gerestoureer. Teen dié tyd was die staatsbegroting nie groot genoeg nie, en dit is die laaste keer dat die kompleks in keiserlike tye op groot skaal gerestoureer is.
Die tempel is tydens die Tweede Opiumoorlog deur die Anglo-Franse Alliansie beset. In 1900, tydens die Bokserrebellie, het die Agtlandeverbond die kompleks beset en dit vir sowat ’n jaar in ’n tydelike bevelspos omskep. Die tempel is deur die besetting ontheilig en die kompleks en tuin is erg beskadig. Daar was ook berigte oor die diefstal van artefakte. Ná die val van die Qing-dinastie is die tempel sonder toesig gelaat en die daaropvolgende verval het daartoe gelei dat verskeie sale ineengestort het.
In 1914 het Yuan Shikai, destyds die president van die Republiek van China, ’n Ming-gebedseremonie in die tempel gehou in ’n poging om hom as keiser verklaar te kry. In 1918 is die tempel in ’n park omskep en vir die eerste keer vir die publiek oopgestel.
Die Hemeltempel is in 1998 as ’n Unesco- wêrelderfenisterrein aangewys.
Geboue en uitleg
----------------
Die kompleksterrein is 2,73 km2 groot en bevat drie groot gebouegroepe, wat almal volgens streng filosofiese vereistes gebou is:
* Die Bidsaal vir Goeie Oeste (祈年殿) is ’n pragtige ronde gebou met drie geweldakke wat 36 m breed en 38 m hoog is en waar die keiser vir goeie oeste gebid het. Dit staan op ’n driedubbele marmerblad. Die hele gebou is van hout, met geen spykers nie. Die oorspronklike gebou is in 1889 verwoes in ’n brand wat deur weerlig veroorsaak is. Die huidige gebou is ’n paar jaar later opgerig.
* Die Keiserlike Hemelgewelf (皇穹宇) is ’n ronde gebou met ’n enkele geweldak wat op ’n marmerblad staan. Dit lê suid van die Bidsaal en lyk dieselfde, maar is kleiner. Dit word omring deur ’n ronde muur, die Eggomuur, wat klank oor groot afstande kan laat weerklink. Die Hemelgewelf word deur ’n lang, hoë loopweg met die Bidsaal verbind. Die koepel het geen dwarsbalke wat dit ondersteun nie.
* Die Ronde Heuwelaltaar (圜丘坛) is die eintlike altaar en is suid van die Keiserlike Hemelgewelf geleë. Dit is ’n kaal, ronde platform op ’n driedubbele marmervlak wat elk met uitgekerfde drake versier is. Die getal elemente van die altaar, insluitende die trappe en relings, is óf die heilige syfer nege óf veelvoude daarvan. Die middel van die altaar is ’n ronde leisteen, wat die Hart van die Hemel (天心石) of die Opper-Jang (太阳石) genoem word. Hier het die keiser vir gunstige weer gebid. Danksy die altaar se ontwerp is die klank van die gebed deur die skutreling weerkaats en dit het ’n aansienlike weerklank geskep wat veronderstel was om die gebed met die hemel te help kommunikeer. Die altaar is in 1530 deur Jiajing laat bou en in 1740 herbou.
’n Panorama met die Bidsaal vir Goeie Oeste in die middel, soos gesien uit die suide.
’n Panorama van die Keiserlike Hemelgewelf uit die teenoorgestelde rigting.
’n Panorama van die drie hoofgeboue.
Seremonies
----------
In antieke China is die keiser beskou as die "Seun van die Hemel" wat aardse sake namens, en as verteenwoordiger van, hemelse gesag uitvoer. Dit was belangrik dat die volk sien hy betoon respek teenoor die bron van sy gesag, in die vorm van offerandes aan die hemel. Die tempel is gebou vir hierdie seremonies, wat meestal bestaan het uit gebede vir goeie oeste.
Twee keer per jaar sou die keiser en sy gevolg van die Verbode Stad af na die kompleks reis en daar oorbly; hulle sou spesiale klere dra en geen vleis eet nie. Geen gewone Chinees is toegelaat om teenwoordig te wees nie. Die keiser sou persoonlik vir ’n goeie oes bid. Hy sou die seremonie met die wintersonstilstand op die Aardse Heuwel hou. Dit moes perfek uitgevoer word; daar is algemeen geglo die kleinste fout kon vir die volgende jaar slegte gevolge vir die hele volk inhou.
Simbolisme
----------
Die binnekant van die Bidsaal vir Goeie Oeste.
Die aarde is met ’n reghoek voorgestel en die hemel met ’n sirkel. Verskeie eienskappe van die tempelkompleks simboliseer die verband tussen die aarde en die hemel, en tussen die reghoek en die sirkel. Die hele kompleks word omring deur twee mure; die buitenste muur het ’n hoër, halfronde noordelike deel wat die hemel voorstel en ’n korter, reghoekige suidelike deel wat die aarde voorstel. Beide die Bidsaal vir Goeie Oeste en die Ronde Heuwelaltaar is rond, en elk staan op ’n vierkantige stuk grond, wat weer eens die hemel en aarde voorstel.
Die syfer nege verteenwoordig die keiser en kom voor in die ontwerp van die Ronde Heuwelaltaar: ’n Enkele ronde marmerblad word omring deur nege blaaie, dan ’n ring van 18 blaaie, ens. totdat die buitenste een van nege ringe nege maal nege plate bevat.
Die Bidsaal het vier binneste, 12 middelste en 12 buitenste pilare, wat onderskeidelik die vier seisoene, die 12 maanmaande en die 12 tradisionele Chinese tweeuurtydperke verteenwoordig. Die vier binneste steunpilare beeld drake uit en hou die struktuur, wat die styl van ’n antieke Chinese paleis naboots, regop. Saam verteenwoordig die 12 middelste en 12 buitenste pilare die tradisionele sonterme. Al die geboue in die tempel het spesiale, donkerblou dakteëls wat die hemel voorstel.
Die Sewestersteengroep oos van die Bidsaal verteenwoordig die sewe pieke van Berg Tai, ’n plek van hemelaanbidding in klassieke China.
Park
----
Die omringende park is taamlik groot; dit beslaan 267 ha. Dele daarvan is speel- en oefenterreine. Dit word algemeen deur volwassenes en kinders gebruik. Van die oop ruimtes en buitegeboue word gebruik vir koor-, dans- en ander uitvoerings.
Toegang
-------
Die park self is daagliks van 06:00 tot 22:00 oop. Die terreine in die park wat besoek kan word, is van April tot Oktober van 08:00 tot 17:30 oop en van November tot Maart tot 17:00. Daar is ’n klein toegangstarief.
Bronne
------
* Temple of Heaven, CCTV-dokumentêr
* Encyclopædia Britannica:
Bronne
------
* Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia | {
"title": "Hemeltempel",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
2695,
7025,
0.38362989323843416
],
"infobox": [
"<table about=\"#mwt1\" class=\"infobox vcard\" style=\"width:20em;max-width:285px; font-size:90%;\">\n<tbody><tr><th colspan=\"2\" style=\"background:#eee; padding:0.2em; line-height:110%; text-align:center; font-size:135%;\"><span class=\"fn org\">Hemeltempel</span><sup>*</sup></th></tr>\n<tr>\n<th colspan=\"2\" style=\"padding-bottom:0.4em; text-align:center; font-size:110%;\"><a href=\"./Wêrelderfenisgebied\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wêrelderfenisgebied\">Unesco-wêrelderfenisterrein\n</a></th></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" colspan=\"2\" style=\"padding-bottom:0.3em;\"><hr/><span typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:11_Temple_of_Heaven.jpg\"><img data-file-height=\"2432\" data-file-type=\"bitmap\" data-file-width=\"3648\" decoding=\"async\" height=\"200\" resource=\"./Lêer:11_Temple_of_Heaven.jpg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/87/11_Temple_of_Heaven.jpg/300px-11_Temple_of_Heaven.jpg\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/87/11_Temple_of_Heaven.jpg/450px-11_Temple_of_Heaven.jpg 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/87/11_Temple_of_Heaven.jpg/600px-11_Temple_of_Heaven.jpg 2x\" width=\"300\"/></a></span></td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" colspan=\"2\" style=\"padding-bottom:0.3em;\">Die Bidsaal vir Goeie Oeste, die grootste gebou in die Hemeltempel.<hr/></td></tr>\n<tr class=\"mergedrow\">\n<td align=\"center\" colspan=\"2\">\n<div style=\"width: 252px; float:none; clear:none; \"><div style=\"position: relative;border: 1px solid geen; padding: 0px; width: 250px\"><span data-mw=\"{"caption":"Ligging van Hemeltempel op 'n kaart (Volksrepubliek China)"}\" typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:China_edcp_location_map.svg\"><img data-file-height=\"408\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"512\" decoding=\"async\" height=\"199\" resource=\"./Lêer:China_edcp_location_map.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ab/China_edcp_location_map.svg/250px-China_edcp_location_map.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ab/China_edcp_location_map.svg/375px-China_edcp_location_map.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/ab/China_edcp_location_map.svg/500px-China_edcp_location_map.svg.png 2x\" width=\"250\"/></a></span><br/><div style=\"position: absolute; z-index: 2; top: 43.8%; left: 70%; height: 0; width: 0; margin: 0; padding: 0;\"><div style=\"position: relative; text-align: center; left: -4px; top: -4px; width: 8px; font-size: 8px;\"><span data-mw='{\"caption\":\"Hemeltempel\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Red_pog.svg\"><img data-file-height=\"64\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"64\" decoding=\"async\" height=\"8\" resource=\"./Lêer:Red_pog.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/8px-Red_pog.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/12px-Red_pog.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/0c/Red_pog.svg/16px-Red_pog.svg.png 2x\" width=\"8\"/></a></span></div><div style=\"font-size: 90%; line-height: 110%; position: relative; top: -1.5em; width: 6em; links: 0.5em; text-align: left;\"><span style=\"padding: 1px; \">Hemeltempel</span></div></div></div><div style=\"font-size: 90%\"></div></div><small>Ligging van die Hemeltempel in China</small>\n</td>\n</tr>\n<tr class=\"mergedbottomrow\">\n<td colspan=\"2\" style=\"text-align: center; font-size: smaller; padding-bottom: 0.7em;\">Koördinate: <span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename=Hemeltempel&params=39_52_56.07_N_116_24_23.29_O_\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\"><span class=\"latitude\">39°52′56.07″N</span> <span class=\"longitude\">116°24′23.29″O</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\">39.8822417°N 116.4064694°O</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">39.8822417; 116.4064694</span></span></span></a></span><span style=\"font-size: small;\"><span id=\"coordinates\"><a href=\"./Geografiese_koördinatestelsel\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Geografiese koördinatestelsel\">Koördinate</a>: <span class=\"plainlinks nourlexpansion\"><a class=\"external text\" href=\"//tools.wmflabs.org/geohack/geohack.php?pagename=Hemeltempel&params=39_52_56.07_N_116_24_23.29_O_\" rel=\"mw:ExtLink\"><span class=\"geo-default\"><span class=\"geo-dms\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\"><span class=\"latitude\">39°52′56.07″N</span> <span class=\"longitude\">116°24′23.29″O</span></span></span><span class=\"geo-multi-punct\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span typeof=\"mw:Entity\"></span></span><span class=\"geo-nondefault\"><span class=\"geo-dec\" title=\"Kaarte, lugfotos en ander data vir die ligging\">39.8822417°N 116.4064694°O</span><span style=\"display:none\"><span typeof=\"mw:Entity\"></span> / <span class=\"geo\">39.8822417; 116.4064694</span></span></span></a></span></span></span><link href=\"./Kategorie:Koördinate_op_Wikidata\" rel=\"mw:PageProp/Category\"/></td>\n</tr>\n<tr><td><b>Lande</b></td>\n<td><span class=\"mw-image-border\" data-mw='{\"caption\":\"Vlag van die Volksrepubliek China\"}' typeof=\"mw:Image\"><a class=\"mw-file-description\" href=\"./Lêer:Flag_of_the_People's_Republic_of_China.svg\"><img data-file-height=\"600\" data-file-type=\"drawing\" data-file-width=\"900\" decoding=\"async\" height=\"15\" resource=\"./Lêer:Flag_of_the_People's_Republic_of_China.svg\" src=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/fa/Flag_of_the_People%27s_Republic_of_China.svg/22px-Flag_of_the_People%27s_Republic_of_China.svg.png\" srcset=\"//upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/fa/Flag_of_the_People%27s_Republic_of_China.svg/33px-Flag_of_the_People%27s_Republic_of_China.svg.png 1.5x, //upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/f/fa/Flag_of_the_People%27s_Republic_of_China.svg/44px-Flag_of_the_People%27s_Republic_of_China.svg.png 2x\" width=\"22\"/></a></span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><a href=\"./Volksrepubliek_China\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Volksrepubliek China\">Volksrepubliek China</a></td></tr>\n<tr>\n<td><b>Tipe</b></td>\n<td>Kultureel</td></tr>\n<tr>\n<td><b>Kriteria</b></td>\n<td>i, ii, iii</td></tr>\n<tr>\n<td><b>Verwysings</b></td>\n<td><a class=\"external text\" href=\"http://whc.unesco.org/en/list/881\" rel=\"mw:ExtLink\">881</a></td></tr>\n<tr class=\"adr\">\n<td><b>Streek</b>†</td>\n<td style=\"line-height:150%; white-space:nowrap;\"><span class=\"region\">Asië-Stille Oseaan</span></td></tr>\n<tr>\n<td align=\"center\" colspan=\"2\" style=\"background:#eee; font-size:110%;\"><b>Inskripsiegeskiedenis</b></td></tr>\n<tr>\n<td><b>Inskripsie</b></td>\n<td style=\"line-height:150%;\">1998<span typeof=\"mw:Entity\"> </span> <small>(22ste <a href=\"./Wêrelderfenisgebied\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Wêrelderfenisgebied\">Sessie</a>)</small></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"2\" style=\"line-height:150%; padding-top:0.8em; border-top: 1px #aaa solid; text-align:left; font-size:80%; font-weight:lighter;\"><span style=\"margin:0.5em; color:#555;\">* <a class=\"external text\" href=\"http://whc.unesco.org/en/list\" rel=\"mw:ExtLink\">Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.</a><br/><span style=\"margin:0.5em; color:#555;\">† <a class=\"external text\" href=\"http://whc.unesco.org/en/list/?search=&search_by_country=&type=&media=&region=&order=region\" rel=\"mw:ExtLink\">Streek soos deur Unesco geklassifiseer.</a></span></span></td></tr>\n</tbody></table>",
"<table about=\"#mwt20\" cellpadding=\"0\" cellspacing=\"0\" class=\"toccolours vatop infobox\" style=\"float:right; clear:right; width:270px; padding:3px; margin:1px 1px 1em 1em; font-size:85%;\">\n<tbody><tr><td colspan=\"3\" style=\"background-color:#E6E6B2;; color:#000000; text-align: center;\"><b><span style=\"font-size: 120%;\">Hemeltempel</span></b></td></tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" style=\"background-color:#E6E6B2;; color:#000000; text-align: center;\"><b>Name (taalvariante)</b></td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./Tradisionele_Chinese_karakters\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Tradisionele Chinese karakters\">Tradisionele Chinees</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">天壇</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./Vereenvoudigde_Chinese_karakters\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Vereenvoudigde Chinese karakters\">Vereenvoudigde Chinees</a><span typeof=\"mw:Entity\"> </span><span typeof=\"mw:Entity\"> </span></td><td colspan=\"2\">天坛</td></tr>\n<tr>\n<td style=\"font-weight:bold;\"><a href=\"./Pinyin\" rel=\"mw:WikiLink\" title=\"Pinyin\">Pinyin</a></td><td colspan=\"2\">Tiāntán</td></tr>\n</tbody></table>"
],
"td_tables": [],
"text_length": 6951
} |
**Pretoriastasie**
**Spoorwegstasie**
---
**Adres**
Scheidingstraat, Pretoria
---
**Koördinate**
25°45′29″S 28°11′21″O / 25.75806°S 28.18917°O / -25.75806; 28.18917Koördinate: 25°45′29″S 28°11′21″O / 25.75806°S 28.18917°O / -25.75806; 28.18917
---
**Konstruksie**
**Geopen:** 1892
**Herbou:** 1910
**Restoureer na brand:** 2001
Uitsig op die stasie vanaf Salvokop
**Pretoriastasie** is die sentrale spoorwegstasie in Pretoria. Dit is geleë tussen die sentrale sakegebied van Pretoria en Salvokop, in 'n 1910-gebou wat deur Herbert Baker ontwerp is. Dit is die eindpunt van verskeie Metrorail-pendeldienste in die noordelike deel van Gauteng, en 'n halte op Shosholoza Meyl se langafstanddienste vanaf Johannesburg na Polokwane en Nelspruit. Pretoriastasie is ook die noordelike eindpunt van die luukse Bloutreindiens vanaf Kaapstad. Platforms en spoorlyne vir die Gautrein-sneltreindiens is aangrensend aan die hoofstasie.
Geskiedenis
-----------
Die eerste treinstasie in Pretoria is in 1892 deur die Nederland-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy (NZASM) gebou as die westelike eindpunt van sy lyn na die hawe van Delagoabaai (hedendaagse Maputo). In 1910, kort voor die stigting van die Unie van Suid-Afrika, het die regering van die Transvaalse kolonie besluit om oortollige fondse te bestee aan die oprigting van 'n nuwe stasie vir Pretoria, eerder as om die geld aan die nuwe nasionale regering oor te gee. Die nuwe stasie was die eerste openbare gebou wat deur Sir Herbert Baker ontwerp is.
### Brandstigting
Op 19 Februarie 2001 het 'n seinmislukking gelei tot groot vertragings in Metrorail-dienste in Pretoria. Woedend oor die vertragings het sommige pendelaars 'n wagkamer aan die brand gesteek wat na die dak van die gebou versprei het. Byna die hele dak is vernietig, hoewel die struktuur self gered is. Die restourasie, wat 18 miljoen rand gekos het, het in Junie 2001 begin en is in Februarie 2002 voltooi. | {
"title": "Pretoriastasie",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
614,
2244,
0.2736185383244207
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1962
} |
'n Papawerveld naby Kuhbier, wes van Pritzwalk
Oggendmis in die biosfeerreservaat Rivierlandskap Elbe naby Bad Wilsnack
Die historiese bedevaartskerk "Wonderbloedkerk" in Bad Wilsnack dien sedert die Protestantse Hervorming as Evangelies-Lutherse parogiekerk
**Prignitz**, vroeër ook *Priegnitz* (ou spelwyse) of *Vormark* genoem, is 'n historiese landskap in die noordweste van die Duitse deelstaat Brandenburg. Klein dele van die gewes maak tans in administratiewe opsig deel uit van Mecklenburg-Voorpommere (naby Ludwigslust/Parchim) en Sakse-Anhalt (naby Havelberg), maar die oorgrote deel van Prignitz is in die gelyknamige Brandenburgse distrik en in die distrik Ostprignitz-Ruppin geleë.
Prignitz is die oudste landskap in die huidige deelstaat Brandenburg met 'n wisselvallige geskiedenis as grensstreek. Vanuit Prignitz is vanaf die die 10de eeu die Christelike sendingwerk vir die Slawiese bevolking van Brandenburg georganiseer. Twee eeue later het vanaf die 12de eeu die Duitse kolonisasie van gebiede in die ooste sy aanvang in Prignitz geneem. Die landskap se argitektoniese erfenis met kastele en herehuise, Baksteengotiese kerke en sogenaamde *Rundlingsdörfer*, dorpe wat kringvormig rondom 'n sentrale plein aanglê is en gewoonlik in die historiese grensstreke aangetref word waar Duits- en Slawiessprekendes in aantaking met mekaar gekom het, getuig van hierdie gebeure, net soos Middeleeuse nedersettings met nou straatjies en vakwerk-plaashuise op die platteland.
Geografie en demografie
-----------------------
Prignitz, wat tussen die riviere Löcknitz in die weste, Dosse in die ooste en Elbe en Havel in die suide geleë is, bevat veral landbougebiede wat oor saggies golwende vlaktes strek, asook bosgebiede en heideveld.
Die leemgrond in Noordwes-Prignitz word hoofsaaklik vir landboudoeleindes gebruik, terwyl uitgestrekte dennebosse op die sanderige grond in die suidooste groei. Naas landbou vorm voedselverwerking, die hout- en die boumateriaalbedryf die ekonomiese basis van die streek. Die grootste stedelike nedersettings is Wittenberge, Perleberg, Pritzwalk, Wittstock en Kyritz. In sommige dorpe op die platteland word nog Nederduits as omgangstaal gebesig.
Sedert die politieke omwenteling van 1989 en die Duitse hereniging in 1990 het Prignitz se bevolking as gevolg van binnelandse migrasie na groter stede en laer geboortesyfers bestendig afgeneem. Dié demografiese tendens, wat van Prignitz een van die ylste bevolkte gebiede in Duitsland gemaak het, sal na verwagting ook in die volgende dekades voortgesit word.
Sogenaamde *Wüstungen* of verlate dorpe is reeds sedert die hoë Middeleeue 'n kenmerk van Prignitz se landskapsbeeld. Nadat die eerste plase en nedersettings tydens 'n vroeë kolonisasiefase in die 12de en 13de eeu ontstaan het, is veral in die loop van die 14de en 15de eeu meer as twee vyfdes van alle nedersettings wat in die hoë Middeleeue bestaan het of nuut aangelê is, deur hul bewoners verlaat. Naas politieke onluste was ontoereikende oeste die hoofrede vir dié fenomeen.
Geskiedenis
-----------
Die oudste historiese verwysing na die landskapsnaam Prignitz kom in 'n oorkonde van die valse Woldemar voor wat uit 1349 dateer.
Vanaf die laat 14de tot in die 16de eeu het die pelgrimsroete tussen Berlyn en Wilsnack deur Prignitz geloop. Sy eindpunt was die sogenaamde Wonderbloedkerk te Wilsnack waar die priester drie bloedbevlekte hosties ontdek het nadat die stad in 1383 deur roofridders gebrandskat is. Hierdie gebeurtenis, wat as wonder beskou is, het groot skare pelgrims na die kerk gelok.
Boukuns
-------
Die Gotiese veldsteenkerk in Vehlow
Die groot aantal Middeleeuse kerkgeboue en stadskerne getuig net soos die kastele, wat bewaar gebly het, van Prignitz se lang geskiedenis. Byna alle stads- en dorpskerke dateer uit die vroeë kolonisasietydperk in die 12de en 13de eeu. Opvallend is die hoë digtheid van parogieë - so het byna elke dorpie oor sy eie kerk en priester beskik. Van Prignitz se huidige 220 dorpskerke is 120 reeds in die middeleeue opgerig.
Ná die Reformasie is in visitasieberigte 120 moeder- en 80 filiaalkerke gelys. In die huidige distrik Prignitz is daar 170 Evangelies-Lutherse dorpskerke asook sewe Evangelies-Lutherse en vier Rooms-Katolieke stadskerke.
In landelike gebiede is eers in die 13de en 14de eeu met die oprigting van veldsteenkerke begin. Oorspronklik is alle kerke van hout gebou. Kenmerkend vir die streek is die oorheersende veldsteenkerkgeboue in saalvorm wat tot omstreeks 1500 gebou is. Eersterangse argitektoniese monumente sluit die voormalige bedevaartskerk in Wilsnack en die klooster Heiligengrabe in wat in 1287 gestig is. Daarnaas het meer as 70 kastele en herehuise bewaar gebly. | {
"title": "Prignitz",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
122,
4174,
0.02922855773838045
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 4719
} |
**Max Aronstam** (Komga, 29 Junie 1919 – onbekend) was ’n Suid-Afrikaanse sakeman.
Aronstam was die seun van J. Aronstam. Hy het sy skoolopvoeding aan die Queens-kollege op Queenstown (nou Komani) ontvang en nadat hy die skool verlaat het, in Pretoria by die staatsdiens aangesluit. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het hy by die Suid-Afrikaanse Leër aangesluit en ná demobilisasie gaan werk by die BOAC. In hul diens het hy drie jaar in die Verre Ooste deurgebring.
In 1947 het hy na Johannesburg teruggekeer en aangesluit by Pan American Airways (Pan Am). In 1952 het hy die firma World Travel Agency (Edms.) Bpk. in samewerking met die Schlesinger Corporation tot stand gebring, waarvan hy lank algemene bestuurder was.
Aronstam is op 11 Julie 1952 met Irene, dogter van J. Goldberg, getroud. Twee seuns en ’n dogter is uit die huwelik gebore. Sy stokperdjie was gholf. In die vroeë sestigerjare het die gesin by Wrenroselaan 48, BIrdhaven, Johannesburg, gewoon.
Bronne
------
* (af) (en) Kruger, dr. D.F. 1963. *Wie is wie in Suid-Afrika*. Johannesburg: Vitae Uitgewers. | {
"title": "Max Aronstam",
"mostly_tablelist": false,
"tablelist_ratio": [
215,
1030,
0.2087378640776699
],
"infobox": [],
"td_tables": [],
"text_length": 1086
} |